Die gedig Do Not Love Half Lovers van Kahlil Gibran is nie net ‘n vermaning vir ons almal om versigtig met ons harte en lewens om te gaan nie, maar dis ook ‘n aanmoediging om voluit daarvoor te gaan. #goforit
Halfpad na die liefde
Do not love half lovers
Do not entertain half friends
Do not indulge in works of the half talented
Do not live half a life and do not die a half death
Hoeveel mense kies liefdesverhoudings wat nie naasteby in hulle behoeftes voorsien nie. Om op te gee en in te gee is amper heldedade, want dalk is jy net nie mooi of slim of sexy genoeg nie? Jare der jare word daar opgeoffer, stil gebly en maar die hoed op die ander se kop gehou – want dis mos wat die Groot boeke of die samelewing verwag – ken jou plek. Maar ons diepste begeertes, van die siel en ini bed word opsy geskuif want ons het ‘n gewoonte daarvan gemaak om HALFPAD LIEFGEHÊ te word.
Die koms van sosiale media het ‘n oppervlakkigheid mee gebring – nou is dit oor hoeveel “likes” en virtuele vriende(waarvan die helfte jou ieg net beloer) jy het. Ons flous onsself en menige maal is daar so ‘n ligte kompetisie aan die gang. Maar waar is daai ware vriende, die wat sal opdaag as die kak spat by jou..letterlik en figuurlik. Wat sal weet wanneer dit tyd is vir ‘n koppie koffie, ‘n goeie stoom afblaas sessie. Wat sal opdaag met ‘n bos blomme want jou dag was net EEN VAN DAAI daeI! Of al val die wiele by hulle self af, nog die krag sal bymekaar skraap om ‘n boodskap vir jou te stuur en na jou welstand te verneem.
So gepraat van sosiale media, ek moet net soms my kop skud in ongeloof. Ek kan net nie glo dat mense nou nog nie uitgewerk het dat sosiale media platforms vir jou NET DIE STRONT sal bly voer wat jy oor en oor like, share en op comment nie. There to serve…hulle bedien vir jou net wat hulle dink jy wil sien. So meng jou met die semels (of in die geval die clickbait) en die varke vreet jou op. As jy heel dag en al dag pluisies snert opsoek, dan gaan jy net nog daarvan gevoer word. Raak nuuskierig mense, aarde die wêreld is gevul met:
London Philharmonic Orchestra The 50 Greatest Pieces of Classical Music – jy het nie nodig om elke dingetjie met ‘n mooierige stem, ryk ouers en wat iemand ken met ‘n opname-ateljee in sy agterplaas se musiek te luister nie. Kry bietjie kultuur. Leer waar dit alles begin het. #goforit.
Seven Wonders Of The Ancient World– leer van die wêreld. Weet iets, net iets wat verder strek as jou agterplaas. #goforit
Syria – leer van die mense wat vlug na ander lande. Hierdie is nie net arm, verwaarloosde mense nie. Hierdie is geleerde mense. Mense soos ek en jy wat ALLES moes agterlaat, wat vreeslike goed gesien en oorleef het. #goforit
Halwe drome is net gedagtes
Moet ook net nooit opgee op jou drome nie. Of net daar in jou agterplaas rondom die braaivleisvuur met ‘n sigaret en ‘n brandewyn en Coke vashaak nie. Wees nuuskierig, kry ‘n doel en gaan uit en maak ‘n verskil! Al maak jy ‘n toebroodjie om vir iemand by die verkeerslig uit te deel, of jy maak die slaggat af in die straat saam met die bure reg. Of begin daai besigheid, brei daai trui(al is daar meer steke wat geval het as wat gebly het!) Doen net iets, droom net, staan op en maak ‘n verskil.
Silence could be golden
If you choose silence, then be silent
When you speak, do so until you are finished
Do not silence yourself to say something
And do not speak to be silent
If you accept, then express it bluntly
Do not mask it
Ek het in ‘n huis grootgeraak waar elkeen ‘n sê gehad het. Daar was nie iets soos ‘n gewilde of ongewilde opinie nie; dus kan ek met groot tevredenheid en in alle eerlikheid sê ek is donners uitgesproke. Boonop het ek natuurlik soos die meeste mense ‘n lelike What Is Cognitive Bias? Maar so het ek ook al darem op hierdie rype ouderdom geleer – daar is ‘n tyd om jou smoel te hou. Meestal natuurlik in jou huwelik, kom jy êrens na die hoeveelste bakleiery, tot die besef jy gaan nie diè een wen nie. So jy byt maar jou gebit stomp. Want jy hoef ook nie altyd reg te wees nie.
Maar daar is ook sekere onderwerpe soos rassisme, arrogansie en net bloot dom astrantgeit wat en ongelukkig nie my mond oor kan hou nie! Wens soms net ek kan die vurigheid hokslaan. #goforit
Half flou verskoning daai
If you refuse then be clear about it
for an ambiguous refusal
is but a weak acceptance
Do not accept half a solution
Altyd so verskonend en verskeie keer lieg ons sommer sonder skroom – dis nou om uit ‘n ding te kom. Hoeveel male dis ons nie so ‘n halwe flou en halwe waar verskoning op as ons iets nie wil doen nie. Wat het geword van, “nee ek wil dit nie doen nie.” Ons probeer so vreeslik ordentlik wees en skuil agter die verskoning dat ons nie ander se gevoelens wil seermaak nie. So ons bied ‘n “jong ek sou so graag wou uithelp, maar ongelukkig is ons tuin muis siek en ek MOET hom inderhaas by die spesialis kry!”
En ek is ook ene wat maklik mense se swak diens oorsien, of ‘n rekening aanvaar wat nie altyd so heeltemal “eerlik” voorkom nie. Net om tog die konfrontasie te vermy. Vir wat?
‘n Halwe waarheid
Do not believe half truths
Do not dream half a dream
Do not fantasize about half hopes
Diè een kan dalk nogal laag en hard slaan – maar hoekom is soveel mense bereid om openlik verneuk te word, en net die halwe waarheid van ‘n verskoning te aanvaar? Hoekom glo ons so maklik mense se half gebakte verskonings of belangstelling. Dis eenvoudig, as jy genoeg belangstel, as dit vir jou belangrik is sal jy opdaag, aandag gee en nie jou manteltjie na die wind draai nie. En dan sal die ontvangers van hierdie “HALWE WAARHEDE” opeindig in ‘n lewe gevul met “GEHALVEERDE HOOP” op goed wat nooit ooit gaan verander nie.
Hoekom gee ons op ‘n sekere ouderdom net op? Op ons drome, ons gesondheid, ons liggame en ons kreatiwiteit. Kyk maar bietjie rond – wanneer het ons ‘n mensdom geraak wat net asemhaal en kla? Sulke “HALWE LEWENS” wat ons lei.
Wie raak versadig van ‘n half van enige iets?
Half a drink will not quench your thirst
Half a meal will not satiate your hunger
Half the way will get you no where
Half an idea will bear you no results
Teen diè tyd weet julle seker al, ek is een van die verligtes. 🤪 Dis nou die gekant-teen-dieet-klub. G’n tellery van kalorieë en brood wat soos die pes vermy word nie. My pa het altyd gesê, alles in die wêreld kan geniet word, dis as daar ‘n tè bykom wat die probleem by die agterdeur inglip. So gooi die skale weg, eet wat jy wil – maar om vadersnaam onthou dis die kwaliteit van wat jy eet wat tel en die TE wat by die agterdeur gelaat moet word. Want ‘n “HALWE” ete eindig gewoonlik in ‘n hele tjoklate, wat skelm in die koskas verorber word.
En as jy iets aanpak – gaan voluit daarvoor. Ons het uitstekend daarin geraak om ons kinders te “red” van harde werk, van vasbyt en volhou. Want die arme bloedjies moet tog net met ‘n goeie selfbeeld aan die anderkant uit kom. As mens iets begin het maak jy hom klaar – en dit geld vir onsself ook. Anders is ons bloot net suurstof diewe! #goforit
Jou beter helfte
Your other half is not the one you love
It is you in another time yet in the same space
It is you when you are not
As mens jonk is, met sterre in die oë, glo mens mos maar daai Hollywood storie van “you complete me.” Ai ek raak skoon naar soos ek hier sit! Twee “HALF GESONDE” mense maak definitief nie een hele een nie.
“Later I hear that we marry our parents. But I say we marry our unfinished business.” Edith Egar.
Jy is half pad al daar
Half a life is a life you didn’t live,
A word you have not said
A smile you postponed
A love you have not had
A friendship you did not know
To reach and not arrive
Work and not work
Attend only to be absent
What makes you a stranger to them closest to you
and they strangers to you
The half is a mere moment of inability
but you are able for you are not half a being
You are a whole that exists
to live a life not half a life
‘n Lewe HALFPAD geleef is nie ‘n lewe geleef nie – so wees wys met jou keuses.
As daar iets is wat net GESÊ moet word, moet nie stilbly nie. Dit mag dalk iemand se lewe verander, verryk of red.
Deel jou glimlagte uit soos sneeuvlokkies in die Alpe. Jy mag dalk iemand se lewe net so ‘n klein bietjie beter maak.
As jy bevoorreg is om mense om jou te hê wat jy kan liefhê. Doen so, wees kwesbaar. Dis ‘n groot geskenk en voorreg.
Reik uit na jou vriende. Mense waardeer dit.
Moenie net geld en status najaag nie. Jaag jou drome.
Vermy vervelige, eentonige en eensydige geselskap soos die pes. Ek beplan gewoonlik my uitkoms of hoe ek een in die oog gaan spoeg.
HALFPAD IS NIE DIE HEEL PAD NIE
Wees jy, leef die lewe. Gaan VOLUIT.
Skryf vir my by vryheid@wynvlieg.com of los ‘n boodskap op @wynvliegoorit blad op Facebook.
Jy slaan die spyker heeltemal op die kop.
En hoeveel tyd mors ons nie so nie nè!