#thefearofsayingitoutloud

Vol 140: Te bang

Ek weet dis irrasioneel, maar vandat ek van die “groot trek” weet, wat soos ‘n groot, donker wolk in die toekoms vir my lê en wag, steek ek die feit van sommige van my hartsmense weg.

Al, asof ek dit wegsteek en nie hardop sê nie, dit dalk nie waar gaan word nie. Saying fears out loud het ‘n soortgelyke vraag gestel en die antwoord slaan die spyker op die kop. Dis soos ‘n bygeloof ~ wat nie daarbuite in die oopte is nie, is dalk nie ‘n werklikheid nie. #thefearofsayingitoutloud

Ek vrees ook mense gaan hulleself beskerm en begin onttrek van my. Want dis ook menslik om te begin onttrek, wanneer daar nie ‘n toekoms meer saam bestaan nie. So hoe langer ek stilbly, hoe minder hoef ek seker die werklikheid in die oë te kyk. #thefearofsayingitoutloud

#thefearofsayingitoutloud

Is ek enig in my soort?

Ek glo so baie van ons loop rond met waarhede binne ons, wat ons nie waag om te uiter nie. Te bang dat as ons die woorde uitspreek, raak dit waar. Of sal mense dalk ons diepste seer kan sien, of ons grootste mislukkings. Hidden Words I Am Scared to Say out Loud: A Memoir of My Own Derogation is ‘n boek wat presies daaroor gaan. En ek vermoed hierdie blog is maar my manier om sulke vrese op skrif te stel. Want as ek dit erns net kan sê, sonder daardie vrees, dalk sal dit net die drukking en die angs so effe verlig. 

Want om so op ‘n mens sy eie te suffer is in elk geval nooit ‘n goeie idee nie.


Ek vermoed, nee ek weet, die rede hoekom ek hierdie “bygeloof” het, is dat ek ‘n groot mate van What to know about anxiety oor die naderende verandering het. 

Waar ek nou is, is huis, dis die bekende, dis die gemaklike, dis die vrede en die “weet.” Ek weet rasioneel die “nuwe” is opwindend, dis die beste besluit, dis die toekoms en dit is goed. Maar saam met dit moet ek soveel agterlaat. As ek gevlug het na ‘n beter lewe toe en van ‘n slegte een weggehol het ~ dan was dit sekerlik makliker. 

Hierdie kleine bygeloof van my, in die kleine, gee my ‘n bietjie beheer oor iets wat ek eintlik geen beheer oor het nie. Dis soos om in die branders te swem, dis ‘n golf wat jou net omslaan en jy moet maar saam tol!

“The absence of control over an important outcome creates anxiety. So, even when we know on a rational level that there is no magic, superstitions can be maintained by their emotional benefit.”

Stuart Vyse

Dalk het ek  tropophobia. Dit klink na presies die ding wat ek onder lede het! Bring die pille, bring die dr, bring die rus! 🤪

My veilige hawe

My niggie laat my êrens die week weet ~ haar ma moes na 56 jaar op ons plaas, na die dorp se ouetehuis verhuis. Haar lewe op die plaas was uit die aard van die saak nie altyd maanskyn en rose nie. Daar was baie trauma, daar was baie hartseer, maar daar was ook baie geluk. As jong bruid, as ma van haar kinders, as vriendin, skoonsuster en met plaas dinge besig gehou. Die trek dorp toe, aftreeoord toe is nie maklik nie.  En dit verbaas my nie.

Hier sit ek met ‘n lewe waaraan ek gewoond is, wat vir my eie is. Dit bevat al my stories. My stories van student wees, van trou, van huis op sit, baba kry. Toe die egskeiding, die alleen-potjie-krap, die weer-‘n-maat vind. Skool, herinneringe, herinneringe, herinneringe. Myself soort van vind, weer verloor en hopelik nou weer oppad. Dis my hele liewe lewensverhaal. Ek is nie irrasioneel nie, ek weet hierdie is herinneringe en ek dra hulle met my saam. Ek weet hierdie is ‘n hoofstuk in my lewe en dat daar groot vreugdes en opwinding in die nuwe omgewing sal wees. En dis anders as toe ek met groot opwinding universiteit toe is. Ek kon nie wag om die stof van die platteland van my voete af te skud nie. Daar was ‘n blink nuwe toekoms, met baie moontlikhede wat op my gewag het. #thefearofsayingitoutloud

Hoe nou gemaak?

Of ek nou wil of nie, al skree ek ten hemele hier in my binneste. Al bring elke aand die besef dat hierdie nog ‘n dag nader aan die “laaste keer” is, weet ek, ek moet vrede maak. Ek moet maniere kry om hierdeur te werk. Anders gaan hierdie ding my verswelg!

12 Tips for Overcoming Your Fear of Change at Work se artikel gaan eintlik oor verandering in die werkplek. Maar daar is tog wyse raad…oor enige verandering regtig.

Stap 1 ~ erken dat verandering oppad is

Nou ja dis duidelik dat daar wel verandering op die horison is. En ook sommer binnekort. Ek dink die ding waarmee ek sukkel is die aanvaarding. Wat ek dus nodig het, is Radical Acceptance in a Time of Uncertainty .

This does not mean we roll over and become helpless; rather, we acknowledge that denying the facts of reality will not change the facts, but keeps us stuck in thoughts such as “this is unfair”, “why me?”, and “why now?”.  (Aldus die artikel hierbo) 

Stap 2 ~ aanvaarding bring verligting

Dit beteken nie hier diep binne my, op ‘n emosionele vlak, dans ek die riel van opwinding nie. Of sou dit my keuse wees nie. Maar ek moet aanvaar, dit is wat dit is. Dit maak sin vir die toekoms en nes mens geld wegsit vir jou oudag, so moet mens vroegtydig al planne maak om jou teen die oudag se alleen te vrywaar. 

Ek besef en is deeglik bewus daarvan dat ek realiteit bevraagteken, ek weet daar is redes hoekom dit gebeur en moet gebeur. Ek moet dit nog net met my hele wese aanvaar…emosioneel, fisies. Die toekoms my voorstel, in ‘n positiewe lig. En geloof hê daarin.

Stap 3 ~ aanvaar dat ek so mag voel

Ek mag maar hartseer voel oor dit wat ek verloor. Mens mag ontsteld wees oor verandering, of bloot magteloos. 

Die geheim is natuurlik om daaroor te praat. Ek reken dis dalk deel van my aanvaardings probleem. Ek skop al so lank vas teen hierdie verandering, dat manlief nou al effe vuisvoos is. So ek het maar opgehou om dit te noem, want ek klink nou net negatief oor als. Hy kom uit ‘n ander tipe milieu. Hy is gewoond aan verandering ~ om die waarheid te sê, stil-sit op een plek is nie sy ding nie. How Does Social Context Influence Our Brain and Behavior is die ding wat ons onderskei ~ diep gewortel in my is die soeke na stabiliteit. Want dis wat my hele lewe was. Syne, was gekenmerk met vele nuwe tuistes in sy kinderdae. Rondtrek, nuwe omgewing, nuwe lewe skep…was deel van sy lewe. Myne nie. 

So nou moet my susters en my vriendinne maar my ewige gekerm aanhoor. Maar ek vermoed ek is ook nie aldag heeltemal eerlik oor presies hoe erg hierdie vir my is nie. #thefearofsayingitoutloud

Iets om aan te werk!

Stap 4 ~ onthou ons is soos die padda in die warm water

Ek weet, as ek eers daar is, gaan ek aanpas. Dan sal daar nie juis meer ‘n geskop en skree wees nie. Dan sal my oorlewings instink inskop en sal ek my alles gee om dit te maak werk. Ses maande later, sal jy nooit sê ek het hiérdie gevrees nie. #thefearofsayingitoutloud

Daar is baie lesse te leer oor aanpasbaarheid ~ Why Adaptability is Important in Helping You Manage Change. Die relevante een vir my, is dat aanvaarding saam met dit meer geluk en tevredenheid sal bring. En is dit nie maar wat ons almal wil hê nie? 

Want al gaan die lewe my so ‘n bietjie skommel, al gaan soveel dinge moet verander…weet ek my ewige positiwiteit(lekker lag julle seker nou…ja selfs die ewige optimis het sy afdae!🤪) sal my deurdra. 

Ek weet ook dat ek “betrokke gaan raak” ~ stap 5 in hierdie verandering. Ek sal pens en pootjies inspring as ek eers aan die ander kant is. Want betrokke beteken beheer oor ‘n mens se eie toekoms. Jou lewe…want wraggies waar, dis mos net jou eie lewe dié!

Voorwaarts, mars

Ek voel sommer al klaar beter…net oor die klein molshopie kom, wat ek nou al in ‘n berg verander het!

Ek weet nie watter verandering jy dalk in jou lewe op die oomblik moet tegemoet loop nie. Dalk moet jy aftree, dalk moet jy verhuis, dalk is jou kinders oppad huis uit, dalk is daar groot verandering op die horison by die werk. 

Al wat ek weet is dit, gelate aanvaarding, is dalk waar mens moet begin. #thefearofsayingitoutloud

#thefearofsayingitoutloud

Mag jou pad geteer wees met vreugde, voorspoed en opwinding in hierdie tyd! 

Watter verandering vrees jy dalk?  Los ‘n boodskap hier onder op www.wynvlieg.com, of skryf ‘n brief na vryheid@wynvlieg.com.

7 thoughts on “Vol 140: Te bang”

    1. Sjoe altyd so lekker as iemand reageer. Dan weet ek ek is nie alleen of simpel nie! Watter woorde waag jy nie om te spreek nie? Net as jy wil sê natuurlik.

      1. Ai jou skrywe is altyd spot on…..op amper 60 moet ek weer na kinders omsien. N Keuse wat nie regtig ‘n keuse is nie. Want daar is geen ander manier nie. In ‘n lewe waar daar reeds nie genoeg tyd was vir als nie…blomme mense werk hard en lang ure. Hoe pas mens als in….jy haal asem, aanvaar en maak tyd.En tussen al daai leef, sien die mooi, en staan verwonderd hoe ‘n klein mensie so vinnig vorder en aanpas.

        1. Oh aarde ja, mens stel jou een ding voor en dan loop die lewe draaie!
          Dankie vir die herinnering van klein goed se aanpasbaarheid…dis seker die verwondering wat hulle met die lewe nog het. Daar lê die antwoord dalk…verwondering is wat nou skort. Dankie daarvoor xx

  1. Juanita Potgieter

    Ons beplan om af te tree oor minder as 5 jaar en om na die kus te verhuis. My man is doodbang dat ons heeltemal vereensaam in die vreemde en nie sal kan aanpas nie. Hy treur nou reeds oor sy 3 vriende wie hy moet agterlaat en oorweeg dit selfs om hier te bly en nie weg te trek nie. Ek sien egter nie kans om hier te bly waar alles by die dag agteruitgaan nie. Ek bid vir wysheid dat ons die regte besluit sal maak.

    1. Ai jong ek weet hoe beide van julle voel. Ons sin is ook n aftrede van n aard! Ek weet net dit…as mens die skuif wil maak moet mens gouer as later dat mens wel nuwe vriende kan maak en ingeburger kan kom voor die ouderdom mens inhaal. Daai is my rasionele kant wat praat…emosioneel is ek ook maar waar jou man is. Maar ja jong, mens moet maar op die knie bly en dalk ook nie alles oordink nie. Wat n stryd!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *