Die groot dae is op ons! En met die groot dae saam kom die groot vreet, die groot drink en joligheid in al sy glorie!
Kyk ons nasie WEET hoe om uit te hang. Covid-19 is ons nou lankal nie meer bang voor nie, want sien, ons lewe in ‘n land van uiterstes. Ons skrik nie meer vir koue pampoen nie en magtag het ons nie al genoeg gesuffer die jaar nie?! Time to reconnect and recharge
Die langpad roep
Die tasse staan gepak, die kleinkoekies is gebak. Die ma’s van die huis is moer-toe-moeg geshop aan die kersgeskenke, om tog net almal se drome waar te maak diè jaar. Pappa is gedaan geZoom en gestres oor die paaiement. So nou verdien ons darem almal ‘n ruskans. Ons verdien om te ontspan, ontsnap en die batterye te laai. Of dit nou by die kus is(tog nie Ballito nie, want die jongklomp het die Covid kieme daar soos stuifmeel gesaai), of erens op ‘n plaas – ons ruk op, ons ruk reg en ons ruk hand uit!
Ons sluk daai Kool-Aid manne
En ons doen dit met mening – die tafels kreun onder die aartappelslaai, die boude, die koekstruif, want ons eet asof die 7 maer jare oppad is. En al die kos kort darem ietsie om dit mee af te spoel of hoe? Sussie en mamma teug aan ‘n ligte Savanna’tjie, Pappa knak ‘n breakfast bier, teen 11-uur word die horlosies dopgehou, want dalk is ‘n bubbles net die ding om die middagdrinkery mee in te lyf! En dan slaat ons oor na ‘n koue Sauvignon Blanc(wat teen die tyd al vloei soos water) en die brandewyn en Coke manne raak spraaksamig. Die vure brand, die kinders hol onbeheersd rond en die grootmense drink die Kool-Aid van dit tyd…want hulle verdien dit na die jaar. ?! #time to reconnect and recharge want dis Krimis mos
Maar die Kool-Aid blyk toe al die tyd meer soos die ander Coke te wees. Ons glo ons eie BS en êrens het ons onsself oortuig dat al hierdie oordaad die lewe die moeite werd maak. Dat ons dit verdien…en hel veral na DIE JAAR! Maar kom die eerste Janaurie dan is die voornemens groot en ek kan beide my voortande wed, dat meeste mense se lysies ten minste EEN bevat wat die hoop daarop plaas, dat diè jaar, dalk net diè jaar, gaan die rolletjies waai, daai wedloop gehardloop word of die alkohol inname drasties ingeperk word(na babelas nommer 10 die vakansie!)
So, hoe gemaak as jy dalk die brander vroeër wil vang, nie in Januarie die skaal 3kg swaarder wil trek of die skuldgevoel oor jou lewer so opgedonner is wil hê nie. En glo my vry, ek behoort te weet. Ek was seker een van die mees entoesiasties drinkers wat jy kon kry! Kersfeesboom kon nie versier raak sonder ‘n glas ordentlik MCC in die hand nie, geen middagete was ‘n sukses gewees sonder ‘n lekker glas botterige Chardonnay nie(skuus bedoel bottel!) Daar was ‘n bier-en-chips ritueel om 11vm na n mens warm gebak was op die strand, en dan vanaand word die aand afgeskop met ‘n G&T, afgerond met nog wyn! Wat daarna gevolg het was meestal nie mooi nie – cue fights met Mr G of sommer net ‘n gespin van die kop, kak voel in die oggend en 3kg op die koop toe! Gratis en verniet!?! #time to reconnect and recharge tot oorlopens
Hier volg die nuus gelees deur Haas Das en Nuuskas
En sy vriend @wynvliegoorit. As jy die skuldgevoel of die ekstra kilos of die swaar lewer die vakansie wil vryspring…jy hoef nie te vrees nie, niemand gaan jou drank heeltemal wegvat nie – jou keuse. Maar, net vir ingeval, hier is in elk geval ‘n paar goeie wenke, diep uit my hart om op 1 Janauries soos ‘n podium atleet te voel – VICTORIOUS! ?! #time to reconnect and recharge is gedoen
Wenk nommer een – vind ‘n alkoholvrye alternatief
Daar is ‘n klomp regtige sexy jong lywe(meestal Amerikaans en van die land van die Bourbon) of ma’s, nes ek en jy, wat ongelooflike “kamma skemerkelkie” (mocktails) resepte het.
@themocktailproject
@thebestmocktails
@mammamocktails
Die ritueel is baie keer meer belangrik as die sluk! Die blote gedagte daaraan om ons “drink of choice” heeltemal op te gee, is vreesaanjaend om die minste te sê. So kry ‘n alternatief en jy sal verbaas wees – meeste van die tyd gaan dit oor die RITUEEL meer as oor die drink!
Wenk nommer twee – maak twee lyste en plak dit op jou voorkop!
Nog lysies skree jy seker nou! Opgelys – ja ek weet, maar lysies is ons kos mos.
1. Op lys nommer een pen jy neer AAAAAAALLLLL die redes hoekom jy definitief moet drink.
2. Op lys nommer twee poog om al die redes neer te skryf hoekom jy eerder diè jaar òf minder of niks wil drink nie.
En hier is jou “get out of jail free” kaartjie – vergelyk die twee lyste en besluit watter een vir jou die belangrikste is. En raak dan bloot nuuskierig oor jou keuse. Elke keer die vakansie wat jy ‘n keuse vir of teen jou besluit neem, doen bietjie ondersoek hoekom dit so belangrik is vir jou. Dalk leer jy iets.
Wenk nommer drie – wees op jou passopens!
Ek gee nie om wie jy is, uit watter wonderlike Hallmark-kaartjie jou familie geklim het nie, maar die meeste van ons gaan êrens voel om ‘n familielid te vermoor of op hulle te spoeg deur die vakansie. Ek praat uit ondervinding – dink my tande is al heelwat sentimeters afgekners gedurende vakansies! ?! #time to reconnect met die plathand
En wat ‘n lekker verskoning is dit nie, om net die mense “beter of mooier” te drink. Hel party mense is onomwonde beter om half besope te trotseer. Maar glo my vry, dit maak dinge net erger. Mens se tong raak los, jy sê goed wat jou soos ‘n absolute heks laat voel en die vakansie laat omwens.
Kry iets anders as die inhoud van ‘n wynglas om die stres te verlig. Ek hol al om die vakansiedorp, ek gaan lê in kamer en lees. EK VAT MY UIT DIE KOL UIT! #time to reconnect and recharge in die ware sin van die woord.
Wenk nommer vier – flous die hele spul
Vreeslik ironies, maar die oomblik wat die volgende woorde uit jou mong kom: “Nee dankie, ek drink nie meer nie,” is dit net so goed jy insinueer die ander “drinkers” kyk kinderpornografie of iets. Die skok, die ongeloof is openlik….en klokslag sal hulle jou probeer oortuig dat jy al jou varktjies verloor het.
Dis eintlik lagwekkend!
So, om almal die ongemak en ure lange debat oor die voor en nadele van ‘n glas in die hand te spaar – sê iets soos die volgende:
“Sjoe, ja dankie. Kan ek asb ‘n groot glas water kry eers, ek is so dors.”
“Dankie, ek het my eie gebring. (En gaan skink jou Alkoholvrye opsie)”
Die groot geheim is – die glas! Hê net ‘n glas in jou hand, wat lyk of dit moontlik alkohol bevat. MIN mense sal aan jou drankie ruik – en as hulle doen – klim in jou kar, kom weg van die mense af!
Mense hou nie daarvan dat daar ‘n groot vet soeklig op hulle drinkgewoontes geskyn word nie. Dis menslik, so spaar hulle die “skande!”
Wenk nommer vyf – moet nie dat mense jou goed wysmaak nie!
My gunsteling ding is dat mense jou gaan probeer wysmaak dat jy is glad nie pret sonder etanol in jou bloedstroom is nie.
Toe my swaer uitvind ek is op ‘n “Sober Challenge” was hy vinnig om vir my te sê: “Nou dat jy drink het jy sommer jou persoonlikheid ook verloor”
Vinnig uit die blokke antwoord ek hom toe koel en kalm: “Toemaar ons weet jy drink genoeg om sommer vir my ook persoonlikheid te gee”
EINDE VAN DIE GESPREK!
So moenie vir daardie tipe stront val nie – drink jou drink(en om vadersnaam moenie jouself straf deur net water te drink nie – dis stront en niemand geniet NET WATER by enige sosiale funksie nie.) Wys vir mense jy is pret net soos jy is.
Ek het verbasend genoeg uitgevind ek bly damn witty en skerp, ek lag meer EN EK KAN ALLES ONTHOU die volgende oggend, wat gewoonlik meer is as wat die ander kuiergatte kan sê.
Ter afsluiting dus
Ek belowe jou hand en tand, dat jy NIE sal spyt wees as jy die vakansie minder drink nie. No two ways about it – en as jy wel kakker voel teen 1 Januarie, sue me!
Die meeste van ons “behoefte” om onsself te versuip en op die koop toe te oorvreet, is omdat ons:
1. ‘n Verandering in roetine het
2. Ander mense ons onder druk plaas
3. Ons ‘n alles-of-niks mentaliteit het
@foodfreedom
Kom oor jouself, kies jouself vir ‘n slag en trek daai BIG GIRL PANTIES aan of groei ‘n paar!
Sien jou aan wal!
Praat saam: As jy my wil kontak stuur ‘n epos aan vryheid@wynvlieg.com of volg my op Facebook by @wynvliegoorit
Wie is Mr G? Ondersteun jou man jou veranderde lewenswyse?
Hi Susan ja dis my man. 99.9%…het n ligte oomblik van waansin beleef die week omdat hy gedink het ek wil met sy drinkery inmeng. Maar in die meeste gevalle is hy trots op my en veral ook omdat ek dit vir ons verhouding ook gedoen het. Ons kon ons monde goed uitspoel as ons beide n paar glase ingehad het. Hy wil nogsteeds begin argumenteer as hy iets in het, maar gelukkig is ek mos nou koel soos n komkommer.
En ons het ook glad nie ons patroon van kuier verander nie, so dit het geen invloed op hom regtig nie …net die voordeel dat ek kan huis toe bestuur!