#angelshavewings

Vol 23: Ek is geen engel nie!

Kyk ek is geen moeder Theresa nie ek kan damn goed mense etikette om die nek hang as ek die dag lus het. #angelshavewings.

En ek het ongelukkig ‘n lelike afwyking ontwikkel so deur die jare, of wie weet dalk was ek daarmee gebore…I don’t suffer fools easily. #angelshavewings en ek is nie een van hulle nie

Ek is toe nie ‘n engel nie

Maar nou aan die anderkant is ek goed grootgemaak, so my gewete kan my behoorlik opkeil, as ek besef my oordeel of sal ek hom maar op die naam noem – VEROORDELING, is besig om die oorhand te kry nie.

Ek het ‘n verhouding wat ek regtig, egtig wens kon anders wees. Dis nie een wat ek gekies het nie, dis net bygekry. En die lewe is so, daar is die verhoudings waaroor ons kieskeurig kan wees en dan diè wat ons mee moet saamleef, want dit kom met ‘n ander pakket saam…amper soos koop een en kry verniet. Dink skoonouers, bonuskinders, ‘n afgetrede ouer wat moet kom intrek en afhanklik is, ‘n kind se nuwe liefde(en jy het hoēr aspirasies gehad….dalk bv ‘n prins of so.) Uit die staanspoor het mens mos so ‘n effens wrewel aan die saak en kry mensself ook sommer jammer op die koop toe.

En as dit boonop jou ander gekose verhoudings begin beinvloed, dan raak mens eers effe warm onder die kraag.


Wonderwerke gebeur nog

Ek verwyl nou my oggend “stiltetyd” met  https://g.co/kgs/XHcp1w deur Gabriella Bernstein…effens hoola hoop, maar as jy verby daai stukke kan kom, die moeite werd as ‘n bietjie van ‘n skille-van-die-oë-af oefening.  

Hierdie aanhaling uit die boek: Day 25:

“…the thoughts we have about others are a mirror reflection of the thoughts we believe to be real about ourselves”

#angelshavewings, ek is gedoem

Tot verantwoording geroep begin ek toe so ‘n bietjie dink oor hoekom ek hierdie woede, “veragting”  of selfs die lelike stiefbroertjie jaloesie vir sommige mense ronddra, hier diep binne my. (Want glo my as ‘n goed geskoolde Calvanis ry dit my bloots!) En besef, al die goed wat ek so verag van hierdie wesens, is gebore uit vrese en dinge wat ek hier binne my ronddra.

#angelshavewings, wens ek was een

Diep gesetelde vrese dat ek gaan uitmis….

soos in, hulle gaan my plek inneem as die gewildste of geliefste persoon of…

hulle gaan my lieflike, gemaklike lewe versuur of…

ek gaan tweede kom hier

Of ek gaan nooit so maer of so perfek of so mooi wees nie..

‘n Kwaad wat ek hier rondra vir jare in myself…

Dat ek nie goed genoeg is om na waarde geag te word nie…

Dat ek nie net ‘n easy-go lucky mens is waarvan almal sommer onmiddellik hou nie…

Dat ek nie net soos Moeder Theresa KAN wees nie…

‘n Skaamte dat ek

Mense dan so min gun nie…

Dat ek so krities is 

Dat ek nie die goeie, towing-the-line mens is wat ek behoort te wees nie..

Dat ek so ‘n nare teef kan wees

Alla wêreld nè, kyk nou net. Hele miernes oopgekrap en nou kruip daar rooimiere orals in en rond, en boonop waar hulle nie hoort nie.

So haar raad in die geval……”accept all your relationships as assignments for spiritual growth. When you accept this truth, you become grateful for the lessons you have learned.”

Wat van liefde oorwin alles?

My hoop is dat jy vandag dankbaar sal wees vir die lesse wat ook hierdie naarhede jou oor jouself kan leer. Dat ons kan voortgaan, as vry mense. Vry van ons eie diepgesetelde vrese oor onsself en dat ons liefde kan kies, bo ons eie ego’s. 

En los die res dat hulle hulle eie paadjies uitkap. Niemand gaan vir jou in die bresse tree daarbo nie! #angelshavewings

Praat saam: Stuur ‘n epos, TOE, na vryheid@wynvlieg.com of sê jou sê op Facebook by @wynvliegoorit 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *