#jyisgoedgenoeg | My beste vriend is genaamd, die UWE EK!

Vol 22: My beste vriend is genaamd, die UWE EK!

Ek het hierdie ongelooflike mooi aanhaling gister gehoor en vertaal hom sommer so losweg…

 

Geluk is vir ons almal beskore. Help jouself. (Happiness is available to all. Please help yourself)  Thich Nhat Hanh. #jyisgoedgenoeg

Stel jou voor jy land op ‘n vliegtuig langs hierdie medepassasier wat so oor die sitplek spoel na jou kant toe, diè een wat non-stop praat en wat oopmond kou en boonop ‘n klankie afgee wat jou herinner aan ou, vrot kaas. En dis een van daai om-die-wêreld vlugte en die “barmhartige samaritaan” sien dit as sy medemenslike plig om jou te oortuig van die mees onlangste sameswering en die wesenlike gevaar wat dit inhou vir jou voortbestaan. Blah..blah..blah! 


Diè trip gaan lank raak

Wel, stel jou voor dis waarmee jy gaan opgeskeep sit vir die res van jou lewe. Dit gaan ‘n lang, pynlik trip wees my vriend.

Die mees belangrike verhouding wat ons in ons hele lewe gaan hê is met onsself. En is dit nie verbysterend hoe ons hierdie verhouding afskeep nie?  In die meeste gevalle sou ons mense wat in sulke toksiese verhoudings is, aanbeveel om na die naaste sielkundige te hol of gaan aangee vir mishandeling!

#jyisgoedgenoeg, glo jy dit regtig?

Het jy al gehoor hoe praat jy met jouself deur die loop van ‘n dag? In my ondervinding is daar twee tipes verhoudings wat mense met hulleself het – hulle is òf ongelooflik krities en down right ‘n eersteklas teef met hulleself of hulle oortuig hulleself hulle is die grootste slagoffers wat hierdie aarde nog bewandel het en verdien vlugtelingstatus. 

‘n Brief – ‘n rigtingwyser

Stel jou voor jy kan weer oorbegin. Die ouer, wyser jy kan vir daai sesjarige dogtertjie of seuntjie ‘n brief skryf en al die lesse wat jy al geleer het, al die seerkry en die triomfe kon jy saamvat en sê…hierso my kind.

Hier is myne.. #jyisgoedgenoeg

#jyisgoedgenoeg | Wynvlieg

Liefste jy met die purdy haarstyl en die maklike glimlag

Mag jy nooit ophou drome droom en die knaende vraag vraer wees wat jy is nie, al dryf dit mense mal, bly krap waar dit nie jeuk nie en moenie dat mense jou stem probeer stilmaak net omdat hulle harder kan praat nie.

Mag jy onthou dat jy oneindig geliefd is, dat jy die son en die maan en stêrre vir so baie is. En almal hoef nie van jou te hou nie, daai een is nie jou las om te dra nie.

Onthou jy is happy gebore en jou geluk straal soos ‘n helder stêr. Jy is ‘n skerpsinnige ene en jy kan mense se donkerte verlig. En hou aan glimlag, hou net aan.

Gee jou verbeelding vrye teuels, ALTYD en sing uit volle bors op die musiek wat jou hart laat sing.

Onthou om gereeld op die vars, groen gras te lê onder jou gunsteling boom en in verwondering te staan oor die ritselende blare in die namiddag son.

Bêre die oomblikke in daardie diesel Isuzu oppad dorp toe, terwyl jy en ma Gesang 5 tot vervelens toe sing diep in jou hart. Daardie tipe liefde is skaars en gaan jou nog deur baie stormwaters dra.

Staan verwonderd oor die ongelooflike liggaam wat jy gekry het. Die een wat kan beweeg, bome klim en dit waag op die dun yslagie op die plaasdam diep in die koue winters. En mag ‘n vars gebakte brood jou hart met vreugde vul.

Jy gaan baie mense teëkom, almal bedoel dit nie goed met jou nie, maar onthou almal probeer ook maar net…en party is bloot drenkelinge. Help waar jy kan, maar laat maar los diè wat nie ‘n boei wil vang nie.

Shit happens and this too shall pass.

 Onthou jy is genoeg. Jy is jy.

 Liefde #wynvliegoorit

Xxx

Die lewe is nie ‘n dress rehearsal nie

Jy het èèn kans in die lewe my vriend of vriendin. En as jy nie nou te midde van hierdie vieslike pandemie wakker geskrik het en besef het dat deernis met jouself in vele gedaantes voorkom nie…dan weet ek nie so lekker nie.

#jyisgoedgenoeg

Wat sou jou brief aan jou sesjarige self sê? Is sy #jyisgoedgenoeg?

Praat saam: As jy dalk daai brief aan my wil epos, doen so op vryheid@wynvlieg.com of sê jou sê op Facebook by @wynvliegoorit

Wynvlieg

1 thought on “Vol 22: My beste vriend is genaamd, die UWE EK!”

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *