Praat Met My
In 2019 was ek op die Camino de Santiago roete en het besef hoe bevrydend so ‘n staptog kan wees. Een voet voor die ander, met die enigste doel om die daaglikse km’s klaar te stap. Maar so in die stap, stap mens baie spreekwoordelik “ou koeie in die slote raak” en mens stap jouself óók ligter.
Welkom 2020
2020 was ‘n jaar wat menigte wegwens, dit was ‘n rowwe jaar. Maar vir my was dit ‘n jaar van introspeksie, ‘n jaar van bevryding en ek het so agter slot en grendel besluit om my eie innerlike pelgrimstog te begin.
2020 het my geleer ek wil meer hièr wees, ek wil opdaag vir my lewe, ek wil nie meer bagasie saamsleep nie, want voor jy jou oë uitvee is daar ‘n reuse pandemie op jou, mense naby aan jou gaan dood, die lewe se wiele draai.
Kontak My
So stap saam asb, dalk help ek jou van bagasie ontslae raak, dalk kan jy my weer êrens dra. Op die Camino de Santiago ontmoet mens baie verskillende mense van verskillende agtergronde met verskillende redes vir die tog. Maar een ding het ons almal gemeen – ons wil ‘n ligter las dra.