Die hoeveelheid erns, navorsing en beplanning wat aan die dag gelê word om die geskikte skool vir ons kinders te kies – van die klein voorskooltjie tot daai eksklusiewe hoërskool waaroor ons kan brêg, is verbysterend.
Alles word in ag geneem – die akademiese of sport prestasies, die kultuur en grote van klasse. Ons soek net die beste vir ons bloedjies. Dis natuurlik nou die van ons wat so bevoorreg is om keuses te kan uitoefen en nie net dankbaar moet wees dat jou kind wel ‘n plek in ‘n skool het nie. #schoolisout
Maar hoe ‘n groot voorreg is dit werklik? Want buiten vir alles waarvoor ‘n skool staan, is daar nie ander goed wat dalk ook belangrik is nie? Die gepronk oor prestasies in die nasionale koerante is ‘n duidelike bewys dat skole maar almal hulle beuls moet blaas om daai privaat geld te laat inrol.
Maar daar is ‘n paar ander dinge wat ons ook daar leer. En dit het niks te doen met ons akademies ontwikkeling of sport talente wat geslyp word nie. #schoolisout
Ons leer ‘n paar lesse oor onsself. 3 Things School Taught You Without You Even Realizing It.
Grootword en groei
Ons kinderjare en veral daardie netelige tienerjare is wanneer ons ons plek in die wêreld begin ontdek. Waar ons inpas, hoe ons met ander wil omgaan en wat ons tot hierdie wêreld wil bydra. Dis die tydperk wat ons leer wat dit is om suksesvol te wees, en ook hoe om daar uit te kom.
Dis ‘n tyd wat ons ons waardes begin ontdek en ons identiteite vorm.
So skool is nie net ‘n plek waar ons leer lees en skryf en ontdek hoe ons breine en IK daarna uitsien nie, dis ‘n plek waar ons leer WIE en WAT ons is – sonder dat ons dit eers agterkom.
Skole is prestasie gedrewe
Die ding wat jy van dag een af sommer vinnig leer is dat jou waarde gemeet word aan prestasie. Dink maar, elke toets, elke wedloop, elke lees groepie gaan daaroor om die koring van die kaf te skei.
Doen goed en jy word beloon, geprys. Doen sleg en jy gaan vir ekstra klasse, jy doen meer. En ja dit maak vir ‘n werksmag wat dalk ongelooflik geskool en effektief kan wees, maar maak dit regtig vir gelukkige mense?
Kyk bietjie rond, ons het ‘n samelewing geword wat eerder sal voorgee hulle is gelukkig as om regtig die werk te doen om gelukkig te wees. Loer net na Instagram of die groot geneigdheid om foto’s onophoudelik op sosiale media te plak. Lank gelede het ons foto’s ontwikkel en hulle in ons huise dalk geraamd teen ‘n muur gesit. Nou is daar daagliks foto’s op sosiale media blaaie…want ons moet almal gelukkig en suksesvol lyk.
Verskeie kere tydens sy skool loopbaan, het ek uit my telg se mond gehoor: “Wat is die punt hiervan, hoekom moet ek die goed leer. Ek gaan dit nooit gebruik nie.” My liewe, liewe kind dit gaan nie oor die wat nie, dit gaan oor die hoekom. Jy moet leer in die lewe is alles nie altyd maanskyn en rose nie, ons moet ook ontdek en dan die goeie behou en van die slegte ontslae raak.
As al wat ons geleer word is dat prestasie ander mense gelukkig hou, dan is ons besig om die pad byster te raak.
En die teendeel is ook waar – ons moet versigtig wees om ‘n generasie groot te maak wat glo mens moet vir elke liewe ding geprys raak. Of dat daar nie wenners en verloorders in hierdie stryd is nie. Want daar is – maar dis baie belangriker om te leer waar jy ‘n wenner kan wees en daarop te fokus. Al daai balkies op ‘n skool baadjie gaan jou nie vêr kry as die noodlot slaan nie. En dan kom die wiele af. #schoolisout
Skaam jou
Gaan skool toe, faal en leer hoe dit voel om jou kop in skaamte te laat sak. Ek is seker as julle nou summier moet terugdink aan daai oomblik wanneer ‘n toets uitgedeel word. Hoe ‘n mens so skalks loer na almal anders se punte en soos die wêreld se grootste flater voel as joune nie so wonderlik lyk nie. Ek wed jou jy kry nou nog so ‘n gevoel van nutteloosheid oor jou. As jy nie gekies word vir ‘n sport span of die trompoppies of die redenaars span nie – maak nie saak wat dit is nie, van vroegdag af leer jy – AS JY NIE GEKIES WORD nie, is jy nutteloos. En die skaamte pak jou.
Die goeie nuus vir die wat dit nie altyd so maklik op skool gehad het nie, spel Malcolm Gladwell goed uit in sy boek David and Goliath. Want mense wat gewoond was aan verloor of nutteloos voel, ontwikkel baie keer die vermoë om nie teleurstelling te vrees nie en is dus meer geneig om risiko’s te neem. Kyk maar vir mense soos Success Story: Jamie Oliver – iemand wat nie gek was oor skool nie, wat deur moes struikel – ‘n reuse sukses, want hy het geleer om sy eie weg te baan. En dat sukses nie gemeet word aan jou vermoë om te lees en skryf nie.
Dis jammer dat ons mense leer om te struikel of te faal maak jou minder werd. Dis jammer dat sommige mense nie die Vol 61: Veerkragtigheid of die geestelike taaiheid het om daaruit te groei en ‘n ander rigting in te slaan nie. Dalk bly hulle op hierdie mallemeule van “nie-goed-genoeg” nie, het net nooit die geleentheid gekry om uit hulle foute te leer nie. Dalk was hulle so besig met opgee, want tweede beste was nie goed genoeg nie. #schoolisout
Ons raak afhanklik van gesag
Ek is een van daardie mense wat floreer binne gesag. Dit kan moontlik wees omdat ek van ses jarige ouderdom in ‘n koshuis was. Ek is van vroegdag af Institutionalization en dus geleer om in te pas werk beter as om anders te probeer wees. Die makliker pad.
En skool leer dit jou ook, as jy inpas, ‘n goeie leerder is en doen wat vir jou gesê word – loop dinge klopdisselboom. Geen detensie nie, geen skorsings nie en jy word beloon met allerhande leierskap posisies. #schoolisout
Dit het my goed te staan gekom in die korporatiewe lewe ook. Volg die reëls, doen jou werk, gee meer tyd as wat jy voor betaal raak en jy vorder mooi. (Nou oordryf ek natuurlik erg, daar is darem ander dinge soos talent en die vaardighede by die saak ook betrokke.) Maar die waarheid is, ek was so goed met gesag dat dit my veilig laat voel het.
En toe ek my eie besigheid moes begin was ek so ‘n ou bangbroek! As dit nie vir my man was, wat sommer vir risiko in die gesig lag nie, sou ek dalk nooit die stap gewaag het nie. En wat leer ek toe aan die ander kant – ek is ondernemend, ek is vindingryk, ek het waarde.
Natuurlik is gesag nodig, natuurlik is daar reëls in die samelewing wat ons moet navolg, anders gaan die plek in chaos ontaard.
En om vadersnaam moet nie net “anders” probeer wees omdat dit jou so koel soos ‘n komkommer laat voel nie. Kies watter gesag jy jou aan wil onderwerp, wees seker van jou saak. Maar moet nie so afhanklik raak dat jy jouself verloor en al jou talente onder die maatemmer los nie. Want as jy jou permanent aan gesag onderwerp, is dit natuurlik ook ‘n heerlike skuilplek om nie verantwoordelikheid vir jou eie lewe te vat nie. En dan skop die slagoffer mentaliteit lelik en vinnig in!
Per slot van sake
As ons meer aandag gee aan die hoekoms van die lesse wat ons leer in die lewe, sal die wat dalk meer sin begin maak.
En dalk, net dalk kan ons ophou om na te jaag dit wat ons NIE is nie en met ope arms die geleenthede verwelkom vir die dinge waarin ons regtig goed is en wat ons uiters gelukkig gaan maak.
So wat het jy geleer op skool? Stuur vir my jou storie na vryheid@wynvlieg.com of los ‘n boodskap op @wynvliegoorit blad op Facebook.