Vir wat ek my in die ding begewe het weet niemand op gods aarde nie!
Dink mos ek is slim en verbind my tot ‘n “uitdaging” by die gym. Nou ‘n uitdaging is veronderstel om ‘n mens tot hoër hoogtes te inspireer.
Kyk, moet my nie verkeerd verstaan nie, Good reasons for embracing challenges het altyd ‘n ding beet. Mens het ‘n paar uitdagings nodig in die lewe, doelwitte om te bereik, mense wat jou verwoordbaar hou en dan natuurlik die kompeterende streep in jou uit te bring. En gin mens sal vorder in die lewe as daar nie ‘n paar uitdagings was nie. Maak jou mos sterk, inspireer jou.
Maar die fokkop met die een was dit! Iemand het my gesê ek mag sekere dinge GLAD NIE MY LIPPE aan sit gedurende die 30 dae nie. En ek moet 3 keer ‘n week gym toe gaan. Laasgenoemde was geensins ‘n probleem nie, want dit is reeds lankal ‘n healthy habit vir my.

Die rebel hier binne my
#deprivationbingecycle
Ek is maar nog altyd so effe stroomop gewees. Nie heeltemal die tipe wat in ‘n boksie geplaas wil word nie ~ alhoewel ek die spel binne so ‘n boksie heel goed kan speel as dit dan nou moet.
Ek vermoed hierdie vasskop teen beperking het so ‘n bietjie te doen met die feit dat ek van ‘n jong ouderdom van my “vryheid” ontneem is. RESEARCH STUDIES HOW PEOPLE WILL REACT TO A RESTRICTION ON RIGHTS is ‘n hele groot navorsingsprojek daaroor en hoe mense reageer as hulle vryhede van hulle weggeneem word. Nou voor julle almal in angs en bewing ingaan oor my onthulling, hier is geen groot ontstellende onthulling oppad nie. Nee ek is bloot op ses koshuis toe en van daardie dag is vele van my vryhede weggeneem. Jy moes eet wat vir jou voorgesit is, op ‘n spesifieke tyd. Daar was ook net ‘n spesifieke hoeveelheid vir elke kind. Geen lekkernye tussen-in nie. Een keer ‘n week mag ‘n mens “uitgestap” het dorp toe, om jou skamele sakgeld te spandeer. Daai 25 sent kon darem iets soets, souts en te drinke koop. Maar glo my vry, voor jy nog deur die hekke terug was, was dit alles verorber. #deprivationbingecycle
Ek glo vas ek het ‘n WHAT IS A SCARCITY MINDSET rondom kos ontwikkel. En boonop natuurlik toe die sluise na skool oopgaan het ek na kos en lekker wyntjies begin reik om myself te sus are you using foods to self-sooth.
Alles of niks
Toe ek so amper twee jaar terug besluit het om die wynvlieg en sy trawante vaarwel te roep ~ as jy in die mode wil wees, probeer gerus ~ Are You ‘Sober Curious’ ~ kom ek jou wrintie waar vele interessante mense tee. Kyk almal dink mos iemand wat die voggies so bietjie op die lange baan skuif is heel mal of iets. Die iets is gewoonlik ‘n prentjie van mense wat drank in klerekaste wegsteek, of op die bank in die park moet slaap. Durf ‘n mens waag te sê, jy wonder oor jou verhouding met alkohol, kyk almal jou skeef aan en wonder hoe lank jy al die donker geheim wegsteek. Niks so dramaties nie, nee, die meeste nuuskieriges wil maar net weet hoe die lewe sonder daai kruk voel.
Om die vreeeeeeeeslike lang storie korter te maak, so ontdek ek toe ‘n hele stam van my eie soort. Wil my voorkom dat die meeste mense wat so bietjie wil hokaai roep is eintlik warm, joviaal, pret en nogal die “alles-of-niks” brigade. Dinge word nie halfhartig aangepak nie, nee in my stam en sy mense doen ons dinge ordentlik. My goeie magtag, toe loop soek ek die storie op, want effe gatvol dat ek nie ook een van daai gebalanseerde tipes kan wees nie. Of sal ons sê die gematigdes. #deprivationbingecycle

Nou my wrintie waar ~ The All-or-Nothing Personality Type: Good or Bad, lees ek nou ‘n paar waarhede raak. Lyk my ek en my soort is van kindsbeen af geprogrammeer om sekere oortuigings en waardes na te jaag ~ hmmmm en hulle lyk so: prestasie, om take ordentlik te voltooi, sterk werksetiek en die alewige perfeksionisme.
“Central to the A/N approach to life is passion and a desire to excel.” Ek haal aan uit die artikel hierbo. Nou ja, pragtig. Moet ek dit waaragtig op alles in my lewe toepas?
Vermoedelik is ek poer in my moer. Want sien, aan die eenkant is ek soos ‘n robot geprogrammeer om “alles-of-niks” na te jaag, maar dan het ek hierdie anderkant wat vrees ek gaan nooit weer kos of wyn of lekkernye sien nie. Vreemd hoe ek nie daai probleem het met oefening nie. Was op skool mos nou nie juis die top atleet nie! Die geoefen het begin na skool ~ wou kalorieë verbrand, sodat ek geen beperkings op my etery hoef sit nie. Gesnoeker.
Hel, ek sou vir Freud jare se pret verskaf het! Ek voel soos ‘n bol wol wat ‘n kat beetgekry het. So gekoek dit sal nooit ooit weer ontrafel kom nie.
#deprivationbingecycle
Voor ons verder gaan
Stadig maar seker begin ek hierbo myself ontsyfer, in my soeke na balans en geluksaligheid. Maar sien, ek weet ook ek is nie enig in my soort nie. Daar is derduisende(indien nie ELKE LIEWE VROU IN ‘N LAND SONDER HONGESNOOD nie) vrouens wat elke dag verval in die How the Binge Restrict Cycle Keeps You At War With Your Body.
Ken jy enige vrou op hierdie aardbol wat op ‘n dieet was of is, wat jou vertel sy geniet die beperking so, sy gaan sommer vir ewig daarby hou? Wie hou daarvan om vertel te word wat om elke liewe dag van hulle lewe te mag en nie mag eet nie. Almal van ons ken die verhaal, almal van ons was al of is nóg steeds ‘n slagoffer van die belaglike diëte daarbuite. Almal beloof maer, maer, maer. Gewigsverlies is natuurlik glad nie ‘n slegte ding nie, maar soos elke liewe ordentlik gesondheidskenner nou uitbasuin, moet ons dalk op gesondheid fokus en nie maer nie.
En halleluja, daar is meer en meer sielkundiges en kenners wat besef, die probleem lê nie by die kos nie. Dit lê in die kop! As jy nou daar is en enige van die volgende frases klink bekend…

Wel dan, my vriend of vriendin, is jy maar net besig om soos ons almal aanhangers te wees van die idee dat beperking die antwoord tot ‘n fietser, gelukkiger jy is. Maar die vieslike siklus waarin ons verval, maak dat ons by die eerste versoeking vashaak en dan gaan ons wild. Vreet soos wurms deur alles, net om belydenis van al ons sondes te gaan aflê. #deprivationbingecycle
Daar is hoop mense, daar MOET WEES!
Weer terug by begin
Kyk as ek so terugblaai deur al die blogs wat ek tot op hede geskryf het, klink ek ook al soos ‘n vas gehaakte plaat! Ons weet reeds teen die tyd…perfeksionis die is ek tot ‘n mate. Baie goed met die self kritiek. Laaik middelmatig minder as mayonnaise. Kan lui mense nie vat nie en slapgatgeit nog minder.
En elke keer preek ek myself ~ Definition of Self-Compassion is die antwoord vrou. Maar luister ek, pas ek dit toe? Moet bres gee, die skuldgevoel pak my nie meer so baie nie. Raak moerig met myself dat ek so maklik voor versoekings kan knak en nie die ou filmpie tot aan die einde van die rol kan speel in my kop nie. Maar, maar, maar….ek het nog BAIE VER om te gaan as dit by die ware sin van die woord uitkom.
Soos hierdie artikel so mooi in die openings paragraaf sê ~ 5 Steps to Develop Self-Compassion & Overcome Your Inner Critic . As jy vir dekades saam met iemand op reis moes gaan, sou jy mos darem sekermaak jy het ‘n uiters goeie verhouding met daardie persoon. Ag aarde, die meeste van ons trou as ons nog bogkinders is en stap sommer oop oë in ‘n gemors in, so dalk is ons in elk geval effe swak met die regte maats kies vir belangrike reise.
Maar des te meer, ons weet dit almal. Die mees belangrike verhouding wat ons ooit gaan hê is met onsself. Daai stem in die kop, wat die hele liewe dag jou geselskap moet hou. Daardie stem wat jou moet motiveer as jy ‘n struikelblok moet oorkom. Daardie stem wat jou moet aanmoedig as dit ‘n gesukkel word. Daardie stem wat jou moet liefde en warmte bied as ander nie kan nie. Daai een is JY!!!

So al wat ek myself nou wil afvra is dit: Hoe is wat ek doen, wat ek kies in hierdie lewe besig om my gesondheid te beïnvloed. My geestelike sowel as my fisiese gesondheid. Hoe kan ek goedwees vir myself ~ hoe lyk dit.
Dis nou my huiswerk, elke liewe dag. Ek probeer, ek probeer! #deprivationbingecycle
Moet nou stop!
Is jy ook op hierdie mallemeule? Skryf vir my by vryheid@wynvlieg.com of los vir my ‘n boodskap by www.wynvlieg.com.