Vol 19: Introspeksie

Ek het hierdie blog en webblad begin om mense, nes ek, gewone vrou of man, wat besig is om ‘n pelgrimstog te stap ‘n platform te gee. Ja, welliswaar om my eie storie neer te pen, my eie las ligter te maak, maar #Ihaveadream

Die groot droom (#I have a dream) is om mense wat van punt A) van jare se vrae en laste saamdra, tot punt B) die vryheid van volkome lewe in die hier en nou, ‘n roete te gee om te stap en iets vir ons ander na te laat. 

Ek het prontuit erken ek is opsoek na medereisigers. Mense wat ook voel hulle wil hulle laste ligter stap. Mense wat voel hulle kan ook iets bydra deur hulle stories te deel. #Ihaveadream en ek gaan hom waar maak!

En was ek nie gelukkig om Frances Frans raak te skryf nie? Ek en Frances het ‘n gedeelde “las” wat ons gedra het. Ons stories verskil, ons ouderdomme verskil en wie weet, dalk ook ons agtergronde. Maar daar is iets wat my en Frances aan mekaar verbind. Ons is vrou, ons is mens en ons het ons lewens GELEWE. Maar van groter belang is dat ons beide ‘n groot begeerte gehad het om onsself weer raak te stap op hierdie pelgrimstog van die lewe. #Ihaveadream and so has she

Frances deel ‘n uitreksel uit haar boek “Vroulike alkoholis” hier met ons.

“As ek tot besef gekom het dat ek te veel drink, sal ek moet stil word en begin introspeksie doen. Deeglik na binne kyk. Ek moet myself die volgende vrae vra. Wie is ek? Waarheen is ek oppad, wat verlang ek van die lewe? Wat maak my gelukkig of ongelukkig? Wat moet ek doen of nie doen nie om my doelwitte te bereik. Om `n beter mens te wees.

Dis tyd dat ek die Heilige Gees innooi en vra om my innerlike te verlig en te stroop van alle maskers. Alle illusies, selfbedrog, bymotiewe, wanopvattings oor myself ensovoorts. Kortom, ek moet myself sien asof deur `n spieël. Die ware ek.

As ek gedurig onder die invloed is, verloor ek my greep op die ware self. Miskien is ek `n baie talentvolle vrou. `n Goeie musikant, sangeres, naaldwerkster, skilder. Miskien kom ek baie goed oor die weg met oumense. Of ek het `n oop, sprankelende persoonlikheid. Alkohol demp egter hierdie goeie kwaliteite en bring die lelik in my uit. Nie dat ek kies om so te wees nie. Dis die substansie wat my brein en denke aantas en my die mens maak wat ek is. Ek ervaar die nuwe mens met selfveragting en selfhaat. 

Ek wil nie so wees nie maar ek kan myself nie help nie. As ek sover gekom het om te besef dat ek `n probleem het, het ek alreeds `n ver ent gevorder op die pad na herstel. Die feit dat ek weet en besef bring `n draai in die kinkel. Dit is die eerste stap op die pad van die waarheid. Sê God nie in sy Woord dat die waarheid ons vry maak nie?

As ek die waarheid reëlreg in die oë kyk, kan ek iets daaraan doen. Niks sal verander as ek nie die waarheid omtrent my situasie ken en insien nie.”

As jy iets op jou hart het, ‘n storie wat jy wil deel – maak nie saak wat die tema is nie – hierdie is jou veilige hawe. Jou plek om te deel, want wie weet dalk is daar iemand daarbuite wat nodig het om te weet: “Ek is nie alleen nie”

Kom stap saam die Camino-van-die-lewe. #I have a dream en ek is seker jy ook

Praat saam: As jy my wil kontak stuur ‘n epos aan vryheid@wynvlieg.com of volg my op Facebook by @wynvliegoorit 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *