Vol 18: Lieg soos vlieg en jok soos ‘n bok!

Die leuens wat #wynvlieg ‘n mens nie alles kan vertel nie. Ek was vas oortuig ek was die enigste mens op aarde (behalwe natuurlik psigopate) of is nogsteeds, wat ‘n kop het wat met haar praat. Loud and clear #aretherevoicesinyourhead, calling Gloria?

Iemand praat met my en dis nie die heilige gees nie

Stukkie navorsing – 1 uit 10 mense hoor glo “stemme” in hulle kop. O fok, hoor ek jou nou sê – hoop maar jy is die uitverkorene.😁 Rethink Mental Illness. Maar ons het maar almal daardie outjie op die skouer, skreeuer in die kop wat opdaag ELKE LIEWE GODDELIKE DAG! #aretherevoicesinyourhead, calling Gloria?

Maar laat ek nou nie sidetracked raak nie. 


Spreekkore is ‘n ding

Kyk maar mooi so om jou imbuia tafel rond, of daar om die braaivleis vure in die kampterein(veral nou dat oom Cyril die sundowners op die beach stopgesit het,) na al daai entoesiastiese drinkers. Wie weet wat in daardie koppies, agter daardie maskers aangaan. Kanse is goed, as hulle entoesiastiese drinkers is, hoor hulle hoogswaarskynlik ‘n koor van stemme wat die volgende refrein kwytraak:

“Drink is lekker man, jy verdien ‘n doppie om af te skakel. Almal doen dit en kom Janaurie gaan ons mos weer uitdroog. Nou is die tyd vir joligheid en jy wil nie die ou suurknol wees nie. Oh, aarde en boonop kom skoonma of die stiefkinders, hoe op deeske aarde verwag jy moet mens daai spul sonder ‘n glas in die hand trotseer – not happening! Mens moet drink om net met die lewe te cope – die jaar was stresvol, daar is ‘n pandemie daarbuite en mens moet elke dag geniet! Wie weet hoe lank jy nog gaan lewe”

Ek onthou maar te goed hoe verlig ek was toe ek uitvind daar is BAIE mense, nes ek, met wie die wynvlieg “praat.” Soos in een wat sê “DRINK NOU” (or forever miss out!) Vir party mense begin daai donner al hier rondom breakfast beetpak, vir ander eers hier van ‘n beskaafde uur af – of as die eerste vliegtuig oor is. (Wat ‘n fokkop of note was gedurende lockdown natuurlik, want toe vlieg daar net voëls!) 

En as mens daai #wynvlieg ignoreer, dan verhef hy sy stem en SKREE letterlik OP JOU. Jy slaat, hy duck and dive en voor jy jou kom kry, gee jy net die stryd gewonne, maak die venster oop en hoop die donner vlieg êrens uit. #aretherevoicesinyourhead, calling Gloria, Gloria?

Wie hou van ‘n vlieg – soos in regtig, wat is die doel van die goed? Hulle is vuil, sit en kak op alles en bly in ‘n mens se gesig. Net so is #wynvlieg…nooit, ooit kom daar ‘n mooi, positiewe woord uit sy mond nie. 

Hier is ‘n paar van die beauts wat ek al in my kop gehoor het – oortuigende outjie die #wynvlieg. Kon in politiek gewees het.  

“Jy hoef mos nou nie gepleister te raak nie, jy is mos darem ‘n wynsnob. Jy drink ieg vir die smaak daarvan. Een of twee glasies op die meeste vir vandag” (net om twee glase in ‘n moerse argument met einste #wynvlieg te hê, want nou soek hy meer!)

“Jy sal ook nooit gewig verloor nie, ja sure jy weet die wyn is net ‘n klomp leë kalorieë, maar jy het al voorheen mos met wynvlieg uitgemaak en niks het gebeur nie. Wyn is definitief nie die probleem nie, dis maar in jou gene. Skink daai glas Chardonnay, want jy verdien darem ook ‘n cheat dag so af en toe”

“’n Lekker glas koue wyn so aan die einde van die dag, is net die ding om daai switch te flip – aarde kan mens nie net eers gaan sit en die glas geniet voor jy al weer aan kos en jou tweede job van ma-wees, hoofkok en skottelgoedwasser moet inneem nie”

“Ag shame, voel jy bietjie gestres – skink ‘n glas; Oh, hoe opwindend, iets om te vier – skink ‘n glas”

En my absolute gunsteling: “Sjoe jy voel lekker kak vanoggend nè, ek het my vriend die bier-brommer genooi – hy sê ‘n bier is ‘n goeie regmakertjie”

Hoor jy dalk diè stemme?

So as jy ‘n kop het wat van hierdie of ander derglik goed kwytraak – wees gewaarsku dis #wynvlieg en sy trawante. Hulle voel ‘n absolute veer of jy in rehab was, of jy jouself en die hele wêreld belowe het jy gaan minder drink, of jy êrens in ‘n sloot gelê het en of jou naam gat gemaak het. Hulle is ‘n vasbeslote lot! #aretherevoicesinyou head 

Ek was effe moeg vir die koor – ja die #wynvlieg daag nog op en fluister soms in my oor. Veral nou hier oor die vakansietyd – soveel ure wat ek ledig moet rondsit en moet gade slaan hoe ander mense drink.

Maar ek is nou beter met die vlieëplak – en ek skree al harder terug! En die stilte is salig!

Praat saam: #aretherevoicesinyourhead, calling Gloria? Stuur dan ‘n epos aan vryheid@wynvlieg.com of volg my op Facebook by @wynvliegoorit en ons praat saam

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *