Vol 177: Dankbaarheid

Vol 177: Dankbaarheid

Eiertjie gelê, so almal het geweet hier kom ‘n ding!

#gratefulnessiscontagious – Ek het mos ‘n suster, sy is die oudste en sy staan nou my ma se skoene vol. Sy noem my haar beskerm engel, seker maar omdat ek so baie soos my ma is. Die onverskrokke, reguit weergawe. Sy is soos my legkaart stuk. Sy maak die ander deel van my ma op…sy is die gewer, die doener, die gee vir ander mense om een. Desnieteenstaande en ongeag, ons maak mekaar heel. Ons is mekaar se spieëlbeeld, die plek waar ons alle waarheid(soos is die reine een) met mekaar mag deel. Ons praat daagliks, ons daag op, ons doen dinge vir mekaar. Ons is onlosmakend verbind.

Ons praat so padlangs laas week. Natuurlik is my ma sentraal in die storie en wonder sommer hoe sy ons so vol bravade en deursettingsvermoë groot gekry het. Boonop het elkeen van ons ‘n kind, wat van ons eie Vaderskant af, met daai depressie geen geslaan is. Ons is soos my ma, ons sleep saam, ons beraad, ons probeer opbeur…maar êrens langs die pad raak mens se petrol so effe op. Die ewige negatiwiteit vreet aan ‘n mens. Jy raak gatvol. Die begeerte om iemand(al is dit jou eie kind aan de strot te gryp) te dwing om die positiewe te sien raak nogal alles oorheersend.

Besef, besef ons toe…die geheim lê in dankbaarheid. Dis nie Toxic Positivity nie. Glad nie, dis die gewoonte wat ons aangeleer is om grateful te wees wat die verskil maak. Ons is geleer in elke oomblik van elke dag, goed of sleg, lê daar ‘n klein stukkie goud opgesluit. Dáárdie stukkie goud is DANKBAARHEID. #gratefulnessiscontagious


#gratefulnessiscontagious - Gratitude
#gratefulnessiscontagious

Die verskil

Ek kan klomp goed uit die duim suig of my eie stuiwer in die armbeurs gooi. Maar ek is darem ook nie dof genoeg om al my eie oortuigings te glo nie. Soos ons weet het ons almal ‘n vreeslike klomp bias wat ons omarm.

Dus volg die navorsing aanlyn. Wat natuurlik meestal in Ingels te vinde is. Raai wat…in Engels is daar twee woorde vir ons einste “dankbaarheid.” Vertrou op die Engelse om dinge meer gekompliseerd te maak as wat nodig is, maar nieteenstaande…goeie begin.

Daar blyk een massiewe verskil te wees….ek haal aan uit die bron (Gratitude versus thankfulness. )

“Remember that being grateful is about appreciating what one has, as opposed to what one wants. Being thankful or thanking someone often implies you are acknowledging your thanks for something that someone has given you.”

Spook toe om ‘n vertaling te kry en eie aan Afrikaans is dit toe ‘n effens langer storie as wat mens op die oog af sien. Maar ook effe baie voor die hand liggend.

“Thankfulness” is daai “dankie dat jy vir my iets gedoen het” ding. Mense kan tog sommer baie dankbaar wees. Geleer om so mooi dankie te sê vir alles. Persoonlik vertrou ek mos nie altyd mense met goeie maniere nie. Te veel agterbakse mense met goeie maniere ontmoet. Dus is daar nogal baie ruimte vir skynheiligheid in die “dankbaarheid.” Om “dankie te sê” is bloot goeie maniere, maar ek vind soms is dit nie heeltemal so opreg nie. ‘n Gewoonte selfs.

“Gratefulness” aan die anderkant verg nogal ‘n bietjie meer as goeie maniere. Dit vra iets van jouself. Iets wat jy moet loop soek, diep binne jou. Daai tipe dankbaarheid kom nie altyd so maklik nie hoor. Dis ook maar aangeleerde gedrag, maar het in my opinie die vermoë om ‘n hele lewe om te draai. #gratefulnessiscontagious

Hoe so?

Kom ons vat dan nou maar ‘n voorbeeld so uit my voorhuis. Die kind. Hokkie mal. Hele lewe draai daarom. Ons het al gepraat oor die ongesonde begeerte om erkenning te kry van mense wat nie noodwendig die kursus gevolg het nie ~ emotional intelligence in coaching. Maar tog, hy kon sy emosies glad nie reguleer op die hokkieveld nie. Ons menigmaal tot skaamte gedryf…(vra ek myself toe ook af, hoekom is dit so belangrik dat ons alles moet reguleer. 😳 ) Maar helaas die skreeuende, opinie gedrewe speler is nou nie wie hy eintlik wil wees nie.

Ek het so bietjie gesukkel om die negatiwiteit te hanteer. Elke liewe keer is daar ‘n gekerm oor die skeidsregter, die afrigter of een van die spanmaats. Daar ‘n vurige interaksie op die veld van die einste jong man. Die afgelope weer breek daai seer toe oop. Mamma se geduld en aangename vermanings raak toe so klein bietjie op. Plus dalk ook die wete dat hy homself geen gunste bewys nie. Die uitbarsting kom…”Jy is altyd negatief”(Lees MA wat nie saamstem dat die spanmaats so swak is nie).

My verweer of sal ons dit ‘n voorstel noem is dus: “Weet jy wat, hoekom hou jy nie op met hokkie speel nie, beter nog, kies tennis, dan is dit net jy.” (Ma wat ook nou al genoeg gehad het)

Ieg, arme bloedjie…wat vir sy ouderdom VER voor die res is en bitter sensitief, daag toe huilend op met hope selfbejammering en selfverwyt as bagasie. Reken so in sy rype ouderdom dat hy nie weet hoe om sy emosie te reguleer nie. Ek wou skree: “Halleluja, prys die Heer. Op 22! Jy is ligjare voor.” Hou my in en begin die “preek.” Die preek oor giving thanks can make you happier.

Want sien, ek en daai suster van my werk toe mos uit. My ma se geheim was niks anders as DANKBAARHEID nie. Dis presies wat sy ons ingeprent het. Daar is altyd, maar altyd iets om voor dankbaar te wees. Selfs uit die slegte.

#gratefulnessiscontagious - What a precious privilege

Die lewe bly ‘n geveg!

Kyk nè, ek is nou ook nie een van daai The Farlex Grammar Book tipe mense nie. Vir die wat my ken, sal vir jou sê ek is maar taamlik realisties en VREESLIK reguit! Glo nie aan die feetjies nie en moet asb. nie my vir ‘n bobbejaan aansien nie. SAL NIE WERK NIE!

Maar die een ding wat soos ‘n paal bo water staan is dat onse einste DANKBAARHEID die lewe op sy kop kan draai. Net sommer dankbaar omdat jy kan opstaan in die oggend. Kos op jou tafel het. Ek weet nie, sommer die gewone alledaagse goed. As daar dan nou pes êrens uitslaan, daarvoor kan mens ook dankbaar wees. Want perfek is niemand of hulle lewens nie. Die dankbaarheid lê dan mos maar in die les wat daaruit te leer is.

Ek besef toe met die einste kind het ek al die jare die pot heel mis gesit. Met al my gepreek en lesse oor die “regte ding” doen, het ek bloot die angs opgejaag~ stress in childhood  ~ sonder om aan die gevolge daarvan te dink. Die les het heeltemal weggeraak. Die gebou verlaat!  Vergeet Woorde wek, maar voorbeelde trek. En dis wat my liefste Ma reggekry het. Sy was ‘n voorbeeld. #gratefulnessiscontagious

Nooit te laat om te begin nie

Die jongeling kry toe ‘n les in DANKBAARHEID, en prys die Here, werk dit toe uit. Boeta het ‘n les geleer en boeta is vir die oomblik positief. Maar Moederhart sal nou maar daai kitaar moet slaan vir ‘n rukkie. (Om in te haal vir die jare was sy toe nie die boodskap ingeprent het nie.)

Weereens ‘n biegsessie ~ sjoe ek sou darem moes leer hoe om Pray the Act of Contrition. So myne gaan so: Ek is nie goed met my eie huis, my eie roetine, my eie gewoontes te ontwrig nie. Mnr G is baie beter daarmee. Vreeslik vergewensgesind. Sal almal innooi, dinge sal net “lekker” wees. Geen struktuur, geen bekommernis oor hoe die samelewing dinge sal sien nie, geen bekommernis oor hoe hond of kind sal uitdraai nie. Solank almal net nou, op die oomblik gelukkig is. Ek aan die ander kant, oorweeg die toekoms, hoe mens of hond dan nou sal inpas. Die gedissiplineerde een sien.

Hemel mense moet ek grawe en grawe en grawe na waar die dankbaarheid hierin lê? Ek weet natuurlik PRESIES wat ek hieruit moet leer. Maar my hardkoppigheid(en ook reg so) wil darem ook erkenning hê vir my standpunt. My plek in hierdie verhouding en my wysheid. Dus, dankbaarheid = dat ek ‘n man het wat baie toegeeflik is. Wat maklik kinders, honde en my aanvaar. Wat graag wil tevrede stel. 

My punt dus, ek is maar ook nie perfek nie nè. Ek is eintlik so klein bietjie belaglik in die opsig, maar ek probeer.

Hoe kry ek die dankbaarheid ding reg?

Kanse is goed dat daar iemand is wat hier lees en dink: “Ja suster, jy met die witbrood onder die arm, jy met die ligte musiek. Wat weet jy van swaarkry? Dankbaarheid is maklik as alles klopdisselboom verloop.”

Ek stem, dis maklik.

Maar een ding weet ek, ek doen dit daagliks. Het die afgelope week dit eers besef. DIT IS DIE DING WAT MY STAANDE HOU. #gratefulnessiscontagious

Hier is wat ek doen, sonder om daaraan te dink eers. En dit maak my hart sing! Dit maak my lewe lig en vol.

  • Sien die absolute wonderwerk in elke liewe oomblik. My beste deel van die dag is as ek my lyf uiteindelik uit die huis kry(vroegdag) en ek sien die son oor die horison kom. Of as ek in die stikdonker in die winter gym toe ry en ander mense in hulle karre sien. Dan weet ek, daar is lewe, ‘n nuwe dag, nuwe begin, lewe! Hoe wonderlik is dit nie?
  • Van my beste oomblikke is as ek diesel in my kar moet ingooi. Die vreugde en geluk wat ek by die meeste petroljoggies teëkom is aansteeklik.  Daar is altyd ‘n glimlag, altyd ‘n geselsie. Dan weet ek net, hier sit ek in my fênsie kar, maar die jong man of vrou verag my nie, hulle maak ‘n grappie, deel ‘n oomblik. Hoe wonderlik is dit nie?
  • Baie maal is ek gejaagd, op ‘n skedule wat enige iemand angstig sal maak. En soos ons vriendin Karma dit sal wil hê, sal daar dan by die kassier een of ander oponthoud wees.  Of die vrou is stadig, of daar is een met ‘n kleuter voor my in die ry wat sy vloermoer goed gooi. Dan weet ek net dit, daai persoon het ‘n veel misliker dag as ek. 
  • Elke liewe oggend herinner ek myself daaraan hoe gelukkig ek is om mense te hê wat omgee, om genoeg rede te hê om te lag, te dans(as ek sou wou), musiek te luister, koek te kan eet(al bars my broek uit sy nate), en om ‘n werk te hê waarvan ek hou.
  • Ek weet ook dit kan môre of oormôre alles verdwyn. Probeer my bes om niks as vanselfsprekend te aanvaar nie.

Dis binne bereik

Ek is deeglik bewus van die feit dat dit vir my op hierdie oomblik maklik is om dankbaar te wees. Maar glo jy maar vir my vry, ons het almal dinge wat ons so effe kortwiek. Almal rede tot ‘n gekla en gemor en ondankbaar wees.

Wie weet, dalk wil jy ook hierdie dankbaarheid ding probeer. Dalk verander dit ook jou lewe radikaal. #gratefulnessiscontagious

‘n Goeie begin is ‘n gratitude practice. Soos met alle goeie gewoontes in die lewe, moet mens dit herhaaldelik doen. Daar is geen wonderkuur nie.

Ek hoor so graag van julle. Verkieslik die reine waarheid. Daar waar mens struikel en val. So bietjie erkenning en dan die triomf!

Laat my weet of jy ook galbitter was en nuwe hoop geput het uit dankbaarheid of dalk is jy lankal ‘n priester! #gratefulnessiscontagious

#gratefulnessiscontagious - Take a step back today
#gratefulnessiscontagious

Los ‘n boodskap hieronder, of skryf vir my by www.wynvlieg.com. Ek hou nogal van eerlike, opregte mense wat nie omgee om hulle onderklere uit te stal nie. So leer ons almal!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *