Eers moet ek verskoning vra vir my stilte, maar 2022 se pylvak loop effe afdraand vir my.
Dinge gebeur vinnig en te veel op ‘n slag. En om te skryf is my toevlug, die salf vir my siel. Ek weet ek moet tyd maak vir my skrywes, maar afjaag wil ek dit definitief nie afjaag nie. #iamoverwhelmed
Ek weet nie van julle nie, maar na hierdie hele Corona besigheid, toe die lewe effe stadiger geraak het ~ vreesaanjaend ja, maar die pas was stadiger ~ voel dit my die wêreld is heel aan die mal raak. Dis resessies, die weer is guur en deurmekaar, die petrol prys is deur die dak en ons wonder aldag of ons land nog gaan staande bly. In al hierdie onrus, voel dit my of almal net harder, meer en nog moet probeer. Daar is ‘n effe wanhoop wat posgevat het.
Maar erger as die wanhoop, besef ek soveel mense is in aan’t rou. Want grief kom in vele vorme voor. Dis nie net die verlies aan ‘n geliefde nie. Dis in die dood van ‘n dier, verhuising, afstand doen van ‘n leefstyl, ‘n werk verloor, kinders wat oor die waters trek. Meer en meer het hierdie goed kom nesmaak in ons samelewing. Asof ons lewens aan ‘n draadjie hang en die hoop nie meer so maklik agter elke bos uitgeskrop kan word nie.
Wat ek vandag wil doen is om almal so ‘n bietjie permissie te gee om te rou. Om te mag hartseer wees oor die verlies van iemand of iets. Ons hoef nie altyd dêm ok te wees nie. Ek erken sommer ruiterlik vanoggend…. #iamoverwhelmed
Die gesigte van rou?
Rou is die verlies aan iets of iemand ~ dis nie net die dood van ‘n geliefde nie. Verlies is een van die moeilikste goed in die lewe om te verwerk. Loss se verduideliking hou ek van ~
“the fact that you no longer have something or have less of something. “
Nou ek het al voor die deur van ‘n paar groot verliese gestaan, die dood, die egskeiding, ek het al oor die waters gaan bly(kort, maar wel.) So ek verstaan ook daai en vir hulle sal ons tyd en plek gun.
Maar daar is ook die gesig van rou van vervreemding ~ van vriendskappe wat gedwonge of ongedwonge verlore gaan. DIE GROOT TREK wat nou uiteindelik vir my opgedaag het, maak my deeglik bewus van die feit dat ek jarelange vriendskappe gaan verloor. Want uit die oog, uit die hart. Dalk sit jy en ‘n familielid nie meer langs dieselfde tafel nie, einste daai een met wie jy aan dieselfde tafel gesit en Marmite broodjies eet het toe jy nog ‘n snuiter was, voel soos ‘n vreemdeling nou. Of natuurlik die hartseer van ‘n romanse wat nie uitwerk nie.
Dan is daar die finansiële verliese of daardie wêreldse dinge wat jy so sorgvuldig in die sweet van jou aangesig bymekaar geskraap het. Vra my maar, elke jaar die tyd begin my keel toe trek. Dis weer tyd vir nuwe kontrakte vasmaak met kliënte. Dis die inkomste wat gewaarborg moet word. Daar is mense wat in hierdie tyd nie net moet trek nie, maar wat moet afskaal ~ omdat hulle net eenvoudig nie meer alles kan bybring nie. Om nie eers te praat van die emosionele impak wat Retrenchment and the Accompanying Psychological Effects op mense het nie. Nog ‘n gesig van rou, rou oor jy jou identiteit in die wêreld verloor het, omdat jy jou sekuriteit verloor het. Omdat jy hoogswaarskynlik voel of jy al die mense om jou ook in die steek laat.
Nog ‘n nare gesig van rou is wanneer daar fisiek iets van jou weggevat word. Die slegste kant hiervan is sekerlik wanneer jy ‘n gevreesde siekte opdoen, of as jy ‘n ledemaat verloor. God dank is ek dit nog gespaar en daarvoor is ek diep dankbaar. Maar dit is ook die impak wat veroudering het, of net ‘n gewone besering. Ek het hierdie jaar alle ouderdoms beserings moontlik opgedoen. Degenerasie noem die gawe mediese mense dit. Eers was dit ‘n hak, toe ‘n skouer, toe ‘n gebreekte kleintoontjie. En as jy al ‘n ruk lank my stories lees, sal jy weet my emosionele welstand hang af van my oefenprogram. So die jaar was ek meestal geïrriteerd en in ‘n jarelange rou proses. Want ek weet ek sal die oefenprogram moet aanpas! En ek wil nie, ek is kwaad! #iamoverwhelmed
Dan is daar nog ‘n gesig van rou wat baie min mense nie van weet nie. Dis as jy iets moet opgee, maar uit vrye wil, of omdat jou gesondheid jou daartoe dwing. Soos byvoorbeeld as jy moet ophou rook of besluit om #wynvlieg en sy trawante vaarwel te roep. Laat ek maar sê gedurende so ‘n proses gaan mens deur al die stadiums van rou. Meestal is jy moerig omdat dit lyk of “almal anders” net lekker voortgaan met hulle plesiertjies en jy word gestraf. Vermoedelik is die mense wat permanent op ‘n dieet is, ook permanent in rou!
Gaaf, hoe lyk rou as jy in die spieël kyk?
As jy dalk ‘n groot operasie in die gesig staar, of as jy dalk moet verhuis of dinge by die werk lyk onseker, of jou huweliksbootjie bly aan die wankel, of jou land se politiek is so deurmekaar soos kots in ‘n droëer ~ al daardie onsekerheid of verlies kan lei tot ‘n rou proses. En dis dalk hoe jou rou vanoggend daarna uitsien.
Ek is gedompel in rou op die oomblik. Ek slaap net mooi niks en dit voel of daar hierdie wolk oor my hang. Kyk ek rasioneel na die dinge, is niks onoorkombaar nie. Mnr G is effe uit die veld geslaan, want ek is dan altyd so ‘n positiewe mens. Kan enige ding oorkom.
En hoekom ~ ek moet nou uiteindelik TREK. Die GROOT TREK is op my. Dit het my platgeslaan. Ek het besef ek is besig om te rou. Te rou vir ‘n lewe van 25 jaar wat ek gebou het. Hoe weet ek dis rou? Bereavement het my op die regte spoor gekry. Ek voel “af,” en wil net huil die hele tyd. Vir ‘n jaar lank al is ek in ‘n diepe ontkenning vasgevang. Ek het geweet dis oppad, maar ek het my bes gedoen om dit te ignoreer. Ek is lamgelê, ek slaap soos in niks ~ want ‘n paniek het my beetgepak wat groter as enige van my “coping skills” is. Ek is donners kwaad, sporadies voel ek lus om ‘n glas of iets teen die muur stukkend te moer.
Gewoonlik kan ek die silwer randjie bitter vinnige vind, maar op die oomblik sien ek net The D̲ark S̲ide of the Mo̲o̲n (Full Album) 1973. Ek is bloot net overwhelmed. Dink hierdie betekenis, soos aangeteken, som dit mooi op. Ek is verslaan deur my omstandighede, deur hierdie berg wat ek moet oor.# iamoverwhelmed
Wat is die punt?
Soos die skrywer tereg sê ~ What’s the point of grief ~ almal van ons gaan een of ander tyd in ons lewe deur ‘n groot verlies in die gesig gestaar word. (En kan ek net sê, ek voel boonop skuldig dat hierdie trek my so pooitjie. Daar is mense wat die grootste denkbare verliese het op die oomblik. Ek wonder hoekom kan ek nie die positiewe raaksien nie, ek wonder hoekom kan ek nie net ietsie uit my “dankbaarheid spaarbussie” gaan haal nie!)
Maar rou is nie slegs vir die groot verliese afgevaardig nie besef ek nou. En dis nie net ‘n ding wat in jou kop of hart is nie, dit tas ook jou fisiek aan. My Diurnal cortisol in Complicated and Non-Complicated Grief: Slope differences across the day is deur die dak.
Die groot rede vir hierdie gevoel van totale verlorenheid en paniek is natuurlik omdat ‘n veilige hawe en die ken van ‘n plek en roetine ‘n oerbegeerte van die mens is ~ dis ons oorlewings boei. So die oomblik wat dit versteur word, word ons lewens op sy kop gekeer en voel ons verlore en bang en moet ons terugbaklei, maar meestal is ons soos die bokkie wat ‘n groot lig in die gesig staar. Vasgenael.
So nou wonder ek wat is die doel van rou. Vir wat moet ‘n mens so voel. Hoekom voel ek so buite beheer? En ek wil hieruit, ek wil positief na die skuif kyk, ek wil dit as ‘n avontuur sien. Maar o wee, #iamoverwhelmed
Ek moet ‘n padkaart kry
Julle ken my nou ook al, as iets krap, dan krap ek dieper, soek meer, probeer sin maak daaruit. Dis maar my reaksie teenoor stres. Ek moet doen, planne maak. Anders bars ek uit my vel!
So aldus, 10 Tips to Overcome Negative Thoughts: Positive Thinking Made Easy.
Is dit nie tog te waar dat een klein ou negatiewe gedagtetjie, vinnig momentum kan kry en teen die spoed van wit lig al groter en groter in ‘n mens se kop raak nie? Voor mens jouself kom kry, is dit een moerse drol wat jy nie uit jou drinkwater kry nie.
Nou ja, ek preek die seunskind gereeld dat meditasie(hetsy of dit nou bid is of om diep asem te haal op ‘n matjie êrens) die geheim tot ‘n kalmer binneste is. Blyk makliker te wees raad uit te deel as dit self te volg. So, die eerste stap om hierdie knop op my maag en hierdie kriewelende vel te stop, is om net weer ‘n slag asem te haal. Ek moes weer bietjie gaan kyk na die betekenis van let something go.
Ek moes iets vind om oor te glimlag. Die trane wou en wil nou nog net vloei. Want dis nie net ek wat weet dat Book Review: Humor, Seriously: Why Humor Is a Secret Weapon in Business and Life* (*And how anyone can harness it. Even you.) Humor was nogal altyd my wapen teen die aanslae van die lewe. Ja baie maal gebruik ek dit om ‘n kwesbaarheid weg te steek, wat ook nie juis aan te beveel is nie. Maar meestal sal humor my gemoed oopmaak vir ander moontlikhede. Die stres so effe verlig.
Om dood eerlik te wees, vandat die moontlikheid in ‘n werklikheid omgeskakel het, was ek nie juis lus om mense te sien nie. Ek was lus my kop diep in die sand te steek of net in my bed te lê. Toe loop ons vriende raak by ‘n restaurant en hulle is positief en ondersteunend oor die GROOT TREK. My vriendin wat kon optel ek is op dun ys, tree toe sommer daadwerklik in, maak ‘n plan om my by te staan, daar te wees as die GROOT TREK plaasvind. En daardie positiwiteit lig toe die sluier so klein bietjie, laat die lig in.
Ons staan nou einde se kant toe
Kyk ek predik dankbaarheid. Maar die afgelope week het daardie dankbaarheid mantra net mooi sweet blue niks aan my gemoed gedoen nie.
Maar ek weet aanhouer wen! So ek bly soos ‘n mal mens dink aan die goed waarvoor ek dankbaar moet wees.
Mense ek soek daai silwer randjie!! Intussen moet ek pak, moet ek van goed ontslae raak. Meestal van hierdie neerdrukkende gevoel! #iamoverwhelmed
Skryf vir my by vryheid@wynvlieg.com of los vir my ‘n boodskap by www.wynvlieg.com. Dalk help ‘n bietjie perspektief vir my!
Baie sterkte Wynvlieg, ‘it is ok not be ok’ 😊
Daai was vir my man om raak te lees🤣. Die arme ding kon nie verstaan dat sy ewig-optimistiese vrou nou soos ‘n spook lyk wat net huil-en-huil-en-huil nie. Maar weet jy wat, ek het myself nou al sover gekry om al my emosies te mag voel, nie te hoef voor te gee nie. Ek weet ek het nodig om dit te doen, want dan kan ek voortgaan. Anders dra ek ‘n lelike wrok rond hier binne my en VIR WAT? Net om selfregverdigend en soos ‘n slagoffer rond te dwaal. Nee wat, my lewe is te kort daarvoor!
jy praat vandag net met my, Wynvlieg. Ek het die afgelope week n geliefde vriendin aan die dood afgestaan, ek is rou. En dan skielik, out of west field, soos die Yanks sê, word ek geskok en teleurgestel deur n “pseudo” vriendin wat die mees ondeurdagte, ongevraagde stellings maak wat direk op agtergeblewenes (myself ingesluit) inwerk. Skok, ongeloof, verbystering oor Pseudo Vriendin se uitlate, nog n verlies! Verlies van geloof in my medemens, en teleurstelling dat enige mens (pseudo or not) so ongevraagd mens so seer kan maak. Moe’ nou nettie met my kom praat oor vergewensgesindheid en daai crap nie….noggie nou nie.
Oy voy, “agtergeblewens” ~ hoe lyk hulle nou weer? Ek wie is die sogenaamde “voorgetrektes” vra ek myself mos altyd af. Meestal is daardie tipe opmerking maar uit ‘n plek van vrees gemaak. As mens “bang” is jou stand in die wêreld word bedreig, dan maak jy sulke tipe opmerkings. En jy is heeltemal te lank al in die samelewing dat jy vir die tipe opmerking hoef te val! Dog ek sê maar net😜. Ek hoop dinge sien al beter daarna uit. Die gesig van rou!
Jy stel dit so mooi, die verlies storie en om nie ok te wees nie. Wel die laaste jaar was daar net te veel te naby my hart, die verlies van geliefdes. More vier ons n jong man se lewe. Daai verlies vir n ma en pa en Boetie, is nogal erg. Te erg, te seer, en ja hulle is nie ok nie. Ek wonder of hul ooit sal wees….. die lewe gaan aan….en hul sal aangaan, maar dit sal n ander manier wees.
Ek myself is bitter dankbaar my kinders is ok, aangesien albei amper nie meer was nie. Maar soms oorval daai bang my, dan is ek nie ok nie. Miesa se noodooperasie nou die dag het my verander.
Dankie vir jou mooi skryf en ongelooflike insig in die lewe. Mooi loop….
Liefste Charlotte, ai man ja. Is daar maar nie daardie vrees in elke liewe moederhart dat daar iets met hulle kind sal gebeur nie. Die onbeskryflike hartseer wat dit moet laat, kan ek myself nie voorstel nie. En ek weet eerlikwaar hoe mens ok is daarna nie. My hart bloei vir sulke ouers. Ek is diep dankbaar jy en jou geliefdes is ok. Mag ons mekaar altyd dra…of ons nou vriende of vreemdelinge is, want ons weet net nooit wie in ‘n diepe rou gedompel is nie. Alle liefde
Dankie vir so u gesprek rondom rou. Vannaand het u iemand se masker af gehaal wat nog elke dag rou deur dit op papier neer te le en net so voel ek ek wou nie ophou Leer nie want is wetlik wat ons deur maak maar nooit praat of eenigsin net huil daar oor nie maar bloei van binne uit skree van binne maar niemand hoor jou nie die lynne van hartseer dra jy elke dag op jou gesig maar niemand sien dit raak nie maar net jy en jy alleen kan besluit wil dit dra of eeder maar iewers uit huil of uit leef sodat jy net biekie beter kan voel maar die leemte sal daar bly…Ek werk my in n mik net om my rou vir die wereld weg te steek om my… Blessings
Liefste Alida, ek weet en ek verstaan. Ons almal rou, klein of groot goedjies. En dis ok en ons moet die ding ‘n naam gee en huil en huil en deur al die emosies gaan. Want aangaan en beter voel die wil ons almal. Ek glo ook vas as ons regtig net deur die proses gaan, dan sal ons ook beter af wees. Sterkte met jou seer en verlies ~ wat dit ookal mag wees. Weet net dit…jy is nie alleen nie.