Vol 147:  Die middeljare

Kyk as jou pelgrimstog jou reeds tot in jou middeljare gebring het, sal jy dit weet: ons ou lotjie kan sake goed oordink, veral as jy deel van die vroulike geslag is.

En dalk oordoen ook. Die oordoen storie is weer ‘n simptoom van ons begeerte om tog in ander se blokkies of raamwerk in te pas. #themiddleages 

Maar eers by die oordink storie ~ praat gister met ‘n ou skoolvriendin.( Nie oud oorlat ons ouderdom nou aanstoot nie, eintlik meen ek oud🤪, soos in ons ken mekaar al lank.) Die wonder van die middeljare is al die kennis wat ons opgedoen het. Die feit dat ons nou makliker sommer net kan laat gaan. Vader alleen weet hoekom ons enigsins mag voortplant gedurende ons twintigs en dertigs, want ons is self dan nog effe kind ini kop.

Laat ek dit van die hart af kry

So Rumination: Why Do People Obsess Over Things?  Jislaaik mense, verlede week moes ek ‘n voorlegging doen by ‘n kliënt. Meer soos ‘n vuurpeleton sessie gevoel as ‘n voorlegging. Ek het geweet hier kom ‘n ding. Dat ek soos ‘n lam ter slagting gelei word…het my gestaal. Maar nóg steeds, al was ek voorbereid, al is my vel so dik soos ‘n renoster sin. Die nag daarna, het ek rondgerol, min geslaap en oor en oor die gebeure afgespeel. My bleddie brein wou net nie afskakel nie. 


Gelukkig kon ek vashaak by reflection en die brooding het ek sommer vinnig hok geslaan. Die oordenking het my net weereens tot die besef laat kom, dat ek my tog nie moet steur aan sotte nie. As mense paniekerig raak, hou hulle van kritiseer. Maar meer belangrik nog, wonder ek tog…HOEKOM KAN ONS NIE MENSE WAARDEVOL AG vir dit wat hulle na die tafel bring nie? 

Maar nou ja, soos Carl Jung gesê het….

#themiddleages

Terug by die onderwerp 

Nee ek wil nie vandag oor ander mense en hulle kortsigtigheid of aanvallende gedrag skryf nie. Daai was sommer net my poging tot Here’s How To Do Therapy On Yourself, According To A Therapist 🤣. Probeer dit gerus, handige oefening.

Van terapie gepraat ~ dalk is ons nie heeltemal so vry van al ons stront nie. Dalk bring die middeljare so bietjie meer wysheid, maar ek vermoed ons moet ook tot orde geroep word Paar waarhede in die gesig staar.  Ek weet ek moes! . #themiddleages

Want weet julle wat kom ek toe die week agter? In byna elke middeljarige vrou se kop, is daar ter gelyke tyd twee teenstrydige sieninge aan de uitspeel. 

Die eerste gaan so: “Ek moet myself lief hê, net soos ek is.” = Aanvaarding

Die tweede een weer: “Hoe kan ek beter raak in x/ ‘n beter weergawe van myself wees….wel met eintlik alles?” = Verbetering

Praat ek die waarheid, of is dit net ek?? #themiddleages

#themiddleages

Die vraag is dus ~ Self-Love vs. Self-Improvement – Do We Need Both en hoe kry ons dit reg?

Aanvaarding vs. verbetering

My hele lewe lank, glo ek aan verbetering. Ek wil meer weet, beter wees, vorentoe gaan in die lewe. Een van my waardes is  dan “nuuskierigheid” of sal ons sê “weetgierigheid.” Ek is alewig opsoek na ‘n verduideliking, ‘n verstaan van dinge wat gebeur. Dit bly nie daarby nie, nee o nee, ek moet darem ten minste iets leer daaruit en verandering teweeg bring.

Maar goeie genade, dis ook ‘n uitputtende storie hoor. Wanneer is genoeg nou eintlik genoeg? Wanneer kom daardie beloofde land van “aanvaarding,” van siel saligheid? Want vir hom is ek nou meer as gereed. #themiddleages

#themiddleages
#themiddleages

Van naderby beskou, en soos die artikel hierbo ook verduidelik, lê die probleem nie in die ooglopende teenstrydigheid nie. Maar dalk lê die geneuk in die redes wat AGTER die begeerte om te verander, te verbeter, skuil.

Ek reken ons is op hierdie aarde gesit, met die doel om te leer, te groei, te ervaar. Nie alleenlik is dit noodsaaklik, sodat mense darem iets het om oor ons op ons begrafnisse te kan sê nie. Maar stel jou ‘n wêreld voor sonder wetenskap, kuns en sport. As die mens nie voortdurend gestreef het om te verbeter op hierdie gebiede nie, waar sou ons vandag tog gewees het?

Waar ek nou staan ~ die pad na groei

Wel as ek reeds die eindbestemming bereik het, sou ek sekerlik nie genoeg bolloks kon kwytraak hier nie. So die pelgrimstog duur voort ~ ek dis wat ek dink:

~ as jy ten alle koste wil maerder raak, want jou man of vriend, of selfs die moontlikheid van een, laat jou glo jy is nie goed genoeg met elke liewe rolletjie nie. Dan raak ontslae van die vent, of beter nog..spandeer meer tyd om te verstaan hoe wonderlik jy is. Hoe jy met ‘n spesifieke bou geskape is…ek dik om die dif, dun om die middel. Dis dit, dis ek. En gelukkig het ek ‘n boude man ontdek! 😝

~ as jy moet fiks raak, om ‘n pelgrimstog van jou eie aan te pak. Of daardie staproete 

met jou vriendinne te gaan doen, trek aan jou skoene en kry jou voete op die pad. 

~ As jy ‘n graad of ‘n diploma najaag, omdat almal in jou familie ‘n papier agter hulle name het. Vind eerder uit, wat jou waarde en talente sonder ‘n papier is. Want ‘n stuk papier gaan jou nie laat floreer nie. Jy moet jy doen, nie iemand anders nie.

~ Maar as jy daardie aandklasse bywoon of aanlyn leer, om jouself ‘n beter kans te gee in die lewe. Daardie tweede werkie gevat het, om jou skuld te delg. Doen so voort!

~ As jy die nuutste paar seilskoene op die rak koop, al knor jou kredietkaart ~ net om in te wees. Gaan gee hulle terug. Trek die oues aan. Tweedehands is nou hoogmode!

~ Dit geld ook vir die groter huis, die nuwer kar, die vakansiehuis of ‘n nuwe fiets. Tensy jy van geld aanmekaar gesit is, dit met gemak kan bekostig ~ verkoop, gee terug, moenie in skuld vasgevang raak omdat jy wil hoort nie. Hoort lyk nie so nie. 

~ As jy alles in die stad wil verkoop, om eerder in die platteland na rus en vrede en sielsgeluk te gaan soek. Doen dit, doen dit nou! Werk by die kerkbasaar, skuur skouers met die locals. Drink ‘n bier by die Hap&Tap. 

Die wysheid

Maak nie saak wat op aarde dit is nie, maar as jy dink jy sal slegs goed genoeg wees wanneer jy ‘n gat hier in jou binneste vul, deur iets te doen, te verander, te bekom. Dan is ek bevrees, spruit dit uit ‘n gevoel van minderwaardigheid. 

Glo my vry, ek het op my dag ook al daai gate probeer toestop. So bietjie soos die bekende storie van die klein Hollandse seuntjie wat sy vinger in die gat in die dyk gesteek het. Hans Brinker. Statue of a Dutch boy who saves his country by putting his finger in a leaking dike. Harlingen, the Netherlands. Effe van ‘n doellose oefening, want die mag van die emosie gaan jou inhaal en versuip.

Daar is verskeie redes hoekom ons dit doen natuurlik, so die 3 Signs You’re Numbing Your Emotions behoort jou op die regte pad te kry. So waar, so waar! As ons die slegte emosies toegooi, gaan die goeies ook onder die sand beland. En so met die toegooiery, is daar altyd ‘n groot kans dat ‘n mens verslaaf raak om alewig iets te DOEN, i.p.v. net wees. 

Maar as jou soeke na beter, verandering en groei jou na ‘n plek lei waar jou lewe ligter gaan wees. Waar jy groots gaan wees, of dit is bloot die volgende bestemming op jou pelgrimstog ~ gryp dit aan. Sit al jou energie daaragter en wees MEER! MEER JY!

Weet dit

Jy kan ter gelyke tyd ‘n ongelooflike enetjie mens wees, maar daar kan ook nog werk aan jou wees.  Want ek glo vas, as jy jouself lief het ~ regtig egtig, sonder die verwyt en kritiek ~ sal jy wil bly groei. #themiddleages.

#themiddleages

Laat hoor gerus van jou by vryheid@wynvlieg.com of los vir my ‘n boodskap by www.wynvlieg.com.

2 thoughts on “Vol 147:  Die middeljare”

  1. Gretchen Carpenter

    Haai Wynvliegie,, ek lasik jou skrywes baie sterk. Ek lees nou hoe jy besin oor die middeljarigheid en alles “resonate” soos ons deesdae sê. My probleem is dat ek nie middle-aged is nie, eerder muddle-aged (82 om presies te wees) en ek het steeds baie van die issues wat jy aanraak. Oordink veral. Maar daar is darem tye wanneer ek nie meer so opgeklits raak nie, en tye wanneer ek sê fokkit ek gaan dit nie doen nie. Maar een ding wat steeds moeilik is – my seun sê vir my “stop trying to make headspace for things you can do nothing about”. En dis waaraan ek nou werk. Maar sjoe die ouderdom bring baie lesse. Jy het geen idee hoe medies geleerd jy word nie. Hou aan met jou gedagtes neerskryf, OK? Geniet hulle baie. Cheers!

    1. Oh Gretchen hoe geeerd voel ek nou dat jy my skrywes lees! En oh hel mens dalk is dit maar net ‘n ding waarmee ons gebore en gelaat staan is🙈! Jou seun klink baie wys, kry dit seker by sy ma!

      Mag ons twee mekaar eendag ontmoet. Sal my voorreg wees 🥇🥇☺️.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *