In hierdie dae waar almal, heeldag, aldag aangeskakel bly – bietjie soos batteryhoenders die hele dag in die gloeiende lig sit, het eensaamheid ironies genoeg ‘n siekte van ons tyd geraak. #feelinginvisible
En omdat ek streng daarteen waak om verlate te voel, moes ek my dosis Mark Manson inkry, weliswaar in die vorm van Mark Manson
Die internet wemel van statistieke oor eensaamheid en mense wat voel hulle is verlate en verlore vir hulle medemens. En die grendeltyd wat mense soos diere in hokke toegesluit het, kinders van skole weggehou het, jongmense van sportvelde en die oueres van dae agter glasvensters na hulle geliefdes moes laat hunker – het nou vir meer as die ooglopende kwesbares onder ons, gewys presies hoe eensaamheid daarna uitsien. #feelinginvisible
Die man was genuinely verstom
‘n Staaltjie uit eie geledere…so ‘n jaar gelede bestel ek ‘n Uber om my van punt aan na B(die motorwerktuigkundige wat my kar diens) moes vervoer. Die jongman is van Zimbabwe en baie beindruk met die wiele wat ek het. Ek, so half verskonend maak toe ‘n opmerking oor watter slegte belegging so ‘n paar wiele is en dat ek eintlik die geld vir my oudag moes spaar. En daar raak die jongman ‘n ding of twee, vir stof tot nadenke, kwyt – hy verstaan nie so lekker wat dit met ons mense(hier verwys hy nou na my met die bleek velletjie) se probleem is nie. Hoekom wil ons alleen, weg van ons kinders in ‘n outehuis gaan sit. Vir wat spaar ons almal so hard daarvoor. En om sy punt te staaf, vertel hy my sy vriendin werk by ‘n ouetehuis en wonder openlik of ek weet hoeveel kinders laai net hulle ouers daar af en kom nooit, ooit weer terug nie. Hy wou by my weet hoekom ons nie na ons ouers aan huis hou nie. Heel eenvoudig in sy oë, sou daar dan iemand wees om na die jongeres te kyk en die ouer mense verdien mos darem die liefde en omgee van hulle kinders. Nou ja, wat die man beskryf het, was natuurlik ons westerse behelptheid met individualisme. En slim lyk my het in baie gevalle sy baas gevang.
Wil jy weet of jy aan hierdie alleenheid “siekte” lei – daar is vyf dinge wat jou diagnose kan bevestig.
- Jy voel of jy niemand het om mee te praat nie
- Jy voel afgesny van die wêreld romdom jou
- Jy voel of jy geen raakpunte met die mense rondom jou het nie
- Jy voel hartseer
- Jy voel of jy nie verstaan word nie
En natuurlik hoef jy nie alleen, toegesluit in ‘n eenmanswoonstelletjie te sit om hierdie verlatenheid te ervaar nie.
Die ewige gewroeg
Gin wonder dat die statistiek wys jongmense ervaar alleenheid en daai gevoel van verlatenheid meer intens as die ouer garde nie. Dit mag natuurlik te doen het met die lewensfase waarin hulle hulleself bevind, die selfondersoek en ‘n soeke na ‘n eie identiteit. Ai, onthou jy nog daai jare, toe jy alles so intens beleef het en die besef dat hierdie nou, net hier die tyd is om die wonderlike lewe te skep waarvan almal so baie praat – nie dat jy op daai tydstip enigsins weet wat dit behels nie – maar jy weet dis wat jy nou moet doen en met dringendheid. Dit mag dalk ook verklaar hoekom daar so baie jongmense, vars uit die skool of universiteit is wat droom van ‘n lewe in ‘n ander land – soos die Amerika’s van die TV – want daar sal dinge blinker wees en makliker gaan. Die gras is natuurlik altyd groener aan die ander kant, maar soos @steveyean van The Walking Dead faam dit so raak opsom – die lewe van ‘n immigrant of vreemdeling is: “sometimes I wonder if the Asian-American experience is what it’s like when you’re thinking about everyone else, but nobody is thinking about you” Nog meer alleen, nog meer aan die buitewyke van ‘n inklusiewe wêreld. #feelinginvisible in another world.
Alleenheid is soos melaatsheid
Ek is doodseker die stigma aan alleenheid is ook een van die redes waarom mense so haastig is om te trou. As die eerste, beste een met die regte CV verbykom dan word daai huweliksklokke gelui – want om op die rak te sit verby 25(wel in my dae was dit verseker so) was ‘n doodsvonnis. Op die rak, verewig gedoem tot die rak. Maar ek vermoed dit gaan verder in verhoudings – dit noop mense om in toksiese verhoudings te bly, om affairs te hê, om die #wynvlieg en trawante te omarm, om eensydige vriendskappe aan die gang te hou en die vuurtjie alleen te bly stook. Want al daardie wroeging, maar ten minste is jy nie alleen nie.
#feelinginvisible in a visible world
Kom leer Covid vir ons ‘n paar lesse
Daar is soveel bewyse dat die mensdom net wil behoort – veral vandat Covid sy lêplek kom kry het. Kinders smag daarna om terug te gaan skool toe – almal sal al daai skoolwerk en vreeslike skedules met ope arms terugverwelkom…as hulle tog net hulle maatjies weer kan sien. Tieners wat lyk of hulle oë permanent aan ‘n telefoonskerm geplak is, smag na ‘n partydjie, ‘n klaskamer….net om weer daardie sosiale druk in lewende lywe te ervaar.
Ek en my mede gym vrinne erken ruiterlik dat ons elke oggend opdaag vir ‘n martelsessie want dit bring die vroegoggend geklets en saam gekreun en steun….want ten minste is dit ‘n mens met ‘n stem en ‘n liggaam wat jy sien.
Gedeelte werkspasies is soos manna uit die hemel…want al deel jy nie ‘n besigheid met iemand nie, is daar darem ‘n asem, iemand om te groet en ‘n vinnige paar onsinnighede mee te wissel.
Die rede hiervoor is natuurlik dat ons biologies kuddediere is, ons het mekaar se fisiese ondersteuning nodig. En soos evolusie aangeloop het, het ons mekaar se emosionele steun ook begin nodig kry. So ‘n groot deel van ‘n waarde en doel van hierdie pelgrimstog word gemeet aan ons verhoudings – of dit nou romanties of platonies of in werksverband is. Dit gee ons ‘n rol in die samelewing en iets om voor te lewe.
Dis dalk hoekom sommige mense rondskarrel soos ‘n klomp verwarde miere om op elke liewe raad onder die son te dien, om waardevol te wees vir die minder bevoorregtes onder ons, om te stop by ‘n Rastafarieër by die verkeerslig en sy stories oor kind en haard aan te hoor.
Raak ‘n kultusfiguur
Gin wonder dan dat verwerping en sosiale isolasie mense dryf na radikale bewegings of groepe nie. Want waar daar nie aanvaarding en toegeneentheid is nie, is dit baie aantreklik om jou te skaar by diegene wat belowe om die wêreld radikaal te verbeter vir mense net soos jy. “Make America Great Again” – lui dit ‘n klokkie? Trump het goed verstaan dat as hy die septer wou swaai, moes hy ‘n groot klomp mense wat verlore en vergete gevoel het, weer laat glo daar is iemand wat vir hulle opstaan. Daar was weer ‘n doel vir hierdie mense, om Amerika te red, ongeag hoe ongegrond dit was. Hitler much? #feelinginvisible is not an option.
Maar ons hoef nie net in Amerika of die politiek hiervoor te gaan soek nie. Loer maar nader aan die huis, sommer in jou eie voorkamer. Sodra mense begin voel hulle gaan iets verloor, alleen die oerwoud moet in, dan vind hulle bitter gou ‘n plekkie om hulle moeë gemoedere te laat rus…dis of in die koerant, of op Facebook waar so-en-so, dit-of-dat gesê het. Net sodat hulle ‘n legioen bymekaar kan maak – al is die argument hoe ongegrond, eensydig en belaglik.
Hou die gevaarligte goed dop!
En die gevaar van sosiale media is nie noodwendig dat dit ons meer afgesonder, meer woedend, meer selfsugtig of selfs meer boosaardig maak nie. Dis net dat dit ‘n platform geskep het waar al diegene wat afgesonder, vergete en gemarganaliseerd voel ‘n plek het om letterlik dit uit te spuug. En kort voor lank is daar ‘n rits van mense wat hulle by mekaar skaar en die anderkant met modder gooi vir ‘n vale.
Ek kan dit nie beter as einste Mark sê nie: “But now? There’s a forum somewhere full of people with the exact same batshit crazy you have. And what do all humans who have similar yet strange beliefs do when they get together? That’s right, they convince themselves that they’re going to save the f*g world with their knowledge. That is, they go on a crusade. And you and I and everyone else has to listen to them, emboldened and invigorated by their new internet “friends” as they explain to us at Thanksgiving why Jesus was a communist and the movie Armageddon was really a coded message from QAnon explaining why Bruce Willis doesn’t just run a paedophile ring, but he is secretly a sixteen-year-old boy being held prisoner against his wishes, and…”
In my dae is ons nog geleer, as jy nie iets ingelig of konstruktief kan kwytraak nie, hou eerder jou mond. Maar nou ja, I rest my case – want hier is ek besig om my alleenheid te besweer met julle lieflike mense daarbuite!
Happy Valentines!
Sondag is Valentyns dag – nou ek gee regtig nie om of jy dink dis van die bose of net ‘n geldmakery nie, gaan uit – glimlag vir ‘n vreemdeling, gaan kuier vir ‘n vriendin, praat met die kassier, gaan besoek ‘n ouer. Gaan deel jou liefde, raak ‘n kuddedier! #feelinginvisible today?
Praat saam:. Stuur dit aan vryheid@wynvlieg.com of volg my op Facebook by @wynvliegoorit