Wynvlieg Vol 126

Vol 126:  Wat het van my en jou geword?

Toe ek klein was, vol drome en positiwiteit het ek altyd gedink ek gaan ‘n groot sanger word, ‘n aktrise ~ iemand wat mense se lewens met drome en stories vul. Of dalk ‘n skrywer van formaat.

Pisces is the biggest idealist of all the zodiac signs. These Are Your Biggest Fears, According to Your Zodiac Sign. Daarmee kan ek verseker nie stry nie en boonop vrees ons ou vissies dat ons idees en ons kreatiwiteit onderdruk gaan word. Buiten vir die dromer in my, het ek ook soveel “vriende” gehad, ek het klas gegee vir ‘n hele klomp denkbeeldige studente of ure se diep gesprekke met “myself” gehad. Moes toe al weet hier kom ‘n ding 😜. #beextraordinarybeyou

Know Thyself: Remembering Who We Are is ‘n onderhoud deur Oprah Winfrey met Eckart Tolle.  As julle nog nie van hom gehoor het nie ~ Eckhart Tolle. Oprah praat met groot lof van hom. So iets vir jou luister lys.


Wat is jou roeping? 

Dis nie net dominees, of pastore of Imtiaz Sooliman wat ‘n roeping in hierdie lewe het nie. Ons het almal een. Die eintlike taak wat elkeen van ons het, is om so gou as moontlik uit te werk wat presies daardie roeping is.  Wie jy veronderstel is om te wees. En om dan daardie rol te eer. Jou plek as’t ware vol te staan. 

Die wêreld van vandag, ag en dalk was dit al in ons era so, is geneig om te dink dat mens net UITSONDERLIK kan wees, as jy groot dinge bereik het. As jy bekend en beroemd is. Dalk ‘n Nelson Mandela van jou tyd, of ‘n Elon Musk. Of selfs ‘n Oprah Winfrey. 

Partykeer is dit dalk net ‘n fluistering, iets wat al lank in jou gemoed lê. Wat jy reken jy kan dalk, net dalk doen. Maar iets hou jou altyd terug. En daardie iets is natuurlik jou vrees vir mislukking. Jou vrees dat jy nie GROOTS of wonderlik gaan wees nie. Dat jy nie die maatstaf gaan maak nie. Ons het ‘n fassinasie met die uitsonderlike.  Why do people who are ordinary strive to be extra-ordinary and vice-versa ~ dalk is hierdie vraag en antwoord relevant. Want ons glo dat mense ons dan as betroubaar en opwindend gaan ervaar. Maar dis ook net oë verblindery…want dis net ‘n gesmag na ander se goedkeuring en bewondering. Die ego in sy volle glorie!

Want sou ons hierdie roeping volg, sou ons aan die gefluister gehoor gee en voluit daarvoor gaan. Wat dan? Sal ons nie dan die mees uitsonderlike weergawe van onsself wees nie? #beextraordinarybeyou

Watter klippe rol ons self in die pad?

Dit klink natuurlik mooi en ydel en relatief eenvoudig. Wie van ons wil nie ons eie beste self wees nie? Wie wil nie aanvaar word en gevier word vir hulle uniekheid nie? Jy moet ‘n klip of ‘n boomstomp wees as dit nie jou hartsbegeerte is nie. 

Soos jy nou hier sit en lees, elke sekonde van elke dag, is daar ‘n warrelwind van dinge wat jy van jouself glo. Dinge wat jy êrens langs pad opgetel het, wat jou idee van wie en wat jy in hierdie wêreld is, beïnvloed.  

Vir ‘n skeutjie humor, som Mark Manson dit so goed op…Don’t think like the herd ~ You have beliefs about yourself—probably way more than you realize and probably way more *&#f up than you can imagine. 

Holrug gery en so cliché, maar glo my agter elke bos uit te skop. 

Wie het nie al weggekruip agter ‘n beskaafde kaftan omdat jy nie maer genoeg was om met selfvertroue die myle op die strand af te lê na die branders nie?  Wie het nie al hulle tjor km’s ver parkeer omdat dit nie ingepas het by al die ander fênsie karre nie. Of dalk het jy jou mond dig toegehou by ‘n voorlegging in ‘n raadsaal, omdat jy nie slim genoeg gevoel het nie. 

So totaal en al belaglik ~ maar dis wat ons ego’s doen. Want die ego is ongelukkig ‘n siek, hartseer, minderwaardige deel van ons menswees. Die ego is slinks, dis verleidelik ~ ‘n indringer, wat die regte jy wil oorskadu. 

So hier is ‘n paar van die leuens wat my ego my vertel, as ons alleen in ‘n kamer is, of ek voor ‘n spieël staan. Daag ook op as ek voor ‘n uitdaging te staan kom, of dalk na die gefluister oor nuwe horisonne, nuwe uitdagings dink. 

Die ego sê ~ jy is vet, jy is nie goed genoeg nie, jy is nie slim genoeg nie, jy doen nie genoeg nie, jy het nie die deursettingsvermoë nie, wie gaan jou ieg volg?  En om doodeerlik te wees, die ego is ook die een wat my oortuig het dat hierdie blog onder ‘n skuilnaam moet wees. Want as dit flop, of iemand my raak lees, sal al my geheime tog nie uitgelap wees nie. Sal ek nie kwesbaar staan voor die hele wêreld nie. #beextraordinarybeyou

Ek kom met ‘n goeie tyding

 Jy is nie die vorm van jou liggaam of die gewig op die skaal nie. Jy is nie jou liggaamsmassa-indeks nie. Jy is nie die posisie wat jy in ‘n maatskappy beklee nie, ook nie die een wat jy by die skoolraad volstaan nie. Jy is nie die kar wat jy in ry of die huis of woonbuurt waarin jy bly nie. 

Daar waar jy nou sit ~ maak gou toe jou oë. En let op wat jy dink. 

Wie dink hierdie gedagtes? Kon jy agterkom dat daar ‘n klein “spasie” is tussen jou gedagtes en die “iemand” wat waarneem dat jy daardie gedagtes het? Self-awareness is soos daardie persoon wat jou binneste waarneem. Nou raak dinge effe vreemd nè😜. 

So as ons die dinge in die lewe kan kies wat uit daardie diep plek binne ons kom, daardie plek waar die dromer nog aktief besig was. As ons dit vanuit daardie plek doen, sal ons dalk nooit uitgeput wees nie. Moeg dalk ja, maar nie uitgeput nie. En ek dink dit geld vir alles in die lewe ~ verhoudings, die keuse wat ons maak oor werk, die mense wat ons ons tyd mee verwyl. Die dinge wat ons doen om ons ego gelukkig te hou, i.p.v. ons diepste wese.

Ek wonder ook of al die harde werk in die lewe, of daardie bulte wat ons moet oor nie makliker sal wees as ons dit aanpak met ‘n ander uitkyk nie. Een waar ons in diens staan van ons ware self en iets na die situasie bring, wat eg is. Wat oop en outentiek is. Ongeag wat ons ego ons wil wysmaak. 

Want struikel ons nie maar of voel soos ‘n pakdonkie, as ons dinge aanpak want ons dink dit gaan vir ons geld inbring, of ons gewild maak, of ons mooier op foto’s laat lyk, of komplimente laat instroom nie. Dink ‘n bietjie aan al die tye in jou lewe wat jou die grootste genot verskaf het, die dinge waaroor jy dagdroom. Dit is gewoonlik daardie oomblikke of ervarings wat jou hart laat sing het. Daring to be Vulnerable with Brené Brown, want dan is ons die ware ons. #beextraordinarybeyou

Ons verkondig, maar ons glo nie

Net nou die dag sit ons om ‘n middagete tafel en die student draai na sy vriendin en sê: “Laat ons nou maar eerlik wees, ons het nie juis die moeilikste grade gekies om te doen nie.” Haar antwoord het my hart laat sing ~ “Well, I happen to think it’s exactly what we are talented in.”  Mooi so jong dame, sê hom. Maar natuurlik het dit my ook hartseer gelaat, want glo my kind regtig sy talente is minder goed as ander sin? Maar so het hy ook ‘n wêreld daarbuite wat die finansiële siele, die mediese mense,  die ingenieurs op ‘n verhogie plaas. Hulle die slimmes maak.

Ons het nie almal dieselfde talente nie. Wat uit die aard van die saak wonderlik is. Die geneuk kom in wanneer ons, onsself met almal anders vergelyk. Hulle deel van die legkaart wil volstaan. Al daardie energie wat ons spandeer om ander mense se talente te beny, is tyd en energie wat ons vermors. Tyd waarin ons onsself uitsonderlik kon maak. #beextraordinarybeyou

Hou dit in jou versier

Ek wil van vandag af na die lewe kyk en elke dag myself verbind aan…

Wat het ek om hierdie wêreld te bied, wat het ek wat ek van myself kan gee, hoe kan ek van diens wees aan ander? 

In bemarking is een van die grootste en mees belangrike take om jou handelsmerk van ander te differensieer. M.a.w hoe staan jy uit, hoe is jy anders. Brand Differentiation: 30 Ways to Differentiate Your Brand

Anders as in bemarking, is hierdie lewe nie ‘n kompetisie nie. Die hele idee dat die mens soos die diere rykdom optree, het tot elke vlak van ons menswees en identiteit uitgekring. Soos ‘n klomp insekte baklei ons, want ons glo aan die survival of the fittest.

Dit is nou die tyd glo ek. Die tyd om die strydbyle te begrawe, om ons eie unieke selwers te wees. Daardie een wat ons bestem was om te wees. Sodat ons ons plekke kan volstaan. 

#beextraordinarybeyou
Skryf vir my by vryheid@wynvlieg.com. Of los ‘n boodskap op www.wynvlieg.com.

4 thoughts on “Vol 126:  Wat het van my en jou geword?”

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *