Vol 130:  In ‘n duisend stukke

Daar is sekerlik nie ‘n mens op hierdie aardbol, wie se hart nog nie in ‘n duisend stukke gebreek was nie.

Wat ‘n raakvat beskrywing is dit nie? Want as jou hart breek, is dit nie net ‘n emosionele storie nie, daar is letterlik ook ‘n fisiese pyn. Dit voel mos of iemand jou hele hart uitgeruk het en daar is The science behind a broken heart

‘n Gebroke hart kan natuurlik verskeie oorsake hê. En sommige mense se harte word op ‘n daaglikse basis, stukkie vir stukkie uit hulle geruk. #abrokenheart

Maar vir ‘n hart om gebreek te kan word, moet daar natuurlik eers liefde, vertroue en kwesbaarheid teenwoordig wees. 

Wat is liefde regtig?

Vra ons onsself nie hierdie vraag ‘n duisend keer deur ons leeftyd af nie? Wat is die liefde nou regtig? 

O en hemele hoor my, hoeveel keer het ek myself nie al afgevra, as die bootjie so bietjie die stormsee in, of die liefde regtig genoeg is nie!


Ek het gaan aanklop by die skrywer Bell Hooks, in haar boek ~ All About Love: New Visions, beskryf sy dit so: 

“Everywhere we learn that love is important, and yet we are bombarded by its failure. In the realm of the political, among the religious, in our families and our romantic lives. We see little indication that love informs decisions, strengthens our understanding of community or keeps us together. This bleak picture in no way alters the nature of our longing. We still hope that love will prevail. We still believe in love’s promise.”

Sjoe, in een paragraaf vat sy dit darem raak vas. Hoekom die wêreld op sy kop gedraai is, hoekom ons om elke hoek en draai ons koppe bly stamp. En hoekom die liefde soos hoop is…die ding kry kleintjies! Hoekom ek, en jy dalk, soms twyfel in die mag van die liefde. Die bomme wat reën op die Ukraine conflict: Russian forces attack from three sides. Die gretige vergrype in ons eie politiese geledere, sonder om regtig te dink aan die armes. Ons eie onwilligheid om ons hande onbaatsugtig uit te steek na mense wat dalk “anders” as ons is. Die klein kindjie wat onder ons bitsige tong deurloop, want ons is moeg, oorwerk en oorstuur. #abrokenheart, the world is lost

Maar tog, soek ons almal onverpoos na die liefde. Ons koester almal ‘n reuse begeerte om te behoort, om ‘n verbintenis met iemand te hê. Ons is kieskeurig met ons liefde ~ hetsy of dit ‘n gekose paar mense deur die loop van ons lewens is, of ‘n trofeë kas vol romantiese verowerings. Ja wel, dalk is sommige minder kieskeurig, en meer willekeurig!

Want liefde is toewyding tot lojaliteit, getrouheid en die begeerte om uit te reik. Of dit nou die man of vrou is langs wie jy elke dag wakker word en of dit ‘n vreemdeling in die ry by die Spar is ~ Wet Wet Wet – Love Is All Around (Live 8 2005)

Ek dink ons is dit almal eens. Liefde is ‘n emosie wat ons kan ervaar op soveel verskillende maniere. Dis nie net daai vlinders op die maag, die Hallmark soetsappige soort liefde nie. Dit strek bitter wyd en ver. Dit gooi die net oor ons vriende, ons kinders, ons diere en selfs ‘n wildvreemdeling, ‘n kans ontmoeting. #abrokenheart might be around the corner

Mensig hoeveel kak besluite het ek nie al in my lewe gemaak, so in die soeke na liefde nie. Toe die gesonde verstand in die kattebak moes klim, sodat liefde in die passasierskant ingenooi is. Net om ‘n irriterende backseat driver te wees!

Kom ons wees eerlik, ons kweek liefde wanneer ons toelaat dat die mees kwesbare dele van ons menswees, blootgestel word. Wanneer ons ander in ons binnekamers toelaat en hulle die kans gun, om daardie dele van ons te ken, te probeer verstaan. En dan rus die onus op ons om daardie verbintenis te eer met vertroue, respek, goedhartigheid en toegeneentheid. 

Liefde is nie iets wat ons uitdeel en ontvang nie, dis iets wat ons moet koester en laat groei. En liefde kan net floreer, as daardie begeerte klaar bestaan, daar diep binne. Want mens kan net liefhê, as jy jouself liefhet. Why Is Self Love Important ~ want is dit nie dalk die wortel van alle kwaad nie. Hierdie ding waar ons so sukkel om onsself lief te hê. En dan loop soek ons dit by ander! 

Waar is al die liefde dan heen?

Wens soms ons kon ‘n meer verdraagsame, liefdevolle samelewing in hierdie ou landjie van ons wees. Hel, laat ek voor my eie voordeur vee. Ek het een spesifieke verhouding wat my nie vreeslik trots maak op  my eie liefdes etiek nie. So preek is nie my styl nie, want ook maar roet in my skoorsteen! Ek vermoed veragting het nou eerder kom lêplek kry ~ ek baklei hard daarteen. Belowe!

G’n wonder ons samelewing lyk soos dit lyk nie. Want hoeveel keer weier ons om op te staan vir dit wat ons in ons harte weet reg is. Die liefdevolle manier om na dinge te kyk. Want of dit nou ras, geloof, taal of ons stand in die samelewing is, ons faal in soveel opsigte om in liefde op te daag. Ons beweer graag dat ons liefdevol is, verdraagsaam, maar o genade nee! Get the Definition of Ubuntu, a Nguni Word with Several Meanings se moer. Het net ‘n oulike slagspreuk geraak. 

Ek reken ons is so bang vir die verandering wat so ‘n liefdevolle uitkyk gaan bring, dat ons ‘n hele nasie geword het wat ons harte en ons gesonde verstand verraai. Net uit pure vrees, dat ons dalkies sal moet aanpas of verander. Vadere behoed ons tog! . #abrokenheart is a promise if we keep it up

Fyn soos porselein 

Ons harte breek, omdat liefde so nou verbind is aan ‘n begeerte om te behoort, om ‘n verbintenis met iemand te hê. Om ‘n gedeelde wêreld te skep. 

Dis nie juis die vele teleurstellings of mislukkings wat lei tot harte wat breek nie. As daar nou een ding is wat ek met sekerheid(EN BAIE ONDERVINDING) kan sê, is dit die volgende: As jy jou hart oopstel, as jy besluit jy wil ‘n pad stap met iemand, dan gaan daar baie teleurstellings wees. En êrens langs die pad gaan een van julle goed opfok. Dis die liefde. 

Daai gebreekte hart daag op wanneer ons liefde moet prysgee. Soos mens jou selfoon verloor, of die hangertjie wat jy van jou ouma geërf het. Dis verlies. En omdat dit nie materieel is nie, is die impak soveel groter. #abrokenheart

Dit gebeur, as iemand jou verwerp het. Ek het ‘n allervreeslike storie wat ek my kind na sy eerste groot liefdesteleurstelling vertel het. Dis ‘n riller…kortliks: ek was verlief op ‘n kunstenaar, jonk en onkundig het ek opgewonde die idee van ‘n oorbruggingsjaar na die koningin se land verwelkom. Ek sou hom daar kry, dit sou ‘n fees wees. Net om na dag een te hoor, hy het eintlik iemand anders ontmoet. Alleen, verlore en gebroke moes ek my pad vind. Die kilogramme het my wel gevind ja, brood was my troos. Ek het ‘n hele jaar gehad om al die emosies en veranderinge ~9 Surprising Changes That Occur In The Body When You Get Rejected ~ te beleef. Nêrens om heen te vlug nie!

My hart het ook gebreek toe my ma oorlede is. Die kop weet geliefdes kan nie verewig lewe nie. Die dood was  ‘n verlossing na ‘n lang pad met dimensie. Maar ek het emmers vol, lelik gehuil ~ want iets was verlore. ‘n Liefde wat altyd daar was. Wat my staande gehou het deur soveel tye. The Love We Only Find In Loss stel dit so mooi, as mens rou, voel jy die afwesigheid van liefde op ‘n intense manier. 

“Grief is love with no place to go” – Jamie Anderson

Ek het ook geweet my kind sal nie verewig die hulpelose, mamma-is-sy-alles kindjie bly nie. Dis wonderlik om die jong man te sien waarin hy ontpop.  Daardie oomblikke wat die onskuld so bietjie-vir-bietjie verwoes word, of wat die grootmens wêreld hulle ‘n snot klap of twee gee. Daardie is oomblikke wanneer ‘n moederhart ook breek, in ‘n duisend stukkies. Of dalk is jou kinders al oor die water, om werk te soek, om kinders in te gaan grootmaak. En jy staan hier verlore aan die ander kant van die hek. 

Daar is natuurlik ook in enige verhouding ~ hetsy by die werk, in jou vriendekring of jou liefdes maat ~ groei. Mense verander, hulle besluit om ‘n ander pad in te slaan, nuwe dinge te probeer, hulle emigreer of vind ‘n nuwe werk. En soos daardie verandering gebeur, voel jy hierdie moerse verlies aan dit wat julle gedeel het. Mens voel agtergelaat en jou hart breek so ‘n kleine bietjie. #abrokenheart

Hoe plak ons die spul aan mekaar?

Hier is die ding ~ om lief te hê is om te waag. Jy waag jou hart, jy moet jouself blootstel, jy moet so bietjie van jouself prysgee. Jy moet vertrou en hoop. 

‘n Hart, lyk my, is maar gemaak om gebreek te word. Soos die Japanese glo, ons moet daardie krake dalk met goud vul…dit weer mooi maak. Want ‘n hart wat gebreek is, mooi heel gemaak is, is ‘n baie mooier ding as ‘n heel ene, dan nie? #abrokenheart patched up again

#abrokenheart

Jou hart al gebreek? Skryf en vertel ~   vryheid@wynvlieg.com. Of los ‘n boodskap op www.wynvlieg.com.

1 thought on “Vol 130:  In ‘n duisend stukke”

  1. So ongelooflik waar. Terwyl ek lees sien ek my eie lewe voor my afspeel. 1 x getroud, weduwee geword met n seuntjie van 4 jaar. Ek was stukkend. Twee jaar later tel ek die stukkies bymekaar en waag n verhouding wat my en my kind so teleurstel. Net daarna trou ek uit spite. Wat n ontnugtering. Dit was net soos jy sê n kak besluit. Psigopaat. Skei na 3 maande. Tranedal. Die vernedering. Maar ek tel weer my kop op. Maak n klomp foute, ly aan depressie. Ontmoet weer iemand, trou weer. Nog n kak besluit. Hy verkies toe iemand wat geld het nadat hy my vir 2 jaar uitgeroei het. Skei is makliker. Hy moet hof toe gaan. Nou begin ek teen enige man raak. So hier en daar n vlugtige verhouding. Tot op n dag…. Ontmoet iemand wat my aanvanklik op die hande dra. Met die jare gaan dit nie aldag goed nie. Ek het nie vergeet van die vorige verhoudings nie. Maar ons staan dit uit totdat hy skielik oorlede is. Twee maal weduwee, twee maal geskei en n klein snotkop kom gooi dit voor my kop. As hy maar net weet wat dit my aan gebreekte harte gekos het om tot hier te kom. Nou is ek salig op my eie al vir amper 5 jaar. Nou kom sommige kastige vriendinne en breek daagliks jou hart. I give up. Dis lekker om op my eie te wees. Kan nie my eie hart breek nie. Hy het te sterk geword.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *