Privaatheid

Privaatheidsbeleid

Jou privaatheid is vir my uiters belangrik. Ek wil net duidelikheid verskaf oor hoe ons inligting oor jou versamel en of dit moontlik gebruik kan word. Diegene wat die webwerf besoek (www.wynvlieg.com), kan rondkyk en bladsye of inligting besoek waarvan hulle hou. Besoekers kan kommentaar op die blog lewer sonder om enige e-posadres te verskaf.

IP-adresse

Elke keer wat jy aanteken op die internet word IP-adresse deur jou rekenaar gebruik. ‘n IP-adres is ‘n nommer wat deur rekenaars in die netwerk gebruik word om jou rekenaar te identifiseer. IP-adresse word outomaties deur ons webbediener versamel as deel van demografiese en profieldata, bekend as ‘verkeersdata’, sodat data (soos die webbladsye wat jy aanvra) aan jou gestuur kan word.

E-pos inligting

As jy registreer vir die daaglikse e-pos wat ek uitstuur, of as jy ‘n e-pos aan my stuur, word die e-posadres in my e-posstelsel (Mailchimp) gestoor. Jy kan natuurlik op enige stadium jou registrasie kanselleer.

Hoe gebruik ek die inligting wat aan my verskaf word?

Om eerlik te wees, gebruik ek die inligting glad nie. Ek het die e-posadres as jy dit aan my verskaf het, en baie van my intekenare skep anonieme e-pos adresse. So sal ek ook net jou posadres hê as jy dit aan my verskaf het. As jy iets deur hierdie webwerf koop, sal die betaling deur Paypal hanteer word, en die tipe platforms sal geen persoonlike inligting of betalingsinligting aan my bekendmaak nie. Dis beleid.

Sommige webwerwe deel epos datalyste met ander ‘bemarkingsvennote’. Ek sal dit nooit doen nie. Jou persoonlike inligting is veilig by my en sal nie verkoop word of enigsins aan nie-geaffilieerde derde partye oorgedra word nie. Ek verkry nie persoonlik-identifiserende inligting oor jou wanneer jy die webwerf besoek nie, tensy jy verkies om dit aan my te gee.

Jy wil dinge verander

Stuur net vir my ‘n e-pos met die volgende bewoording: ‘Asb verwyder my van die databasis, ek wil geen meer eposse van die webwerf ontvang nie.’

Gebruik van koekies vir hermarkering

Ek gebruik Facebook-hermarkering.. Dit beteken dat as jy op Facebook aangemeld is wanneer u my webwerf besoek, jy later dalk ‘n advertensie van my op Facebook mag sien. Dis dit. Ek weet nie wie jy is nie, Facebook mag en sal nie daardie inligting aan my bekend maak nie. Ek gebruik ook Google-opsporing om verkeer te meet, soos hoeveel keer hierdie een bladsy vandag besoek is.

Beleidsveranderings

Ek sal miskien hierdie privaatheidsbeleid van tyd tot tyd met of sonder kennisgewing moet wysig. Wees egter verseker dat indien die privaatheidsbeleid in die toekoms verander, ek nie die persoonlike inligting wat jy onder hierdie privaatheidsbeleid aan my voorgelê het, sal gebruik op ‘n manier wat wesenlik nie met hierdie privaatheidsbeleid strook nie.

Kontak

Stuur vir my ‘n e-pos aan vryheid@wynvlieg.co.za indien jy enige vrae het rakende hierdie beleid of jou kontak met die webwerf.

Groete

#wynvlieg