Die koms van die nuwe hondjie, het my weereens laat besef, ‘n mens leer soveel van jouself as jy net weer ‘n slag buite jou How to Leave Your Comfort Zone and Enter Your ‘Growth Zone’. gaan. Sien hoe ouer ons raak, hoe meer hou ons van daai gemaksplek. Daar waar daar geen meer angstig kan kom lêplek kry nie. Waar dinge net lekker en gemaklik is. #comfortzonechallenge
Ons hou graag daarvan om te verkondig dat ons al lank genoeg op aarde is om te weet wat vir ons werk. Tot ‘n mate waar en nog ‘n ding wat ek agtergekom het ja ~ sekere dinge raak mos maar net meer prominent hoe ouer ‘n mens raak. Minder wegkruip plek.
Die lof van nuwe dinge aanleer word oral besing. Want eerstens hou dit natuurlik jou kop aan die gang. Daai magtige orgaan van jou, wat gestimuleer moet word, sodat die verkalkte are tog net oop kan bly en die suurstof en bloed goed vloei! #comfortzonechallenge
![#comfortzonechallenge](https://wynvlieg.com/wp-content/uploads/2023/02/Wynvlieg-Vol-174-1.png)
Hoe dan gemaak?
Die afgelope naweek was ek en die lotte oueres met die perde weer na ‘n uithourit. Ons moet nog ‘n What are the Origins of the Phrase “a Sight for Sore Eyes”?wees. Kyk die organisasie is ongelooflik, daar is kos vir drie dae(alhoewel ons net een aand se ligte verversings nodig het🤪!) Maar ken jy ‘n klomp vrouens bymekaar? Boonop ma’s van die eerste gestoeltes, so ons kan pak en organiseer.
Die perdry ding wat ek so meer as twee jaar weer met erns opgeneem het, besef ek daar tussen die tent opslaan deur, het my soveel nuwe dinge leer doen. Nie net het my vermoë om op die perd se rug te bly en nie te voel of ek my lewe gaan verloor op so ‘n rit nie, met rasse skrede verbeter. #comfortzonechallenge
Daar is soos hierdie artikel ons meedeel, The Mental and Physical Benefits of Trying New Sports, nie net die ongelooflik fisiese voordele van ‘n nuwe sportsoort aanleer nie. (Ongeag of jy nou ‘n jong dingetjie of ‘n ouer blaar is!) Maar om ‘n nuwe motoriese vaardigheid aan te leer, is net so ‘n uitdaging vir die brein as om dit intellektueel te stimuleer. Want die brein, hy hou van leer. Die geleerde mense noem dit Neuroplasticity.
Ons weet almal ek is oefen mal, dat my koppie lekker uithaak as ek nie genoeg beweeg nie. Maar kan ek net sê, hierdie perdry ding het nie net nog spiere laat verstaan wat hulle rol nou eintlik in die lewe is nie(om my BO TE HOU!) Maar dit het ook my brein laat groei in plekke in wat dit nooit, ooit sou gegaan het as ek nie die mal perd opgesaal het nie. #comfortzonechallenge
So is ek byvoorbeeld nie skaam om te erken dat die tegniese deel van my brein eintlik maar altyd so effe aan die skraps kant was/is nie. Deur die jare het ek myself mooi omring met mense wat daai aspek kan oorneem as ek so ‘n bietjie vasdraai. En weet julle wat, dit het uitsonderlik gewerk tot nou onlangs nog!
Maar saam met hierdie perdry kom daar toe mos nou die praktiese dele ook ~ soos om ‘n boks agter ‘n kar te moet haak. Ek kan dit weliswaar nog nie heeltemal op my eie regkry nie, maar meestal eintlik maar omdat die krag my ontbreek. Dis ‘n ge”Google” van die eerste water en dan moet ek eers mooi uitwerk watter kant toe wat gedraai moet word. Boonop kan ek eintlik nog net vorentoe en dan weer reguit agteruit🤣 ry. MAAR, die ding wat ek van myself geleer het, is dat alhoewel my brein nie die storie so lekker vang die eerste rondte rond nie, moet ek net ‘n manier kry dat dit vir my sin maak.
Dan is daar natuurlik die tent opslaan en afslaan storie ~ dit was die naweek so ‘n lekker gelag. Want daar is drie van ons met die een kleine tentjie besig en ons lag en lag, want dis ‘n gat oor kop storie. Maar uiteindelik met die hulp van ons bure, staan die tente en het ons weer daai deel van ons breine laat groei. #comfortzonechallenge
Volgende keer is dit een-twee-drie en die tente staan!
Nuwe deure gaan oop
Verseker het hierdie sport en alles wat daarmee saamkom, nie net dele van my brein weer wakker gekry wat ek in ‘n ewige slaap wou dompel nie. Dit het ook nuwe begrippe gebring, nuwe mense wat ek ontmoet het.
![#comfortzonechallenge](https://wynvlieg.com/wp-content/uploads/2023/02/Wynvlieg-Vol-174-2.png)
Kom ons wees nou maar eerlik, ek mag dalk ‘n ekstrovert wees. Ek mag dalk met die meeste mense oor die weg kom. Maar ek is regtig nie ‘n liefhebber van met elke Jan Rap en sy maat praat nie. Daarvoor het ek ‘n vriendin, ons noem haar grappenderwys die “skakelbeampte.” 😛. Maar as ek eers my “mense” raakgeloop het dan klou ek soos ‘n neet. So ja, ek het nog nie die grootste begeerte op die aardbol om met allerhande vreemdelinge te gesels oor km/h wat daar gery moet word of aande om sit en drink en heul nie. Dit bly maar net nie my ding nie, maar op elke liewe van hierdie ritte het ek nog langs pad by een aangehaak, wat ek ‘n konneksie kon bou. Iets nuuts by kon leer, so in die ry.
So dalk is die les en groei kans altyd, dat mens iets nuuts gaan leer, by iemand wat jy dalk nooit, ooit weer gaan sien nie. Of dalk ‘n goeie vriend kan raak. As jy nie die kans gewaag het nie, sou daai geleentheid poer in sy moer gewees het. #comfortzonechallenge
Aanpasbaar of nie?
As ‘n gesoute koshuis brak, het ek my altyd daarop geroem dat ek nogal aanpasbaar is. Sit my op ‘n plek en ek sal die beste van ‘n slegte saak maak. As ek so rondsoek is daar 12 Characteristics of Adaptable People.
Wel, wel, wel…lyk my daai deel het ek opgebruik in daai 12 jaar op “hok.” Party van hierdie eienskappe het ek wel. Maar die nuwe hondjie(daai is nou ook ‘n nuwe vaardigheid om weer aan te leer😝,) asook die perdry kompetisies het my laat besef, ek is toe nie heeltemal so aanpasbaar as daar moegheid en stres betrokke is nie. Kom ons sê maar ek is nie een van daai, “gaan-waar-die-stroompie-jou-vat” tipe mense nie. Besef toe die afgelope paar weke en weer hierdie naweek, dat my Perfectionism mediated the relationship between brain structure variation and negative emotion in a nonclinical sample maak dat ek dinge “net so” moet hê om my lewe klop disselboom te laat verloop.
Ek herhaal net weer, ek word gelukkig nie lamgelê deur dit nie. Dalk is ek maar net meer van ‘n roetine mens, een wat nie daarvan hou dat die appel kar omgegooi word nie. Ja, dis hoeka net dit! Health Benefits of Having a Routine het dit bevestig- dit help my om my stres onder beheer te hou. Mag dalk verduidelik hoekom vakansies vir my partymaal minder pret is as wat dit moet wees. Dan voel ek weer so skuldig na die tyd. Ek voel soos die drol in die drinkwater, want dis so ‘n voorreg, maar ek voel of die wêreld van sy as gaan af tol!
Die naweek se kamp, met alles wat onthou, gepak en gedoen moet word ~ wel dit neuk my roetine op. En hoe meer die roetine nie in sy plek val nie, hoe meer krapperig raak ek. Wil sommer soms my aan my arm gryp en badkamer toe sleep vir ‘n goeie hou op die boud of twee. (Nie my styl ieg geval nie, maar dis hoe ek voel😛.) Wil myself in die oë gaan kyk en herinner dat ek maar kan ontspan! Dat die wêreld nie gaan vergaan nie, dat ek nie so ‘n suurknol hoef te wees nie. #comfortzonechallenge
Dus die lesse wat ek geleer het
Die nuwe hondjie het my geleer ek hou van dinge op ‘n seker manier. Dinge moet nie so deurmekaar loop staan en raak nie, want dan raak ek krapperig. Boonop moet ek nie vasgevang word en geïsoleerd word nie.
Maar is ons nie maar wesens van teenstrydighede nie? Want hoe versoen jy nou die mens wat aan die eenkant nie van isolasie hou nie, maar aan die anderkant dêm lief is vir haar roetine en haar eie huis.
Ag mense dis nie altyd maklik om saam met my in my kop te lewe nie🤪.
Vir nou, omarm ek myself maar en wonder hoe ek soos Maria van ouds net goed geniet vir die oomblik en tog nie so ‘n beheer vraat hoef te wees nie.
![#comfortzonechallenge](https://wynvlieg.com/wp-content/uploads/2023/02/Wynvlieg-Vol-176-3.png)
Hoop daar by julle aan huis vlot goed en dat julle vandag nog daai gemaksone gaan verlaat! #comfortzonechallenge
Vertel my maar hoe jy jou gemaksone onder die gat geskop het. Skryf vir my en stuur aan vryheid@wynvlieg.com. Jy kan ook ‘n boodskap los op www.wynvlieg.com.