#labeling

Vol 25: Plak ‘n plakker, hang ‘n etiket om die nek

En is is ons nie lief om mense te etiketeer nie! Leen jou ore maar goed uit tydens ‘n lekker skindersessie saam met jou vriendinne…die etikette word “gemaak” en vinniger “gedruk” as wat Louise(skuilnaam) dit op haar tuis plakkermasjientjie, bestel en afgelewer deur TakeAlot, kan doen. #labeling is a thing.

Etikette is vir gevriesde pampoen

En ja, ek praat nie van diè soort wat mens op jou gevriesde pampoen plak nie, ek praat van diè waarmee ons mense kategoriseer en mooi netjies in groepe plaas. Daar is selfs ‘n teorie daarvoor – genaamd die Labeling theory. Sien ons as ‘n sameleweing het ‘n stel reëls en norms uitgedink waarby ons dink mense behoort in te val om aanvaarbaar te wees. Cliffs Notes en pas jy nie daarbinne nie, bewaar jou siel, my vriend en vriendin, dan plak ons ‘n plakker op jou voorkop of hang ‘n etiket om jou nek. 

#labeling is a real thing

Rebel without a cause

Nou ja, so het ek soortvan dit gewaag om ‘n stigma rondom ‘n sekere taboo vir ondentlike, goedgrootgemaak vrouens, van ‘n seker stand in die land, verlede jaar te toets. Rebel wat ek natuurlik is, het ek dit so geposioneer dat niemand my daarna kan vra nie en dat die verkose paar mense wat dit wel te siene kry, cool daarmee sal wees. (Want voor wie trek mens nou in elk geval jou klere uit nè.) #labeling is my thing 

Jip, julle het reg geraai…dis ‘n “tattoeëermerk” waarvan ek hier praat. Goeie genade mens, as jy weet hoe die groot gros van my generasie oor ‘n tattoeëermerk voel – dis net komman mense wat mos ‘n tattoo kry. Geen wag voor die spul se monde nie, bitter uitgesproke oor die feit dat dit ‘n teken is dat jy die pad heeltemal byster geraak het en so op jou oudag in die verderf verval het. Etiket gekry, verdien en geprint = JY IS KOMMON met ‘n K nou.

Ek was nog altyd so bietjie van ‘n rebel…het ‘n naeltjiering gekry lank voor elke voorstedelike mamma dit by die apteek laat inskiet het. Sê mos, SO ‘n BIETJIE🤣! En myne is by die Purple Turtle gedoen, in ‘n hokkie met ‘n naald nogal!

Maar ek pak niks aan sonder deeglike ondersoek en ook natuurlik om daai veroordelende smoele met my kennis te smee nie. Want kennis is mag!


Cleopatra was mos ‘n Egiptenaar

‘n Geskiedenisles dus: Tattoos die vroegste voorbeelde van tattoeëermerke is gekry by vroulike Egiptiese mummies. Eers was daar geglo dis net aangebring op prostitute, met die hoofdoel om hulle te beskerm teen geslagsiektes(maw die “god” moes hulle daarteen bewaar.) Maar waaragtig kom hulle toe agter die teendeel is waar – want hierdie mummies was opgegrawe in begrafplase wat net vir die elite beskore was.

Die tattoeëermerke was altyd, òf op die maag, òf die bo-bene gedoen en altyd van Des(die beskermer van vroue tydens die geboorteproses). Dit word dus geglo dat hierdie tattoeëermerke aangebring is op jong, swanger vroue om hulle te beskerm tydens swangerskap en gedurende geboorte. Diè op die maag het bestaan uit ‘n netwerk van kolletjies en soos die swanger maag gerek het, het die kolletjies ‘n net van beskerming oor die baba gevorm. (Watter ongelooflike mooi simboliek, maak my hart sommer so sag en warm klop.)

En dan skryf die Griekse skrywer Herodatus(450 vC): “Tattoos were marks of nobility, and not to have them was a testimony of low birth.” Maw, as jy in antieke Griekeland nie ‘n tattoeëermerk gehad het, as bewys dat jy is van die “well-to-do” was nie, was jy bloot KOMMON.

En die antieke Britte het dieselfde geglo – wil egter voorkom asof dinge effens op ‘n afdraande pad was daarna, want nou lyk elke Tom-Dick-and-Harry op die eiland of hy met ‘n nat poniekoerant geslaan is, seker maar in ‘n poging om soos nobility te lyk – net jammer hulle is ‘n paar eeue te laat. #labeling is a thing veral op daai eilandtjie.

Die latere Grieke en Romeine het egter tattoeëermerke gekry om te wys hulle “hoort” aan ‘n spesifieke groep, wat in ‘n spesifieke saak glo of dit ondersteun. So het Ptolemy IV(221-205vC) byvoorbeeld klimopblaartjies op hom laat tattoeer om sy toewyding aan die Griekse God van wyn – Dionysus – te bewys. Come to think of it – dalk moet ek dit oorweeg! 

En toe kom die Christendom wat verkondig dat ‘n tattoeëermerk “God se skepping mismaak” en viola, daar sit ons vandag met ‘n generasie van mense wat glo dis net die mense van die verkeerde kant van die treinspoor en van twyfelagtige karakter wat tattoeëermerke kry.

Ek is regtig nie vandag hier om ‘n hele spul verrimpelde, middeljarige vroue te oortuig om die naaste tattoeëersalon te bestorm om een of ander Mandarynse geskrif op hulle bo-arm te laat inink nie. 

is #labeling your thing?

Etiketteer jy graag?

My vraag is net, hang ons nie ‘n klein bietjie maklik sosiale en status etikette om mense se nekke nie? Veroordeel ons nie so ‘n klein bietjie te maklik nie? En dit alles net om onsself “beter” te laat voel oor onsself en op meer van ‘n voetstuk te plaas nie.

Ek gaan vandag nog ink op my reine liggaam laat aanbring.  Dis om my te herinner aan die MOEDIGE STRYD wat ek gevoer het tot hier. Dat ek deur my NUUSKIERIGHEID ‘n beter, meer vol lewe vir myself kon skep en dat ek TOT ENIGE IETS IN STAAT IS.

En ek hoop ek kan ‘n klom volgelinge uit julle maak. Want dit wil my voorkom, vrouens is eintlik die baanbrekers op diè gebied!

Watch this space!!! IETS BAIE OPWINDENDS is oppad! 

Praat saam: As jy dalk jou tattoeëermerk en die storie daaragter wil deel, sit ‘n foto vir ons op Facebook by @wynvliegoorit 

2 thoughts on “Vol 25: Plak ‘n plakker, hang ‘n etiket om die nek”

  1. Pingback: #courageandcuriosity | Vol 44: 2020, Deel II | Wynvlieg Blog

  2. Pingback: #thenewnormal | 2020 Part I | Wynvlieg Blog

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *