Wynvlieg | The Good The Bad And The Ugly Blog

Vol 12: The good the bad and the ugly

Gisteraand val die jongman(aka kind wat ek gebaar het) sommer met die deur in die huis: “Ma hoe lank sê jy en die wynvlieg mekaar nie meer die stryd nie?”

Ek nader die 200’s. Laat ek herhaal, dis presies amper 6 maande sonder wyn.  Ek staan nogsteeds verstom. #grayareadrinker

As ek dit kan doen kan jy ook!

Maak nie regtig saak aan watter kant van die bed jy vanoggend wakker geword het nie…dalk is jy effe bekommerd en is net nuuskierig oor die voordele van minder drink, of dalk is jy in ‘n diep put waar jy weet jy moet uit. Wat ookal jou situasie, weet net jy is nie alleen nie en AS EK DIT KAN DOEN, KAN JY!


Van dag een af het ek besluit om nie as ‘n slagoffer van wyn geklassifiseer te word nie. Die meeste van die groepe by wie jy kan inval om ‘n drankvrye pelgrimstog mee te stap, sal dit duidelik maak: Jy is nie die probleem nie, dis drank. Wat waar is, want drank is etanol en dis verslawend. Ek gee nie om wie of wat jy is nie, langdurige, aanhoudende alkoholinname, maar jou “afhanklik” daarvan. #grayareadrinker I am no victim

Daar lê die ding, ja daar lê die ding!

Maar ek kan onomwonde sê, wyn opsigself was nie die probleem by my nie. En ek het ‘n vermoede by meeste van julle ook nie. Ek het genadiglik nooit vodka oor my AllBran in die oggend gegooi nie;  ek het nie oop bottels wyn weggesteek agter blikkies tuna in die koskas nie, (wel ‘n vars bottel oopgemaak as ek dalk een op my eie uitgedrink het – in die hoop om Mr G te flous en nie pa hoef te staan vir my versuiping nie.) Maar, ek het geweet my geveg met #wynvlieg laatmiddag of oor naweke, was net nie meer die moeite werd nie. #grayareadrinker gelukkig nie heeltemal die pad verlaat nie

#Winelover I will stay

Wyn het nogsteeds sy bekoring, wynmaak is ‘n magiese proses. Die wynbedryf is vol wonderlike mense, het my die beste tye van my lewe gegun. En ja, wyn word in sy suiwerste vorm gemaak deur ‘n hoogsgekwalifiseerde wynmaker. Hulle begeerte is dat mense daaraan kan teug, dit kan waardeer vir waar dit vandaan kom en hoe die druif gevorm is in die kelder. Daar is wonderlike geure en smake in wyn – soos die warm Afrika son in ‘n Swartland Shiraz en die koel briesies van die Benguelastroom in ‘n Hemel&Aarde Pinot Noir. Dis ‘n kuns. Ek staan verwonderd elke keer.

Wyn was my vriend, my lover, my sielsgenoot. Maar vir my, het wyn nie meer net die wonderlike produk geword wat dit is nie.  Ek het wyn soos water begin drink. Want kom ons wees nou maar eerlik, na een glas wyn kan mens ieg nie meer die unieke geure en smake proe nie. En by een glas bly dit selde.

#grayareadrinker

So, as jy vandag wil begin maar nie lekker weet waar nie – hier is my beste wenke!

  1. Lees, lees, lees. Daar is ‘n lego van programme, blogs, sosiale media groepe. Hoe meer mens lees en hoe meer inligting jy versamel, hoe meer in beheer voel ‘n mens van die situasie. Sien www.wynvlieg.com vir ‘n lys van die beste Quitlit daarbuite. Ek kan ten sterkste aanbeveel dat jy TheNakedMind (AnnieGrace) – deel van jou vakansieleesstof maak. Vir ligte vermaak, probeer The Sober Diaries deur Clare Pooley – dis skreeusnaaks.
  2. Sluit aan by ‘n groep, volg ‘n program. Samehorigheid is soooo belangrik. Ek het verseker nie myself gesien as iemand wat by ‘n rehabilitasieprogram moes aansluit nie, en ek het ook nie. Maar ek het die World Without Wine 66 dae uitdaging gedoen. Bloot om te weet jy is nie alleen nie, almal is in dieselfde bootjie –niemand word agtergelaat as ‘n drenkeling nie – dit maak al die verskil in die wêreld.
  3. Wees bewus van jou #happyhour. Of soos dit in my boeke beter bekend staan #wynvlieguur. Dis daardie tyd van die dag, wat jy gryp na daardie eerste glas. Myne het met ‘n “onskuldige” glas Chardonnay na ‘n lang stresvolle dag by die werk begin. Net om te ontspan…en dan kort voor lank was dit ‘n halwe of sommer ‘n volle bottel ‘n aand. 
  4. Vind nuwe, beter, gesonder dinge om met jou tyd te doen gedurend #wynvlieguur. Om die gezoem te vermy, gaan stap in die natuur of net om die blok; luister na musiek, bel ‘n vriend, lees ‘n boek of gaan lê op jou bed en haal net asem!
  5. Begin ‘n nuwe ritueel – skink ‘n Kombucha in daai einste wyn of G&T glas, met sommer lekker baie ys. Of vind een van die vele alkholvrye drankies op die mark. Gaan na die wonderlike nuwe platform www.drinkNil.co.za vir alle grootmensdrankies, sonder die skop!  Flous jou brein!
  6. Tel daai dae af – daar is verskeie toeps op die internet wat jy gratis en verniet kan aflaai, of maak sommer jou eie kalender. Vir my werk dit om die dag as “alkoholvry” af te merk eerste ding in die oggend. Want dan weet ek, ek sal daarby hou. Dit gee ‘n mens ‘n gevoel van sukses, maar ook van verantwoordelikheid teenoor jouself en jou doelwitte.
  7. Kry ‘n dagboek of ‘n penvriend – ek gee regtig nie om waar jy jou diepste geheime neerpen of tik nie, MAAR KRY IETS waarin òf op jy kan skryf. Dis broodnodig, want daar is net iets magies daaraan om jou diepste geheime, vrese en oorwinnings neer te skryf. En as jy dan later terugblaai, sal jy verbaas wees oor jou vordering en groei. Ek nooi jou graag om sommer met my te korrespondeer by vryheid@wynvlieg.com. Dis annoniem en ek sal nooit, ooit jou vir die wolwe gooi nie.
  8. Vind jou hoekoms – die redes vir jou liefdesverhouding met die #wynvlieg of sy trawante en die redes hoekom jy die verhouding òf op ys moet sit, of sommer summier moet eindig. Dis belangrik, want in daardie #wynvliegure of minute is dit jou ankers.
  9. As jy na ‘n sosiale geleentheid genooi word, gaan gepanser! Ek lyk amper soos ‘n nuwe mamme met ‘n pasgebore baba, wat opdaag met een van daardie groot doekesakke waarin omtrent die hele medisynekas, elke soort babakos op die mark en ‘n hele week se klere gepak is. My “doekesak” is net ‘n coolbag wat omtrent 4 verskillende soorte alkholvrye drankies bevat…dis van alkholvrye bier, tot alkholvrye wyn, nog ‘n Woolies mocktail en borrelwater as ‘n backup. Die geheim is om opsies te hê, sodat jy nie soos ‘n seer toon uitstaan of voel soos die weeskind by die basaar nie.
  10. Maar as jy voel of die blote gedagte aan ‘n klomp geoliede, vrolike, drinkende mense jou die kluts heeltemal gaan laat kwyt raak  –  BLY BY DIE HUIS! Oordoen dit op die tjoklates, Netflix of kruip in die kas weg. Jy het nie nodig om na hierdie “martelsessie” te gaan nie en glo my vry, daar sal ‘n dag kom wat jy die geleenthede kan bywoon en gewoon net glad nie vir die betowering van die wynvlieg sal val nie! Maar skilpad het vir hasie uitoorlê, nè!
  11. Kry ‘n nuwe stokperdjie of stof ‘n ou een af. Ek het byvoorbeeld soos ‘n maniak begin bak. Brode, koeke, poedings. Sommige het geflop, ander was meesterstukke. Ek kon ‘n nasie voed en dis ook wat ek gedoen het. Ek het al daardie gebak vir die hongeres by die verkeersligte gaan uitdeel. 

En wees geduldig met jouself – hierdie gaan nie maklik wees nie. Los die kritikus by die voordeur.  #grayareadrinker is a thing

Ek is net hier – so praat met my. Vra my vrae, gebruik my as jou penvriend…ek luister graag! Die plek om so te doen is vryheid@wynvlieg.com

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *