Ek het ‘n universiteits crush op Leonard Cohen gehad en ek het hom vandag nog. Die man se lirieke en raseperige, diep stem praat met my.
Erens daar diep binne my siel het hy met my kontak gemaak. Het met die man en sy musiek kennisgemaak tussen walms van dagga(nie myne nie!) in my universiteitswoonstel, met sy melankoliese gedreunsing in die agtergrond. Maar ek het tòè al in die geselskap van hoog-gerookte ingenieurstudente besef, diè man het ‘n punt beet. There is a crack in everything!
As ons nou boesemvriende was of wie weet dalk was ek sy muse, sou die woorde dalk so gelei het. (Dit rym soos in glad nie en dis meer woorde op papier as poësie – maar wie gee om – iets my party and I’ll cry if I want to!) Because let’s face it, there is a crack in everything!
“The birds they sang
At the break of day
Start again
I heard them say”
My ma het altyd gemaan teen swartgalligheid en ‘n gemoedsbekakking, met die woorde “môre is nog ‘n dag, die son sal altyd weer skyn”. Ek was maar ‘n vurige enetjie en het natuurlik altyd iets swartgalligs en sarkasties daarop kon sê. Of sommer net gemor so in my stilligheid. Die vrou was ‘n aardsoptimis. Donners irriterend as jy my vra!
“Don’t dwell on what
Has passed away
Or what is yet to be
Yeah the wars they will
Be fought again”
Hel, waar om te begin. Die verlede, met al sy misstappe en sy voetpaaie – ek sweer op ‘n stadium kon ek wragtig ‘n sepie skryf. Wel, dalk vandag nogsteeds genoeg materiaal! Die goeie girl uit die platteland, daai een wat alles regdoen – want onthou sy moet tog perfek wees om aanvaarbaar te wees, en in te pas- of so sê society.
Sy vind uiteindelik ‘n ou op universiteit wat dink sy is net die ding. Maar hier’s die ding – die man was goed, baie, baie goed…té goed vir iemand wat ‘n rebel in haar rondgedra het. ‘n Wilde, passievolle, kreatiewe siel wat versmoor is deur Calvinisme, die perfeksionisme, die “regte ding doen.” Toe steek sy kop uit – lelik kop uit. En maak mense oneindig seer, doen absoluut niè die regte goed nie. Drink, party, hoer en rumoer sommer goed. Die huwelik land toe op die rotse en dit wat ek later jare aan goeie, ordentlike mense gedoen het – die het hulle nie verdien nie. Maar die skuldlas maak mens krom.
Fokkit, soveel tyd gemors op oorloë wat ek nooit moes veg nie en dinge wat ek nooit eers hoef reg te gemaak het nie. Want ek was net opsoek na my. Goeie, sorgelose ek. Ses jaar oue ek. #thereisacrackineverything
“The holy dove
She will be caught again
Bought and sold
And bought again
The dove is never free”
En nooit sal ons vry wees van ons verlede nie, die weet ek nou. Maar ek het myself ook vergewe, want ek weet “the holy dove she will be caught again.” Ons kan heelword, ons kan onsself weer vind. Ons kan al hierdie kak agterlaat en net weer onsself raak! Daardie sesjaaroud dogtertjie, daardie dierbare, glimlaggende kind. Die een wat vry wil wees, vry van alles wat die wêreld op haar tè ontvanklike skouers kom laai het.
“Ring the bells (ring the bells) that still can ring
Forget your perfect offering
There is a crack in everything (there is a crack in everything)
That’s how the light gets in”
Die eerste keer toe ek hierdie hoor wou ek dit ten hemele uitskree. Dank die Here, iemand het verstaan ons is almal NET MENS. So gatvol is ek vir almal wat op die oogaf blyk net alles reg te kry. Fokkit, dis in die ouderlingsbanke, die perfekte familie met die 3 kinders, direkteur hier en voorsitter daar, die huis in die hoë hange en wragtig nou nog verlief op die man wat hulle 30 jaar gelede op skool ontmoet het. Maar so soos ek ouer raak, weet ek dis nie net my mure wat vol krake is nie. Ek is nie die enigste een met geraamtes in daai kas nie. Hoekom is ons so donners ORDENTLIK!?
“We asked for signs
The signs were sent
The birth betrayed
The marriage spent
Yeah the widowhood”
Kyk ek was nog nooit goed met die “Here sal voorsien” ding– of “Op die Here se tyd nie.” Ek maak sommer daai tyd. Ek is haastig, ek vind die oplossing voor die probleem nog daar is. Brenè Brown in haar “Call to courage”
sê daar is drie manière hoe ons op angs reageer:
1) Of jy fix goed
2) Of jy maak of dit nie bestaan nie
3) Of jy verdoof dit/druk dit net eenvoudig dood.
Ek vat sommer nommer 1 en 3 by die horings! So het ek alle tekens geignoreer dat ek iemand probeer wees wie ek nie is nie, dat ek in verhoudings ingaan opsoek na myself en nie as ‘n volle mens, met regte, begeertes en wat verdien om dit te kry nie. En as my planne nie so lekker uitgewerk het nie, dan het ek maar my ewige geliefde WYN nader gesleep. Wyn vir die pyn.
“Of every government
Signs for all to see
I can’t run no more
With that lawless crowd
While the killers in high places
Say their prayers out loud”
Die ding wat my die meeste de moer in maak van ons hoogheilige Afrikaanse gemeenskap is hierdie “voorgee-ding” wat ons het. Skynheiligheid dink ek is ‘n nasionale sport! En dis oor ons so voorgee. Vir wat en vir wie moet ons die heeltyd so voorgee ons is perfek, ordentlik en reg. Het ons dan nie al ons lesse geleer nie?
Vir baie, baie lank het ek soos ‘n buitestaander gevoel. Asof ek nie hoort nie. Ek was ook ‘n Breyten Breytenbach aanhanger in my studente dae (kon óók maar net die opstand so vêr vat.) Maar ek was opstandig! Opstandig teen die establishment wat maar bloot die mense in die hoë huise, met die perfekte lewens was.
“But they’ve summoned, they’ve summoned up
A thundercloud
And they’re going to hear from me
Ring the bells…”
Sien, Leonard Cohen het geweet om die mensdom te waarsku ek is oppad. Ek is ‘n donnerwolk en van my gaan julle nog baie hoor! So ring those bells, there is a crack in everything!
Praat saam: As jy my wil kontak stuur ‘n epos aan vryheid@wynvlieg.co.za of volg my op Facebook by @wynvliegoorit
Ek dink Baie mense Lees hulself raak in jou eerlikheid. Jy’ s n wise old soul Met Baie om te vertel. Jou stories maak n verskil.
Absoluut eks 61 nog steeds n rebel kon nog nooit net alles vir soet koek opvreet. My verhoudings was ook meeste vd tyd n flop soos vdag nog nou sit ek vas gevang in n eensame wereld. Selfbeeld nul val meeste vd tyd vd verkeerde mense net om aanvaar te word.