Wynvlieg Vol 89 Cover

Vol 89: Die paradokse van die lewe

Die lewe is een groot ou vet cliché! Van die Hallmark kaarte van die verlede, tot als wat jy nou op Pinterest bymekaar kan maak en op jou sosiale blaaie kan gaan uitstal. Soms wonder ek of ons regtig die goed glo?

Maar die lewe is meer as net ‘n cliché – die lewe is een groot paradoks. Vele van die goed wat ons dink vir ons goed is, is eintlik soos in glad nie goed vir ons nie. Of dit wat ons soos die pes vermy, vereis soms dat ons net ons oë moet toemaak en spring. #lifecanonlybeunderstoodbackwards

Wat is ‘n paradoks nou weer? 

Te lanklaas op die skoolbanke gewees🤣of dalk was jou talent in die wiskunde en wetenskappe! 

Volgens PARADOKS is die definisie van ‘n paradoks die volgende:

Paradoks (Gr.: paradoxapara: naas + doxa: opinie) is ‘n uitspraak wat aanvanklik lyk of dit ‘n teenstrydigheid bevat, maar by nader beskouing tog onverwags betekenisvol en waar is. 

As jy ‘n stoïes is sou jy lankal besef het, die lewe is een groot paradoks en om die beste uit die lewe te kry, moet jy hulle kan herken en die brander al die pad tot op die strand ry.

Kom ons takel ‘n paar van hulle…ek is seker as ons eers aan die gang kom, gaan ons nie sommer kan stop nie! #life can only be understood backwards


Paradoks nommer 1

Hoe harder jy probeer om mense te beïndruk, in ‘n soeke na aanvaarding, hoe groter is die kans dat hulle jou nie gaan waardeer nie.

Al ooit agtergekom hoe jy  jou allerbeste probeer om gaaf en aangenaam te wees. Jy gaan uit jou pad om almal gelukkig te hou…en hoe meer jy dit doen, hoe meer word jy soos ‘n deur matjie behandel? (Ja, natuurlik, natuurlik is dit nie die geval altyd nie

Op ‘n dieperliggende sielkundige vlak hou die mens daarvan om ‘n bietjie “konflik” te hê. Daar is altyd hierdie sub teks in enige iets wat ons sê  – dit gaan nie oor WAT ons sê nie, maar HOEKOM ons dit sê. 

#lifecanonlybeunderstoodbackwards

Wie hou nou eintlik van ‘n ja broer? Behalwe natuurlik as jy sommer net glad nie lekker in die kop is nie.  Die meeste normale mense hou van opregte mense, die wat hulle ware ek blootlê, wat  grense stel ~ want dit burger vertroue in. Of hulle nou van jou opinie hou aldan nie, dit bring respek vir die persoon wat jy is.

Probeer dit gerus met jou anderhelfte, sou die weer ‘n hele liewe Saterdag sport op die TV wou kyk of vergryp aan ‘n reeks op Netflix en dit terwyl jy eintlik êrens romanties wou gaan verkeer, langs ‘n stroompie of so. Of as daai tiener vir die duisendste maal jou soos ‘n kelner/kok/skoonmaker-kombinasie hanteer – grense, grense. Konflik is goed.

En dan wonder ek soms hoekom is mense so hoogheilig voor hulle kinders, vloek mos nie voor die kroos nie. As jou taal gepeper is in die alledaagse lewe, vir wat dan so skynheilig wees en voor die bloedjies voorgee jy is iemand anders? Hulle het jou DNS, hulle het ore en is baie beter met die sub teks as grootmense. 

Paradoks nommer 2

Hoe meer jy faal, hoe meer suksesvol sal jy wees. 

#lifecanonlybeunderstoodbackwards

Dis eintlik so voor die hand liggend, want hoe leer mens nou eintlik? Deur goed op te mors natuurlik en sodoende probeer jy oor-en-oor tot jy dit hopelik regkry. Probeer bly mos maar die beste geweer.

Al ooit gehoor dat die Japanese goed is in wiskunde? Wel, beliefs about genetic influences on mathematics achievement: a cross-cultural comparison wil voorstel dis nie oor een of ander genetiese voordeel wat die hulle het nie, maar bloot hulle filosofie dat harde werk en deursettingsvermoë belangriker as genetika is. Seker van daar wat die geniale klein klavierspelertjies of violiste ook vandaan kom.

So met ander woorde, ons kan maar onsself toestemming gee om soms te faal. Faal is goed, solank jy net weer en weer daardie perd opsaal en ry. En sal ons maar nie praat van ouers wat sommer vir Sannie of Jannie intree, sodat hulle tog nie ‘n fout hoef te maak en die gevolge (en lesse daaruit) op hulle kleine ou skouertjies hoef te dra nie?

Paradoks nommer 3

Hoe groter die vrees, hoe vinniger moet jy oë toeknyp en spring.

Dit beteken nou nie jy moet aan allerhande ekstreme sportsoorte begin deelneem of vreemde goggas eet nie. Nee daai goed is soms net geldmaak en sleg pronk goeters. Maar as dit jou wekkertjie beter laat aandraai – go for it!

Ek praat van daardie groot, bangmaak goed in jou lewe. Soos om uit ‘n verhouding te stap wat glad nie werk nie, of om jou werk met die groot salaris(of die kleintjie, maar ten minste is dit gereeld) te los en jou eie ding te begin. Of om vir jou nare, inmengerige skoonma te sê sy kan na die maan vlieg op haar besem of êrens anders heen.

Of hier’s ‘n lekker een – om jou voggies op te gee, of jou lewenstyl te verander. Jy weet daai groot bangmaak idee dat jy nooit weer vreugde uit die lewe sal put as jy net aan groen blare en water kan teug nie(dis uit die aard van die saak VREESLIK oordryf.) Maar dis ‘n keuse wat mens soms in jou beste onderbroekie wil laat poep, want wat as alles verander? 

Maar hoe groter die vrees vir verandering ~ veral as daai stemmetjie in jou kop hard en duidelik vir jou laat verstaan dis beter vir jou ~ hoe brawer moet ons wees. 

Paradoks nommer 4

Hoe meer jy ‘n persoonlikheidseienskap in iemand anders verag, hoe groter is die kans jy probeer daardie einste een in jouself vermy. 

#lifecanonlybeunderstoodbackwards

O gonnatjie Piet Verdriet, nou nie juis een wat ek graag wil erken nie 🙈. Carl Jung, noem dit die Shadow (psychology). Dis daardie deel van jou wat jy maar eerder in die skadu’s sal laat rondhang, want dis gewoonlik nie ‘n eienskap waarop jy trots is nie. Wat ook al die rede.

Ek het byvoorbeeld ‘n ding teen lui mense ~ nie noodwendig omdat ek lui is van aard nie, maar dis in my mooi ingeprent dat lui mense nêrens in die lewe gaan kom nie. En toe vat ek hom so ‘n stukkie verder – ek veroordeel hulle gou as suurstof diewe. Dus, verag ek so ‘n eienskap, want ek is seker aan die eenkant bang ek gaan nie as waardevol vir die nasie en wêreld gesien word as ek op my rug lê nie!

En dan die drama ding – julle ken mos daai mense wat alles oor dramatiseer. Wel ek het ‘n kleintjie daaraan dood. Seker maar oor ek nie die kollig wil deel nie🤪🤣!

#lifecanonlybeunderstoodbackwards

So is daar weer ander wat altyd ingedoen voel, asof hulle nie gerespekteer word nie. Uhummmm, dalk is dit omdat hulle nie altyd so briljant met die respek uitdeel is nie. 

So kyk maar goed in die spieël! (Ek het ‘n doek oor myne gegooi🤭!) En vat eienaarskap. 

Paradoks nommer 5

Hoe groter jou sirkel, hoe kleiner jou invloed. 

In vandag se dae 111+ Google Statistics and Facts That Reveal Everything About the Tech Giant met 5.4 biljoen Google onderwerpe wat opgesoek word jaarliks ~ ongeveer 227 miljoen per uur en met Facebook wat ongeveer 2.89 biljoen aktiewe maandeliks gebruikers het, het die wêreld ‘n klein en groter plek geword. 

Dis nou ongelooflik maklik om jou opinie met miljoene mense te deel, om enige onderwerp onder die son na te slaan(en mag ek byvoeg, nie op Google Scholar nie.) Maar die paradoks is, watter verskil kan jy regtig maak. Jy as net een klein ou sieletjie uit biljoene mense? Jou ou stemmetjie tel vir net mooi mier piepie! 

Kom ons vat nou maar die Covid-19 inenting kabaal. Goeie hemel, party van die kommentaar op Facebook laat my diep-diep wonder oor die % ondertrouery in die land. Ek weet darem nie so mooi waar ons ewe skielik al hierdie waarsêers en profete vandaan gekry het nie. 

En almal wat so gal braak oor die patetiese regering of dalk selfs net die gemeente se werksaamhede ~ my vraag bly altyd, WAT HET JY DAARAAN gedoen? Hoe bring jy verandering mee?

Paradoks nommer 6

As jy nie gelukkig binne jouself is nie, gaan jy nie daai geluk in die arms van iemand anders vind nie.

Want as jy nie heel is nie, dat kan jy maar verwag jy gaan soos Humpty Dumpy ‘n groot val erns moet trotseer. Sleep mens al daai onopgeloste trauma saam in ‘n verhouding(jy weet die tipe wat ONS ALMAL HET!!) 

En dit gaan nie hier oor so onafhanklik en hardekwas wees dat jy niemand nodig het nie. Nee daai is ook ‘n trauma wat ‘n gat so groot soos Kimberley sin laat, maar as jy ‘n verhouding wil hê wat werk, dan moet jy al jou vreemdgeit en jou eie dinge so eerlik as moontlik aan die wêreld blootlê.

En dan wil ek ook net sê ~ as ‘n kenner op die gebied 🤪, daar is iets baie moois daaraan om deur iets te werk, stil te sit, dit te ervaar en aanvaar. So ook met verhoudings. Want dit bring groei, dit bring mee gedeelte ervarings. Daar is ‘n soort oorwinning om soms vas te byt, om deur goed te werk. Dit bring ‘n soort aanvaarding, gemak en diepte van liefde wat net die aanhou bring. 

Vervolgverhaal

Later die week gaan ons voort met nog ‘n paar paradokse van die lewe. Wat van julle stuur ook vir my ‘n paar?#lifecanonlybeunderstoodbackwards

Skryf off vir my by  vryheid@wynvlieg.com of post hier op die blad. 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *