Vol 55: Oordeel gefel

Om oordeel te fel kom nie net regters op die regsbank toe nie. Ja wel, hulle verdien dalk ‘n salaris vir hulle moeite en kennis – maar ons, ons almal fel oordeel links en regs op ‘n daaglikse basis.

Ons almal het ons eie stel standaarde waaraan ons mede-aardbewoners meet, oordeel en ook veroordeel. #letsnotjudge

#letsnotjudge

Klink dit net dalkies bekend?

Daar is die man wat sy sente omdraai en glo die beste vlug na ‘n vakansie bestemming is die een wat hy kan kombineer met ‘n besigheid besoek – want dan betaal die werk daarvoor sien, maar hy roem op sy spaarsamigheid. Sy vrou moet elke winskoop najaag en voel uiters trots op die hoeveelheid geld wat sy maandeliks spaar.

As iemand na hulle mening geld op onbenullighede vermors, is hulle gou met: “Dis darem effe onverskillig, julle gaan dit nooit finansieel oorleef op julle oudag nie.” As iemand hulle van suinigheid aankla, is hulle vinnig om te verwys na hulle vele eiendomme en hoe gemaklik hulle op hulle oudag gaan wees.  Want vir hulle is finansiële onafhanklikheid ‘n teken van ‘goeie beplanning’ en elke najaag van ‘n winskoop is ‘n klop op die skouer dat hulle toe wel “beter” as ander doen. 


#letsnotjudge

Daar is die vrou vir wie dit uiters belangrik is dat mense dinge moet deurdink. Besluite moet alle kante in ag neem en sy deel graag haar “wysheid” met ander(en is natuurlik selde verkeerd🤣) – sodat hulle ‘n meer ingeligte besluit oor die lewe kan maak. Realistiese, wel deurdagte besluite en tyd is haar forte. En as iemand nie haar raad volg nie, sien sy dit as ‘n klap in die gesig en raak sommer opgewerk vir die dwaasheid van die mensdom.

Daar is die jongmens wat glo aan goeie, lojale verhoudings. Wat glo dat alle mense respek verdien en oor berge en dale sal gaan vir vriendskappe. As die jongeling nie dieselfde behandeling terugkry van sy jaargenote nie en op ‘n daaglikse basis met die selfsug van jongelinge gekonfronteer word – voel die wêreld heel onderste bo. Want sy standaarde van goeie mense is ordentlikheid en konsiderasie op elke vlak. Nie vrylik beskikbaar in ‘n sekere ouderdomsgroep nie – mind you, baie mense sukkel vir tot hulle dooddag daarmee.

Ons almal het ‘n maatstaf waaraan ons die waarde van ons eie lewe meet. 

Dinge waaraan ons ons The things we value, and the stories we treasure meet. #let’s not judge Vir party is dit geld, ander status of sommige hulle karakter en nalatenskap.  Dan is daar dié wat dit teen uiterlike skoonheid meet, of ‘n mooi lyf. Ander weer aan goeie diens en hoe mense hulle hanteer.

Kanse is natuurlik goed dat jy ‘n paar van hierdie in jou meet skaal het, maar daar sal altyd een wees wat bo die ander uitstyg – daardie een wat jou lewe die waarde gee – wat jou gelukkig maak.

Almal klim op dieselfde skaal

En natuurlik laat ons almal met wie ons in aanraking kom op daai selfde skaal klim. Ons weeg hulle op en fel ons oordeel na aanleiding van wat vir ONS BELANGRIK IS.

Daar is ‘n paar van hierdie weegskale ~

As jou lewe se waarde gemeet word aan jou verhoudings met jou familie of vriende, sal jy almal teen dieselfde standaarde meet. As hulle na jou mening nie genoegsame tyd spandeer met mekaar, of kaart speel en berg uitklim nie…dan sal jy hulle afmaak as selfgesentreerd  en onverskillig teenoor die mees belangrike verhoudings in hulle lewe.  Al weet jy sweet blue boggerol van hulle geskiedenis of omstandighede. #letsnotjudge

En is seker een van die minder aantreklike eienskappe in ons samelewing. ‘n Studie soos gerapporteer in Common Traits Of The Self-Centered Person het bewys dat mense in lande wat ‘n groot fokus op individualisme sit(soos Amerika byvoorbeeld) het baie minder empatie met ander, as byvoorbeeld die inwoners van Asië.

As jy nog altyd gedink het ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees, sal jy die wat hulle liggame soos tempels hanteer bewonder, maar die gene wat van rondsit hou en op die rand van diabetes rondhang veroordeel. Jy sal jou bes probeer om elke moontlike gesonde lewenstyl dieet aan hulle af te smeer, oefening op elke moontlik vlak aanmoedig. En heimlik sal jy dink hulle is net luigat en onverskillig. Die oordeel sal gefel word, ongeag of hulle belangstel om hulle lewenstyl te verander al dan nie. Dalk is hulle bloot gelukkig in hulle lywe.

Dis ook maar die rede hoekom suksesvolle entrepreneurs glo elke mens onder die son kan een wees – hulle moet net WIL man! En mense van verskillende gelowe glo ander moet net tot bekering kom. Dis hoekom rassiste maklik wal gooi en sê almal is rassiste op een of ander manier.

Maar is dit so verkeerd?

Natuurlik is daar waardes waarvoor ons almal moet veg – daar is waardes in ‘n samelewing waarvoor ons moet opstaan, want dit maak die wêreld ‘n vry en regverdige plek. 

Natuurlik is daar waardes wat ons as ouers ons kinders moet leer, sodat ons ‘n samelewing het wat verdraagsaam is en wat kan funksioneer met al die verskille daarin.

So byvoorbeeld veroordeel ek persoonlik, geweld van enige aard en daarby die nydigheid wat soms hierbinne my posvat. Ek is ook glad nie ‘n voorstander van vooroordeel nie en moet soms met myself hard praat – want daai ding hy kom kry vinnig vatplek! Ek glo almal verdien empatie en ‘n saak het altyd twee kante, dus is die duiwel op my skouer wat keer op keer ander nie ‘n tweede kanse wil gun nie, nou ook nie my gunsteling nie!

Maar dis my keuses en my waardes. En dis ‘n daaglikse innerlike stryd met myself. Sommige kom maklik, ander effens moeiliker. #letsnotjudge

Waar het ons daaraan gekom?

Soos met soveel dinge in ons lewe – RAAI! Amper reg! Die meeste van ons het hierdie “stel reëls” opgestel, onwetend. Dis nie asof ons eendag gaan sit het en ‘n lysie gemaak het en gesê het: “Aitsa, daai is nou my waardes en so gaan ek nou in die wêreld lewe” nie. 

Hierdie waardes is menige maal geskep uit dinge waarvoor ons “in die skande” gesteek is. Of geleer is deur ‘n gemeenskap of binne die konteks van ‘n familie. As jy tyd het vir ‘n akademiese verslag – gaan loer gerus na Effects of School on the Well-Being of Children and Adolescents

En natuurlik het die grootste PERIODE van dinge om oor skaam en onbelangrik te voel, in daai aardige hoërskooljare gebeur. Daar is ‘n uitdrukking, deur ek weet nie lekker wie nie, maar ek vat hom, want dis donners waar: “ Everyone is either trying to prove or disprove who they were in high school.” #letsnotjudge

#letsnotjudge
#letsnotjudge

Die ware siekte

Ek byvoorbeeld was nou nie eerste in die ry as daar uitnodigings na ‘n garage party uitgedeel is nie, ek was nie die een wat die trompoppies of die eerste span gemaak het nie. Ek het nie soos ‘n vlakhaas gehol nie en verder was ek definitief nie sjampanje nooi materiaal nie. Ek was slim genoeg ja, maar darem nou ook nie dux student nie. So vir ‘n baie lang ruk in my lewe het ek my waarde en ander sin gemeet aan gewildheid, aan ‘n mooi lyf, aan sportiwiteit. Goddank het ek vroegdag na skool al “my mense” raakgeloop en besef ek en net ek kan ‘n moerse sukses van my lewe maak – ek is kreatief, flink van gedagte en ek hou eintlik van oefening. Net onlangs het ek nog aan daai skaal en kalorie stront geglo, but we live and learn. 

Nou moet ek net nog my mond kan snoer oor diegene vir wie hierdie nie lewensbelangrik is nie.

Ek het ook al diesulkes teëgekom wat dalk die groot atleet op skool was en die party gat van formaat. Akademie was nou nie eintlik hulle ding nie. En toe raak dit die belangrikste maatstaf waarteen hulle hulle eie kinders meet. Hulle raak die grootste dryfveer agter hulle kinders se sukses – geen steen word onaangeraak gelaat nie. Want daar is waarde daarin – hulle probeer hulle eie verlede omdraai. Al ooit gehoor ouers leef hulle eie onvoltooide drome deur hulle kinders uit. Die wêreld wemel daarvan en ek luister maar so rondom my – ons almal leef daai droom so dan en wan. #letsnotjudge

En hier is die geheim

Ek is mos maar hier besig om meestal met myself te praat – die geheim lê altyd in selfondersoek en GROEI! Soos Jan se boontjierank moet ons altyd probeer groei na die lig. 

En daai groei het in diè geval te doen met die besef en aanvaarding dat almal verskillende maatstawwe het waaraan hulle hulle eie lewe se waarde meet. Niemand sin is reg of verkeerd nie. 

Dis deel van mens wees – al irriteer ander se slapgatgeit jou grensloos, of hulle ongoddelikheid…dalk moet ons bietjie meer empatie probeer hê en sake uit hulle hoek bestudeer. #letsnotjudge

O hemel mense hierdie is ‘n moeilike saak vir my! ‘n Saak van gebed om die minste te sê!

#letsnotjudge

Want ek nie goed met dwase nie🙈

Laat weet my hoe jou keuses jou geluk beïnvloed by vryheid@wynvlieg.com of los ‘n boodskap op @wynvliegoorit blad op Facebook.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *