Wynvlieg Vol 153

Vol 153: Vrees en Beloning in die kryt

Ek bly gefassineerd met die lewe en die mens. Met wat ons almal dryf om te doen wat ons doen, om die keuses te maak wat ons maak.

Die dinge wat ons lamlê en hoe ons dinge oorkom. Want sien, daar is NIE EEN DÊM mens op die aarde wat uitgesorteer is nie. Nie een DÊM mens wat sonder bagasie rondloop nie.

Mens wil mos maar altyd die sondes van jou voorvaders afskud, die goeie behou en dan ook beter doen waar dit jou kinders aangaan. Min wetend dat ons eintlik die geraamtes van die verlede abba, die probleme lewend begrawe en dan op daai einste graf ons kinders probeer plant. 

Lees die week weer iets raak in hierdie artikel wat soveel sin maak ~ How to Stop Procrastinating. Buiten dat hierdie natuurlik weer in die kol is, is die een ding wat vir my soos ‘n paal bo water staan: Ons vrese dryf ons. Of dit nou stroom op of stroom af of kruis en dwars is. So baie van ons gedrag word bepaal deur dit wat ons vrees. En meeste van die tyd is ons salig onbewus dat ons wel hierdie geraamtes met ons saamdra!


In die linker hoek van die kryt = VREES

#fearversusreward

Soos met alle raaisels in die lewe, moet mens maar by die begin, begin. Ek skryf baie daaroor en het ook in verlede week se Vol 152: ‘N Ode daarna verwys. Ouers het ‘n gewoonte om kinders goed op te mors. Want ons dra almal een of meer van hierdie the five wounds of childhood met ons saam. En ons skroom nie om dit aan ons kinders na te laat nie!

Om ons understanding the connection between the identity and the ego te verstaan, moet ons ook verstaan wat ons ervarings en waarhede omtrent verraad, verwerping, vernedering, onreg en om agter gelaat te word, is. Daar is natuurlik ook die meer positiewe kant hiervan ~ aanvaarding, lojaliteit, vertroue, regverdigheid, gekose wees. 

Maar die ding wat ‘n nadere ondersoek verg is dit:  wanneer tree jy uit vrees op eerder as uit bevryding? Want sien ‘n groot deel van ons identiteit en ons verstaan van die wêreld word in daai eerste vyf jaar gevorm. En dan daarna, maak die lewe seker ons messel dit goed vas! So baie van hierdie goed is ons nie eers van bewus nie. Maar by nadere ondersoek, bring die mannetjie sy regte kleure na vore. #fearversusreward

Die gemaskerde vegter

Maar intussen is ons soos mense van een van daai WWF gevegte. Kruip mooi agter die maskers weg, of sal ons sê ons trek sommer die hele uitrusting aan. 

#fearversusreward

Hierdie pragtige gedig, som dit so mooi op. (Dis weliswaar oor slawerny, maar ons raak ook sulke gedienstige slawe van ons eie vrese, dat ek reken dis gepas vir hier ook!)

#fearversusreward
#fearversusreward

Die ding met hierdie masks, is dat ons eintlik besig is om van ons kwesbaarheid weg te hardloop. Ons skaam ons vir ons eie tekortkominge, ons jaag die perfekte na. Niemand moet tog kan sien ons is feilbaar nie. 

Ons as vrouens wil tog net ten alle koste die front voorhou dat ons 100% alles kan doen en wees. How the idea of ‘having it all’ makes women feel terrible about themselves ~ want ons kan tog net nie wys ons het ook behoeftes nie. Ons moet die besigheid aan die gang hou, ons moet die huishouding koördineer, die kinders moet heel en reg aan die anderkant uitkom. Ons moet die seks godin en die eggenote met die omgee hart wees. 

Want as ons dit nie kan regkry nie, het ons gefaal. Dan is ons kwesbaar, minder as en ‘n pateet. Gefaal in elke liewe opsig. Die vrees om van daardie maskers te laat val, dryf ons om net aan te hou. Dryf vele in die arms van die @wynvlieg en sy trawante in. Of na die koskas en die suiker. Dit maak dat ons nie versoeke in die slaapkamer lig nie, dat ons in verwoestende verhoudings bly. Of net die vrede probeer bewaar. En dan eendag is eendag, val die wiele af. Ons skree soos ‘n dronk vrou op die bottelstoor se stoep. Of ons val net heeltemal uitmekaar. En dan, wat kom dan…die skuldgevoelens, die minder-as-niks of genoeg. Viola, die wonde van die verlede.

Vir mans lyk dit weer effe anders. In een woord opgesom ~ swakheid. Want êrens in daardie vroeë vormings jare, word boeta geleer ‘n seunskind huil nie. Is nie ‘n papbroek nie en moet die slae kan vat. Manne, manne. Die ruiter op die wit perd, die prins wat die prinses van die gewisse dood sal red. Die broodwinner, die een met die mag. Ons leer ons jong seuns, act tough and hide weakness: research reveals pressure young men are under.

So wat doen mans wat ‘n vrees of kwesbaarheid slaan? Hulle bult hulle spiere, byt op hulle tande en maak of niks verkeerd is nie. Hulle gooi geld rond om daardie gevoel van magteloosheid teen te staan, om aan hulleself te bewys hulle is toe tog in beheer. Hulle vat wat hulle kan kry, want dis mos wat sterk manne doen. 

Dis ‘n stryd vir lewe en dood

#fearversusreward

Want sien ons vrese en die gedrag wat daaruit voortspruit, is direk verbind aan ons instink. Ons begeerte om te oorleef. Aldus, the biology of fear- and anxiety-related behaviors

Ek wil jou tog vandag aanmoedig om daardie vrese van jou trompop te loop. Kom ek begin sommer, dan kan jy joune byvoeg, of sommer net jouself daarin herken:

~ Perfek wees, want as ek nie dit is nie, dan gaan ek dit nie maak in hierdie lewe nie. Ek gaan een groot flop wees. En wie bewonder nie sukses nie?

~ Presteer, want prestasie word waardevol geag. Dit kry ‘n bonus, ‘n klop op die skouer. Dit beteken jy is waardevol en “beter.” Jy het gewen(😳)

~ Jy is ‘n tawwe Tienie. Niks kry jou sommer onder nie. Want o aarde, kwesbaar is swak. En swakkelinge word ingespit en moet jammer gekry word. Nie ‘n aantreklike eienskap nie. (Watter klomp snert!)

~ Wees beskikbaar, vriendelike en behulpsaam. Vergeet van nee sê, want wil tog nie daardie persoon wees waarop daar nie peil getrek kan word nie. Kla eerder agteraf oor ek so misbruik word. 

~ Sal eerder voorgee alles is punt in die wind op die verhoudings front, as om my bekommernisse, my begeertes, my verwagtinge op die tafel te lê. Want stilbly en die vrede bewaar is mos die gepaste ding. Dis die emosioneel volwasse ding. Ha-die-ha-ha!

#fearversusreward
#fearversusreward

Want die reine waarheid is dit! Ons sal enige iets doen om “pyn” te vermy. En daardie “pyn” wat ons vermy is meestal diep gesetelde vrese van die emosionele wonde wat ons opgedoen het lank-lank gelede!

In die regter hoek van die kryt = BELONING

#fearversusreward

Hierdie stoeier is beter bekend as Mnr Dopamine . Want as dit nie vrees vir pyn of ongemak is wat ons dryf, of ons oorlewingsdrang nie, dan is die ander makker om dop te hou, beloning.  

Motivation: Why You Do the Things You Do vertel ons ‘n ding of twee van brein funksie en neurons. Maar die een ding wat my opval, is dat eintlik meer oor die verwagting as die beloning gaan hier. So as die beloning groter is as wat ons verwag het, skop dopamien ‘n groot stofwolk op.  En dan juig die brein!

Nou kom ons raak ‘n bietjie prakties – dis wel bekend dat die brein dié orgaan in ons liggaam is wat die meeste energie verbrand. Why Does the Brain Need So Much Power mag jy vra! 20% van die energie wat ons liggame verbruik, is vir brein funksie bedoel. G’n wonder die brein se skoonmaak diens, wil soveel moontlik van hierdie “werk” outomatiseer nie. What Is Automaticity ~ is wanneer die brein dinge wat ons oor-en-oor doen later net outomaties begin doen. Dis natuurlik hoe ons gewoontes vorm. Des te meer as daar ‘n dopamien skoppie by is, dan besluit brein se kind net daar en dan om daardie gewoonte te herhaal. Sit dit in die “rekenaar” en woep-wap geen meer gedink nodig nie. 

Dink maar goed aan die hoeveelheid goed wat jy daagliks doen, sonder om twee keer te dink. Hulle sê mos nie verniet: 

#fearversusreward
#fearversusreward

Dis ook waar afhanklikheid vandaan kom ~ want hoeveel mense stap klokslag elke aand by daai voordeur in, maak die yskas se deur oop en knak ‘n kouetjie of skink ‘n glas vol van Bacchus se voggies. Daar word nie gedink nie, net gedoen. Of jy maak daai koskas se deur oop en gryp die naaste, grootste pak skyfies en verorber die helfte voor mens kan sê mes! Dan is daar weer diegene wat ‘n glasie in die hand het, dan moet daai entjie brand. Dis alles gewoontes, gewoontes wat natuurlik vir ons ‘n dopamien inspuiting gee, so die brein juig! En dink meer-meer-meer van daai asb. Sonder natuurlik om aan die langtermyn gevolge te dink. 

Net so kry ons daardie einste belonings as mense ons prys, as ons ‘n taak verrig het of as ons aan een of ander tipe kompetisie deelneem. Goedkeuring of nuwe ondervindinge, erkenning en die klaarmaak van take. Hulle doen almal dieselfde. 

Ek weet alte goed watter van hierdie belonings dryf my. Daardie lekker glasie wyn was ‘n ding aan die einde van die dag. Mapstieks na ‘n harde dag op kantoor verdien mens mos so iets. Die roomys by die see, want see en roomys gaan mos hand-aan-hand. Die lekker ou warm sjokolade drankie so net voor slaaptyd, laat hy val waar hy wil! Geen oggend kan verbygaan sonder ‘n koppie boeretroos nie. Natuurlik kan julle sien hoe nie een van hierdie gewoontes eintlik gesondheid in die langtermyn bevorder nie. I.p.v. daarvan dat ek myself afvra, wat die langtermyn beloning sal wees en wat my liggaam regtig nodig het, jaag ek daai dopamien soos ‘n besetene. Nee wat alles geoutomatiseer. 

My gevolgtrekking dus

 Na daardie lange relaas, kan ek net tot die volgende slotsom kom: Ons gedrag word gedryf deur of ‘n vrees vir iets(hoe verskuil dit ook ál mag wees) of deur ‘n beloning wat soos ‘n wortel voor ons neuse geswaai word. #fearversusreward

Ek reken tog, dat die dag wat ons een ding meer as ‘n ander vrees…dis dan wanneer ons verandering verwelkom.  As ons alewige vrees dat iemand ons gaan teleurstel, ons weerhou daarvan om goeie, gesonde, maar ook uitdagende verhoudings aan te knoop. Wel dan sal ons slegs daardie vrees oorkom, die dag wat ons wel iemand vind wat ons die moeite werd vind om voor te baklei. Ons eie vrese oorwin, sodat ons by hulle kan wees. 

As die beloning van ‘n vars kop, ‘n gesonde liggaam en stil gewete ‘n groter beloning is as die lekker bottel rooiwyn voor die kaggel. Wel dan, net dan sal jy ‘n keuse vir die volgende dag kan maak en nie die dopamien soos ‘n wafferse verslaafde najaag in die oomblik nie. 

Die wen resep is dus ~ hê genoeg guts om jou vrese in die oë te staar. Om te sien waarvan hulle jou weerhou, hoe hulle jou inperk en hulle dan stelselmatig soos geharde onkruid uit te wis. Maar aan die anderkant, kies jou belonings soos ‘n belegging. Maak dit langtermyn gefokus. 

Fluit-fluit my akademiese skrywe is uit! #fearversusreward

Skryf vir my by vryheid@wynvlieg.com of los vir my ‘n boodskap by www.wynvlieg.com.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *