Vol 144: Ek hou ‘n plekkie vir jou

Dis ‘n gebaar wat beteken “jy hoort hier by my, jy is belangrik, ek nooi jou uit.”

Ons het dit gedoen toe ons nog jillend op ‘n skool paviljoen gesit het met ‘n, “ek hou vir jou plek.” Of as ons nou na ‘n konsert gaan, sit ons die handsakke so wyd verspreid oor die stoele om vir “ons mense plek te hou.” #holdingspace

Maar daar is ‘n ander soort van “plek hou” wat deesdae hoogty vier. Vertaal nie so lekker in Afrikaans nie, maar dis daardie spasie wat ‘n mens skep vir ‘n ander. ‘n Veilige hawe, ‘n plek sonder oordeel. #holdingspace

Ek leen maar uit die Ingels dat ons net eers êrens kom🤪. 


“Holding space for someone can mean different things for different people, but, at a minimum, it means taking the initiative, without any prompting, to be empathic to another person’s situation or circumstance and making time for that individual to do whatever is needed for them, like voicing hurt, anger, or another strong emotion, and receiving whatever they need to communicate in a way that is supportive and non-judgmental,” verduidelik Rheeda Walker, ‘n kliniese sielkundige, navorser en professor aan die Universiteit van Houston.  

So eintlik in kort beteken dit om werklik beskikbaar te wees. ‘n Oor om te luister, ‘n skouer om op te huil, iemand om net DAAR TE WEES. En natuurlik Communication – The importance of listening ter harte te neem! Hier praat ek nou UITSLUITELIK MET MYSELF!!

#holdingspace
#holdingspace

Maak tyd!!

Die week het ek my in my malle moer gejaag. Julle moet darem nou ook onthou, ek werk vir myself, so ek beplan (meestal) die skedule. ‘n Goeie dag  sien as volg daarna uit:  oefen, perdry, tyd vir ‘n lekker ou Vida E versnaperingtjie, ‘n koffie en dan agter die rekenaar inskuif en ‘n vergadering hier en daar. Verkieslik met ‘n half uur se middagrussie ingesluit. Maar hierdie klomp vakansiedae het al die werk loop hoop jaag.  Dit was tyd om die bul by die horings te pak. Ek was soos ‘n ding op opkikkermiddels. 

Tussen die gejaag deur, kry ek ‘n stem boodskap van ‘n vriendin.  Net sommer om kontak te maak, want sy het bitter slegte nuus ontvang oor ‘n ander vriendin(die groot K soort diagnose.) Op daardie oomblik besef mens, waar is die tyd, waar is die spasie wat ons hou vir die naaste aan ons?  Ons is so gejaagd, ons moet duisende goed op lysies aftik. Dit los ons met geen meer tyd om werklik BESKIKBAAR te wees nie. #holdingspace

Laat maar die oordeel agter

As jy werklik jouself fisies, emosioneel en soms spiritueel tot iemand se beskikking stel, beteken dit jy leen jou hart en jou ore vir hulle. Sonder om iets in ruil te vra. Onbaatsugtig, soos die barmhartige Samaritaan. #holdingspace

Nou hier is ‘n groot een vir my  ~ die studie ~  Psychology Says People Who Give Lots of Advice Secretly Want This 1 Thing – beweer mense wat tog so graag raad uitdeel, is op soek na daardie gevoel van “in beheer wees.” Ek moet sê, myne is darem ‘n bietjie meer altruïsties. Of sal ons sê, die intensie is goed. Ek het al gevorder hoor. En o hel, ek hoop regtig my vriende dink nie almal ek is een van daai “weet-dit-alles-tipe” nie!🙈 Ek het darem nog vriende, so dalk is daar ‘n paar vasbyters!

Sien my groot uitdaging is om WERKLIK die veilige ruimte te skep vir iemand om al hulle vrese, hulle vreugdes, hulle bekommernisse te deel.  Sonder dat ek my opinie lig, of my eie ego die hele ruimte vul nie. #holdingspace

#holdingspace
#holdingspace

Waaraan kan daar geskaaf word?

En hier volg die selfhelp gedeelte! 😜 Nie gedink ek gaan julle los sonder om maar weer my ou lessies uit te deel nie. Goeie ding is, hier kan ek net praat en julle moet maar luister!🤭

Die eerste een is spesiaal vir ‘n suster van my ~ as sy na dié week nog nie keelvol vir my alewige beterweterigheid is nie, dan is sy net so besonders soos ek weet sy is!  Maar my liefste suster en soveel daarbuite, hierdie is ‘n harde les. As jy ruimte vir ander wil skep, regtig daar wil wees en net ‘n plek skep waarbinne hulle self die antwoorde kan vind, hou op om alles TE WIL FIX, want lees bietjie hier ~ Don’t Go Exhausted Trying To Fix It All: Learning Boundaries as a “Fixer”. Dit los geen ruimte vir ons geliefdes of vriende, om die lewe self te lewe nie. En dit laat ons pootuit, met nul-niks resultate nie. Net ‘n doodse moegheid. #holdingspacebygivingspace

Ek weet ek is nou nogal effe straf op myself oor die luister storie – of sal ons sê die feit dat my mond vinniger in aksie spring as wat dit moet! Maar as ek kyk na Deep Listening, dink ek dis nogal ek. Dalk luister ek net vinniger as ander, dalk is ek net meer oplettend en sien ek ‘n ding al ‘n myl ver kom. Hoe dit ook ál sy, moet mens tog maar net sekermaak jy luister regtig om te hoor. ‘n Goeie metode is om net eers weer te herhaal wat jy gehoor het, net om doodseker te maak jy is nie hier op die oppervlakte besig nie. Dié artikel gee vele wenke, wat ek darem tot ‘n mate al toepas! #holdingspacebykeepingyourmouthshut

Laat ons nou maar doodeerlik wees met onsself, dis net soms makliker om vir spesifieke mense ‘n ruimte te skep waarbinne  hulle al hulle stories kan deel. Gewoonlik maar dies wat so bietjie dieselfde as ons is, ons opinies en vooroordele deel. Maar dis effe moeiliker as dit nie die geval is nie. As daar al klaar so ‘n ou klippie in die skoen is wat skaaf. As die verhouding so bietjie geforseerd is. Dan is dit BAIE MOEILK om die volgende raad te volg ~ How to Listen to Someone Without Judgment. Dit gaan op die ou einde maar daaroor om jou in daardie persoon se skoene te sit, om nie jou eie vooroordele na die tafel te bring nie. Om net op die inligting te reageer wat hulle jou bied. En nie al die ou koeie uit die sloot te grawe nie! #holding spcae for everyone

Dan is daar die ding van loving-kindness toepas. Daardie ding waar jy elke liewe wese in die wêreld met deernis en empatie kan benader. Daar is ‘n Boeddhiste gesegde wat so gaan… “May all human beings everywhere be healthy, happy, and free.”  #holdingspaceintheworld

Ek wil afsluit

Nou ja, soos gewoonlik wou ek graag met hierdie skrywe voor my eie voordeur eers vee. Ek wou seker maak ek hoor myself hard en duidelik. Want die afgelope week, met my vreeslike begeerte om te “doen-doen-doen,” het ek dalk nie regtig die ruimte vir mense geskep om werklik by my te kom afpak nie. #holdingspacewasnotmything

MAAAR ek wil ook vir elkeen van julle vandag die volgende sê:

Die stories wat ons, ons maak, is ook nie bedoel vir almal se ore nie. Vir ander om jou stories te mag aanhoor, is ‘n voorreg. En vra jouself altyd eers af: “Wie verdien om my storie te hoor.” 

As ons een of twee mense in ons lewens het, by wie ons veilig voel om ons minder aangename stories aan toe te vertrou. En as daardie einste mense het jou boonop nogsteeds lief het. En hulle verwelkom jou sterk wees en jou swak wees met ewe veel entoesiasme. Dan het jy geluk aan jou kant. 

Vind daardie mense wat al jou onvolmaakthede, jou kwesbaarheid, jou beste eienskappe omarm en laat voel of hulle vir jou “’n plekkie gehou het” aan hulle tafel. #holdingspace

En klou aan hulle soos ‘n neet!

As jy dalk ‘n oor nodig het om te luister, skryf gerus vir my by vryheid@wynvlieg.com of los vir my ‘n boodskap by www.wynvlieg.com.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *