Ek is ‘n wynliefhebber | Wynvlieg Cover

Vol 8: Ek is ‘n wynliefhebber

Ek kan met die grootste oortuiging sê…. EK HOU VAN WYN! Dis geen geheim nie en na 30 jaar se eksperimentering, dink ek, ek weet! #winelover of note

Maar is dit regtig waar – hou ek regtig van die smaak? Of het ek dit so verromantiseer oor die afgelope 30 jaar dat ek myself eenvoudig oortuig het dis waar.

My drink of choice 

My waarheid lyk so, en soos ek nou al tot vervelens toe gebieg het: Wyn het my geliefde geraak. Ek vermoed dis bloot omdat dit oorspronklik die alkohololiese drankie was wat ek die “meeste” kon geniet. Die res was of tè soet of net bloot te sterk. So is ek byvoorbleed glad nie ‘n whiskey drinker nie, ook nie ‘n brandewyn-en-coke dame nie – nie eers cognac kan my opgewonde kry nie. #winelover for sure


Die wêreld van ‘n wynentoesias

Ter versagtende omstandighede, soos on weet het wyn en die wêreld van wyn my van die beste tye van my lewe gegun. Daar was sorgvrye Vrydagmiddae op Stellenbosch, almal geprop in ‘n klein beige kewertjie oppad na een of ander wynplaas. Daar was die aardige GAP jaar in London, waar die troos van ‘n bottel KWV Roodeberg wat aangekoop is met ‘n karige kelnerin salaris, soos manna uit die hemel was. Daar was die Vrydagmiddagetes saam met my wynkliënte terwyl ek in die advertensiewêreld gedy het. Daar was 13 jaar van ‘n wonderlike loopbaan, met oorsese reise, met Chablis, Riesling, Côte de Rhone. Die reuk van wyn, vate en mos…so ‘n muwwerige reuk as mens in ‘n verouderingskelder instap; is nogsteeds een van my absolute gunsteling reuke.  Wyn het my ‘n wonderlike lewe gegun.

Ons kan dus met sekerheid sê ek is ‘n wyn snob. Ek verstaan die nuanses, ek verstaan die magic wat gebeur van die wingerdstok tot die bottel. Die verskil wat terrior maak. Ek kan liries raak. En ek het nou al amper 20 jaar my lewe daaraan gewei. #winelover that I am

Wat gemaak met al die emosie? Dis soos om al die goeie in my lewe te ontken. Maar, die groot MAAR.. diep binne my weet ek, die pad het nou tot ‘n einde gekom. En dalk het my liefde vir die wynvoggies niks op aarde te doen met die smaak nie(ja, ja ek weet ek sal nog in ‘n blindeproe my kan verloor in ‘n goeie line-up van Chardonnay, Cabernet en Pinot Noir..om net ‘n paar te noem!) Maar dalk het dit alles te doen met die assosiasies wat ek rondom die ritueel van wyndrink het. #winelover I shall stay

Wyndrink lyk soos…..

  • Gelukkige mense wat lag en gesels om ’n tafel
  • Dis op sosiale media – bykans elke foto van glimlaggende mense op sosiale netwerke, is van iemand met ‘n glas in die hand. (My eerste baas en mentor, merk so ‘n jaar gelede op dat ek dan nooit op sosiale media verskyn sonder ‘n glas in die hand nie. Weet hy dan nie mens lyk altyd beter met ’n glas in die hand nie?)
  • Etes by eksklusiewe restaurante, waar skaars bottels wyn met disse voorgesit word wat die smaak komplimenteer. En ja dit werk!
  • Dis Courtney Cox in Cougar Town wat ’n glas groter as haar kop vol wyn skink elke keer as ‘n krises opduik
  • Dis gesofistikeerde veilings, waar mense groot bedrae geld betaal vir die skaarste wyne en dan later onder ’n entoesiastiese gekreun van bewondering van hulle vriende, dit hoogdrawend oopmaak en bedien.
  • Dis Bordeaux, dis Bollinger, dis Alsace, dis Hemel&Aarde, dis Napa, dis die Languedoc, dis Stellenbosch en Swartland revolution.

Hierdie is wie ek is…wie is jy?

So ek is ‘n wynliefhebber(#winelover), ek is gesofistikeerd, dit geen my ‘n tipe status van belangrikheid en ek drink nie sommer enige ding nie, ek ken my storie. Jy is dalk ‘n sexy skemerkelkie meisie, nog jonk van gees en reg vir ‘n ding. Dit herinner jou aan vakansie en warm gebrande lywe en geluk. Dalk is jy diè party meisie, die een wat die tequilas kan wegslaan en die manne onder die tafel kan indrink. Of dalk vat jy jou Whiskey neat, want jy waardeer die goeie dinge in die lewe. Hoe suiwerder hoe beter. Wat is jou lys? Ek sal graag wil hoor!


Maar wat is alkohol eintlik?

Dis etanol – dieselfde goed wat jy jou kar mee volmaak by die petrolpomp. En die harde werklikheid is, indien jy net ‘n piepklein hoeveelheid van suiwer etanol dalk sou inneem, sal jy dodelik siek word! https://thisnakedmind.com

Dis hoekom ons babelas kry – want ons is fisies siek. Dis hoekom ons opgooi as ons te veel, te vinnig of oor ‘n lang tydperk ingeneem het. Dis hoekom ons naar is die volgende dag, hoekom ons koppe klop – want ons het onsself vergiftig! Pragtig man!

My 19 jarige seun verwoord dit so mooi, sy blatante eerlikheid is vervrissend. Hy sê al wat hy proe as hy wyn drink is ‘n “bitter/suur storie en as hy eerlik moet wees, proe dit eintlik maar net na alkohol.” En hy is tot ‘n mate reg – die res is verromantisering wat ons opgebou het rondom die gevoel in daardie oomblik. Nie die wyn of alkohol nie….maar bloot goeie geselskap en goeie positiewe ervarings. Maar ons raak so gewoond daaraan om wyn of drank in hierdie situasies te sien, dat ons later nie meer die twee van mekaar kan skei nie. Ek was net nou die dag deel van ‘n formele proe – 43 wyne in ‘n line up – en as mens so proe, wat spoeg insluit, is dit werklik die enigste manier wat mens die nuanses van wyn kan proe en waardeer.

En nog meer skokkend – ons voer ons kinders bietjies-bietjies alkohol by die huis, sodat hulle “gewoond” kan raak aan die smaak. Dit natuurlik onder die die dekmantel van verantwoordelike ouerskap sodat ons hulle kan “voorberei “op die wêreld daarbuite, waar hulle een of ander tyd gaan móét drink. Hoekom leer ons hulle nie matigheid of dat hulle goed genoeg en aanvaarbaar genoeg is, sonder om etanol as ‘n kritieke bestandeel vir sosialisering te sien nie.

Enige een al jou eie kind vallende dronk gesien? Dis nogal ‘n angswekkend gesig!

So, hoe lyk ons net nie vir hulle nie?

Pick your poison sê hulle mos altyd! In the name of full disclosure – wat doen daai glasie vir jou? #wine lover as dit net ‘n proesel is ja!

Praat saam: As jy my wil kontak stuur ‘n epos aan vryheid@wynvlieg.co.za of volg my op Facebook by @wynvliegoorit 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *