Wynvlieg | Love Hate Relationship

Vol 9: #LoveHate relationship

Brene Brown wys surprise, surprise uit dat vrouens se grootste kwesbaarheid hulle verhouding met hulle liggame en hulle gewig is.

Sjoe, hoe verras is ons almal nie nou nie nè 🤣. En mans sin, terloops is om as ‘n swakkeling gesien te word. Ook maar een en dieselfde ding as jy my vraag – verwoord homself net so bietjie anders. Die alewige siklus van ek-is-nie-goed-genoeg-nie, met sy boesemvriend ek-moet-tog-net-in-beheer bly op die agterseat! #mindfullness opsoek na jou

My lewensbegeerte is om meer bewus te wees, om hièr te wees

Op die pelgrimstog is seker een van my grootste begeertes om meer bewus te lewe. Bewus van elke oomblik…ek wil die “autopilot” knoppie afsit en ‘n slag self vlieg. Die hoogtes, die laagtes , die opstyg en die landings wil ek beleef. Nie net daar bo rondsweef nie. Ironies genoeg is die autopilot funksie daar om die druk op vlieëniers te verlig. Maar in my geval met kos en wyn, voel dit alles behalwe of die autopilot waarmee ek kos en wyn inprop enigsins my lewe makliker maak. 

Hoe minder ek bewus is van wat ek in my mond teen ‘n spoed van witlig instop, hoe meer pla dit my. Hoe meer worstel ek met die wete dat ek myself probeer saboteer…ek is-maar-net-nie-ooit-goed-genoeg-nie nè. #pelgrimstog na mindfulness.


Die magtigste orgaan lei ons aan ons neuse rond

Toe stap ek vir Dr Judd Brewer raak so op my internet pelgrimstog. Gaan kyk gerus na 

Ons breine is magtige, magtige masjiene. Het julle geweet die brein is glo die orgaan in die liggaam wat die meeste energie verbruik(ja, ja, ek weet ons daaglikse interaksies met sekere mense maak ons effe skepties oor die digtheid van party mense se grysmassa!) Sarkasme op ‘n stokkie – ons breine probeer dus soveel moontlike aksies gedurende ‘n dag en ons leeftyd op autopilot sit; sodat ons, ons energie kan gebruik vir meer belangrike dinge – soos om ons te bekommer oor onbenullighede 😁

Ons breine is dus in die volgende “loop”: Sneller, gedrag, beloning. Ongelukkig kan ons breine nie so lekker onderskei tussen wat ‘n goeie en gesonde beloning is nie. Beloning = iets wat goed voel! As dit goed voel, herhaal! #hallo mindfulness.

Om stil te raak en bewus sit nie in elkeen se broek nie

Maar hierdie bewustheid ding, dit klink so maklik, glo my vry!! Vir diè van julle wat al deur ‘n meditasie probeer worstel het(ja, glad nie so maklik om net asem te haal en die ou breinboksie te probeer leeg kry nie nè) of net deur ‘n preek of toespraak moes sit – maak nie saak hòè hard ons probeer konsentreer nie, die brein sal ‘n ou systraatjie kry en vinnig daar afglip en kort voor lank besef mens, O HEL EK IS NIE HIER, IN DIE OOMBLIK NIE! #mindfulness jy is ‘n bliksem

Elke sekonde tel

In my 47 jaar en 22,806,600 sekondes van ‘n lewe het ek ‘n hele buffet van slegte gewoontes rondom kos en wyn aangeleer. Onbewustelik geëet en drink, ooreet en versuip, vul-in-enige-emosionele rede om te eet en drink…goddank het ek eetsteurnisse vrygespring. Ek was seker ook al op elke dieet onder die son…wonder nou die dag, so in my stilligheid, hoeveel boeke ek in my leeftyd al gekoop het opsoek na Narvanna! Daai plek waar mens soos ‘n “normale mens” kan eet en drink en nie ‘n slaaf van kos en drank is nie!  

My onvermoë om kos en wyn te beheer was en is vir sekere dele nog my geheime hel. Ek is stadig maar seker besig om uit die hel  te kruip, hande-vier-voet…maar ek kruip. #mindfulness ek en jy, ons raak nou vriende!

Is dit net ek, of is daar enige iemand daarbuite wat ook ‘n geheime of nie-so-geheime lewe in die kloue van kos-dieët-drank-spyt lewe?

Praat saam: As jy my wil kontak stuur ‘n epos aan vryheid@wynvlieg.co.za of volg my op Facebook by @wynvliegoorit 

1 thought on “Vol 9: #LoveHate relationship”

  1. Jy praat asof dit ek is. Getroud met n narsis op die spektrum van alles. Niks maak hom happy net wereldsgoed. Ek in my eie klein hoekie gebruik ook kos en drank om myself te beloon. Jy is nie so bad. Oefen meer as genoeg maar die belonings maak dat ek nie gewig verloor

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *