Bevoorreg dat hierdie mooi toonsetting ~ You Start Dying Slowly. Poem by Pablo Neruda. ~ van ‘n gedig deur Pablo Neruda oor my pad gekom het.
Soos ek daarna luister, wonder ek hoeveel van ons is dooi voor ons tyd? #youstartdyingslowly
Ons heg soveel waarde aan ons lewens, ons veg vir ons regte, ons maak seker ons kry die beste ~ uit ander, uit die wêreld.
Maar dan bly die vraag mos maar altyd – LEWE ONS regtig? Of is ons besig om stadig maar seker te dood. En hoe lyk dit? Hoe lyk dit as ons lewens net gaan stilstaan? #youstartdyingslowly

Wanneer tree die stadige dood in?
Ek gebruik skaamteloos die gedig as inspirasie vir die vraag aan myself en aan julle ~ wanneer begin mens stadig die aftog blaas? #youstartdyingslowly
Volgens Pablo…
As jy jou vlerke ophou sprei
Die begin van die einde is die dag as jy nie meer jou horisonne wil verbreed nie ~ 7 Simple Ways To Broaden Your Horizon. Jy hoef nie jou werk op te gee of reg rondom die wêreld te toer in ‘n een man tent, met net ‘n fiets om jou van punt A na Z te neem nie. Maar as jy kan, spaar ‘n sent of twee en gaan verken ander mense se kulture, hulle wyse van lewe, eet hulle kos. Want research shows travel changes you for the better — here’s how. Dit bring ‘n oop kop oor ander mense, dinge en die lewe in die algemeen. Dit hou nie net jou wekkertjie aan die tik nie, maar dit hou ook jou brein aan die gang. Jy word gekonfronteer met dinge wat ver buite jou alledaagse roetine en raamwerk val. En dis net ‘n goeie ding.

As daar geen bladsy omgeblaai word nie
#youstartdyingslowly
Maar as jy nie ‘n vliegtuigkaartjie of die huidige petrolprys kan bekostig nie, lees! Hoeveel van ons lees nog regtig? In die dae toe ek nog jonk was, was daar nie TV in ons huis nie. Nie omdat ek so oud is dat TV dit nog nie in my prulle jeug tot in Suid-Afrika gemaak het nie. Maar die ouerpaar was gewoond aan die draadloos luister en vir hulle was dit genoeg. Boonop was daar soos in GEEN opvangs op die plaas nie. So daai antenna is soos ‘n woer-woer op die dag rondgeswaai. Met iemand wat van die dak af instruksies ontvang van uit die voorkamer. En omdat radio nou nie juis later meer bekoring ingehou het nie, het ek gelees. Elke onderwyser op die aarde sal jou vertel, Benefits of Reading Books: How It Can Positively Affect Your Life is ongeëwenaard.
Ek kon en kan tot vandag toe nog my verloor in ‘n boek. Dit maak letterlik wêrelde vir ‘n mens oop. Dit laat jou ontvlug, hou jou brein aktief en maak jou meer empaties. Daar is ook duisende boeke wat jou kan inspireer tot hoër hoogtes, vertel van mense met besonderse lewens of sommer net jou wegvoer na ‘n verre land. Ek het ‘n voorliefde vir enige novelle met ‘n tikkie van ‘n oosterse geur, of iets uit Indië. Dis ander kulture wat my fassineer ~ ek glo vas, dit gee my ‘n beter verstaan van mense wat nie in my kultuur rond dwaal nie. Maak my meer empaties. Verder het ek darem ook ‘n nuwe Engelse woord of twee bygeleer so oor die jare😝. En boonop, as jy sukkel om te slaap ~ slaan net daai boek oop en in ‘n japtrap gaap jy soos niks.
Verwaarloos jouself
Praat vandag weer met ‘n kollega. Ons kom uit verskillende kulture, ek is HEELWAT ouer as sy. Maar daar is ‘n draad wat deur ons opvoeding loop ~ “suck it up buttercup” noem ek en sy dit sommer. Nie juis met ouers grootgeword wat geglo het in die hele Vulnerability Is a Sign of Strength, Not Weakness storie nie. Ons is grootgemaak om gefokus te wees, om deur dik en dun net vas te byt en net voort te ploeg. Nou wonder ons so bietjie of ons hierdie aan ons kinders ook oordra?
Ons glo tog ons grootste opdrag is om nou die “sondes” van ons voorvaders te begin regstel. En natuurlik om dit te kan regkry, moet ons begin om na onsself te kyk. #youstartdyingslowly What is Self-Care and Why is it Important For You vra jy jouself seker ook soms af. Dis meer as net daai gesig behandeling of die glas wyn aan die einde van ‘n stresvolle dag. Dis veel, veel meer.
In ‘n neutedop is dit natuurlik alles wat jy in jou lewe doen om jou gesond te hou ~ fisies en geestelik. Het my generasie nie verniet ook die diep gewortelde geloof dat produktiwiteit jou waarde bepaal nie? The New Status Symbol. Do You Have It? Do You Want It? Luiaards word nie geduld nie, oortyd word nie verwag nie, vakansies is nie ‘n ding nie….werk-werk-werk. En as jy nie aan ‘n baas hoef te rapporteer nie, dan is jy besig om jou by elke liewe welsyn projek in te dwing, of jy trap die skool se gronde deur en staan altyd gereed.
En dan begin die ewige gesoek na balans. Wat ook in my opinie ‘n hele klomp stront is. Nie een van ons is akrobate nie…wel dalk was sommiges lank terug, maar as ek nou op een been moet balanseer by die joga klas, lyk ek meer soos ‘n groot wind turbine as ‘n gimnas!
Ek reken solank ons mooi kan kyk na ons emosionele welstand, die omgewing nie deur ons gatte trek nie, seker maak ons verwyder alle giftige mense uit ons lewens, lewe nie bo ons inkomste nie, sit ‘n geldjie weg vir die reis of oudag, stimuleer ons breine met ‘n bietjie intellektuele geselskap, beweeg ons liggame net genoeg, maak tyd vir vriende en vind ‘n geestelike uitlaatklep. Wel as ons iets van elk van daardie darem op gereelde basis regkry ~ dan behoort ons mooi na onsself te kyk.
My selfsorg sluit in ~
- Oefen by die gym. Was mos eens op ‘n tyd heeltemal besimpeld en het elke liewe dag geoefen. Daar was hierdie vrees dat indien ek nie sou opdaag nie, ek 1000kg ekstra sou optel. Tot ek op ‘n dag besluit het, fêk dit. Ek gaan nou afskaal. Ek gaan nou net doen wat nodig is om die skarniere geolie te hou. En glo my, die lyf lyk en voel sommer beter. Obsessiewe gedrag vaarwel geroep.
- Ek het die skaal tot aan die uithoeke van die aarde verban. Klim nie op daai gedoente nie. Te veel van ‘n een dimensionele oordeel wat gefel word. Hoe weet daai stukkie apparaat van wat eintlik in my liggaam aangaan?
- Ek spandeer soveel moontlike tyd met daai geliefde ponie van my. Dis vars buitelug, dis terapie, dis klein oorwinnings en skaterlag. Ons is klomp ou vrouens wat ons lywe jonk hou. Wat liefs nie moet val nie, maar val, val ons. En dan klim ons hulle weer.

- Ek lees weer. Te veel jare het ek my nie meer verlustig in boeke nie. Dit help natuurlik as mens se oë nie so waserig is in die aand van ‘n glas of twee wyn nie.
- Ek wend ‘n daadwerklike poging aan om meer te leer van die kulture in hierdie pragtige land van ons. Daar lê soveel rykdom. Te lank skep ons net so op die oppervlakte in die land. Almal vreeslik ordentlik met mekaar. Maar dieper wil ons nie sommer verstaan nie. Wat ‘n mors van ons tyd, dis ‘n hele wêreld van wonder wat hier op ons drumpel lê.
- Ek maak seker ek hou my geestelike oë en ore oop. Vir alle gelowe en sieninge. Want my Cognitive bias probeer ek doelbewus uitdaag. Wat nogal baie gevra is van ‘n vrou van my kaliber. Vol van my eie, sterk opinies hoor!
- En ek gedra my weer op geleentheid soos ‘n bakvissie.😜
Verander so bietjie die roetine
Kyk ek is maar ‘n gewoonte gedierte, as ek dan nou moet eerlik wees. Ek hou van my roetine ~ raak skoon omgekrap as iemand daaraan torring.
Ons weet nou al ek is maar van die sensitiewe soort ~ nie fyngevoelig nie nee, ek is net vreeslik oplettend en fyn besnaard as dit by die emosionele dinge van die lewe kom. The Psychology Of Daily Routine ~ want my hele gemoedstoestand word bepaal deur sekerheid. En my roetine bied my die sekerheid.
Maar nou ja, ek het ook al geleer dat ek maar so ‘n bietjie kan “laat gaan.” Dat die wêreld nie inmekaar gaan tuimel as ek nie elke liewe dag my roetine volg nie. #youstartdyingslowly
Daar is ook ‘n geleentheid om dinge so ‘n bietjie om ver te werp. Ek probeer nou my bes om maar so deur alles asem te haal en myself die KARDINALE vraag af te vra: “Gaan hierdie regtig saak maak oor ‘n jaar?”
Hierdie omwentelinge hoef nou ook nie jou lewens koers te verander nie!! Dit kan net wees om ‘n slag ‘n fliek in die middel van die week te gaan kyk. Of dalk net daai uitspattige rooi broek te koop…en te dra! Of om ‘n slag van daai deurtrapte gewoontes ontslae te raak ~ want as dit jou nie meer dien nie, pad af daarmee! Moenie dat enige iets soos ‘n albatros om jou nek kom hang nie. Soos die Engelse sê…mix it up!
Moet nooit ophou droom nie
Ek weet nie van julle nie, maar ek is nou op daardie ouderdom wat ek dank die Vader vreeslik baie al ervaar het. Ek was bevoorreg om baie te reis. Geseënd met goeie kos, lekker huise, duur genoeg karre, lieflike vrinne en sukses op verskeie fronte. Niks om oor te kla nie. En dan moet mens jouself afvra ~ wat is nou volgende? Waarheen gaan my drome my nou neem. Of #youstartdyingslowly

Daai een probeer ek nog uitwerk, want ek voel vreeslik op my gemak op die oomblik. Seker ‘n goeie ding, want die lewe hy sal homself weer aan my kom ontbloot.
So intussen probeer ek my lewe lei met oorgawe. Ek probeer geen emosie onderdruk nie. Ek probeer van die dinge wat my nie gelukkig maak nie ontslae raak. Ek luister na ordentlike raad ~ wat ek kry van oud en jonk.
Maar meeste van alles, ek probeer my perspektief altyd bevraagteken en verander waar dit moet. Want Change How You Feel by Changing Your Perspective
Ek hoop jy is nog vol lewe. Skryf vir my by vryheid@wynvlieg.com of los vir my ‘n boodskap by www.wynvlieg.com.
Wynvliegie, jy praat nou so mooi my taal. Ek wil nuwe dinge probeer terwyl ek nog asem in my longe het en die Vader my rugstring nog regop hou. My man en ek gebruik nou elke oomblik wat ons kry om nuwe dinge te ontdek en ons laaste jare saam daaraan te wy om arms vol herinneringe bymekaar te maak.
Wat ‘n wonderlike plan! Ons het ook hierdie week omtrent verskeie nuwe, spontane dinge aangepak. Die lewe is kosbaar en ons moet net eenvoudig al ons vooropgestelde idees by die voordeur uitgooi! Doen so voort! En dankie vir die skryf!