Die week se skrywe is nie tot in die dieptes van die dieptes nagevors nie.
Ek is bloot te moeg. En boonop as jy regtig wil verstaan, is daar meer as genoeg vir jou om te gaan oplees oor die onderwerp. Jy het my nie nodig om dit vir jou uit te spel nie.
Die week het my emosies wipplank gery tussen bekommernis, hartseer, ongelooflike woede, verbasing en plein weg net verstomming oor my naaste. In al sy ongenaakbaarheid het dit vir my weer-en-weer kom bewys, hoe ons baie keer ander net deur ons eie lens kan sien. Ons faal “spectacularly” om die mens wat voor ons staan REGTIG RAAK TE SIEN!
Die week was gekenmerk deur What Is Depression?
#depressionisarealthing
Nie my eie nie, want gelukkig het daardie geen my mos gemis. Maar die geen loop in my bloed. Dit lê mense naby aan my lam, so lam en beangs dat niks, maar niks meer sin maak nie. Ek voel dit aan my vlees.
So ja, mens kan seker verstaan dat ‘n erge episode en besoek van die swart hond, veral by mense so na aan jou, jou magteloos en moedeloos kan laat. Dat dit jou laat voel of jy hulle kan vasdruk en die aaklige, nimmereindigende pyn en vrees uit hulle kan druk met jou liefde en jou krag. Of jy alles net kan stil maak. #depressionisarealthing
Maar so bevind ek my hierdie week meer magteloos kwaad as enige iets anders.
Nou hoe so?
Sug, ja…want ongeag al ons toegang tot inligting, ongeag al ons geld en mediese fondse en mooi woorde en preke en stories in tydskrifte….kleef daar wragtag nogsteeds ‘n stigma aan hierdie siekte.
Ek sit daar by iemand wat so oneindig bang is, wat met ongekende vrees soos ‘n klein kindjie na jou staar en vra…”wanneer gaan dit dan beter word?” Wat so sielsmoeg is, so swak soos ‘n kuiken en net wens die lewe kan verruil word vir iets beter, rustiger, mooier en sonder hierdie ongenaakbare baklei. En ek wonder – waar is julle almal? Broeders en susters van hierdie mens?
Want sien, die samelewing praat nie graag oor hierdie siekte nie. Nee daar word eerder agter bakhande gefluister, ons vermy die mense soos die “pes,” want wat sê mens tog vir hulle? Niemand mag tog uitvind hulle “cope” nie.” O wee nee, want dan is hierdie perfekte prentjie mos in sy moer. Alles is net ok, dis fine….en ek wil skree…DIT IS NIE FOKKEN FINE NIE!
Ek sit daar en wonder, waar is al die vriende? Waar is al die mense wat so graag die joligheid mee maak, wat met ‘n fisiese besering of siekte nou al die drumpel sou deurtrap? Waar is die hand vas hou en die gerusstelling. Die plan maak om te help. Ek dog daar staan êrens dat ons moet intree vir die wat nie kan nie? #depressionisarealthing
Dalk is dit onkunde?
My magtelose kwaadgeit wil my nie graag die ander kant laat sien nie. Maar ek roem myself mos daarop, so kom ons gee maar bes.
Dalk weet mense nie, dalk is hulle so bang dat hulle die verkeerde ding gaan sê of doen…of dalk dat hulle nie sal kan red nie.
Ek lees hierdie deur Viola Davis vandag….
Ek word êrens die week gevra: “wat moet ek sê of doen as ek wil uitreik na iemand met depressie?” Wel wat sou jy doen met iemand wat so pas ‘n beroerte gehad het, of wat hulle been gebreek het of ‘n heup vervang het?
Jy sou gaan en daar wees, kos aandra, dalk hulle hare vir hulle gaan was het, of sommer net hulle hand vas gehou het. Jy sou hulle wou vertroos, beter laat voel.
Want weet jy wat jou wegbly, stilbly, “moet tog vir niemand sê nie” doen? Dit laat hierdie verlate persoon voel of hulle ‘n oorlas is, of hulle die wêreld se grootste fout en swakkeling is. Vra jouself af – sou jy dit gedoen het met iemand wat ‘n fisiese besering of ‘n siekte van die liggaam gehad het? En net vir ingeval julle gewonder het, die brein is nie hierdie ongeïdentifiseerde voorwerp in ons liggaam nie ~ dis ‘n ORGAAN!! Nes die ander wat oppak, kan ‘n mens se brein ook oppak. Maar nee, ons is mos ‘n nasie wat cope! En die wat “cope” weet ek nie, maar daar is glo ‘n spesiale plek vir hulle êrens in die heelal. Pryse te wen daar! Sterkte vir julle hoor! Wonder wat julle by die poorte gaan sê…at least I coped?
So wat moet mens dan doen?
Raak bekend met die onderwerp, vra uit! Dis soos om mense van ander kulture te probeer verstaan. Jy hoef nie ‘n sielkundige te wees om net te probeer verstaan nie. Noem die ding by sy naam….goeie nuus is dis nie aansteeklik nie!
Want om deernisvol te wees met iemand en om veral iemand met depressie of ‘n angssteurnis by te staan, moet jy empatie kan hé.
En dit beteken NIE om hulle te vermy en te maak of dit nie bestaan nie. Glo my vry, hierdie siekte is vir hulle baie, baie werklik. As jy vra hoe dit gaan, moet jy bereid wees om te luister. As jy nou ongemaklik voel, is dit maar jou probleem.
What People Think Empathy Is, maak soveel sin.
Jy hoef nie vir hulle jammer te voel nie, dit help soos ‘n net mooi niks! Hier is ‘n paar handige wenke:
- Probeer tussen die lyne te lees. Sien die emosie en gee dit ‘n naam. Want as jy dit ‘n naam gee, voel daardie persoon of hulle saak maak.
- Probeer jou indink hoe ongelooflik verlore, veroordeel en alleen so ‘n persoon moet voel.
- Stel jou voor hoe dit moet wees om nie van jou grootste vrese te ontsnap nie. Ons almal het al in die middel van die nag wakker gelê en rondrol omdat iets soos ‘n berg voor ons gelê het. Wel sit daai gevoel op steroïde, met geen vooruitsig van beterskap nie.
- Probeer verstaan. Moet nie probeer raad gee of sê dit is nie so erg nie. Fokus op die hier en nou. Verseker hulle daar is ‘n plan te maak en jy is daar om te help.
- Nou is nie die tyd vir jou berading wat jy êrens op ‘n kerkkamp geleer het nie. Jy is daar om ondersteuning te bied.
Basuin dit uit!
Die Wêreld Gesondheidsorganisasie reken dat ongeveer 350 miljoen mense wêreldwyd aan depressie lei. 10 Famous People With Depression noem dat meer as 50% van Amerikaners nooit hulp gaan soek vir hulle depressie nie.
Soveel mense wat nooit hulle volle potensiaal kan bereik nie. Soveel mense wat nie medikasie wil gebruik nie, want die samelewing dink dis ‘n teken van swakheid. Soveel talent wat vermors word.
- Isaac Newton het te midde van maniese episodes van die wêreld se grootste wetenskap ontdekkings gemaak.
- Abraham Lincoln was nie net bekend vir die bevryding van die slawe nie, nee hy het aan erge depressie gelei.
- J.K. Rowling is baie openlik oor haar pad met depressie en dat sy ‘n groot voorstander van behandeling is.
- Selfs krag apie, Mike Tyson mag dalk sterk voorkom, maar selfs hy was lamgelê deur depressie.
As iemand na aan jou op hierdie oomblik lei en jy voel magteloos en moedeloos omdat dinge nie wil “verbeter” nie. Onthou altyd, ons moet aanvaar dat dit die nare realiteit in die nou en hier is. As ons met warmte en deernis nader, en regtig wil help…dan kan dit genesing begin.
#depressionisarealthing
Laat ons almal waardig laat voel. Laat ons seker maak niemand voel so alleen of verlate terwyl ons aan diens is nie. #depressionisarealthing
As jy vandag sukkel of alleen is, reik uit asb. Skryf aan my vryheid@wynvlieg.com. Of los ‘n boodskap op www.wynvlieg.com. Daar is altyd, altyd ‘n lig aan die einde van die tonnel.
Dankie dat jy so ongelooflik hierdie “Swart hond” verduidelik! Mense Is maar simpel goed en al hoe minder gee om!!!
Ek probeer, ek probeer. As net een mens se perspektief kan verander, dan is ek bly.
Ai ek verstaan jou so goed….. daai magteloosheid, die “ek-wens-ek-kan-help-maar-hoe-gevoel. Iemand wat jy lief het is in daai diep donker gat en álles in jou wil jou geliefde help! Positief bly is só moeilik vir jou as bystaander. Dink met liefde en deernis aan julle.
Dankie jy! Seker jy het nou al die res van die verhaal ook gehoor en hoe die tjie-tjie-tjies begin rondvlieg uit die skoongeledere en die gebedskring. So nou trek ek moerig…
Daardie woordjies, jy is genoeg, is baie treffend. Iemand met depressie voel juis so ontoereikend vir die lewe. Dankie vir jou skrywe, hoop mense se oë gaan oop en sien depressie in die regte lig.
Ek hoop ook regtig so Hannelie. Dalk het ek darem so een of twee mense se perspektief verander. Mense moet goed by die naam noem, dan sal ons almal minder sukkel!