Vol 139: Die boodskap

Is dit nie wonderlik dat ons in ‘n land leef waar ons soveel vryhede het nie. Ja, ja ek weet ons sit agter hoë mure en dat die vryheid ook baie euwels toelaat.

Maar op hierdie besonderse naweek, herinner dit ons aan die vryheid van geloof wat ons het. Die vryheid om ons versoening, verlossing en ook ons behoort te vind waar ons óf in gebore is, óf gekies het om te wees. 

En hoekom is dit nou juis op hièrdie naweek so spesiaal? Wel vir die wat nie geweet het nie ~ In Rare Calendar Alignment, Easter, Passover and Ramadan 2022 Converge

 Vir die eerste keer in 33 jaar, word Pasga, Paasfees asook Ramadan op presies dieselfde datums gevier. So die Vrydag van die Paasnaweek het die Jode die verlossing van slawerny uit Egipte gevier. Vir Christine is dit Goeie Vrydag(toe Jesus gekruisig is) en Sondag was dit die opstanding wat gevier word. Die Moslems sal voortgaan met die viering van Ramadan, om die herdenking van die oordrag van die Koran te vier. 

‘n Gewyde tyd vir so vele van ons. ‘n Simbool van hoop, vernuwing en ‘n “nuwe lewe.” 

#theimportantquestiontoask

Maar ook ‘n tyd van frustrasie, ‘n gevoel van oorweldiging en oordaad. Want ons almal hou mos daarvan om hierdie ‘n tyd te maak, wanneer ons die hele familie en nog alle aanwassings ook onder een dak in prop. Ver vergete is die heilige oomblikke, die stilte die viering van die ware boodskap. Ons prop vir hom vol! Die kinders loop oor van te veel paaseiers. Die ouers verswelg hulleself in die drank en kos. Want ons het mos nie ‘n rede nodig om te “vier” nie.


My dilemma

#theimportantquestiontoask

My dilemma is dit ~ ek raak sommer bitter vinnig oorweldig as te veel mense in my spasie rondbegweeg. Is nie kuddedier nie. (Soos julle al tot vervelens moes hoor🤪) En hierdie 2022, bring vir my nou al ‘n toeloop van mense vir 6 naweke agter mekaar. Selfs soos ek hier sit, slaat ek die sleutels met mening. Ek hang aan ‘n draadjie hier! Mens noem dit ‘n innerlike geskree. Al my ordentlikheid moet gebruik word om nie iets nydig kwyt te raak nie. 

#theimportantquestiontoask
(Wie lees die leidrade reg hier😝 )

EK KAN EENVOUDIG NIE MEER NIE!

Maar nou ja, die heelal hy het mos ‘n manier om te kom krap waar dit nie jeuk nie. En so kom hy vanoggend, vroegoggend saam met die koffie op Facebook ‘n draai gooi. Dis ‘n inskrywing van Edith Eger wat my oog vang. Julle sal haar onthou uit ‘n vorige skrywe van my ~ The Choice: Embrace the Possible. Nou ja, mooi so man. Ek het dus ‘n keuse hoe ek hierdie naweek kan ervaar, maar ook ‘n keuse vir al die ander wat sekerlik nog voorlê. #theimportantquestiontoask

So wat is my keuses dus?

Nou Edith se skrywe vanoggend ontleen aan die 4 questions and answers wat die Jode op die aand van Pasga hulleself afvra – ter herinneringe van die dinge wat hulle gedenk en ook moet saam dra op hulle pad vorentoe. #theimportantquestiontoask

So Edith verbuig die vrae so ‘n bietjie om dit van betrekking te maak op die lewensreis. Of die Paasnaweek “babelas” wat ek het.  Die keuse wat sy voorstel is duidelik ~ fokus op die geluk, hoop en vernuwing wat hierdie tyd van die jaar kan bring. 

Om soort van voorraad opname te maak en besluit wat hoort op die ashoop en wat moet bietjie meer water en bemesting kry. 

En hier is die vier vrae ~ met so ‘n nuwe spin op hulle. 

  1. Wat wil ek regtig uit die lewe hê?
  2. Wie se wil is hierdie regtig? My eie of ander se verwagtinge van my?
  3. Wat gaan ek daaromtrent doen?
  4. En wanneer begin die aksie?

Wat wil ek regtig uit die lewe hê?

Nou ja, ek dink dis nou al so duidelik soos daglig, dat ek al naderende na die pad van selfsug loop. Ek wil regtig nie meer na ander mense se pype dans nie. 

Ek weet ook nou, dat my en mnr G se verhouding slegs kan slaag en op goeie voet bly as Why Couples Shouldn’t Spend All Their Time Together & How To Bring It Up. Dis so goed vir ons beide om ons eie tyd, ons eie belangstellings en ons eie vriendskappe na te jaag. Maar nog meer van belang is om die balans te kry, tussen net so op jou eie voort te voeter en WHY TIME IS IMPORTANT IN RELATIONSHIPS. Want ek vind as die een begin aan die agterspeen suig, dan raak dit ‘n glibberige storie. #theimportantquestiontoask

Wat werk betref, raak my geduld nou al minder. Dis nou eintlik sleg om van hier uit my eie oord dop te hou…want dit was my lewensaar vir soveel jaar. Dit was die ding wat my ‘n doel in die lewe gegee het, wat my met opwinding gevul het, wat my in die oggende laat wakker word het. En mensig, die ervarings was ongelooflik. Die mannetjie, slaan die spyker so op sy kop… 5 Signs It’s Time for a Life Change. Ek is bevrees dat die eentonigheid(en ek kan nou ook al die werk met toe oë doen, ) is besig om my kreatiwiteit te versmoor. Ek voel my doel in die lewe het nou al so bietjie begin skuif…ek kry nie meer dieselfde opwinding uit my werk nie. Dank die Here vir ‘n goeie kliënte basis ~ een met diversiteit, een wat darem nog ‘n paar uitdagings of opwindende dinge op die pad bring. 

En dan is daar natuurlik die ding van die “vroeë” aftrede. Dinge het soort van ‘n natuurlike einde gekry…manlief het afgetree, seunskind is oppad die wye wêreld in (eendag) ~ so dit voel soort van die werk deel was ‘n integrale deel van “daardie” lewe. En nou is daardie lewe besig om tot ‘n einde te kom. Ek dink die tyd vir ‘n verandering is dalk op die horison. 

Jy ook daar op daai rustelose plek? #theimportantquestiontoask

Maar die ongemaklike vraag in terme van my mense verhoudinge is sekerlik dit ~ 

W I E S E V O E T E S O U J Y W A S

Deur Jannes Erasmus

dit is vir my ironies hoe die wêreld so status gedrewe funksioneer
altyd besig om die leer hoër en hoër te klim sodat dit wat jou gevorm het, vaag raak van bo af
mens word mos geken aan jou kring…
maar wie se voete sou jy was?
net die CEO,
die president,
jou gunsteling rugbyheld of kunstenaar?
wat van die ou wat jou verraai?
die ou op die straat?
sou dit nie benede jou wees om op jou knieë voor iemand te sit en hulle voete te was nie?
Jesus het nie twee keer gedink nie
nie oor status,
of trots
of voete
of om te sterf vir my en jou nie
vanaand wonder ek hoeveel van ons sou Jesus se voete regtig was en hoeveel tyd ons regtig daar spandeer
mag jy besef dat jy so die moeite werd is dat iemand namens jou gesterf het om jou te red.
dit is tyd dat ons terugdraai na dit wat werklik saakmaak
want Hy is steeds bereid om jou voete te was, is jy bereid om by Syne te sit?

♥️

Geseënde Paasfees

Jannes

In my geval wonder ek of daar nog genoeg vergewensgesindheid in my oor is om oor-en-oor-en-oor iemand anders se voete te was. Al verdien hulle dit glad nie, al meng hulle met my lewe in, al is hulle soos ‘n doring in my vlees. #theimportantquestiontoask

 Nou vir die spieël 

Nou ja, dan is die volgende vraag seker, wie se wil is dit nou eintlik. Is ek besig om al hierdie besluite oor my lewe te maak om ander mense se verwagtinge te vervolmaak. Of om die vrede te bewaar, of om iemand hoër en meer belangrik se voete te was?

Ek is nou al oud genoeg om te weet dat my lewe slegs waarde het, as ek my verhoudings uitsorteer. My verhouding met myself, my verhouding met my man, my verhouding met my kind en my vriende(waaronder sommige van my familie tel!) 

Ek wonder soms hoekom ek soveel aandag en tyd afstaan aan dinge wat nie hierdie verhoudings bou nie. Ek is klinkklaar oor die belangrikheid van hierdie verhoudings. Ek kies my vriende met die grootste kieskeurigheid. Ek weet hoe soet die smaak van ‘n verhouding is waar daar respek, ondersteuning en goeie tye ingebou is. Ek weet wat jy insit met jou kind, kry jy terug. (Wel meeste van die tyd!) 

Maar so baie male is daardie goed wat ons voed, die goed wat ons versmoor. Vrouens is taamlik goed daarmee om hulleself op te offer, sodat almal anders in die huishouding tog nie aan die swaar ent hoef te trek nie. Maar dan is ons ook ewe goed om ons martelaarskap aan die groot klok te hang. Bietjie van ‘n nare gewaarwording, maar hier is die ding… Why Women Still Can’t Have It Al. Dalk moet ons net ophou volmaak probeer wees! 

Ons is dit dus eens ~ verhoudings is waaroor dit gaan. Verhoudings het tyd en aandag nodig as ek so rondkyk. 

Nou wat gaan ek daaromtrent doen?

Nou sal ek moet begin uitwerk, wat ek omtrent my verhoudings gaan doen. Watter belangrik genoeg is om my tyd te verdien. #the important question to ask

Ek weet verseker een ding – daar moet My 5 Non-negotiable Principles For Healthy Living wees. Ek dieet g’s glad nie meer nie. Nou moet ek nog net die kop skuif maak en dinge alleenlik in my mond sit, as dit voedingswaarde vir die liggaam inhou.  

As ek net by Annie Grace se raad kan hou ~ THE KEY TO MAKING BETTER CHOICES Soos sy sê, maak seker jou lewe word vereenvoudig. Dat jy net minder keuses het om te maak. Te veel van my tyd word nogsteeds gemors op my Alcohol & Cognitive Dissonance. Minder keuses, minder geredekawel in my kop. Ek dink ek kan dit regkry…opstaan, oefen, perdry, ontbyt by Vida E. Werk so bietjie, rus vir ‘n uur, lees, koffie en ‘n koekie. Dan ‘n @Ucook aandete en ‘n lekker reeks op TV. Lees slaap. Sjoe eenvoudig.

Tyd met die belangrike mense in my lewe. Kyk ek loop al van voor Covid af met die idee in my kop rond. Die versugting werk so…ek gaan almal met wie ek graag ‘n koffie wil drink, se naam op ‘n lys sit. Ek gaan stelselmatig deur die lys werk…elke week ten minste een van die mense kry vir ‘n koffie. ‘n Stappie of ‘n besoek êrens. Tot op hede ‘n droom, want ai, die belangrike alledaagse kom in die pad. #the important question to ask

Bring my by die laaste stap

Wolf, wolf hoe laat is dit? Onthou julle nog daardie speletjie. Vrek mense, ek is bang dit raak te laat. Dat ek eendag wakker skrik en dan dink ek…ai as ek maar net gesus of ge-so het. 

SO DIE TYD IS NOU! Dalk moet ek één iets kleins en één iets groots kies om aan te pak, en sommer môre reeds begin.

Hoe lyk dinge daar aan jou kant? #theimportantquestiontoask

Wat is jou antwoord op al hierdie vrae?  Los ‘n boodskap hier onder op www.wynvlieg.com, of skryf ‘n brief na vryheid@wynvlieg.com.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *