Vol 128:  Kort en kragtig!

Vandag hou ek dinge kort en kragtig! Want sien, ek is oppad saam met vriendinne weg vir die naweek ~ amper soos ‘n manne naweek😝, die keer net een vir die vroue.

En dis ongehoord in my generasie. Ek bejeën nou al vir ‘n ruk lank die jonger generasie, wat sonder om te skroom of enige skaamte, op gereelde basis saam met hulle vriendinne wegbreek. Want sien, Gen-X women can’t ‘have it all’ after all

Maar vandag, gaan ek ‘n slag my wandel skoentjies aantrek en sit ons af, Weskus pad langs. Met ons perde geboks en ons gaan die naweek daar spandeer. Die gepakkery is groter en meer indrukwekkend as toe ek nog die hele huis en ‘n kot vir ‘n baba moes saamsleep. 

Laat my toe alweer wonder

Koppie bly mos maar aan die wonder. Ek wonder toe die week, hoekom is ons so goed om onsself te ondermyn? Ons beste pogings om beter na ons geestes en fisiese gesondheid te kyk, flop. Ons begeerte om wesenlike verskille te maak aan ons oefen programme, om meer tyd vir onsself te gun. Wie ken nie die “Maandag sindroom nie?” Daai een waar jy “MAANDAG” met die dieet begin, “MAANDAG” gaan begin oefen, of “MAANDAG” meer roetine in plek gaan kry? In die groot @wynvlieg dae, was “MAANDAG” altyd die dag wat ek nie meer gaan drink deur die week nie. 

En natuurlik raak “MAANDAG” ook die dag waarop jy teen vier uur al tou opgooi, want dan is jy uitgeput en moeg. Why there are no limits to your willpower ~ want dit raak op. En dis bloot omdat jou onderbewussyn teen daai tyd oorneem. The Role Your Subconscious Mind Plays In Your Everyday Life gee ‘n fassinerende blik op die rol wat jou onderbewussyn speel. #thesubconsicousspeakispowerful 


Hier is ‘n paar goeters van daai onderbewussyn van jou, wat jou bietjie gaan laat regop sit. So bietjie jou gaan laat stilstaan deur die dag en wonder ~ waar kom hierdie patroon of gedrag vandaan?

Jou onderbewussyn is die oorspronklike Cloud storage. Dit stoor soveel data en laat jou optree in ooreenstemming met presies hoe jy geprogrammeer is! Dis hoekom die What does your child learn in the formative years? Here are some answers so belangrik is natuurlik. Maar boonop teen die tyd wat jy 21 is, het jy al vragte  gewoontes gestoor. Dit vorm dan jou identiteit en beïnvloed jou manier van met die wêreld en sy dinge omgaan.  #thesubconsicousspeakispowerful 

Jou onderbewussyn werk ook dag en nag om tot diens van daardie gevestigde patrone te wees. Die wat jy so mooi vasgelê het oor jare heen. Want jou onderbewussyn probeer jou emosionele welstand beskerm, jou veilig hou. En meestal is dit ‘n geval van What Does Better the Devil You Know Mean? #thesubconsicousspeakispowerful 

Die onderbewussyn wil ook graag alles net so gebalanseerd as moontlik vir jou hou. Homeostasis is daai gevoel dat alles nét reg is ~ daar waar dinge veilig voel. Of dit nou goed of sleg vir jou is, ten minste is dit in ooreenstemming met al die duisende der duisende vorige kere wat jy presies dieselfde in ‘n spesifieke situasie gedoen het. #thesubconsicousspeakispowerful 

Van naderby bekyk

Kyk ons weet mos nou al teen die tyd, ek hou van ‘n bietjie beheer. Is selfvoldaan, want reken ek het nogal heelwat dissipline in my. Ek kan dinge nogal op ‘n rasionele vlak baasraak, so met skeutjies van die emosies betrokke. Ek is een van daai wat in die oggend kan op, ondanks my kakkerige nagrus, en die drafskoene aantrek en my voete op die pad kry. Want dis die regte ding om te doen. 

#thesubconsicousspeakispowerful 

Skoot koue water in die gesig ~ The problem with the Thinking Mind is that we don’t completely control it.

Your Two Minds – Mark Manson

Want sien, al die goeie word ook met die slegte uitgegooi. Kyk ek kan myself goed in die voet skiet! #thesubconsicousspeakispowerful 

So ‘n gevoetskietery – en nou weet ek dis die onderbewussyn wat my in daai rigting indwing – lyk baie keer so!

  • Kom in die middag tuis na ‘n lang en uitputtend dag ~ dae van die @wynvlieg, sou ek reguit na die yskas hol en ‘n glas lekkerte skink. Êrens gaan sit om “af te skakel,” want sien ek verdien dit mos en het vir jare, der jare, der jare my onderbewussyn wysgemaak, dis net wat ek nodig het. Gooi nog boonop iets verslawend soos suiker of drank bo-op daai patroon en die brein sê ~ vat hom Flaffie! Dis hoekom dit so donners moeilik is om ‘n mens se hand uit die tjips pakkie te hou, of nie die hele pak koekies te verorber nie. Want jou onderbewussyn neem oor en doen maar net wat jy hom so mooi geleer het is veilig, goed en net die ding om die emosies onder beheer te bring. 
  • Dan natuurlik, as ek teen vier uur op ‘n “MAANDAG” voel of ek op in ‘n straf kamp gesit is, met skamele rantsoene, begin daai stemme in die kop. “Ag wat jy kan ieg nooit by ‘n gesonde eetplan hou nie,’ óf beter nog “net ou enetjie gaan tog nie die skaal breek nie.”  Dis of die rebel of die kritikus wat dan opdaag. En wham, bam, thank you madame, nog ‘n patroon vasgelê. Want wie hou van ongemak?
  • Dan die een wat ek tog so graag wyd verkondig ~ ek is glo een van daardie “alles of niks” tipe mense. Klomp kak sê ek julle, ek het dit net aangeleer. Ja dalk is my geaardheid van die soort wat voluit vir goed gaan, maar daai ou mooi storietjie het ek myself ook wysgemaak so oor die jare en nou aanbid ek dit soos een of ander god. 

Tot stilstand geruk

Ek staan toe stil hierdie week en kyk na al die gedragspatrone van my. Vra myself af, waar kom die goed vandaan?

Voorbeeld een ~ as ek ‘n vars gebakte brood ruik of ‘n lekker stuk beskuit sien, KAN EK DIT NIE VERBYGAAN NIE NIE! En hoekom nie? Want dit voer my terug na my ma se kombuis, daar waar ek veilig gevoel het.  Dit ‘n wonderlike, geborge tyd was en ons die vars beskuit of brood so uit die oond geëet het. Elke keer wat ek dus nou daarmee gekonfronteer word, smag my onderbewussyn daarna. Ek word soos ‘n magneet aangetrek tot dit in my mond is! 

Voorbeeld twee ~ as daar ietsie bederf aangebied word, sal ek altyd twee vat. Al die jare in die koshuis, met net een dag van lekkernye en net een ekstra porsie per tafel, het daartoe gelei dat ek hier “vrees” in my het vir ‘n “hongersnood” of “tekort.” Dis jare al verby, ek kan koop en eet NET SOVEEL ek wil. Maar tot vandag sal daai spook oor my hang.

Ag daar is nog sovele, maar ek hou dit mos kort en kragtig vandag! 

Moet nou gaan mense, die langpad wag!

Wees bewus, want ek sien toe die week, as ek bewus is van my onderbewussyn en sy gedrag, kan ek jou werklik waar die ding kalmeer en ‘n ander rigting inslaan. Dis nou as ek wil! #thesubconsicousspeakispowerful 

Hoe gaan jou onderbewussyn te werk, laat my weet by vryheid@wynvlieg.com. Of los ‘n boodskap op www.wynvlieg.com.

2 thoughts on “Vol 128:  Kort en kragtig!”

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *