Wynvlieg | Storie van my lewe #thestoryofmylife | Cover

Vol 17: Storie van my lewe #thestoryofmylife

Ons almal het ‘n storie. Die storie van ons lewe. Party sin is vol avontuur, party sin bra vaal en allerdaags, ander sin herinnner aan Hillbilly Elegy en party is met ‘n goue lepel in die mond gebore.

Maar ‘n storie, diè het ons almal, en een waarheid wat soos ‘n paal bo water staan is dat ons almal êrens bly vashaak. #thestoryofmylife

Portia Nelson se gedig: Authobiography in Five Short Chapters som hierdie gedeelde “lewensverhaal” van die mensdom so raak op. The Doorway To Self Esteem


I

I walk down the street.
There is a deep hole in the sidewalk
I fall in.
I am lost … I am helpless.
It isn’t my fault.
It takes me forever to find a way out.

II

I walk down the same street.
There is a deep hole in the sidewalk.
I pretend I don’t see it.
I fall in again.
I can’t believe I am in the same place
but, it isn’t my fault.
It still takes a long time to get out.

III

I walk down the same street.
There is a deep hole in the sidewalk.
I see it is there.
I still fall in … it’s a habit.
my eyes are open
I know where I am.
It is my fault.
I get out immediately.

IV

I walk down the same street.
There is a deep hole in the sidewalk.
I walk around it.

V

I walk down another street.


Jy moet half blind wees as jy nie die aantygings teen ons as mensdom, wat met oogklappe deur die lewe gaan, kan sien nie. Keer op keer trap ons in dieselfde strik. Keer op keer daag ons op dieselfde ou plekkie op; keer op keer nuwe voornemense, nuwe planne en dan voor ons ons kom kry sit ons soos die spreekwoordelike voël in die wip! #thestoryofmylife

Ons het ‘n hele komitee van “stemme” in ons kop – daar is die kommitee lid wat negatief is (jy sal dit tog ieg nooit kan verander nie – jy is so gemaak en gelaat staan) – daar is die kommitee lid wat kwaad stook (ag fok dit, die lewe is te kort) – daar is die komitee lid wat hoofdogter speel(jy moet perfek wees, as jy nie perfek is nie, wat is die punt) – daar is die komitee lid wat hou van boelie (jy is tog te veel van ‘n swakkeling – gee maar op, jy is useless), daar is die komitee lid wat paai (toemaar almal doen dit, en foeitog jy verdien mos darem ook ‘n bietjie geluk.) #dis nou eers die story of my life

Kaatjie van die baan

Dan is daar die “situasies” wat ons tog nie kan vermy nie – kom ons gebruik maar ou wynvliegie en sy trawante gedurende die vakansie. Wynvlieg aan die woord: “Maar almal doen dit, jy gaan net uitstaan soos ‘n seer toon en almal gaan dink jy is so boring.” 

Het jy al agtergekom een dooie vlieg lok ‘n hele skare begrafnisgangers?  As die vrees om uit te mis nie allesoorheersend is nie, sal angs jou pak. Want as jy ‘n dop of twee in het, verdwyn die skaamgeit mos soos mis voor die son. Dan raak jy gousblom, net om more molshope te stoot! 

Party van ons speel volstruis-volstruis – ons steek ons koppe in die sand en gee voor daar is geen gewoontetjies wat ons pla nie. Ons is A-ok mos. Maar let maar mooi op hoe praat jy met jouself as jy so in ‘n maalkolk van gewoontes vasval. Luister mooi – ek wed jou daar is ‘n groot gros van blaam en skaamte daar.

Kom ons lê die blaam voor iemand anders se deur

Oh, en my gunsteling – die wêreld wemel van mense wat hulle verlede of hulle ouers blameer vir die feit dat hulle gewoontes of gedragspatrone het wat hulle nie kan afskud nie. Die stories wat hulle hulleself vertel, sodat hulle met groot genot in die selfregverdigende poel van jammerte kan bly rondswem en nooit verantwoordelikheid vir hulle eie lewens hoef te vat nie. Ek staan verstom soms.

‘n Nuwe hoofstuk

In Chapter IV is daar ‘n wending – wat as ons dalk net hierdie maalkolk van gewoontes wat ons in dieselfde wip laat trap of laat moddertrap vir die dood mis, soos in heeltemal mis, omdat ons in ‘n ander rigting instap? #the story of my life could change

Hoe sal dit voel as ons ‘n slag verantwoordelikheid vat vir ons gewoontes, kyk na die stories wat ons onsself vertel. Is hierdie stories regtig waar? Of is dit een wat ons opmaak, wat ons onsself lekker warm in toedraai, omdat ons te bang is om Pandora se boks oop te maak.

My knieë is al nerfaf van in dieselfde strikke trap, my ego moeg baklei met al die komitteelede. 

Ek is so te sê gefok, maar ek is gefokus #hekelwoorde. Hier gaan ek uit, ek gaan ‘n ander rigting inswem, ek gaan elke dag op die uitkyk wees vir hierdie gewoonte-maalkolk. 

Swem jy, trap jy water of roei jy doelbewus in ‘n ander rivier af?

Praat saam: As jy my wil kontak stuur ‘n epos aan vryheid@wynvlieg.com of volg my op Facebook by @wynvliegoorit 

2 thoughts on “Vol 17: Storie van my lewe #thestoryofmylife”

  1. Gretchen Carpenter

    Liewe Wynvlieg. Jy sê dit so mooi en so treffend – dis alles waar en eintlik voor-die-hand-liggend, maak net jou oë oop en gaan staan voor die spieël. Vroeër eerder as later moet ons verantwoordelikheid neem vir wie en wat ons is. Vir ons keuses. Hou op sanik oor die noodlot, God, ons ouers, ons onderwysers, ons kollegas, die regering (past and present).
    Die beeld van die slaggate waarin ons herhaaldelik trap, is in die kol. Ons Suid-Afrikaners verstaan mos slaggate – alle paaie het potholes.
    Doet so voort, OK?

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *