Wynvlieg
Vol 177: Dankbaarheid
Eiertjie gelê, so almal het geweet hier kom ‘n ding!
#gratefulnessiscontagious – Ek het mos ‘n suster, sy is die oudste en sy staan nou my ma se skoene vol. Sy noem my haar beskerm engel, seker maar omdat ek so baie soos my ma is. Die onverskrokke, reguit weergawe. Sy is soos my legkaart stuk. Sy maak die ander deel van my ma op…sy is die gewer, die doener, die gee vir ander mense om een. Desnieteenstaande en ongeag, ons maak mekaar heel. Ons is mekaar se spieëlbeeld, die plek waar ons alle waarheid(soos is die reine een) met mekaar mag deel. Ons praat daagliks, ons daag op, ons doen dinge vir mekaar. Ons is onlosmakend verbind.
Ons praat so padlangs laas week. Natuurlik is my ma sentraal in die storie en wonder sommer hoe sy ons so vol bravade en deursettingsvermoë groot gekry het. Boonop het elkeen van ons ‘n kind, wat van ons eie Vaderskant af, met daai depressie geen geslaan is. Ons is soos my ma, ons sleep saam, ons beraad, ons probeer opbeur…maar êrens langs die pad raak mens se petrol so effe op. Die ewige negatiwiteit vreet aan ‘n mens. Jy raak gatvol. Die begeerte om iemand(al is dit jou eie kind aan de strot te gryp) te dwing om die positiewe te sien raak nogal alles oorheersend.
Besef, besef ons toe…die geheim lê in dankbaarheid. Dis nie Toxic Positivity nie. Glad nie, dis die gewoonte wat ons aangeleer is om grateful te wees wat die verskil maak. Ons is geleer in elke oomblik van elke dag, goed of sleg, lê daar ‘n klein stukkie goud opgesluit. Dáárdie stukkie goud is DANKBAARHEID. #gratefulnessiscontagious
#gratefulnessiscontagious
Die verskil
Ek kan klomp goed uit die duim suig of my eie stuiwer in die armbeurs gooi. Maar ek is darem ook nie dof genoeg om al my eie oortuigings te glo nie. Soos ons weet het ons almal ‘n vreeslike klomp bias wat ons omarm.
Dus volg die navorsing aanlyn. Wat natuurlik meestal in Ingels te vinde is. Raai wat…in Engels is daar twee woorde vir ons einste “dankbaarheid.” Vertrou op die Engelse om dinge meer gekompliseerd te maak as wat nodig is, maar nieteenstaande…goeie begin.
Daar blyk een massiewe verskil te wees….ek haal aan uit die bron (Gratitude versus thankfulness. )
“Remember that being grateful is about appreciating what one has, as opposed to what one wants. Being thankful or thanking someone often implies you are acknowledging your thanks for something that someone has given you.”
Spook toe om ‘n vertaling te kry en eie aan Afrikaans is dit toe ‘n effens langer storie as wat mens op die oog af sien. Maar ook effe baie voor die hand liggend.
“Thankfulness” is daai “dankie dat jy vir my iets gedoen het” ding. Mense kan tog sommer baie dankbaar wees. Geleer om so mooi dankie te sê vir alles. Persoonlik vertrou ek mos nie altyd mense met goeie maniere nie. Te veel agterbakse mense met goeie maniere ontmoet. Dus is daar nogal baie ruimte vir skynheiligheid in die “dankbaarheid.” Om “dankie te sê” is bloot goeie maniere, maar ek vind soms is dit nie heeltemal so opreg nie. ‘n Gewoonte selfs.
“Gratefulness” aan die anderkant verg nogal ‘n bietjie meer as goeie maniere. Dit vra iets van jouself. Iets wat jy moet loop soek, diep binne jou. Daai tipe dankbaarheid kom nie altyd so maklik nie hoor. Dis ook maar aangeleerde gedrag, maar het in my opinie die vermoë om ‘n hele lewe om te draai. #gratefulnessiscontagious
Hoe so?
Kom ons vat dan nou maar ‘n voorbeeld so uit my voorhuis. Die kind. Hokkie mal. Hele lewe draai daarom. Ons het al gepraat oor die ongesonde begeerte om erkenning te kry van mense wat nie noodwendig die kursus gevolg het nie ~ emotional intelligence in coaching. Maar tog, hy kon sy emosies glad nie reguleer op die hokkieveld nie. Ons menigmaal tot skaamte gedryf…(vra ek myself toe ook af, hoekom is dit so belangrik dat ons alles moet reguleer. 😳 ) Maar helaas die skreeuende, opinie gedrewe speler is nou nie wie hy eintlik wil wees nie.
Ek het so bietjie gesukkel om die negatiwiteit te hanteer. Elke liewe keer is daar ‘n gekerm oor die skeidsregter, die afrigter of een van die spanmaats. Daar ‘n vurige interaksie op die veld van die einste jong man. Die afgelope weer breek daai seer toe oop. Mamma se geduld en aangename vermanings raak toe so klein bietjie op. Plus dalk ook die wete dat hy homself geen gunste bewys nie. Die uitbarsting kom…”Jy is altyd negatief”(Lees MA wat nie saamstem dat die spanmaats so swak is nie).
My verweer of sal ons dit ‘n voorstel noem is dus: “Weet jy wat, hoekom hou jy nie op met hokkie speel nie, beter nog, kies tennis, dan is dit net jy.” (Ma wat ook nou al genoeg gehad het)
Ieg, arme bloedjie…wat vir sy ouderdom VER voor die res is en bitter sensitief, daag toe huilend op met hope selfbejammering en selfverwyt as bagasie. Reken so in sy rype ouderdom dat hy nie weet hoe om sy emosie te reguleer nie. Ek wou skree: “Halleluja, prys die Heer. Op 22! Jy is ligjare voor.” Hou my in en begin die “preek.” Die preek oor giving thanks can make you happier.
Want sien, ek en daai suster van my werk toe mos uit. My ma se geheim was niks anders as DANKBAARHEID nie. Dis presies wat sy ons ingeprent het. Daar is altyd, maar altyd iets om voor dankbaar te wees. Selfs uit die slegte.
Die lewe bly ‘n geveg!
Kyk nè, ek is nou ook nie een van daai The Farlex Grammar Book tipe mense nie. Vir die wat my ken, sal vir jou sê ek is maar taamlik realisties en VREESLIK reguit! Glo nie aan die feetjies nie en moet asb. nie my vir ‘n bobbejaan aansien nie. SAL NIE WERK NIE!
Maar die een ding wat soos ‘n paal bo water staan is dat onse einste DANKBAARHEID die lewe op sy kop kan draai. Net sommer dankbaar omdat jy kan opstaan in die oggend. Kos op jou tafel het. Ek weet nie, sommer die gewone alledaagse goed. As daar dan nou pes êrens uitslaan, daarvoor kan mens ook dankbaar wees. Want perfek is niemand of hulle lewens nie. Die dankbaarheid lê dan mos maar in die les wat daaruit te leer is.
Ek besef toe met die einste kind het ek al die jare die pot heel mis gesit. Met al my gepreek en lesse oor die “regte ding” doen, het ek bloot die angs opgejaag~ stress in childhood  ~ sonder om aan die gevolge daarvan te dink. Die les het heeltemal weggeraak. Die gebou verlaat!  Vergeet Woorde wek, maar voorbeelde trek. En dis wat my liefste Ma reggekry het. Sy was ‘n voorbeeld. #gratefulnessiscontagious
Nooit te laat om te begin nie
Die jongeling kry toe ‘n les in DANKBAARHEID, en prys die Here, werk dit toe uit. Boeta het ‘n les geleer en boeta is vir die oomblik positief. Maar Moederhart sal nou maar daai kitaar moet slaan vir ‘n rukkie. (Om in te haal vir die jare was sy toe nie die boodskap ingeprent het nie.)
Weereens ‘n biegsessie ~ sjoe ek sou darem moes leer hoe om Pray the Act of Contrition. So myne gaan so: Ek is nie goed met my eie huis, my eie roetine, my eie gewoontes te ontwrig nie. Mnr G is baie beter daarmee. Vreeslik vergewensgesind. Sal almal innooi, dinge sal net “lekker” wees. Geen struktuur, geen bekommernis oor hoe die samelewing dinge sal sien nie, geen bekommernis oor hoe hond of kind sal uitdraai nie. Solank almal net nou, op die oomblik gelukkig is. Ek aan die ander kant, oorweeg die toekoms, hoe mens of hond dan nou sal inpas. Die gedissiplineerde een sien.
Hemel mense moet ek grawe en grawe en grawe na waar die dankbaarheid hierin lê? Ek weet natuurlik PRESIES wat ek hieruit moet leer. Maar my hardkoppigheid(en ook reg so) wil darem ook erkenning hê vir my standpunt. My plek in hierdie verhouding en my wysheid. Dus, dankbaarheid = dat ek ‘n man het wat baie toegeeflik is. Wat maklik kinders, honde en my aanvaar. Wat graag wil tevrede stel.
My punt dus, ek is maar ook nie perfek nie nè. Ek is eintlik so klein bietjie belaglik in die opsig, maar ek probeer.
Hoe kry ek die dankbaarheid ding reg?
Kanse is goed dat daar iemand is wat hier lees en dink: “Ja suster, jy met die witbrood onder die arm, jy met die ligte musiek. Wat weet jy van swaarkry? Dankbaarheid is maklik as alles klopdisselboom verloop.”
Ek stem, dis maklik.
Maar een ding weet ek, ek doen dit daagliks. Het die afgelope week dit eers besef. DIT IS DIE DING WAT MY STAANDE HOU. #gratefulnessiscontagious
Hier is wat ek doen, sonder om daaraan te dink eers. En dit maak my hart sing! Dit maak my lewe lig en vol.
Sien die absolute wonderwerk in elke liewe oomblik. My beste deel van die dag is as ek my lyf uiteindelik uit die huis kry(vroegdag) en ek sien die son oor die horison kom. Of as ek in die stikdonker in die winter gym toe ry en ander mense in hulle karre sien. Dan weet ek, daar is lewe, ‘n nuwe dag, nuwe begin, lewe! Hoe wonderlik is dit nie?
Van my beste oomblikke is as ek diesel in my kar moet ingooi. Die vreugde en geluk wat ek by die meeste petroljoggies teëkom is aansteeklik.  Daar is altyd ‘n glimlag, altyd ‘n geselsie. Dan weet ek net, hier sit ek in my fênsie kar, maar die jong man of vrou verag my nie, hulle maak ‘n grappie, deel ‘n oomblik. Hoe wonderlik is dit nie?
Baie maal is ek gejaagd, op ‘n skedule wat enige iemand angstig sal maak. En soos ons vriendin Karma dit sal wil hê, sal daar dan by die kassier een of ander oponthoud wees.  Of die vrou is stadig, of daar is een met ‘n kleuter voor my in die ry wat sy vloermoer goed gooi. Dan weet ek net dit, daai persoon het ‘n veel misliker dag as ek.
Elke liewe oggend herinner ek myself daaraan hoe gelukkig ek is om mense te hê wat omgee, om genoeg rede te hê om te lag, te dans(as ek sou wou), musiek te luister, koek te kan eet(al bars my broek uit sy nate), en om ‘n werk te hê waarvan ek hou.
Ek weet ook dit kan môre of oormôre alles verdwyn. Probeer my bes om niks as vanselfsprekend te aanvaar nie.
Dis binne bereik
Ek is deeglik bewus van die feit dat dit vir my op hierdie oomblik maklik is om dankbaar te wees. Maar glo jy maar vir my vry, ons het almal dinge wat ons so effe kortwiek. Almal rede tot ‘n gekla en gemor en ondankbaar wees.
Wie weet, dalk wil jy ook hierdie dankbaarheid ding probeer. Dalk verander dit ook jou lewe radikaal. #gratefulnessiscontagious
‘n Goeie begin is ‘n gratitude practice. Soos met alle goeie gewoontes in die lewe, moet mens dit herhaaldelik doen. Daar is geen wonderkuur nie.
Ek hoor so graag van julle. Verkieslik die reine waarheid. Daar waar mens struikel en val. So bietjie erkenning en dan die triomf!
Laat my weet of jy ook galbitter was en nuwe hoop geput het uit dankbaarheid of dalk is jy lankal ‘n priester! #gratefulnessiscontagious
#gratefulnessiscontagious
Los ‘n boodskap hieronder, of skryf vir my by www.wynvlieg.com. Ek hou nogal van eerlike, opregte mense wat nie omgee om hulle onderklere uit te stal nie. So leer ons almal!
Vol 176: Dooie mense
Verlede week deel ek ‘n skrywe, wat sonder om te skroom, die dood van ‘n ma(of ouer dan)
reguit ‘n groot fokop noem. Sommer so by die naam en te oordeel aan die entoesiastiese
terugvoer op die stukkie ~ is almal dit eens. Dit is een groot fokop.
Daar is ook ‘n goue draad hier. Dis duidelik dat daar baie ma’s en dan nou pa’s ook is wat ‘n deel nalaat. Wat nie sommer net van stof tot stof gegaan het nie. Wat ‘n massiewe gat los. Ek besef toe net weer, die dooies gaan nooit regtig dood nie. Tema nommer een van my doods beheptheid die week. #deathlessons
Tema twee doen hom toe voor hier in my huis. Toe my kind my vermaan dat ek nie altyd hierdie toxic positivity soos ‘n sambreel oor ons hoef te hou nie. Of dalk ‘n swaard om al die sleg af te weer nie. Dit bring my by tema nommer twee oor die dood ~ ons(wel ek in elk geval) het die gewoonte om nie alle emosies ewe veel spasie te gun nie. Ek kategoriseer emosies in die goeies(die wat mens iets mee kan doen) en die slegtes(wat liefs die deur gewys moet word.) Ek is ook nie enig in my soort nie hoor, vra bietjie rond. Mense wil tog net nie so hartseer voel, of so alleen of so teleurgesteld nie. Ons wil eerder goed voel, opgeruimd en positief. Maar wee julle wat, dis ‘n dooie mens se begeertes daai. Om nie regtig te voel nie.
Tema I: Die dooies is nog met ons
#deathlessons
Die afgestorwenes is nog elke dag daar. Hulle dwaal daar in die stories rond wat ons mekaar vertel. ‘n Gedagtegang, in ‘n geur, ‘n les wat geleer is. Daar is al die wysheid wat hulle met ons gedeel het, vergader oor die jare, duur bekom deur ondervinding.
Die groot besef – die lewe draai nie net om ons nie. Nie net om die hier en nou nie. Ons is elke liewe een op ‘n pelgrimstog wat lank voor ons geboortes reeds ‘n begin gehad het. Ons is ‘n verlengstuk van ‘n geskiedenis draad ~ van ons voorvaders, hulle sin en so gaan ons aan tot daar by die begin. #deathlessons
Lank gelede reeds het ‘n Edmund Burke sy teorie oor die Burk and the breaking of the social contract staan gemaak. Nou meer as ooit staan ons almal by ‘n effense vurk in die pad. Die wêreld bevolking is besig om te verouder, nasies word oor die heelal gedwing weens oorlog, die kunsmatige intelligensie maak ook die wêreld ‘n al kleiner plekkie. Min plek om weg te kruip of dan nou ook net op jou eie mishoop koning te kraai. Sien Burke was van mening dat ons soort van ‘n kontrak met mekaar sluit. Daardie dag wat ons die lig sien in ‘n sekere kultuur, land of dan nou selfs dorp. Dalk was daar tog waarheid in…
#deathlessons
Sien, ons word gebore in ‘n spesifieke land, met ‘n spesifieke politieke bestel…waarvoor mense veral in hierdie land van ons, hulle lewens op die prys gestel het. Daar is ook die geskiedenis van ons voorvaders – die Khoi, die San, die Xhosas, die Zulu’s en almal anders wat Afrika hulle huis noem van voor kolonialisme af. Daar is ook die werknemers van die VOC wat gestrand gelaat is of die walglike werksomstandighede wou ontvlug. Daar was die Britte wat agtergelaat is deur hulle Koningshuis of wat besluit het om hier te trou. Daar is mense van die Spice Routes wat geur aan ons kos kom gee het. Ons is een mengelmoes van stories, geskiedenis, oorloë, reise met skepe en oor berge heen. Dit sal dus taamlik verwaand van ons wees om te glo ons bou hierdie samelewing. Ons het dit bloot geërf. Soms dink ek ons raak so vasgevang in ons eie lewens, die korrupsie van vandag, die groot gemors waarin soveel dele van ons samelewing gedompel is a.g.v. gierigheid en haat. Dat ons vergeet, daar was goed, daar was bloed en daar was iemand soos ‘n Nelson Mandela.
Nie net is hierdie ‘n lekker ou politieke speelbal en arena nie. Nee aarde ons laaik daai te veel, maak ons soms vurig en warm onder die kraag. So kom ons los dit nou daar. Ons weet almal wat ons weet en ons het almal ons eie idees.
Laat ons eerder die net nouer trek. Hoeveel van die mooi lesse wat ons ouers ons geleer het, dra ons oor aan ons kinders? Hoeveel van die mooi stories, die uitdrukkings, die lewenslesse klaar geleer?
Daagliks hoor ek nog my Ma. Einste vandag, toe ek ‘n trui se nek so lekker rek om die hanger deur daai einste nek in te forseer ~ kom die gedagte by my op dat my ma my darem nou goed sou uittrap oor ek die ding so verrinneweer. Sien my ma het geglo mens pas jou goed op. Jy pas ander mense se goed op. Jy het respek vir die natuur. Vir ander mense. Alles het gedraai rondom respek. En dit onthou ek, dit spook by my as ek dalk die paadjie mistrap.
Natuurlik soos die generasies aanstap, soos meer van die vorige generasie net grafstene en as in die wind raak. Hoe groter is die bewussyn dat hierdie “sosiale kontrak” nie net ‘n erfenis is nie, maar dat ons nou bou aan die verhaal. Dat ons nou hierdie “geskiedenis” bou. En watter erfenis laat ons agter?
Burke het tereg geskryf:
“Society is indeed…a partnership not only between those who are living, but between those who are living, those who are dead, and those who are to be born.”
Hoe lyk die plek wat ons agter gaan laat? Is daar nog lesse wat ons geleer het wat ons kan oordra, sodat die wat na ons kom die wêreld ‘n beter plek vir almal sal maak. Of gaan ons ‘n plek vol haat en eensydigheid nalaat. Te bang om die grense so bietjie te verskuif? #deathlessons
Tema II: Is ons reeds in die kis?
#deathlessons
Die van julle wat al van my gekrap gelees het, weet ek is ‘n aards optimis. Ge-erf aan moederskant. ‘n Eienskap wat my al uit die dieptes van diepste, dieptes gered het. Wat ‘n reddingsboei was toe donkertes my wou omvou of die wêreld kakker as kak daarna uitgesien het.
Maar nou het ek hierdie vieslike gewoonte om alle ander emosies(wat moontlik ‘n sweempie van pessimisme met dit saamdra,) te verklein tot mier bollie. Ek weet ek doen dit, ek weet as ouer en vrou en vriendin, moet ek weet my plig is nie altyd om die kalf uit die put te haal met my vreeslike realistiese optimisme nie. Want sleep, sleep ek daai kalf aan die agterpote uit as dit moet. Ongelukkig het dit meestal die teenoorgestelde effek.
Want sien ek het die gewoonte om met my alewige positiwiteit die mense na aan my se gevoelens te minag. Ek sê eintlik vir hulle dat hulle nie hierdie “negatiewe” emosies mag voel nie, dat dit verkeerd is. Behoort van beter te weet! Want hierdie hele shame guilt het ‘n vieslike gewoonte om mens vreeslik selfbewus te maak. Oor al jou tekortkoming, die dinge wat verbeter kan word of waaroor jy jou kop in skaamte moet laat sak. Ek herhaal weer, as mens klomp stront aangejaag het en jy voel sleg daaroor en het spyt oor daardie daad is dit ‘n goeie ding. Maar as jy jou selfwaarde daaraan begin meet, dan tree selfverwyt in en dit het nog nooit ‘n goeie einde gehad nie. Laat ons nou maar ook eerlik wees, om skuld te beken en te berou is veel makliker as om jouself te moet verander. Wat in wese presies is wat jy moet doen as jy jou vir jouself skaam.
Ek moet my kop in skaamte laat sak en erken dat hierdie gewoonte om mense se doodgewone emosies as selfbejammering te sien, nie juis opbouend is nie. Dat ek dit misken en hulle dus ook misgun om die hele spektrum van voel te voel.
Ek weet ook ek sit nie heeltemal die pot mis deur ‘n oplossing, ‘n ander kant uit van negatiewe emosies te probeer vind nie. Dalk het ek net die vermoë om binne ‘n breukdeel van ‘n sekonde deur hulle te werk en dan oor te gaan na die …”goed so wat kan ek hieruit leer van myself en hoe kan ek dit verander?”
Maar vir my om al die “negatiewe” emosies van ander so vinnig onder die mat in te vee en die hoop soos confetti te strooi, is dalk ook nie die heel wysste manier om diè rondom my te help nie.
Ek raak beter, glo my vry. Ek luister al langer en ek maak so hier en daar die regte geluide. Maar daar lê nog werk voor!
So waar laat die dood ons?
Met die wete dat ons nie eilande is nie. Dat ons baie kan leer van die voorgeslagte, die goed behou en die res met die baba se badwater uit te werp. Verkieslik in die tuin, sodat ons die pragtige wêreld ook vir die na ons kan bewaar.
Lewe natuurlik asof jou nalatenskap van groot waarde gaan wees. Lewe in volle glorie en swang…ry al daai wipplanke, maar maak tog net seker jou voete land op die aarde wanneer dit saak maak.
Ek wonder sommer watter lewenslesse julle uit die vorige geslagte saamdra. Watter julle eerder begrawe het en hoe julle die lewe hanteer. #deathlessons
Skryf vir my en stuur aan vryheid@wynvlieg.com. Jy kan ook ‘n boodskap los op www.wynvlieg.com.
Vol 175: Wens ek was so wys op veertig
Goed, hierdie hele lewe ding en veral om ‘n grootmens te wees, is vir die voëls. Ek sê dit met die grootste respek vir die mense wat ‘n gevreesde siekte het, wat wens elke dag kan net nog asem bring, pyn vry wees en die gesigte en glimlagte van hulle geliefdes vir hulle skenk. En glo my vry daai vieslike siekte het kom lêplek kry heeltemal te na aan ons harte in hierdie huis. Dit lê mens heeltemal lam en daar is ‘n ongeloof. My brein wil dit net nie verwerk, glo of selfs aan die paadjie wat gestap moet word dink nie. Dis asof my brein wil sê as ons dit ignoreer gaan dit eenvoudig pad vat. Maar ek sal op ‘n ander keer daaroor skryf.
Die hele idee dat mens regtig eers die lewe op 40 begin geniet, is ook nou die grootste klomp twak op aarde. As jy ook soos ek gewonder het, wie op aarde sulke onsinnigheid uitgedink het, hier is bietjie agtergrond…. Life begins at 40. Ja in 1932, toe mense langer bly leef het, moes hulle seker ook begin dink het aan die lewe ver verby 40!
Boonop het ek toe ook nou in die 50ste arriveer en het my voorgeneem hierdie is nou my dekade. Losgemaak van die verantwoordelikheid van kinders, van werk, die begeerte om die
suksesleer te klim, van naam maak, van jouself bewys. Van hoop en glo jy gaan nog eendag daai slanke liggaam wat hier diep binne jou skuil, soos ‘n papie uit sy dop laat kruip. Nou is dit eerder vrede maak met die peer lyfie. Geluksalig, vry om te doen net wat jy wil.
Wel, wel, wel….die eerste drie maande van die jaar kom herinner my toe sommer gou…jy kan glo en hoop wat jy wil Poplappie, maar die 50’s gaan jou nie met meer genade beloon nie. Jy sal moet werk daarvoor. En boonop het my eie “werk daaraan” maar min verweer teen die aanslae van die wêreld daarbuite. #lifebeginsafterforty, met meer gevoel!
#lifebeginsafterforty
Klappe links en regs uitgedeel
Hemel mense ons kan mos nie elke jaar ‘n verstronter jaar as die vorige een beleef nie? As ek bygelowig was of een of ander sekte aangehang het, sou ek ook verklaar het die einde is in sig. Die wêreld val uitmekaar. Die kospryse is besig om deur die dak te skiet, die petrolprys kan hulle maar netsowel nou met R100 per liter opskuif, want hierdie R1.20 elke tweede maand, is ook nes die Simba pakkies….stadig maar seker word ons gewoond gemaak aan al minder en minder teen ‘n hoër prys. Eskom kan ook maar nou die krag heeltemal afsit, want hierdie blymakertjies elke nou en dan begin op my spiere werk. En my groter bekommernis is presies wat Dawie Roodt hier teen waarsku… Rising Cost of Living May Fuel Social Tensions, Economist Warns.
Nou ja, daar is natuurlik niks soos om hierdie goed aan ‘n mens se eie bas te voel nie. Kliënte droog op, almal se senuwees hang aan nerwe, want die wat nog my dienste kan bekostig, voel ook die knyp. Dis asof almal op hulle laaste van hulle laaste is. Almal soos drenkelinge in ‘n see waar hulle net uit desperaatheid hulle eie mense eerste op die reddingsbootjie kry.
Die ding wat my meer pla as enige iets anders is hierdie hoop wat ek gekoester het op ‘n rustiger, wyser, meer in beheer persoon. Soos Salomo van ouds. Die wyse een. Maar ek raak al meer soos Cruella De Vil. Al meer knorrig en kort van draad. Dalk is dit te veel druk, die ouderdom wat maak dat my lus om mooi broodjies te bak met mense, effe gekwyn het. Ek onthou so goed hoe een van my base een jaar met ‘n prestasiebeoordeling uitlig dat ek nie juis ‘n vreeslike hoë toleransie vlak vir dom mense het nie. Dom astrant nog minder! Selfs toe ek bitter klein was, kon ek eenvoudig nie vir Pinocchio kyk nie. Ek kon nie glo een houtpop kan so onnosel wees om vir al die streke van die jakkals en die slinkse kat te val nie.
So wat het die lewe my geleer
Toe ek nou die dag by die gym vir my vriende daar vertel ek raak 50, val hulle amper op hulle ruggens. Seker oor ek so dêm fantasties lyk op 50 natuurlik🤪 ! Maar vergeet nou maar van die uiterlike, dit slaan my toe soos ‘n nat snoek reg i tussen die oë…50 jaar op hierdie aardbol. Natuurlik voel ek nie 50 nie, weet ieg nie hoe dit veronderstel is om te voel nie, maar wat ek wel weet is dat 50 jaar ‘n lang tyd is. Dat daar bitter baie in 50 jaar gebeur het. Sommige wat ek eerder sou wou vergeet, maar dan ook so baie om oneindig dankbaar oor te wees. #lifebeginsafterforty maar almal by die gym is vol skete.🤪
Ek tel my as een van die geseëndes daarbuite. Nie omdat my pad so seepglad was nie, nee, verseker nie! Maar omdat my lewe so kleurvol was. So vol dinge om van te leer en te groei, te geniet en te verwens.
Soos julle my ken, moes ek toe eers loop stilsit en wonder, wat het hierdie 50 jaar my geleer. Wat sou ek vir ‘n jonger ek gesê het…wat sou ek anders doen.  Vir die van julle wat nog nat agter die ore is, lees, leer en pas toe. Vir die wat saam met my ander kant die halflyn kuier, laat hoor van julle. Ek is seker julle het óf dieselfde of ander ervarings/lesse om te deel. #lifebeginsafterforty of wat sê julle?
Hier gaat ons…my wyshede dus.
Familie, vriende(wat soos familie raak), wandelinge in ‘n park of in ‘n vreemde stad, bring meer geluk as karre, huise en mooi skoene. Mooi skoene het my al menige maal uit ‘n donkerte gesleep ja, maar die dinge wat mens bybly is nie die kar of die huis nie. Dis die herinneringe wat mens skep.
Oefening is nie daar om jou maerder te kry nie. Dis daar vir jou kop. Ja mens se liggaam raak sterker, ja ‘n mens blaas minder teen ‘n trap uit en ja dis natuurlik goed vir jou gesondheid. Maar kan ek nou maar vir julle ‘n geheim vertel, in AL DIE JARE WAT EK OEFEN en slaafs oggende opstaan om die gym sessies by te woon, het my lyf nie ‘n jota of tittel verander nie. So ‘n sentimeter hier en een meer spier wat uitstaan daar ja, maar kyk ek na foto’s van my in my vroeë 30’s ~ lyk ek nogsteeds beter as nou! Maar oefening hou my kop skoon, dit sit my in ‘n beter bui, dit maak my baie meer kreatief en ook sommer produktief op die koop toe.  As jy my nie wil glo nie, gaan lees dan iets meer geleerd 😜 ~ Exercise Has Benefits for Mind, Body and Spirit.
Jou lewensmaat, bedmaat, vriend-met-voordele ~ noem hom of haar wat jy wil. Maar daardie persoon met wie jy kies om hierdie lewe te deel het een moewies impak op jou eie sukses(of mislukkings); jou geluk(of ellende) en jou vrede(of bekommernis.) Mens dink jy is so ‘n eiland, onafhanklik en kan alles op jou eie regkry. Maak geen fout nie, baie van my sukses het ek op eie houtjie reggekry. Vir ‘n lang ruk was dit net ek en ek alleen. Dis ook waar dat sonder ‘n lewensmaat daar meer tyd is om op werk te fokus. Maar iemand wat in jou glo, iemand wat ‘n ander perspektief kan gee, iemand wat ‘n sagte landingsplek bied, wat ‘n lekker bord kos of lag aan die einde van die dag bring ~ dis die een wat jou moed gee en wind in jou seile sit.
My beste werk, die meeste kreatiwiteit het ek nie bemeester agter ‘n lessenaar in ‘n kantoor nie. Nee dit was tydens interaksies met ander mense, dit was daar waar ons idees kom saamgooi.( 3 Ways Human Interaction Increases Creativity .) Die mens is nie ‘n eiland nie, ons het almal ander talente. Hoe vinniger ons dit erken en ophou voorgee ons het self alles in pag, hoe beter vir onsself. Dit is so bevrydende om te erken mens het swakpunte, maar ook om ‘n diepe wete te hê ons is wel uitstekend in ‘n ander!
Goeie vriendskappe is goud werd. Ek was bevoorreg my lewe lank. Moet erken ek kan nie sê ek het op skool ooit gevoel ek was iemand se “gekose” een nie. Ek was maar so in die bondel. Nou met die ouderdom en wysheid, reken ek my sterk opinies en my “vati-stront-nie” houding was nou nie juis die tipe vriende met wie hoërskool kinders opgeskeep wou sit nie. Die lewe moes nog maklik en ongekompliseerd gewees het daai tye. Maar ek het darem so in my vriende ingegroei en kan nou met die grootste vrymoedigheid sê ek het ‘n leërskare om my nou! Hulle noem my die gom, die een wat avonture op hulle afdwing en my heel gunsteling: ”die een wat sonskyn oral met haar saamdra.” Ek laaik nogal daai laaste een!
Vra as jy hulp nodig het. Dis nie ‘n sonde nie en ons het almal hulp op ‘n stadium nodig. Ek het mos maar die kwesbaarheid storie eers so ‘n jaar of wat gelede begin omarm. My generasie se vrouens is nie goed met kwesbaarheid wys nie. Hardegat lot wat hulle eie potjie kan krap, huishoudings aan die gang hou, kinders deur die skool sleep, vrou wees en boonop sommer nog ‘n paar ander ysters ook in die vuur kan hê! Maar ai tog, om kwesbaar te wees is toe meer van ‘n super krag as wat dit ‘n swakheid is. Ek doen goed deesdae…ek vra sommer links en regs hulp en dit werk net alte goed vir my. Maak die lewe veel makliker!
Die meeste mense veroordeel, spring op hulle perdjies en kraak ander mense voor of agter hulle rûe af, oor die einste dinge wat hulle hulleself oor veroordeel, afkraak en minderwaardig oor voel. Soos gewoonlik is hierdie ‘n wysheid wat niemand kan betwis nie, slaat mens so tussen die oë as dit sin maak. Soos gewoonlik het Mark Manson ‘n wonderlike stuk daaroor geskryf ~ How We Judge Others Is How We Judge Ourselves .
Dis daardie klein gewoontjies(die goeie soort) wat mens elke dag, oor-en-oor doen, wat die grootste resultate op die ou einde lewer. Konsekwentheid is die sleutel tot alles wat goed uitdraai. Ek is maar van die impulsiewe soort, maar as dit by goeie gewoontes kom, moet daar maar konsekwent, bietjie-vir-bietjie aan gewerk word. Ons kan tog so gou gemotiveer word – enige kwak kan ons laat glo in groot sukses met een of ander wonderkuur of program, maar daar is ‘n rede. The Power of Consistency: Why Consistency is Better than Motivation Alone.
In die 50 jaar was daar vele wense, desperate gesmeek by die Here of wie dan ook wou luister daar buite in die heelal, vir ‘n sukses of ‘n lewensmaat of geluk van een of ander aard. Iets of iemand wat ek met my hele hart begeer het. Ai en dan die groot teleurstelling as dinge nie volgens MY WIL uitwerk nie. Dan jare later, as hindsight sy opwagting maak, besef mens net weer ~ die heelal het veel beter in die mou gevoer. Jou wildste drome oortref. Of die meetsnoere laat val presies waar hulle moes val.
Sit alles op die spel vir die liefde. Ek volg elke jaar vir “Boer Soek ‘n Vrou.” Dan luister ek na die jonge dames en here wat vertel hoe hulle maar hulle harte beskerm teen die liefde. Tog so bang om seer te kry. Nou as iemand wat al die liefde uit al sy hoeka aanskou en uitprobeer het, kan ek met die grootste vertroue sê…die liefde is gemaak om met oorgawe aangepak te word! Groot bewondering vir mense wat vasbyt ongeag, want dis mos darem nou nie maanskyn en rose nie. Maar moet asb. nie bang wees om die liefde ‘n kans te gee nie.
En nou vir die volgende 50!
Dis seker een van die groot ontnugteringe van 50 word. Daar is verseker nie nog 50 vir my oor op die aarde nie. Niks in my DNS dui daarop dat ek daai mylpaal gaan bereik nie.
Maar intussen wil ek meer doen van dit wat my op koers hou. Ek raak darem so met die jare sekerder oor die koers waarop ek wil wees. Dis ‘n bonus en verligting!
Mag jy, watter ouderdom jy ook ál vandag is, net vry wees. Vry van al jou eie verwagtinge, vry van alles wat jou gevange hou.  #lifebeginsafterforty is pure bog!
Skryf vir my en stuur aan vryheid@wynvlieg.com. Jy kan ook ‘n boodskap los op www.wynvlieg.com.
Vol 174: Nooit te oud om te leer nie!
Die koms van die nuwe hondjie, het my weereens laat besef, ‘n mens leer soveel van jouself as jy net weer ‘n slag buite jou  How to Leave Your Comfort Zone and Enter Your ‘Growth Zone’. gaan. Sien hoe ouer ons raak, hoe meer hou ons van daai gemaksplek. Daar waar daar geen meer angstig kan kom lêplek kry nie. Waar dinge net lekker en gemaklik is. #comfortzonechallenge
Ons hou graag daarvan om te verkondig dat ons al lank genoeg op aarde is om te weet wat vir ons werk. Tot ‘n mate waar en nog ‘n ding wat ek agtergekom het ja ~ sekere dinge raak mos maar net meer prominent hoe ouer ‘n mens raak. Minder wegkruip plek.
Die lof van nuwe dinge aanleer word oral besing. Want eerstens hou dit natuurlik jou kop aan die gang. Daai magtige orgaan van jou, wat gestimuleer moet word, sodat die verkalkte are tog net oop kan bly en die suurstof en bloed goed vloei! #comfortzonechallenge
Hoe dan gemaak?
Die afgelope naweek was ek en die lotte oueres met die perde weer na ‘n uithourit. Ons moet nog ‘n What are the Origins of the Phrase “a Sight for Sore Eyes”?wees. Kyk die organisasie is ongelooflik, daar is kos vir drie dae(alhoewel ons net een aand se ligte verversings nodig het🤪!) Maar ken jy ‘n klomp vrouens bymekaar? Boonop ma’s van die eerste gestoeltes, so ons kan pak en organiseer.
Die perdry ding wat ek so meer as twee jaar weer met erns opgeneem het, besef ek daar tussen die tent opslaan deur, het my soveel nuwe dinge leer doen. Nie net het my vermoë om op die perd se rug te bly en nie te voel of ek my lewe gaan verloor op so ‘n rit nie, met rasse skrede verbeter. #comfortzonechallenge
Daar is soos hierdie artikel ons meedeel, The Mental and Physical Benefits of Trying New Sports, nie net die ongelooflik fisiese voordele van ‘n nuwe sportsoort aanleer nie. (Ongeag of jy nou ‘n jong dingetjie of ‘n ouer blaar is!) Maar om ‘n nuwe motoriese vaardigheid aan te leer, is net so ‘n uitdaging vir die brein as om dit intellektueel te stimuleer. Want die brein, hy hou van leer. Die geleerde mense noem dit Neuroplasticity.
Ons weet almal ek is oefen mal, dat my koppie lekker uithaak as ek nie genoeg beweeg nie. Maar kan ek net sê, hierdie perdry ding het nie net nog spiere laat verstaan wat hulle rol nou eintlik in die lewe is nie(om my BO TE HOU!) Maar dit het ook my brein laat groei in plekke in wat dit nooit, ooit sou gegaan het as ek nie die mal perd opgesaal het nie. #comfortzonechallenge
So is ek byvoorbeeld nie skaam om te erken dat die tegniese deel van my brein eintlik maar altyd so effe aan die skraps kant was/is nie. Deur die jare het ek myself mooi omring met mense wat daai aspek kan oorneem as ek so ‘n bietjie vasdraai. En weet julle wat, dit het uitsonderlik gewerk tot nou onlangs nog!
Maar saam met hierdie perdry kom daar toe mos nou die praktiese dele ook ~ soos om ‘n boks agter ‘n kar te moet haak. Ek kan dit weliswaar nog nie heeltemal op my eie regkry nie, maar meestal eintlik maar omdat die krag my ontbreek. Dis ‘n ge”Google” van die eerste water en dan moet ek eers mooi uitwerk watter kant toe wat gedraai moet word. Boonop kan ek eintlik nog net vorentoe en dan weer reguit agteruit🤣 ry. MAAR, die ding wat ek van myself geleer het, is dat alhoewel my brein nie die storie so lekker vang die eerste rondte rond nie, moet ek net ‘n manier kry dat dit vir my sin maak.
Dan is daar natuurlik die tent opslaan en afslaan storie ~ dit was die naweek so ‘n lekker gelag. Want daar is drie van ons met die een kleine tentjie besig en ons lag en lag, want dis ‘n gat oor kop storie. Maar uiteindelik met die hulp van ons bure, staan die tente en het ons weer daai deel van ons breine laat groei. #comfortzonechallenge
Volgende keer is dit een-twee-drie en die tente staan!
Nuwe deure gaan oop
Verseker het hierdie sport en alles wat daarmee saamkom, nie net dele van my brein weer wakker gekry wat ek in ‘n ewige slaap wou dompel nie. Dit het ook nuwe begrippe gebring, nuwe mense wat ek ontmoet het.
#comfortzonechallenge
Kom ons wees nou maar eerlik, ek mag dalk ‘n ekstrovert wees. Ek mag dalk met die meeste mense oor die weg kom. Maar ek is regtig nie ‘n liefhebber van met elke Jan Rap en sy maat praat nie. Daarvoor het ek ‘n vriendin, ons noem haar grappenderwys die “skakelbeampte.” 😛. Maar as ek eers my “mense” raakgeloop het dan klou ek soos ‘n neet. So ja, ek het nog nie die grootste begeerte op die aardbol om met allerhande vreemdelinge te gesels oor km/h wat daar gery moet word of aande om sit en drink en heul nie. Dit bly maar net nie my ding nie, maar op elke liewe van hierdie ritte het ek nog langs pad by een aangehaak, wat ek ‘n konneksie kon bou. Iets nuuts by kon leer, so in die ry.
So dalk is die les en groei kans altyd, dat mens iets nuuts gaan leer, by iemand wat jy dalk nooit, ooit weer gaan sien nie. Of dalk ‘n goeie vriend kan raak. As jy nie die kans gewaag het nie, sou daai geleentheid poer in sy moer gewees het. #comfortzonechallenge
Aanpasbaar of nie?
As ‘n gesoute koshuis brak, het ek my altyd daarop geroem dat ek nogal aanpasbaar is. Sit my op ‘n plek en ek sal die beste van ‘n slegte saak maak. As ek so rondsoek is daar 12 Characteristics of Adaptable People.
Wel, wel, wel…lyk my daai deel het ek opgebruik in daai 12 jaar op “hok.” Party van hierdie eienskappe het ek wel. Maar die nuwe hondjie(daai is nou ook ‘n nuwe vaardigheid om weer aan te leer😝,) asook die perdry kompetisies het my laat besef, ek is toe nie heeltemal so aanpasbaar as daar moegheid en stres betrokke is nie. Kom ons sê maar ek is nie een van daai, “gaan-waar-die-stroompie-jou-vat” tipe mense nie. Besef toe die afgelope paar weke en weer hierdie naweek, dat my Perfectionism mediated the relationship between brain structure variation and negative emotion in a nonclinical sample maak dat ek dinge “net so” moet hê om my lewe klop disselboom te laat verloop.
Ek herhaal net weer, ek word gelukkig nie lamgelê deur dit nie. Dalk is ek maar net meer van ‘n roetine mens, een wat nie daarvan hou dat die appel kar omgegooi word nie. Ja, dis hoeka net dit! Health Benefits of Having a Routine het dit bevestig- dit help my om my stres onder beheer te hou. Mag dalk verduidelik hoekom vakansies vir my partymaal minder pret is as wat dit moet wees. Dan voel ek weer so skuldig na die tyd. Ek voel soos die drol in die drinkwater, want dis so ‘n voorreg, maar ek voel of die wêreld van sy as gaan af tol!
Die naweek se kamp, met alles wat onthou, gepak en gedoen moet word ~ wel dit neuk my roetine op. En hoe meer die roetine nie in sy plek val nie, hoe meer krapperig raak ek. Wil sommer soms my aan my arm gryp en badkamer toe sleep vir ‘n goeie hou op die boud of twee. (Nie my styl ieg geval nie, maar dis hoe ek voel😛.) Wil myself in die oë gaan kyk en herinner dat ek maar kan ontspan! Dat die wêreld nie gaan vergaan nie, dat ek nie so ‘n suurknol hoef te wees nie. #comfortzonechallenge
Dus die lesse wat ek geleer het
Die nuwe hondjie het my geleer ek hou van dinge op ‘n seker manier. Dinge moet nie so deurmekaar loop staan en raak nie, want dan raak ek krapperig. Boonop moet ek nie vasgevang word en geïsoleerd word nie.
Maar is ons nie maar wesens van teenstrydighede nie? Want hoe versoen jy nou die mens wat aan die eenkant nie van isolasie hou nie, maar aan die anderkant dêm lief is vir haar roetine en haar eie huis.
Ag mense dis nie altyd maklik om saam met my in my kop te lewe nie🤪.
Vir nou, omarm ek myself maar en wonder hoe ek soos Maria van ouds net goed geniet vir die oomblik en tog nie so ‘n beheer vraat hoef te wees nie.
Hoop daar by julle aan huis vlot goed en dat julle vandag nog daai gemaksone gaan verlaat! #comfortzonechallenge
Vertel my maar hoe jy jou gemaksone onder die gat geskop het.  Skryf vir my en stuur aan vryheid@wynvlieg.com. Jy kan ook ‘n boodskap los op www.wynvlieg.com.
Vol 173: Hoekom is ons tog so fyn gevat?
Verlede week betrap ek myself, dat ek darem nou ‘n lekker ou suurgat is hoor. Danig voor op die wa met my alewige voorgee. Boonop hou ek daarvan om wyd te verkondig dat ek nogal voor in die ry gestaan het toe die emosionele intelligensie uitgedeel is.
Wel, wel, wel. Toe makliker om die gewer te wees. Minder aangenaam om die ontvanger te wees. Of te wel dan die een wat in die posisie gesit word, waar dit toe nie so maklik is om die emosionele intelligente een te wees nie.
Toe wonder ek sommer so by myself, Why Am I So Sensitive? Kan myself natuurlik na die artikel op die skouer klop, dat ek een van dies is wat dieper voel, wat as’t ware so met die helmet en sulks gebore is dat arme ek, foeitog eintlik in sagte ou doekies toegedraai moet word. #whyarewesosensitive
So wat is nou eintlik my probleem?
Verlede jaar teem ek vir maande aan een oor die GROOT TREK. Wat toe in elk geval nie gebeur het nie. Toe dit deur die mat val, is ek eintlik al klaar oor die drumpel. Besef ek hoe belaglik baie tyd ek aan iets spandeer het, wat toe nou nie so ‘n groot opoffering sou wees nie. Want waar daar ‘n punt is, is daar mos altyd weer ‘n begin, dan nie? (Meer hieroor op ‘n latere stadium!)
Terug by verlede week ~ daar vertrek die jong man toe na die groot stad. Nou gaan hy daar studeer, gaan hy vir die eerste keer sedert die egskeiding by sy pa aan huis bly. My kop sê vir my, dis ‘n goeie ding. My hart en die groen monster loer-loer so oor my skouer. Hoe belaglik is dit nie. My hart juig, want ek wil graag hierdie voorreg gun aan beide van hulle! Maar sien toe staan die saak so, daar is ek nou die een wat ‘n paar kortaf woorde aan die einde van die dag kry. Ek is die een wat nie die weelde van gedeelde aandete het nie, waar die woorde en stories vloei. Ek is nou die een wat na die krummels moet smag. #whyarewesosensitive
Daar besef ek toe, die groen monster het niks met die nuwe verblyf reëlings te doen nie. Nee, nee ek lei aan die volgende ~  When Parents Envy Their Adolescents.
Hoe durf die klein donnertjie my sommer net so afskryf? Hoe durf hy nou ‘n lewe van sy eie te wil lei. Dit terwyl ek vir jare my alles opgeoffer het vir hom. Daar was om die stukke op te tel en altyd tussenbeide getree? (Soos ek dit tik, so belaglik klink dit nè?)
Goeie hemel, ek skaam my vir myself. Verkondig ek dan nie vir enige een met ore, dat mens jou kinders vlerke moet gee nie? Vreeslik braaf ja, tot die vryheid hier aan my eie voordeur kom klop het.
Na die lees van verskeie artikels, want ek glo mos vas ….👇🏼
#whyarewesosensitive
….besef ek net weer. Ek kan maar sê wat ek wil, ek is jaloers(of dalk net effe suur) dat hierdie jong man, kan ontvang en ontvang(van my geld en my energie en my tyd) en nie eers die telefoon wil optel om net van sy dag te vertel nie. Ja mense, julle hoef my nie te preek nie, ek weet ~ ek het mos gegee, hy het ontvang. En hy is nie ‘n sleg kind nie, hy is net ‘n jong volwassene wat sy lewe moet lei. Hy is nie meer mamma se baba nie. #whyarewesosensitive
Ingehok, bring die jammerlappie
Tweede rede vir my suur gat houding, is dat ek nou gras weduwee speel. Die afgelope vyf jaar was ek en Mnr G gereeld vir ‘n week op ‘n slag uitmekaar. Daar was ‘n werk die kant vir my, ‘n plaas aan die ander kant vir hom. Met stampe en stote het ons die saak bemeester. Wel, ek kan nie juis beweer ons was super suksesvol nie😳, maar ons is daardeur.
So vra jy my nou, wat is nou my probleem? Ek hoef nie te ver en diep te soek nie. Was ooglopend….die isolasie was my probleem Social Isolation and Mental Health.
Wel, probleem nommer een in die geval. Ek wou mos die mal perd opsaal om ‘n nuwe hondjie te kry. Dis amper soos kraam, mens vergeet van die pyn en die daaropvolgende isolasie, min slaap…die aanhoudendheid van die nuweling. So vertrek Mnr G op sy eerste besigheid besoek oorsee in vyf jaar. ‘n Lekker laaaaaaaaaang een. Boeta is Kaap toe. Mamma is by die huis…met ‘n hond wat moet leer waar die toilet is. Wat nie alleen gelaat kan word vir te lank nie. Wat nie sy kos wil eet nie. So mamma sit in die huis vas! Mamma is besig om mal te raak.
My probleem is nie so groot nie, die katgriep hoef ons na nog ‘n maand nie meer te vrees nie. Dan vat ons die pad. So dis vasbyt vir nou. Dis tydelik.
Maar ek besef te goed daar is verskeie mense wat elke liewe dag stoksielalleen moet sit in huise. Want niemand verdien om alleen te sit nie. Daar is soveel navorsing wat verduidelik ~ In good company: Why we need other people to be happy
‘n Mens se brein wil dit voorkom, werk net beter wanneer daar sosiale interaksie is. My oomblik van helderheid en insig in my huidige situasie het gekom toe ek besef, Social Baseline Theory: The Social Regulation of Risk and Effort. In hierdie ongekompliseerde oomblik van druk, sou ek veiliger gevoel het as daar nog mense was wat kon help. Die eentonigheid maak my gek. Die feit dat daar nie ander mense is wat net kan help en sê alles is oraait nie. Wat ook so bietjie die toilet diens kan oorneem nie. #whyarewesosensitive
Maar in alle eerlikheid, is daar ook so ‘n ligte sweempie van DEAL WITH YOUR TRAVEL ENVY IN HEALTHY WAYS. Hier kry daai man van my die geleentheid om weer die groot yster voël te bestyg. Hy gaan oor die waters, hy eet vreemde kosse, hy sien ander dele van die wêreld. En ek moet met Jan Tuisbly se karretjie ry. Jannie Jammerbal op sy beste! #whyarewesosensitive
Vir die van julle, wat soos ek nie binnekort oor die aardbol gaan rol nie. Die vrou het wel ‘n ding of twee beet. Wat van in ons eie agterplaas bietjie rondtoer. Gaan klim ‘n koppie vroegoggend, gaan dalk vir ‘n naweek in ‘n tent( as dit dan nou moet🤪) of verken die naaste stad se geskiedkundige plekke. Herroep weer  ‘n trippie van lank gelede. Kyk na daai video’s uit toentertyd, skiet die springmielies…droom weer ‘n bietjie. Of spaar dalk elke maand ‘n paar rande(i.p.v. om daai drankie te koop, of die rok of die stuk koek) en beplan iets groots.
Ek is lekker grootbek, want as die son reg opkom en alles loop glad, gaan ek die groot 50 saam met hartsmense vier doer ver oor die waters.  #whyarewesosensitive
Nie net ek nie
Soos die heelal dit wil hê, is ek toe nie die enigste een wat so bietjie van ‘n hobbel slaan nie. Ter agtergrond, daar is by die stalle(daar waar ek die perd hou) heelwat “ouer” vrouens. Lekker klompie vroue wat lankal al hulle stronte agtergelaat het.
Dinge is mos maar soos ‘n rivier – daar vloei altyd nuwe bloed in. Dis die lewe en so leer ons ook ‘n bietjie meer van onsself en ook van ander. Altyd lekker gemaklik om net so met jou eie kudde uit te hang, mense wat dieselfde as jy is en dink. Maar almal is nie dieselfde nie en dit hoort ook so.
Daar was ‘n ongelukkigheid by ‘n nuweling. Iemand wat uitgesluit gevoel het. Seergemaak oor sy nie in die “binnekring’ welkom gevoel het nie. #whyarewesosensitive
By nadere ondersoek, blyk dit toe, daar is ‘n mate van onsekerheid. ‘n Gevoel van in die pad wees, nie behoort nie. Wat is tog hierdie  What Is the Sense of Belonging?
Wel in die geval lê die wortel van al die onsekerheid by die nuweling toe die heeltyd  in Self-esteem Declines Sharply Among Older Adults While Middle-Aged Are Most Confident. Dit wil blyk, hier na die sestigs is ons nou nie meer so haan van die mishoop nie. Begin ons twyfel in ons waarde.
Hier was ‘n les te leer vir ons ander almal. Partymaal kyk mens verby ander, verby hulle begeerte om ook net te behoort. En soos gewoonlik is dit baie makliker om deel van die “in-groepie” te wees, as daardie een wat so op die rand moet rondhang.
Vir die wat nog nie daarvan gehoor het nie, daar was ‘n man. Die man se van was Maslow. Hy het ‘n teorie gehad😜 ~ A Guide to the 5 Levels of Maslow’s Hierarchy of Needs. Derde in die ry, is die mens se begeerte om te behoort.
Hier doen ‘n geleentheid hom toe voor vir ons almal om uit ons lekker ou kringetjie te uit. Ons vermakerigheid te laat staan en ‘n gevoel van behoort te skep. Want om daardie samehorigheid te bewerkstelling, beteken ons kan almal veilig voel om te groei. Ons kan ‘n ander ‘n hand uitreik en laat voel hulle is nie stoksielalleen nie.
Slotsom is ~ dis ‘n geleentheid vir ons almal om empaties te wees. In plaas daarvan om te maak of ons onaantasbaar is.
Want ons is eintlik maar almal goeie mense. Ons is almal mense met ‘n behoefte om te behoort. En dalk was ons lotjie net gelukkig.
Daar sy, ek voel sommer minder suur
Altyd so ‘n verligting. As ek dinge net eers op papier begin neerpen. Begin oplees en verwerk.
Altyd bereid om meer uit te vind, beter te verstaan en hopelik minder van ‘n ou suurknol, Jannie-jammer-bollie te wees. #whyarewesosensitive
Mag dit goed gaan met julle die week. Mag julle pad stroopsoet wees!
Soos gewoonlik staan ek gereed om van julle te hoor. Skryf sommer vir my en stuur aan vryheid@wynvlieg.com. Jy kan ook ‘n boodskap los op www.wynvlieg.com.
Vol 172: Slot episode
Die lange lys van voornemens vir 2023 staan nou einde se kant toe! As jy vandag een van die’s is wat hierdie storie die eerste keer onder oë kry, doen jouself gerus ‘n guns en gaan lees die vorige twee. Wie weet, dalk is daar iets wat jy nog op jou lysie kan sit.😝.
As jy effe belemmerd is met die tegnologie, of bloot net te lui. Hier is vorige aflewerings…Vol 170: 2023 Hier Gaat Ons…(Weer!)….Vol 171: Vat Hom Flaffie!
‘n Spesiale woord van dank aan die mense wat die moeite gedoen het om lekker lang boodskappe te los of selfs vir my te skryf. Dit word nou opreg waardeer hoor!
Sonder enige verder fanfare sal ons dan sommer met die deur in die huis val  en die die laaste drie opdis. #thefinalcountdown
Nommer sewe ~ as die donker jou oorval
As dinge donker begin raak in jou lewe of jy voel die 7 maer jare het jou beetgepak, vermy maar eerder die groot besluite. En vermy ook die haarsalon, veral as jy ek is. Geneigdheid om my uit ‘n dowwe plek te wil uit knip! Of kleur(dit was die ding in die jonger dae.)
Eintlik geld dit vir as jy sommer net eenvoudig vreeslik emosioneel voel. Wie van ons het nie al deur ‘n hele string emosies gegaan nie. Veral as jy een van die gelukkiges onder ons is om die menopouse onlangs te kon betree. Menopause vir die van julle wat dink julle is besig om die kluts kwyt te raak, loop lees hier! Vir wat ons ook so gestraf moet word, weet niemand nie!
Daar is verskeie maniere wat jou weghol emosies jou lewe goed kan opdonner. Of sal ons sê jou besluitneming heel van spoor af dwing. Al ooit terug gekyk so oor jou lewens landskap en gewonder…”Wat de donner het ek gedink?”
4 Strange Ways Your Emotions Influence The Risks You Take het bietjie lig op die onderwerp geskyn vir my.
So het die “opwinding” my darem ook al ‘n paar aankope laat doen wat heeltemal onnodig en buite die begroting geval het. Want as daai groot mallemeule van die opwinding jou so vat, dan los hy nie sommer gou nie. Mens is glo geneig om groter risiko’s te vat as jy doer op die kruin rondboer.
So het navorsing, worry propensity and the perception of risk ook al bewys dat angstigheid oor iets weer oorspoel na ander fasette van jou lewe. Dit is nie juis nuwe nuus nie, want wie het nie al angstig gevoel oor iets by die werk of in ‘n persoonlike verhouding en dan haal jy dit behoorlik teenoor ‘n ander arme sot uit nie? Soms maak die angs dat mens se gesonde verstand heeltemal gaan stilstaan en net mooi geen besluite van enige aard geneem kan word nie.
Boonop blyk dit dat hartseer ‘n mens sal laat skik vir minder. So al asof die hartseer alle waagmoed uit mens kom suig en jou so weerloos laat dat jy net mooi vir niks kans sien nie. Asof mens net nog meer in die grond in getrap wil word. Ek weet daar is vandag mense wat hier lees, wat onlangs iemand aan die dood moes afstaan en verpletter, oorweldig voel. En nou moet daar groot besluite oor die toekoms gemaak word, maar die lamte wil nie wyk nie.
Nog ‘n stukkie navorsing, Why do bad moods increase self-defeating behavior? Emotion, risk taking, and self-regulation het weer bewys dat woede en daai groot uitbarstings tot heeltemal irrasionele gedrag lei. Snaaks genoeg laat hierdie woede buie mense vreeslike goed doen of sê. Net om daarna soos ‘n groot papaja te voel en eerder ‘n mens se kop in die naaste bynes te wil loop insteek. Want jy het jouself soos ‘n boks gedra.
Die antwoord is natuurlik in balans. Ha.ha.ha. Hoe lekker lag ek nou! Darem mos een van my top prestasies. Ek gaan seker nog tot my dood dag soek na die sogenaamde balans! Meer belangrik nog dink ek moet ons maar eerder ‘n paar lesse in Emotional self-regulation gaan leer. Hieroor kan ek ‘n hele tesis skryf reken ek. Staan soms verstom dat grootmense(en nou bedoel ek mense wat al lank in die tand is,) wragtig nie oor die vermoë beskik om hulle eie emosies te reguleer nie. Ongelooflik maar dis ‘n ding! Sou sê ‘n groot siekte van ons tyd!
Dus, vir 2023 gaan daar ‘n poging wees om nie soos ‘n masjiengeweer los te trek en op die golf van emosies my besluite te maak nie. Ek gaan my beste, este probeer om eers te sit en dink waar die muishond stink!
(Ek sien sommer hoe duik die een in die pomp voor ek nog begin het🤪) #thefinalcountdown
Nommer ag ~ kies jou kritikusse sorgvuldig
Ek wonder soms hoekom ons so gretig is om kritiek van mense te vat wat ons soos in glad nie vir raad sou nader nie. Daai kritiek is soos ‘n snydende swaard en laat ons nagte wakker lê, oor-en-oor in ons koppe ronddwaal en soos wurm bollie voel. #thefinalcountdown
Nou kom ons begin sommer by die begin ~ What’s Wrong with Criticism, stel dit dêm goed. Die kritiek sê meer van die kritikus se karakter en ego as wat dit van die ontvanger daarvan sê. Eina!
Die skrywer wil beweer daar is g’n niks soos positiewe kritiek nie. Kritiek is daai ding waar die een die ander wil onderdruk ~ noem my iemand wat ‘n onderdrukte wil wees. Boonop het dit die hoofdoel om die ander persoon minderwaardig te laat voel…so dalk nie juis iets positiefs daaraan nie?
Ek is een van die dikvellige soort. Ek vou nie sommer onder kritiek nie. Seker my “jou gat man, ek sal jou wys” houding wat my net aan por. Maar al hou ek my so grootbek, het ons maar almal ‘n Sensitivity to Criticism. Raai, raai Riepa…vele van ons nerwe spruit uit ons kinderdae. Aangesien ek my so roem op die dikvel, laat ek maar bieg. Ek het vir jare, der jare ‘n sensitiwiteit oor my lyf gehad. Die rondings was te veel. Dit het nooit in daai boksie ingepas nie. Hierdie was ‘n blog wat ek daaroor neergepen het, dink party van julle mag dalk aanklank vind.. Vol 27: The Shape That I’m In.
Nommer nege…skuld bly skuld
Daar kom ‘n tyd in ‘n mens se lewe wat jy in die skuld is. Of dit nou die soort van die note is, of by iemand anders of sommer by jouself. Êrens sal jy daaraan moet begin delg. So te sê jou probleme oplos. En van probleme hoef ek niemand net mooi niks te vertel nie.
Hulle sê mos nie verniet 👇🏼
Skuld soos ons weet verdwyn nie soos mis voor die son nie. #thefinalcountdown
Ek laaik nogal hierdie “Angry Therapist” mannetjie se uitkyk. What do you owe yourself ~ ons is male sonder tal geneig om dit wat ons onsself “skuld” maar eerder daar in ‘n laai te los. Want verdien ons dan om ook onsself te vergewe vir sekere misstappe? Of mag ons ook onsself die luuksheid gun om net eenvoudig op te gee, oor te begin? As jy vandag in skuld teenoor jouself staan, as jy jouself meer moet gun ~ betaal daai skuld af. Want een of ander tyd in jou lewe gaan dit moet gebeur. En skuld het ‘n gewoonte om meer te raak as jy nog nie agter gekom het nie.
Kyk ‘n bietjie rond in die wêreld. Daar is oorloë, daar is onskuldig mense, nes ek en jy wat hulle vaderland moes verlaat. Nie omdat hulle so sleg is nie, maar omdat die mense wat hulle vertrou het om vir hulle ‘n land van stabiliteit te gee alles opgeslurp het. Of die gierige buurland het besluit hulle mags bedonnerde heerser kort nog grond. Of binne die landsgrense het mense se vrese vir die vreemde en misplaaste lojaliteite hulle op mekaar laat begin skiet.
Dan word ‘n mens… What We Owe Each Other Elkeen van ons in hierdie wêreld, jou land, jou dorp, jou straat het soort van ‘n sosiale kontrak. Dis een waar ons ‘n ongeskrewe ooreenkoms onderteken om saam te lewe in vrede. Waar een na ‘n ander moet kyk as dit moet. Waar ons mekaar se kulture nie net hoef te respekteer nie, maar dit omarm.
Hier is ‘n gewigtige stukkie om daaroor te lees ~ What Do We Owe Each Other?
Hemele hoor vir my, dis nie aldag vir ons maklik nie. Dit voel of daar net meer en meer mense staatmaak op ‘n handjie vol wat die koffers moet vol hou.
Maar waarheen anders? Wat as dit ek of jy was? Sou ons nie dan dalk wou hê ons mede genote moet ‘n sagte hart, sagte hand en woord vir ons hê nie?
En nou is dit verby
Ek het nou ‘n lys wat skrik vir niks. As daar dalk net een of twee is waarmee jy saamstem, laat hoor van jou. Moontlik is daar nog iets wat ons by ons lysie kan voeg. #thefinalcountdown
Ek sê weer…kom ons wees net lekker mense. Goed vir onsself, die omgewing en ander mense. Dan is ons mos al halfpad daar, dan nie?
Laat van jou hoor asb., vordering daar aan jou kant? Skryf sommer vir my en stuur aan vryheid@wynvlieg.com. Jy kan ook ‘n boodskap los op www.wynvlieg.com.
The post Vol 172: Slot episode appeared first on Wynvlieg.
Vol 171: Vat hom flaffie!
Soos beloof is my 2023 voorneme lys, effe lank…julle sal onthou, die plan is om so veel as moontlik “voornemens” te hê. Sodoende is my kanse dalk beter op ‘n mate van sukses. 🤣 #taketwo
As jy nie jou oë oor laas week se skrywes laat dwaal het nie, lees hier, Vol 170: 2023 Hier Gaat Ons…(Weer!) Net dat jy darem ook agter die kap van die byl kan kom! Weet nie hoe dinge daar in jou geweste gegaan het, of die blaadjie nog skoon en vol belofte is nie. Hier by my is dit ‘n kwessie van grondvat so hier en daar.
Ek probeer so dêm hard om voet by stuk te hou en daai alewige ontwykende konsekwentheid in ‘n wip te vang! The Power of Consistency When Working Towards a Goal. Die geneuk is dis maklik om die voorneme (of dan doelwit) neer te pen, dit aan die groot klok te hang. Natuurlik, weet iedereen om dit te volbring, is ‘n HEEEEEEEEELTEMAL ander storie. Ek probeer my uiterste bes om nou te fokus op die hier en nou, op die klein keuses wat ek kan maak om tog by daardie doelwitte uit te kom. Anders struikel en val ek op my gat!
Tans is ek deeglik bewus van hoe die klein gewoontjies die uiteindelik doel sal bereik. Hieronder is ‘n foto van die mal perd wat ek opgeklim het, ontmoet ons nuwe baba. Die mannetjie moet natuurlik nog leer waar die toilet sit! Ons hoop met weermag presisie sal ons hom kry om binnekort reeds die toilet te trek ook.😝
Nommer vier ~ vergeet van skape tel
Die wat gereeld hier lees, sal weet een van die groot lewens waarhede waarby ek probeer hou, is om uit dankbaarheid te leef. Ingeprent in moederskoot, wat ons altyd herinner het daaraan, dat daar mense is met wie dit erger gaan as ons.(Dis nou as ons aan de kerm wou gaan oor ons eie lot.)
Party van julle is seker ook eintlik al effe gatvol vir die geteem van my. Kyk net rond, die ligte is in vele mense se lewens heeltemal afgeskakel. Daar blyk ook nie sommer lig aan die einde van die tonnel te wees vir vele nie. Ek sal julle nie verkwalik as julle my mooi sal laat verstaan dat daar nie skape getel word teen bed toe gaan tyd nie.  Why Living a Life of Gratitude Can Make You Happy haal vir Meister Eckhart aan. Hy spreek ‘n enkele waarheid hier ~ as die enigste gebed wat jy ooit sê, “dankie” is, sal dit ook genoeg wees.
Sien, ek gee nie om uit watter hoek jy die lewe benader nie, daar is altyd iets om voor dankbaar te wees! (Dit vertel ek myself as ek aan die swartgallig kant is of myself vreeslik bejammer.)
Vra jy my nou, hoe lyk so ‘n lewe? Een wat elke dag uit dankbaarheid geleef word. Ongeag hoe die dag daaruitsien.
In my ervaring en waarna ek streef, is dit om eenvoudig “dankie te sê” vir al die terugslae, die teleurstellings, die platval. Om al my seëninge te tel, al voel hulle partymaal dun gesaai en nie naasteby na ‘n seëning nie! (Soos my ma tereg gesê het, daar is altyd mense wat minder het.)
Sien ook die geluk wat die kleinste positiewe ervaring vir jou kan bring. Geluk lê tans vir my in ‘n baba hondjie wat sy eie stert jaag en uitbundig rondhop. (Of op die gras i.p.v. die mat sy dinge doen!😆)
Hier is iets om aan vas te hou ~ dankbaarheid is om te lewe asof die lewe self ‘n groot wonderwerk is. Meer nog, asof JOU LEWE ‘N GROOT wonderwerk is. #taketwo
Nommer vyf ~ los die geraamtes ini kas
Wys my die persoon wat nie rondloop met ‘n kas vol geraamtes en ‘n tas vol Regret nie. Kyk ek het sommer ‘n hele vragskip houer vol wat ek mooi daar by die hawe van alle spyt laat staan. Ek sluit dit af en toe oop, kry so ‘n naar gevoel oor die maag as ek hulle “afstof” en bekyk. Wat ek wel weet is dit, ek kan net mooi niks aan daardie geraamtes en skandes doen nie. Hulle is deel van my storie. Ek was teenwoordig toe kakkerige besluite geneem is, toe ek my nie na wense gedra het nie. Van hulle stink so na selfsug, dat niemand anders in die omgewing sal kan kom nie.
Wat ek wel geleer het, en elke keer wat ek daai houer oopsluit, is dat dit belangriker is wie ek nou is. Dat ek in wording is en dat ek sag moet omgaan met daardie geraamtes.
#taketwo
What Matters Is the Choice You Make Right Now. Dit sluit natuurlik in om al daardie dinge wat nie in diens staan van die lewe wat jy nou wil lei, die persoon wat jy wil wees, in die skene te skop. Ordentlike nuwe gewoontes aan te kweek. Dit help nie ‘n mens maak dieselfde besluite dag na dag en verwag ‘n ander uitkoms nie. Die verlede het my storie uitstekende kinkels gegee ja, maar nie al daardie intriges maak vir ‘n goeie storie nie!
As jy dalk sukkel om hierdie patrone te herken, is daar een eenvoudige vraag wat jy jouself kan afvra: “Gaan ek goed voel oor hierdie besluit, hierdie daad, of hierdie uitspraak?”
Kom ek gee ‘n paar voorbeelde:
“Gaan ek goed voel oor myself as ek vanaand eerder diep in die bottel kyk as om saam met my kinders ‘n bord speletjie te speel?”
“Gaan ek goed voel oor my uitspraak, wat diep uit ‘n vooroordeel spruit, as dit dalk aan die groot klok gehang word?”
“Gaan ek goed voel oor myself as ek my humeur in die verkeer verloor en vieslike goed vir ander mense kwytraak?”
Ek dink elkeen van ons het ons eie lysie, want elkeen van ons het ons eie stel waardes What are Values?
Ek wil ook net byvoeg, dit maak regtig nie saak wat ander mense se waardes is nie. Of wat die samelewing in jou keelgat probeer afdwing nie ~ jy en jy alleen besluit watter tipe mens jy wil wees. Jy en net jy moet met jou gewete saamleef! #taketwo
Nommer ses ~ dink eers, praat dan
Sluit aan by die eerste voorneme, om te luister voor ek my smoel oopmaak en allerhande “wyshede” uitspoeg. As ek maar net kan leer om te sê: “Laat ek net eers daaroor dink!”
Ek praat nou hier van ons geneigdheid om die gawe, betroubare vriend of vriendin te wees. Daardie persoon wat nooit nee sê vir iets nie, wat altyd ‘n helpende hand sal uitreik. Wel, wel, wel Counseling Center: People Pleasing is ongelukkig iets wat met ‘n reuse boete kom. Dis ‘n uitputtende storie en dan aan die sykant daarvan begin ons te kerm omdat mense ons so misbruik.
Weet nie van julle nie, maar dis verseker deel van my grootword gewees. Mens is hulpvaardig, jy staan in diensbaarheid en was daar dan nie ook ‘n ding van “wees maar altyd die minste nie?” Nou kyk om die martelaar te wees, is darem ook nou deel van die Afrikanerdom. Dit word as iets edel gesien om jouself aan die kruis te spyker vir ‘n ander. Boonop is ons as mense sosiale wesens en ons het ‘n reuse behoefte aan Belongingness. Wil inpas, wil deel voel en dan dink ons, dit beteken ons moet ons eie begeertes en behoeftes opoffer vir ‘n ander.
Ek weer het ‘n geneigdheid om mense tevrede te wil hou en dit spruit uit my Conflict Avoidance Doesn’t Do You Any Favors. Ek laaik nie konflik nie. Ek vind dit onnodig en natuurlik, wat doen ek? I.p.v. om my man te staan en nugter te dink en tyd te vat om terug te antwoord, of myself in ‘n ding in te kry…begin ek soos ‘n wafferse akrobaat ronddans om tog net die ander party gelukkig en stil te hou.
Ek het verlede week ‘n bietjie sukses behaal op die gebied. Jare lange rondtrippel rondom die eks oor geld vir die kind. Jare lange, maar die minste wees, want ek is dan so bevoorreg om die spruit in my huis te hê. Maar toe het ek my man gestaan en op ‘n onemosionele wyse my sê gesê. Of ek nou die spit gaan afbyt vir die ekstra onkoste of nie, ek het gesê wat lankal gesê moes word. En raai wat? Dit is heel positief ervaar. Sonder ‘n geduck en dive.
Laat ek voortbou. #taketwo
Genoeg vir eers
Glo my vry, daar is nog voornemens, dinge om te probeer die jaar. Die volgende aflewering sal daais weer takel.
Vir eers, moet ek my bepaal by die werk wat die geld inbring en om al hierdie diere wat ek nou besit besig te hou.
Ek hoop êrens het iets ‘n klokkie gelui. Hoop van harte ek is nie alleen in hierdie pelgrimstog vol voornemens nie. Mens kan maar net probeer om beter en heler aan die ander kant uit te kom! #taketwo
Tot volgende keer!
Laat van jou hoor asb., vordering daar aan jou kant? Skryf sommer vir my en stuur aan vryheid@wynvlieg.com. Jy kan ook ‘n boodskap los op www.wynvlieg.com.
The post Vol 171: Vat hom flaffie! appeared first on Wynvlieg.
Vol 170: 2023 hier gaat ons…(weer!)
Daar is darem net mooi niks soos ‘n mooi nuwe, skoon blaadjie om om te slaan of ‘n nuwe vooruitsig op die horison nie.
Alles so mooi, blink skoon en vol potensiaal. Vir die van julle wat soos ek ‘n oggend mens is en streef daarna om ook by die PRACTICAL STEPS YOU CAN TAKE TO BE PART OF THE 5AM CLUB aan te sluit, sal weet die oggendstond het verseker goud in die mond. Maar meer as dit, as ek in die oggend douvoordag gym toe ry, is daar so ‘n ligtheid wat my omvou en ‘n fladdering in my hart. Die potensiaal van ‘n nog ‘n dag om my doel hier op aarde te vervul…wat dit ook ál mag wees op daardie spesifieke dag. Dis seker al die vars lug of die vooruitsig van die Dopamine wat deur my are gaan vloei. (Ja dis regtig ‘n ding!) #anewyearanewme
Ek het bietjie gaan rondkrap – as jy meer oor die geskiedenis van Nuwejaarsvoornemens wil weet, lees bietjie hier…Why do we make new year’s resolutions?
Of dalk is jy soos ek effe skepties oor die hele storie, want laat ons nou maar eerlik met mekaar wees, die meeste val maar vinnig van die bus af. Wat ek wel van die hele idee hou, is mooi vasgevat in hierdie artikel ~ 4 Reasons To Make New Year’s Resolutions (Even If You Don’t Keep Them). Al hou ons nie by al ons ambisieuse voornemens nie, is daar darem ‘n poging, daar is hoop en ook ‘n betrokkenheid van een of ander aard aan die gang. Boonop die wil om verantwoordelikheid te vat en dinge te verbeter. Dalkies ook net so ‘n bietjie inspirasie vir ‘n nuwe begin.
Dit alleen is kos vir my siel! #anewyearanewme
So wat doen ons nou met 2023?
‘n Nuwe sikspens. ‘n Nuwe begin. En aarde tog ek vermoed ons is almal desperaat vir dinge om net beter te raak. Ek verkies om soos ‘n volstruis te wees, kop goed in die sand weggesteek. As ek net moontlik ‘n sweempie van negatiewe nuus in die oog kry, kyk ek ander pad, sit die radio af, of jaag deur ‘n nuusberig. Ek weier! Ek gaan oor optimisties probeer bly! Verlede jaar het ek genoeg van my eie drama geskep.
Ek het reeds ‘n vinnige inskrywing gedoen verlede week op my blad, maar nou maak ek dinge meer offisieel. Die lysie groei ~ ek reken as ek genoeg voornemens het, het ek dalk ‘n 20% kans op sukses😝. #anewyearanewme
Heel bo aan die lys!
Les wat ek myself probeer leer is dit…’n mens kan g’n niks nuuts leer van jouself of ander as jy praat i.p.v. luister nie!
Dit is uit die aard van die saak nie nuwe nuus vir enige van ons nie. Maar om ordentlik na ‘n ander te kan luister, hetsy by die werk, in jou eie huis, of net die mense met wie jy poog om ‘n verhouding van een of ander aard aan te knoop, is van onskatbare waarde.
Active Listening is nie juis iets wat my geliefde man mee goed is nie. Op geen vlak nie🤪 . Maar syne is vermoedelik net bloot nie aandag gee nie. Dit maak my natuurlik rooiwarm en effe bitsig as ek voel of alles ‘n duisend maal moet herhaal. Voel vir my soos disrespek, of dalk praat ek net so baie dat niemand in my huis meer luister nie😆.
Maar om GEHOOR te word, is seker een van die wonderlikste ervarings in enige omstandigheid THE IMPORTANCE OF BEING HEARD, beteken ons het waarde in ‘n ander se oë, ons opinies tel.
So hoekom sukkel ek dan so om te luister? Regtig te luister en nie onmiddellik te wil omskakel in óf die probleem oplosser óf die aanvaller nie? Ek vermoed wat in my kop aangaan, is dat een of meer van hierdie Five Reasons We Talk “At” Each Other And How To Listen by my posvat. Ek is maar een van daai wat al lank vooruit in my kop die emosies lees, die geskiedenis in ag neem en dan moet ek mos my man staan. Of ek moet wys hoe flink ek van begrip is, of ek moet net seker wees ek word nie ingedoen nie.
Hoe blêddie tragies is dit nie? So DIE JAAR, gaan ek probeer luister. Ek gaan daardie stemmetjie wat my aanhits om so gou moontlik my opinie te lig, se mond toeplak en dan eers so rukkie wag voor ek my ou wonderlike stemmetjie laat hoor. #anewyearanewme
En dan volg..nommer twee!
Hierdie geloof waarmee ons rondloop dat daar mense is wie se lewens net so duskant perfek is, of dat hulle selfs die balans vervolmaak het;  of bloot net met die goeie gene poel geslaan is, is pure bog!
As iemand nie een of ander vreemde streep het nie, glo my vry, dan ken jy hulle net nog nie goed genoeg nie.
#anewyearanewme
Ek het hierdie stukkie so verfrissend gevind ~ Note To Self: No One Is Perfect. Dis nou ‘n goeie voorneme om te hê, plak ‘n nota op jou rekenaar, voor jou kop, op jou foon se skerm…nota aan jouself: Niemand is perfek nie. Ons is maar almal effe vreemd. Party steek dit net beter weg as ander.
Almal se liggame kom in verskillende vorms. My lekker uitgerysde boude en breë heupe sal darem die vet van die organe weghou. 🤪. My lewenstyl is net wat ek nodig het en oorgenoeg vir my. Daar is geen rede op aarde hoekom ek vir die res van my lewe dieselfde beroep gaan en moet beoefen nie. Daar is altyd opsies, hoe donners vreesaanjaend dit ook al mag voel. Almal van ons groei en vorder op ons eie tyd. Ek het hierdie dure les geleer met my eie kind. Ons wil mos altyd hê hulle moet tog net voor in die pak hardloop. Probeer desperaat om hulle so gou moontlik op die suksesleer te kry. Maar almal leer en vorder teen hulle eie spoed!
Maar ek dink die MEES belangrike voorneme wat ek hierdie jaar het, is om my vreemdgeit ten volle uit te leef. Om nie daarvoor verskoning te maak nie. Of dit te probeer verander nie. Meestal sal mense sê ek maak nie juis ‘n moordkuil van my hart nie. Ek is maar reguit en het nog altyd my eie vreemdgeit omarm.
MAAR ‘N MENS MOET ALTYD versigtig wees om jouself te veel op die skouer te klop. Ek wil ophou wakker lê of stront om en om in my kop laat maal, omdat ek tog weer té emosioneel reageer het. Of omdat ek my sê met passie gesê het.
Basta daarmee, om vreemd te wees is in my opinie ieg baie meer opwindende as om perfek te wees.  #anewyearanewme
Derde een….stap daai monster tegemoet
Alle perskes, die een gaan bietjie waagmoed van ons almal verg. Altyd maklik om raad uit te deel, tot jy self in die bootjie is. Totdat jy self die hartseer, die pyn, jou vrese in die oë moet kyk.
Ons kan maar voorgee soveel ons wil, maar ons almal het vrese van een of ander aard.  Sodra daai monster voor ons kom staan, is daar ‘n hele gedoente aan die gang in ons breine en liggame. What Happens in the Brain When We Feel Fear bied ‘n fassinerende blik op hoe die brein werk. Dis alles maar konteks. En ons “dink” brein wat vir die “emosionele” een die boodskap stuur ~ of daar is gevaar op die horison, of dis bloot iets van verbygaande aard.
Hier is die interessante deel ~ wat ook al ons antwoord op die groot monster voor ons is, die een ding wat daardie reaksies in gemeen het is…tadaaaaa beheer. As ons buite beheer voel van die situasie sal daai monsters ons die hase pad laat kies.
Gaan lees ‘n bietjie oor The power of subtle impressions (samskaara theory) ~ die Indiese(of sal ons sê Jogi teorie) oor hoe ons onopgeloste ervarings in ons verlede met ons saamdra. Tensy ons hierdie ervarings ten volle kan verwerk, of dan daardeur werk, het dit ‘n impak op ons wese en ons gedrag vir die res van ons lewe. Tot ons as’t ware vrede daarmee kan maak.
In kort beteken dit ons dra al hierdie bagasie met ons saam. Dit verhinder ons weer om ten volle in die oomblik te leef. Ten volle situasies te kan hanteer en nie bloot die hase pad wil kies of soos ‘n wafferse bokser of politikus in die kryt te wil klim nie. #anewyearanewme
Genoeg vir nou
Ek het ‘n vermoede ek het julle nou genoeg stof tot nadenke gegun. Voor dinge nou regte te swaar en donker raak, kom ons vat ‘n breek.
Daar sal ‘n opvolg wees, my lys is lank! 😝  #anewyearanewme
Laat van jou hoor asb, waarheen is jy oppad? Skryf sommer vir my en stuur aan vryheid@wynvlieg.com . Jy kan ook ‘n boodskap los op www.wynvlieg.com.
The post Vol 170: 2023 hier gaat ons…(weer!) appeared first on Wynvlieg.
Vol 169: Desember 2022 ~ Joernaal inskrywings
Verbeel ons ons dit, of bring die einde van die jaar baie male groot hartseer mee? Ek bevind my op verskeie sosiale media blaaie, waar dit duidelik is deur die desperate inskrywings, die hulpkrete van sommiges, te veel mense eintlik. Mense kry swaar. Die lewe is swaar. Die swart hond loop wild en snuffel tussen die ruïnes van mense se lewens rond. #kindnesscostsnothing
Ek het self so ‘n verdomde hond wat rondsnuffel in my huis. Die vrees lê maar vlak hierrond, dat dit dalk eendag net te donker kan raak. Mens probeer dit toeplak met ‘n: “Ek is lief vir jou.” Of ‘n, “ons sal ‘n plan maak.” Maar net laas week herinner die onverwagse nuus ~  Stephen ‘tWitch’ Boss, DJ for ‘Ellen DeGeneres Show,’ dead at 40 ~ dat ongeag die vrolikheid op die oppervlak, ongeag die roem, die wonderlike gesin, die ooglopende “perfekte” lewe, hierdie siekte net te veel kan raak.
En ek weet weereens, die lewe is oneindig moeilik vir die meeste van ons. So dis regtig ongevraagd en onnodig van ons om dit nog moeiliker vir mekaar te maak. As mense iets doen wat hulle gelukkig maak, as hulle die lewe leef soos hulle wil…wie is ons om te oordeel? Wie is ons om die eerste klip te gooi?
Pak maar al daai klippe op ‘n hoop, al die vooroordele, al die voorwaardes. En wees net gawer met mense. Oordoen dit as dit moet, maar wees tog net gawer! #kindnesscostsnothing
Dagboekinskrywing: 21 Desember 2022
Op hierdie pragtige dag ~ wat ook December Solstice: Longest and Shortest Day of the Year ~ die langste dag van ons jaar is, is daar iets gewigtig op my hart. #kindnesscostsnothing
Nie een van ons spring hierdie vry nie. Nie een van ons kan ons hande in onskuld was nie. Ons moet die vooroordeel mooi in die oë kyk en eerlik wees oor die voorwaardes wat ons stel.
Ons is maar almal geneig om meer vergewensgesind, meer verdraagsaam en net plein weg gawer te wees met mense wat nes ons is!
Sit ‘n rukkie met daardie waarheid. Sluk ‘n koffietjie af, doop daai beskuitjie en dan laat jy jou gedagtes gaan.
Pas iemand mooi in ons boksie, dan verdien hulle die gawe kant van ons.
Nou wil ek weet ~ wie de donner gee om of iemand in jou boksie inpas? Vir wat moet almal soos ons lyk en doen? Wat traak dit jou en my as iemand nie rietskraal is, of dalk meer ronde kante het? Mense saai haat en nydigheid waar hulle ook al gaan, oor ras, oor immigrante, oor seksualiteit, oor menseregte, of iemand “cool” genoeg is al dan nie. Boksies, boksies, boksies! So word almal oor dieselfde kam geskeer. #kindnesscostsnothing
800 000 (SUICIDE STATISTICS) mense sterf wêreld wyd elke liewe jaar deur hulle eie lewens te neem. Ja ek weet, daar is baie redes daarvoor en nie elkeen van hierdie mense sterf tragies en laat ‘n golf van hartseer agter, net omdat mense naar met hulle was nie. Maar tog, hoeveel dra ons, met ons boksies en ons vooroordele by tot ander se hartseer? Ander se minderwaardigheidsgevoel.
So hier is my wens vir vandag ~ kom ons maak ons impak op die mensdom groter, beter en leef uit plekke van GROTER LIEFDE!
~ As ons iemand sien swaarkry, wees ‘n oor om te luister. Wees net daar.
~ As ons sien iemand is ‘n buitestander, nooi hulle in. Dit vat net ‘n glimlag, net ‘n geselsie soms.
~ As iemand nie soos jy lyk, of soos jy stem, of van jou land af kom nie…mense, mense, mense. Stap in daardie persoon se skoene. Probeer ‘n slag verstaan waar hulle vandaan kom. Pak jou vrese in ‘n skoendoos en reik uit!
#kindnesscostsnothing
Dit breek my hart as ons so naar is met mekaar. Dat ons as mense, met al ons pragtige “waardes” eintlik graag vir mekaar gate wil grawe om die ander een in te begrawe.
Mag jy, ek, ons nie vandag die rede wees dat iemand minderwaardig voel, se hart ‘n bietjie inkrimp en hulle laat ophou dans nie.
Vandag is die dag wat ek my hart wawyd oop maak, soos ‘n waenhuisdeur. Vandag is ook die dag dat ek bietjie sit en dink oor my eie boksies, my eie vooroordele en voorwaardes. Mens moet maar skoonvee. #kindnesscostsnothing
Ek hoop julle voel daarna om dieselfde te doen.
As jy wou, stuur jou joernaal inskrywing vandag na vryheid@wynvlieg.com . Jy kan ook ‘n boodskap los op www.wynvlieg.com.
The post Vol 169: Desember 2022 ~ Joernaal inskrywings appeared first on Wynvlieg.
Vol 168: Desember 2022 ~ Joernaal inskrywings
Die jaar het uitgerafel hier teen die einde. Soos ‘n sleg gestikte rok uit een of ander land waar die kinders vir twee sent ‘n dag werk. Alles wat my gewoonlik staande hou en die siel en liggaam voed het begin wegsyfer. #letstryagain
Daar is mos goed wat ‘n mens WEET, maar desondanks ignoreer jy dit soos ‘n stopstraat. Een van hierdie waarhede is dat “Small disciplines repeated with consistency every day lead to great achievements gained slowly over time.”. John C. Maxwell
Ek weet vir ‘n feit dat ek my roetine moet behou as dit by die oefenry kom. Maar so het die drie keer ‘n week, twee keer geword. Die hardloop het van twee na dalk eenkeer ‘n week vervaag. Die joga is na die skouer probleempie en verandering in skedule pad af. Die perdry het ek darem so getrou moontlik probeer doen.
Die skrywery het skipbreuk gelei, want die werk het net te veel geword. Ons almal weet in hierdie tye wat dit druk, is Plutus (die Griekse God van geld!) op die troon.
En as ou Plato’tjie nie hoogty vier nie, dan aanbid ek met ‘n ysere wil Dionysus. Wel ten minste dan nou die deel wat gaan oor die plesierigheid rondom kuier.
Vorder tot by die begin
Êrens kom daar ‘n goedbedoelde vraag van die jonge man wat my met die meer tegniese dele van hierdie blogs uithelp. “Beplan jy om weer ten minste een keer ‘n week te skryf?” Vreeslik ordentlik en ja ek weet, ek weet daar is mense wat nogal hou van hierdie klompie snert wat ek herhaaldelik neerpen. Daar is dalk mense wat wag om een weer oop te maak en hulleself raak te lees.(Mens kan mos maar droom nè🤪)
Maar belangriker as dit nog, ek weet voor my siel, hierdie geskrywe is vir MY BELANGRIK! Dit orden, die maak my siel skoon, dit bring vir my ongekende vreugde en die navorsing dele maak my oë weer oper! #letstryagain
Dus, soos enige een wat effe onfiks geraak het, besluit ek toe dat hierdie Desember, nou dat ek die werk skoene opgehang het, gebruik MOET WORD om die wysers van my lewens klok weer reg te stel. Maar nou ja, voor ek spiere trek wat nie getrek moet word nie, reken ek die beste strategie is om baba treetjies te neem na sukses.  6 reasons why small steps are the best way to tackle big goals, stel dit so mooi..(ek vertaal!). Baba treetjies verhoed dat ons te veel afdwaal, te maklik ons aandag kan verskuif. #letstryagain
“The secret of getting ahead is getting started.” Mark Twain
Lang storie kort
As ek nou moet eerlik wees kom ek elke jaar hier aan die einde en glo, VOLGENDE jaar gaan definitief my jaar wees. Maar toe ek noudie dag hierdie 👇🏼 lees toe moes ek lag…want wragtag dis nou waar!
#letstryagain
Die tyd is nou, die tyd is ryp, gryp hom gou! Basta met nog uitstel en hoop en glo na twee weke vakansie en ‘n dag met die datum 31ste Desember, gaan alles skielik beter raak.
Dus, hierdie Desember nooi ek jou uit om dalk die klein baba treetjies saam met my te neem. Kies iets, net iets wat jy weet jou siel en liggaam voed. En doen dit elke liewe dag. Dis so bietjie soos ‘n uitdaging, want Why Are Challenges Important In Life? ~ dit bring die beste in ons uit. Wys ons, ons kan. #letstryagain
So my uitdaging aan jou is om elke liewe dag ‘n stukkie te skryf – soos in die outydse dagboek. Jy kan ‘n mooi skoon boek vir jou vandag gaan koop, ‘n fênsie pen en net elke dag iets skryf. Of jy kan sommer soos ek dit tik. Ek sal dit natuurlik SOOOOOOOOOO geniet as jy jou dagboek inskrywings sommer hier op Wynvlieg vir my gaan los. Dit help natuurlik ook Developing Personal Accountability.
As jy meer wil lees oor die voordele van dagboek hou, lees gerus ~ Top Evidence-Based Benefits of Journaling for Mental Health.
Dagboek inskrywing: 19 Desember 2022
Vandag kies ek om uit dankbaarheid te skryf. Vroegoggend wakker geword, na ek my nagrus gekoester het en uit die gedeelde bed, na die gastekamer getrek het om die lokomotief langs my te vermy! 🤪 Ek was so dankbaar, vir nog ‘n dag. Nog ‘n einde van ‘n jaar. Dat ek oorleef het, dat my mense oorleef het.
Baba tree nommer een geneem en gaan draf. Draf fiks is my eerste doelwit vir hierdie Desember. Slap gelê die jaar, weens besering op besering en toe ‘n hoop ander verskonings. Die seelug en ligte mis wat oor die see lê is altyd ‘n balsem vir die siel. Die vroegoggend swemmers wat die koue waters trotseer, herinner my altyd dat die lewe vars en vroeg geleef moet word. Ek het dit gemaak, soos ‘n slak, maar ou slakkie het met ‘n lied in die hart by die huis opgedaag.
Desember dink ek kom met te veel verwagtinge. Dis so ‘n groot “hype” en dan op die ou einde is daar meer stres en familie krapperigheid as wat daar vreugde is. So ‘n saamdrom van almal is ‘n resep vir ‘n gemors. Dis asof ons dink as ons almal op een plek hoop jaag vir ‘n paar dae, met ‘n boom met goedkoop liggies en tonne geskenke daaronder, gaan ons opmaak vir die jaar se gemis. Ek wonder sommer, hoekom doen ons dan nie meer moeite deur die jaar om saam te kuier, bymekaar te kom en mekaar te waardeer nie? Maar aan die donker wolk moet ek mos ook ‘n dankbaarheid kransie hang…dus is ek dankbaar vir die geleentheid om ook my grense te stel. Dankbaar dat ek met ‘n nugter gemoed die tyd kan ingaan en dankbaar dat ek my ook uit die voete kan maak as ek wil. Want dit is hoe ek my ordentlikheid gaan behou.
Ek is dankbaar dat ek myself nog kaduks kan vreet. Dat my yskaste nog oorloop en dat my bekommernis eerder gaan oor die te veel eet as geen kos op die tafel hê nie. Ek is dankbaar dat ek vandag vir iemand anders iets kan gee om te eet. Dat ek dalk na ‘n restaurant toe kan gaan(ag asb. laat ek tog net die slaai en nie die vis en chips bestel nie!😳) en sodoende vir iemand ‘n werk kan skep. En ‘n ordentlike fooitjie kan los.
Ek is dankbaar dat ek die Desember met ‘n ekstra kg ingaan. Dat ek nie erns ‘n gevreesde siekte opgetel het hierdie jaar en nou net vel en been en moeg tot in die murg is nie. Dankie Here, dankie daarvoor en asb. bewaar daardie wat nie so gelukkig is nie.
Ek gaat nou hierdie dag begin, ek wonder wat jou joernaal vandag bring? #letstryagain
Pos hom hier of skryf by my by vryheid@wynvlieg.com . Jy kan ook ‘n boodskap los op www.wynvlieg.com.
The post Vol 168: Desember 2022 ~ Joernaal inskrywings appeared first on Wynvlieg.