#hatemail

Vol 31: Hou op skryf, dis net swak!

En daar kry ek my eerste HAAT POSSTUK gister. ‘n Ene meneer A(ek weerhou maar sy naam vir persoonlike veiligheidsredes🤣) is van mening dat my skrywe uiters swak is en dat ek dus eerder nie mense op sosiale media daarmee moet verveel nie. #hatemail.

Die man is op die verkeerde plek

Eerstens was ek natuurlik verlig toe ek sy profiel gaan opsoek, want ek dink nie meneer A sal enige aanklank vind by my skrywe nie – hy is duidelik op die verkeerde blad. Dalk is hy ‘n taalpuris, dalk ‘n afgetrede Afrikaans professor of oud-onderwyser en maak my taalgebruik of spelfoute hom effe warm onder die kraag. Daaroor is ek jammer Mnr. A, want ek poog darem om so na as moontlik aan dêmit te bly. 

Ek wonder so by myself of hy weet, die wonder van sosiale media is, dat ‘n mens NIE DAARVOOR BETAAL NIE en dus glad nie verplig hoef te voel om enige iets te lees wat jou nie aanstaan nie? #hatemail is nie nodig nie.

Al kon ek duidelik sien die arme man is net iets, via die alogritme gevoer, wat hy nie wou lees nie en al weet ek ‘n man van die Oos-Kaap, wat ek van geen Adamskant af ken nie, se opinie regtig nie ‘n duit saakmaak nie, het die kritiek natuurlik so ‘n bietjie van ‘n houvas tussen my ore gekry. #hatemail kom gewoonlik van onbekendes

Want in daardie oomblik het ek kwesbaar gevoel. 


Ek herinner myself toe maar weer aan Brene Brown se opmerking oor kwesbaarheid: Vulnerability is about showing up and being seen. It’s tough to do that when you are terrified about what people might see or think.”

Reg aan die begin, toe ek met hierdie blog begin het en – tipes bemarkingsmens – met my seun ‘n bespreking, of sal ons dit ‘n lesing noem,  oor die waarde daarvan om ‘n webblad of blog te kommersialiseer gehad het, vermaan hy my: “Ma onthou net jy doen hierdie vir jouself, wie gee om of dit ‘n reuse sukses of ‘n flop is.” #hatemail, die jongman het geweet dit kom

So hoekom dan so kwesbaar voel? 

‘n Bokkie in die soeklig

Want as ek kwesbaar is, voel ek soos ‘n swakkeling, ek’s bang vir die onvermydelike seerkry of verraad. Is die woord KWESBAAR nie net sò mooi beskrywend nie? Maak sommer daardie nare gevoel van weerloos wees, soos ‘n bokkie in ‘n jagveld, tasbaar. 

En natuurlik grawe dit soos Freud ‘n leeftyd terug al daai dames in die malhuise probeer oortuig het, allerhande dinge wat in ons onderbewussyn gebêre lê op, en maak ons sodoende “siek.”  Siek aan die nie “goed-genoeg-wees-nie” siekte.

In gaan Brenè Brown voort deur te sê: “Vulnerability is not winning or losing; it’s having the courage to show up and be seen when we have no control over the outcome. Vulnerability is not weakness, it’s the greatest measure of courage”

Vir my is hierdie ‘n daaglikse strewe – om weerloos en kwesbaar te staan voor die mensdom. Voor julle almal wat hier lees. Dis om my diepste seerkry, my diepste skaam en my diepste wense en oortuigings met julle te deel. Dis om ‘n talent wat ek gekry het, te gebruik – ongeag wat enige iemand daarbuite daarvan dink. #hatemail of te not. Maar, dis meer, dis om die muur rondom my af te breek, om my wapenrusting neer te lê, om te erken ek is vol van flaters en om myself oop te stel vir moontlike kritiek, maar ook om te weet dat Haruki Murakami die bekende Japanese skrywer reg was toe hy waargeneem het: 

“What happens when people open their hearts? They get better.” 

My kwesbaarheid is my wapen

En ek wil beter raak, beter in my eerlike, openlike verhoudings met mense, ‘n lewe gestroop van voorgee dat alles altyd reg is. Dat ek met enige iets kan cope wat die lewe in my rigting gooi of my talente onder die maatemmer wegsteek, net omdat ek vermoed daar is honderde mense daarbuite wat beter is, meer talentvol en ‘n groter bydrae kan lewer tot die mensdom.

Ek sien my lewe nou as ‘n legkaart, die stukke lê nog orals rondgestrooi. Maar stadig maar seker sal die hoekstukkies, die gelykkante en dan die middelste lot hulle plekkies vind. En ‘n pragtige volmaakte eindproduk laat.

So ek vat maar Les Brown se inspirasie en maak dit my eie!

“Too many of us are not living our dreams, because we are living our fears.” 

Mag julle elk vreesloos wees in julle kwesbaarheid. En my grootste wens is, dat deur te sien hoe ek soos die keiser sonder klere voor julle staan, dit iemand, êrens inspireer om ‘n meer kwesbare, maar vol lewe te lewe. #hatemail is a blessing.

Praat saam: As jy vir my ‘n stuk wil skryf om op my blog te post – asb doen so, ons almal se stemme moet gehoor word! Laat hoor gerus van jou by vryheid@wynvlieg.com of volg my op Facebook by @wynvliegoorit 

4 thoughts on “Vol 31: Hou op skryf, dis net swak!”

  1. Haters be haters…onvergenoegde mense wat nie guts het om homself kwesbaar te maak nie. Amper sê ek ‘n lelike woord..jy weet mos watter een!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *