Vol 146:  Die wagkamer

Ek vat gister die langpad Klein Karoo toe. Lanklaas het ek ‘n verandering van omgewing so nodig gehad. Te veel hooi op die vurk gelaai die afgelope tyd. Te veel beplan, beproef en gedoen.

So met die langpad, kom daar altyd ‘n geluister na die draadloos. Maar gister besluit ek, ek het ‘n hupstoot nodig. Wie beter om na te luister as onse Oprah Winfrey om weer bietjie woema te kry. So in die ry kom ek op hierdie potgooi  af ~ Full Episode: “Maya Angelou” (Ep. 416) | Super Soul Sunday | Oprah Winfrey Network 

As jy nog nie van Maya Angelou gehoor het nie, asb. doen jouself ‘n guns en gaan lees alles wat te lese is oor haar. Wat ‘n formindabele vrou was sy nie! Die wêreld lê besaai met haar wyshede…gedruk op plakkate, t-hemde en dies meer. 

#lifeisnotawaitingroom

Maar die ding wat die meeste tot my spreek, uit hierdie potgooi, is dit: Elke fase van haar lewe was wonderlik. Sy het na elke fase uitgesien. Of dit nou die 20’s, 30’s of 70’s was. Nooit het sy ‘n ouderdom gevrees nie, die een was net beter as die ander. Hierdie onderhoud is op 85 met haar gedoen. ‘n Jaar later is sy oorlede. Sy het voluit geleef. #lifeisnotawaitingroom


Die lewe is nie ‘n wagkamer nie

#lifeisnotawaitingroom

Dit laat my toe so ‘n bietjie wonder oor hoe ek my lewe aanpak. Nie net ek nie, maar elke een van ons hier op die aarde. Wat as ek nie môre oggend weer wakker word nie en my siel doen ‘n terugblik. 

Wat as die terugblik net gevul is met dinge wat ek nie gedoen het nie. Nie omdat dit lewensgevaarlik was nie, maar bloot omdat ek myself oortuig het ~ ek het nie genoeg geld nie, of is nie maer genoeg, of fiks genoeg, of mooi genoeg, of omdat ek net te bangbroekig is. 

Wat as al hierdie “nie genoeg” wat ek myself so oor die jare heen wysgemaak het, so voor my siels-oog verby flits. Al die goed wat ek moes sê, maar nooit my mond oor oopgemaak het nie. Wat van al die kere wat ek tog so bekommerd was of ek die regte ding doen, die smalle weg gevolg het en al die vreugde verloor het langs die pad. WAT DAN? #lifeisnotawaitingroom

En dit is natuurlik 100%, klinkklaar die rede Why is acceptance so important? Ek bedoel nie mens moet tou opgooi en nou net agteroor gaan sit of soos ‘n sak patats wees nie. Nee, daar is, soos hierdie artikel dit so mooi uitspel, ‘n groot verskil tussen opgee en aanvaarding. 

Ons kan maar aanvaar, dat ons NOOIT GENOEG geld gaan hê nie, nooit MAER genoeg gaan wees, of GENOEG TYD gaan hê nie. Want sien om een of ander rede bly die samelewing se standaarde net-net buite ons bereik. Die beeld wat daar geskep word, is altyd net so ‘n fraksie buite ons bereik. 

Ek was al arm en ryk, ek was al ERG OORGEWIG en brand maer, ek was al fiks en onfiks, ek was suksesvol by die werk en het ook al die ander kant van die muntstuk gesien. Ek was al dolgelukkig in verhoudings en tot diep in my siel ongelukkig. 

Mag ek maar sê, watter van daardie tyd het nie sy daaglikse geswoeg gehad nie? Was ek ooit TEVREDE met dit wat ek gehad het. Ongelukkig moet ek erken, in elke een van daardie fases, was daar altyd ‘n rede hoekom ek nie How to Escape Being a Victim of Time & Truly Live in the Present Moment altyd reggekry het nie. #lifeisnotawaitingroom

Dis nooit te laat nie

Baie van ons het al soveel klappe weg, kyk na die huidige situasie – hetsy ekonomies, gesondheid of sommer net ons alledaagse roetine en dink ~ DIS NET NET LAAT. Ek hoor gereeld…ek is al te oud om te verander. Die kalf is in die put. 

So voor jy sê dit is te laat….hou gou jou vinger op jou pols. As daar ‘n ligte pols is, lewe jy nog. Haal jy nog asem….jip, die behoort jy te doen. Wel dan LEWE jy nog! 

Dan is dit nog nie te laat nie. Dan kan ons so bietjie meer lewe in ons saai bestaan inblaas…right here, right this moment! Skop die skoene af, dans op daai tafel. #lifeisnotawaitingroom

Kyk ek laaik ‘n stukkie beplanning. Roetine en om altyd ‘n plan te hê werk vir my. Ek wonder toe sommer, hoekom waag ek nie maar om meer male ‘n fraksie meer spontaan te wees nie. Daar is tog sekerlik The Wisdom of Spontaneity (Part 1)

Spontaneous behavior is performed “without any constraint, effort, or premeditation.” It’s thereby understandable as “unplanned” or “impromptu” (Webster’s New World Dictionary/WNYThesaurus). 

Lag net ‘n slag uit jou maag, staan op in die oggend en gaan stap ‘n kop uit. Pak ‘n mandjie en ry ‘n bietjie in jou omgewing rond. Staan vroeg op en sien die son opkom, of wag vir die What Is a Blood Moon?

Al bibber jou broek

Wie van ons sê ja vir daardie uitnodiging wat ons so effe wankelrig maak. Daardie werk waarvoor jy dalk nie heeltemal opgewasse voor is nie. 

En wie van ons sê ‘n slag nee vir daardie ding wat ons nie meer wil doen nie. Ek skryf baie oor What Are Some Examples Of Emotional Boundaries (+ How Do You Set Them). Ek skryf so baie daaroor, omdat ek myself te veel in die lewe ingedoen het en ook eintlik niemand anders ‘n guns bewys het, deur slegte grense daar te stel nie. 

Dit word so uitstekend opgesom in daardie een sin hier: The simplest way to think of an emotional boundary is a clear line of what is and is not yours to deal with.

Lees dit weer mense, oor-en-oor-en oor. As dit nie jou bagasie is om te dra, of jou probleem om op te los nie. STAAN OPSY! 

Kyk eerstens uit vir jouself. Dit beteken natuurlik, wees nuuskierig, raak bietjie baie meer spontaan. Doen goed op die ingewing van die oomblik en hou op om altyd verskonings te soek van…is nie genoeg nie, kannie, te min. 

Die lewe is nie veronderstel om ‘n wagkamer te wees nie. Dis nie ‘n platform êrens waar jy sit en wag vir die volgende trein nie. Die lewe is gemaak om GELEWE te word. 

Al is dit hoe deurmekaar en verwarrend en vreesaanjaend die meeste van dit tyd, is die enigste ding wat ons sekerlik moet vrees dat alles by ons verbygaan. En dan wanneer dit te laat is, dan kom spyt.#lifeisnotawaitingroom

Uit een stuk 

Ek sluit af met ‘n gedig wat Maya Angelou. Dit my vrinne, dis wie ons is! 

Phenomenal Woman
BY MAYA ANGELOU

Pretty women wonder where my secret lies.
I’m not cute or built to suit a fashion model’s size   
But when I start to tell them,
They think I’m telling lies.
I say,
It’s in the reach of my arms,
The span of my hips,   
The stride of my step,   
The curl of my lips.   
I’m a woman
Phenomenally.
Phenomenal woman,   
That’s me.

I walk into a room
Just as cool as you please,   
And to a man,
The fellows stand or
Fall down on their knees.   
Then they swarm around me,
A hive of honey bees.   
I say,
It’s the fire in my eyes,   
And the flash of my teeth,   
The swing in my waist,   
And the joy in my feet.   
I’m a woman
Phenomenally.

Phenomenal woman,
That’s me.

Men themselves have wondered   
What they see in me.
They try so much
But they can’t touch
My inner mystery.
When I try to show them,   
They say they still can’t see.   
I say,
It’s in the arch of my back,   
The sun of my smile,
The ride of my breasts,
The grace of my style.
I’m a woman
Phenomenally.
Phenomenal woman,
That’s me.

Now you understand
Just why my head’s not bowed.   
I don’t shout or jump about
Or have to talk real loud.   
When you see me passing,
It ought to make you proud.
I say,
It’s in the click of my heels,   
The bend of my hair,   
the palm of my hand,   
The need for my care.   
’Cause I’m a woman
Phenomenally.
Phenomenal woman,
That’s me.

Maya Angelou, “Phenomenal Woman” from And Still I Rise. Copyright © 1978 by Maya Angelou. Used by permission of Random House, an imprint and division of Penguin Random House LLC. All rights reserved.

Laat hoor gerus van jou by vryheid@wynvlieg.com of los vir my ‘n boodskap by www.wynvlieg.com.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *