Vol 148: Lewenslesse

Na my skrywe van Die Middeljare kry ek die aller lekkerste stukkie pos van ‘n leser.

Sy deel met my dat sy 85 is en nog steeds maar worstel met die vraagstukke van die lewe. Lekker baie lesse al geleer, maar soos haar seun sê: Sy staan nog te veel kopspasie af aan dinge wat nie hare is om oor te bekommer of oordink nie. Wil my voorkom as mens so gebore is, sal jy so laat staan word!

Sy gee my toe ‘n idee ~ watter lesse het ieder een van ons al geleer in hierdie lewe. Of jy nou in jou vroeë dertigs, of laat tagtigs is. Lesse het ons almal al geleer, party leer ons sommer ‘n paar keer. Neem ons hulle ter harte – wel dalk nie altyd nie, maar ek vind dit help soms om ons lesse te deel. Want voel ons nie maar almal op ‘n stadium, ons is die enigste mense op gods aarde wat so swaarkry nie? #lifelessonsworthlearning


14 Reasons Why We Suffer ~ as jy wou weet! Nou ja, dis nou maar wors:

The bad news is:

We are the creators of our suffering.

The good news is:

We are the creators of our suffering.

Aldus die artikel hierbo. Wat die stukkie, skynbaar niksseggende wysheid, wil bevestig, is dat ons eintlik vir ons eie lot verantwoordelik is. Dat daar lesse te leer is en dan moet ons aan beweeg en die goeie behou. 

Die paar wat ek al geleer het

Ek sal darem bitter graag julle sin ook wil hoor ~ so ek hou die inboksie soos ‘n valk dop! Maar aangesien hierdie ‘n bietjie van ‘n monoloog is, sal ek die gesprek afskop: #lifelessonsworthlearning

Les nommer 1: jy het geen idee hoe sterk jy regtig is nie

Natuurlik bedoel ek op die emosionele vlak en nie fisies nie, maar ingeval jy gewonder het, You Are Stronger Than Your Brain Is Telling You. Dis die klein ou ego’tjie in ons koppe wat ons probeer wysmaak ons kan nie deurdruk nie. Te moeg, gaan nou omkap, moet rus. 

Maar as die groot bollie jou platslaan, as jy net eenvoudig verlate en alleen voel op hierdie aarde. Met ‘n vrag te groot om alleen te dra of een groot trauma wat jou teen die grond fel. Dis dan, net mooi dan wat mens agter kom ~ jy is heelwat sterker as wat jy gedink het jy is.

Wat natuurlik dan na vore tree is jou Emotional resilience en hoe dit jou deur hierdie tye sal dra. Dis nie noodwendig ‘n triomf nie nee, dit gee jou eerder die krag om deur die storm te kom, sonder dat jou bootjie om tiep en jy verdink.  Dis ‘n kuns, ‘n fyn balans ~ ‘n geloof in jouself, genadig wees met jouself en die vermoë om die slegte tye as tydelik te sien. Klim daai perd weer en ry hom! #lifelessonsworthlearning

#lifelessonsworthlearning

Les nommer 2: niemand gee regtig sooooooo veel om nie

Ons spandeer tog soveel tyd aan wat ander gaan dink, hoe ons ander laat voel, hoe ander optree. Soos ek altyd vir my seun sê…niemand gee regtig om wat jy met jou tyd doen nie. Mense is te self gesentreerd, meeste van die tyd is hulle besig om hulle eie lewens uit te pluis. 

Sal dit nie beter wees om maar net jou eie lewe te lei, jou eie foute te begaan nie. This Is Why You Should Be Proud of Making Mistakes ~ want jy leer, jou brein groei as’t ware, jy raak meer kreatief met jou oplossings en dit sal jou help met les nommer een hierbo. Boonop leer dit jou om nederig te bly, dit leer jou wat werk en wat nie! Maak ons dapper en wyser! 

Ek loop hierdie artikel raak, lekker sappige stukkie. The Gorgeous Reality of Not Being Well-Liked by Everyone ~ ons kan nie almal se goedkeuring wegdra nie. Want as ons dit nougeset nastreef, raak ons lewe so ‘n klein, ou hartseer verhaaltjie. Ons perk onsself  in! Soos die skrywer sê, baie prominente mense soos Lennon, wat boodskappe van liefde uitgedra het, was nie juis op sy tyd die mees gevierde persoonlikheid nie. Hy was vreemd en anders en sy tyd ver voor! 

Ten minste is jy nie ‘n skaap nie, staan jy vir iets. Jou vriende is mense wat regtig met jou wil uithang. So begin dalk vandag om die goed en kwaad in jouself te erken, dit lief te hê. Hê waardes, enige waardes ~ solank jy hulle uitleef! #lifelessonsworthlearning

Les nommer 3: Soms is jy op jou eie

Wel ja, ek is een van daai praters. Ek hou daarvan om my stres uit te deel ~ as die krisis kom, moet ek praat. Anders voel dit of ek gaan ontplof. En gelukkig is ek in die bevoorregte posisie om ‘n hele susterdom te hê wat bereid is om te luister. Why talking helps is regtig ‘n ding!! Dit werk soos ‘n bom, want die probleem word sommer eensklaps kleiner, daar kom ‘n ander perspektief of in die meeste gevalle kies ek iemand wat met my gaan saamstem🤣. Of ‘n bietjie simpatie gaan verleen.  Maar dat ek ligter voel daarna, is nou maar wors.

Maar hier is die geneuk, mens kan elke selfhelp boek onder die son lees, jy kan afspraak-na-afspraak by ‘n sielkundige maak. Jy kan al jou wyse vriende nader hark, maar op die ou einde lê die antwoord en die aksie by jou!!!

#lifelessonsworthlearning

Want sien, ONLY YOU CAN MOTIVATE YOURSELF ‘n Selfhelp boek wat dalk kan help🤪. #lifelessonsworthlearning

Jy is die een wat met jouself hard moet praat ~ jy is die een wat die gewoontes moet verander, jy is die een wat dapper genoeg moet wees om te erken ~ JY VERDIEN BETER, MEER, GENOEG!

En sommer dat jy weet ook, les nommer 4  ~ meeste mense het geen idee  wat hulle besig is om aan te vang nie. Almal probeer net hulle bes, maak groot flaters en probeer maar weer. Niemand van ons is ‘n handleiding in die hand gestop vir hierdie lewe nie. Ons kry wel ons ouers om ons so bietjie rigting te gee, ‘n onderwyser hier en daar en dan ‘n paar mentors. Maar ons is almal uniek, almal reageer verskillend en ieder een van ons probeer sin maak van die hele spul! #lifelessonsworthlearning

Les nommer 5: Om getrou aan jouself te wees

Wel, dit kan een van die mees verlate paadjies wees wat jy ooit stap. The Importance of Being True to Yourself kan nie onderskat word nie. 

Maar om werklik getrou te wees aan jouself, moet jy natuurlik ook bereid wees om doodeerlik met jouself te wees. Makliker gesê as gedaan! Dit beteken jy moet ernstig wees oor jou waardes, oor wat jy uit die lewe wil hê en ook kwesbaar wees. En dan moet jy dit boonop nog met ‘n opregte hart aan ander kan oordra. En daar lê die ding my kind, daar lê die ding. 

Want ons wil inpas, ons bekommerd ons graag oor ander ~ want dit gee ons so ‘n bietjie van ‘n valse idee dat ons ‘n verskil maak. 

Hoeveel van ons is bereid om op te staan en te erken: Hierdie is wie ek is, dis hoe ek van plan is om my lewe te lei. Dit is ek. 

Dis van self sprekend dat ek jy nie sommer soos ‘n wilde loot kan tekere gaan nie. Maar as jou kompas reg gestel is, sal jou gewete i.e.g jou goed aanpraat. #lifelessonsworthlearning

#lifelessonsworthlearning

Les nommer 6: moenie jouself flous nie

Kyk ons kan onsself goed in die steek laat. Ons kan onsself oortuig dat al ons slegte gewoontes ok is, dat ons geregverdig is om wrokke rond te dra. Dat die hele wêreld teen ons is, dat ons die arme slagoffer is. 

Prontuit ~ ons lieg lekker vir onsself. Ons doen dit natuurlik meestal om onsself teen een of ander onuitgesproke drama of gevaar te beskerm. Dan is daar hierdie wetenskaplike, Robert Trivers wat glo, ons lieg vir onsself, sodat ons ander beter kan bedrieg! 🙈

Hoe dit ook ál sy, of jy nou Moeder Teresa se eweknie is of die duiwel se kindjie, jy het een of ander vooropgestelde idee oor die wêreld ~ gevorm aan moederskoot, vasgelê op elke skool en kerkbank wat jy jou al ooit op bevind het. 

Luister bietjie rond in jou vriendekring, ons het dit bemeester om onsself te beloon vir goeie gedrag, harde werk, ‘n streng oefenprogram. En waarmee doen ons dit…drank, soetgoed, ure voor die TV. 

So terwyl ons onsself so lekker om die bos lei, is ons ook besig om ons groei te belemmer. Want ons vermy eintlik ongemak. En sodoende ervaar ons nooit die gevoel van vryheid of vooruitgang nie. #lifelessonsworthlearning

Les nommer 7: wees verantwoordelikheid vir jou eie lewe

O la, hierdie is nogal een nè! Lekker ou Blame Culture: Definition and Explanation. Makliker om iemand anders vir jou bedremmelde lewe en al sy foute te blameer, as om voor jou eie deur te vee.

As jy nou ‘n lekker goeie klap teen die oor wil hê, dan kyk hierdie greep ~ TAKE RESPONSIBILITY FOR YOUR LIFE – Best Motivational Video. Hee-ha!! Vat hom Flaffie!

Die vraag is: Het jy al vandag in die spieël gekyk en vir jouself gesê: Dis net jy, dis net jy wat jouself in die steek laat, dis net jy wat vir jouself kan opstaan, dis net jy wat hierdie situasie kan verander, dis net jy wat hierdie slegte gewoonte onder die gat kan skop?

Want hoeveel van ons is regtig bereid om al die harde werk in te sit en al die ongemak te verduur, om ons lewe te verbeter. #lifelessonsworthlearning

#lifelessonsworthlearning

Genoeg gepreek

Sjoe nou moes ek myself ook so ‘n bietjie in die spieël gaan betrag. Klomp goeters wat ek hier kwytgeraak het. 

Maar ek glo dit werklik. 

Nou is dit jou beurt!  Vertel gerus by vryheid@wynvlieg.com of los vir my ‘n boodskap by www.wynvlieg.com.

2 thoughts on “Vol 148: Lewenslesse”

  1. Moenie ander se opinie vra as jy nie die waarheid wil hoor of kan hanteer nie.
    Ek het gevra wat verskeie mense van my nuwe korter/ krullerige haarstyl dink. Antwoorde het gewissel van “deurmekaar; te veel uitgedun en mooi haarkleur.”

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *