Wynvlieg Vol 115

Vol 115: Die band wat ons het

Die jaar staan einde se kant toe en die vreugde en uitsien begin opbou. Dis ‘n tyd van families wat bymekaar kom, vriende wat inval vir ‘n lekker lang uitgerekte braai. Ons loop die kamp vriende weer raak en die kinders, met of sonder kleinkinders is almal oppad. #atimetoconnect

Maar ondanks die vreugde vlammetjies wat begin brand, is die meeste van ons, na twee jaar van hierdie nare virus, ook effens dun geskuur. Soos die  End of year burnout: how to spot it and take action sê, die ekstra stres van ‘n lewe binne ‘n pandemie maak werk, die tuis skool gee vir sommige en natuurlik ook die gewone einde van die jaar goeters…maak dat ons nie juis so sterk staan soos ons moet nie. 

Ek weet nie van julle nie, maar ondanks goeie familie verhoudinge en die genot van samesyn, bring hierdie gekuier ook ‘n mate van stres soos min ander dinge. Ek vermoed ook in baie gevalle, kners meer mense op hulle tande om net die mees ordentlike weergawe van hulle self voor te sit, as wat hulle bereid is om te erken.

So hoekom sit ons onsself hierdeur? Hoekom nie eerder op ‘n afgeleë plek met ‘n boek en ‘n dop gaan sit vir die hele vakansie nie. Die sterre dophou en net rus en nog rus nie? Wat dryf ons so? #atimetoconnect

Ons het ‘n kudde nodig

Selfs ek wat van elke podium af verkondig, dat ek nie ‘n kudde dier is nie. Selfs ek, besef The importance of human connection ~ ons leef in ‘n wêreld wat so afgesluit is van mekaar. En dan is daar nog diegene, soos ek, wat effe kieskeurig is met wie hulle heul. Mnr G, die aard na my oorlede ma, is ‘n ander kalant. Kom daar iemand verby wat hy moontlik meer as 40 jaar gelede ‘n skoolbank mee gedeel het, sal hy daai man trompop loop en ‘n geselsie aanknoop. Ek aan die anderkant, moet bieg, sal menige maal my kop in ‘n ander rigting draai en maak of ek die persoon nie gesien het nie. 🤭 Ek blameer dit alles op die introverte gedeelte van my geaardheid. “Introvert” vs. “Extrovert” sal jou meer hieroor kan vertel. Klassifiseer jouself vroegdag, dan kan jy vele verskonings uitdink om die groot skares te vermy! 

Wie ken nie A Guide to the 5 Levels of Maslow’s Hierarchy of Needs nie? Wel kyk hieronder as jy nog nooit daarvan gehoor nie, want ons behoefte om ‘n verbintenis met ander te vorm, lê net daar duskant ons behoefte om te oorleef. En dalk het ons soms ‘n diepe konneksie met iemand anders nodig om wel hierdie lewe te kan oorleef! #atimetoconnect


#atimetoconnect

Kersfees kom, Kersfees kom!

Ek dink toe nou maar net, hierdie feestyd is ‘n tyd van verbintenisse, van weer voorraad opname maak. Van kyk waar ons met ander mense en veral die naaste aan ons staan. Want die Here hoor my, ek is nou moeg van nie my familie sien nie. Van op rooi lyste wees, van spontaniteit inboet, van in ons eie huise van glas bly. #atimetoconnect

Maar wat beteken dit nou eintlik om ‘n konneksie met iemand te hê? Want bloed mag weliswaar dikker as water wees, maar hoekom mens se bloed ook ander DNS moet bysleep, weet niemand nie😜. Glo vir liefde, maar ek sweer dis eerder die voortplanting instink wat inskop! Maar ek het ook al families gade geslaan waar mense uit dieselfde moederskoot en huis, regtig NIKS het om vir mekaar te sê nie. 

Aan die ander kant kan ‘n vreemdeling jou pad kruis en jy WEET net, dié is my tipe mens. Daar is ‘n konneksie hier. Sonder woorde, sonder probeer…vloei alles net lekker. 

Maar dis nie hierdie magiese ding wat soos ‘n droom of sprokie net gebeur nie. Nee dit verg ‘n openlikheid, ‘n beskikbaarheid aan beide kante. En ‘n goeie skeut empatie ~Sympathy and Empathy – Do You Really Know the Difference ~ en Compassion. ‘n Mens moet GEMOITVEERD wees om daardie konneksies te maak. Nou dink ek so hier by my selwers, hoeveel maal tree ons in gesprek of gaan na ‘n bymekaarkoms met vooropgestelde idees van mense? Hoeveel maal staan ons vooroordeel in die pad van ons vermoë om openlik en beskikbaar te wees vir ‘n ware, egte konneksie met iemand. En dit sluit jou eie familie in!

So kom ons probeer hierdie feesseisoen tegemoet gaan met die doel om eerstens ‘n paar dieper gesprekke as die doopsous of die wyn in die hand te hê. Een waar ons ‘n slag bietjie praat oor dié dinge wat vir ons die lewe belangrik maak en dan sommer in ruil ook regtig na die ander persoon te luister. #atimetoconnect

Wat van ons help iemand uit die goedheid van ons hart? Ha-ha, traai daai een wanneer jou huis oorloop van die mense en jy wens hulle wil almal oppak en weer huiswaarts keer. Dit gaan ‘n uitdaging wees, maar kom ons probeer in elk geval! Wat van elke dag diepe dankbaarheid teenoor iemand betoon, en ook dankbaarheid met ope arms ontvang? En mag ons saam lag, uit ons magere net lag! 

Kom ons kyk hoeveel vreemdelinge ons kan oorrompel met ons glimlagte ~ so glimlag dat ons oë die werk doen. Want gemasker is ons wel, maar ‘n goeie glimlag strek tot in die siel. Jy sal verbaas wees hoeveel vreemdelinge glimlag terug. Daardie is ‘n konneksie met ‘n ander mens. 

Hoe weet ek, ek is nou gekoppel?

As jy so bietjie sukkel om uit te werk of jy net bloot probeer geselskap maak, iets probeer forseer, of eintlik regtig al die voordele van ware verbintenis met mense ervaar. Soek nie verder nie! Ek sal jou vertel hoe dit lyk!

Jy sal werklik in die oomblik leef. Nikse gewonder oor die verlede of kommer oor die toekoms nie. Al die The Benefits of Living in the Moment sal tot jou beskikking wees. Die lof van in die oomblik leef, word wyd besing. Navorsing het bewys dat ons gelukkiger, meer optimisties, minder terneergedruk en sommer net oor die algemeen meer tevrede sal wees as ons in die oomblik kan leef. En dit geld natuurlik vir ons verhoudings ook. As ons in die oomblik kan leef, dan neem ek aan, sal ons verbintenisse ook so uitdraai! #atimetoconnect

As jy ‘n honderd persent jouself kan wees in enige situasie. Nie skuil agter een van die The Masks We Wear nie, maar net sommer opreg kan wees. Nou ja, dié een vermoed ek is waarna ons almal streef, maar selde vind. Dis seker maar waar die hele idee van soul mate vandaan kom. Why the Myth of the Soul Mate Is Still Holding Us Back is dit eens, die goed is so skaars soos hoendertande. As jy nie in die Paashaas of Kersvader glo nie, dan weet jy seker ook, dat die meeste konneksies by eerlikheid begin en nie ‘n fantasie is nie. Probeer maar net. 

Natuurlik is eerlikheid net moontlik as daar vertroue is. As jy al jou bagasie, jou mooi en lelik, jou kommer en opwinding met iemand kan deel. Ai ek het so ‘n vriendin, alles is altyd veilig by haar. Alles is altyd deel van haar. Ons deel mekaar se vreugdes, kan ons diepste bekommernis en seer ook kom blootlê en dis net ok. Sy is my….sister from another mister. 

Die grootste vyand van enige openlike, eerlike verhouding en ware konneksie bly woede, oordeel en kritiek. Dis soos groot skans mure, dit sal soos die Dooie See toemaak en ons verdrink. Want enige ware konneksie met iemand anders, is gewoonlik deernisvol en vriendelik. Dis vol lag en sagtheid. #atimetoconnect

Oppas vir wolf

Soos ou Rooikappie moet mens nie vir ou wolfie as die vriendelike ouma aansien nie. Want sien sogenaamde “konneksies” kan ook maar ‘n valse storie wees. Of ons draai onsself ‘n rat voor die oë.

Wees dus op die uitkyk vir ….

~ As jy die sosiale nar is, of die intellektuele professor probeer naboots, of dalk elke argument moet wen om getel te word. Dan is jy nie besig om ware konneksies te bou nie, jy is besig om aan jou vertonerigheid te werk. 

~ As jul net ‘n skinder groepie vorm, met julle enigste gedeelte belangstelling om ander te bespreek, dan deel julle net ‘n ellende. 

~ Daar is mos die gesegde daarbuite, dat mens nie iemand moet vertrou wat nie drink nie. Nou ja ek is nou jammer om daardie sulkes se borrel te bars, maar as julle net met ‘n glas in die hand en wasige oë ‘n konneksie kan vorm. Dan is die verbintenis met etanol en nie met mense nie.

~ Gedeelte ervaring is ongelukkig ook nie ware konneksie nie. Vra maar die mense wat na 30 jaar se huwelik skei, of broers en susters wat nie met mekaar praat nie. Gedeelde ervarings maak mens nie bloedbroers of susters nie. 

Sukkel jy?

Ek moet erken, ek laaik mense. Ek kry my energie van mense en daar is BAIE mense in die wêreld met wie ek ‘n ware konneksie het. Dis soms ironies genoeg die mense die naaste aan my, of die wat in my binne sirkel ingegooi is, wat ek mee sukkel. 

Kopkrap het dit gekos, maar die antwoord sal altyd bly lê in Vulnerability. Maar op ‘n stadium in mens se lewe moet jy seker ook maar jou hart en lewe oopgooi. En teen wil en dank in eerlik wees met jouself en almal rondom jou. Kyk waar jy nog so ‘n bietjie skaaf werk het, waar jy iets doen net om in te pas, of dalk konflik te vermy!

Mag al ons pogings tot ware verbintenis met die mense naaste, verste en tussen-in, van ons lei tot iets opreg. Iets goed en waardevols! #atimetoconnect

#atimetoconnect

Skryf vir my by vryheid@wynvlieg.com. Of los ‘n boodskap op www.wynvlieg.com.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *