Vol 44: 2020, deel II

Voel die jaar nie so bietjie soos ‘n module II van die weergawe 2020 nie? Niemand het juis met groot opwinding en vooruitsig 2021 tegemoet gegaan nie. Selfs die vonkelwyne het nie so lekker gevonkel nie…die fut was behoorlik uit voor die jaar nog begin het.

Maar ek, ek was opgewonde!

“Nee, ag regtig, jy met jou alewige optimisme maak my naar,” hoor ek een of twee onder julle mor. En ek weet, daar is niks so irriterend soos daai ou ewige optimis nie! En dis ieg ‘n leun, niemand is altyd optimisties nie. Oë verblindery as jy my vra!

Maar die opwinding was nie oor al die moontlike reise na verre lande of omdat ek uitgesien het na ‘n COVID inenting nie. Nee die opwinding was oor ‘n veldtog wat ek met N I C H O L E W I T H A N H in die pyplyn gehad het. #courageandcuriosity 


Tarrrraaaaa!

En vandag is die dag! Vandag laat ons die haas uit die hoed. En hierdie is spesiaal vir al die moedige #courage en selfondersoekendes #curiosity onder ons. 

‘n Broederbond 🤫 o, vadere behoed ons!) en susterskap van ‘n ander aard. ‘n Binnekring, waar ons onsself verbind aan ‘n lewe voluit geleef. Waar ons ‘n belofte maak aan onsself om die pad vorentoe altyd met ‘n moedige hart tegemoet te gaan en om dit vanuit ons harte te leef. Kwesbaar, dog dapper. #courageandcuriosity 

Wees gerus, jy is nog ordentlik. Bietjie van ‘n rebel, maar nog ordentlik

En as jy bietjie bekommerd is oor die kommingeit van hierdie hele storie, gaan lees gerus weer Plak ‘N Plakker, Hang ‘N Etiket Om Die Nek

Bok, bok staan styf!

Kom ons noem my sommer die voorbok. N I C H O L E W I T H A N H het vir my ‘n tatoeëermerk ontwerp wat #courage en #curiosity vasvang. Ek wou myself daagliks herinner dat ek moedig moet wees en altyd moet bly soek na die ware ek. Ek wou myself boonop daaraan verbind en die wêreld uitnooi om deel te wees van die binnekring van eiesoortigheid. 

Wat jy saai sal jy maai

Iets wat my nog altyd na aan die hart gelê het, is my medemens. Veral diè wat nie so bevoorreg soos ek is nie en veral die jeug. Dus is daar ook ‘n tikkie waardering wat geskenk word aan jong mense, met ‘n bydrae tot Earth Child Project. Sodat hulle die kans gegun kan word om hulleself te leer ken en met ‘n sekerheid die wêreld in die oë kan kyk. Om te gee kweek ook ‘n diepe dankbaarheid. 

As jy geraak word hierdeur, nooi ek jou om deel te word van ons binnekring. Besprekings is oop van volgende week af. Ek sal die details bekend maak.

*ongelukkig is N I C H O L E W I T H A N H net in Kaapstad werksaam, maar as jy jou brief aan my wil stuur, doen so by vryheid@wynvlieg.com.

Ek sal dit hier publiseer – ons kan dit anoniem doen of as jy een van die dapperes is, publiseer ons dit met jou naam daarby! @wynvliegoorit 

3 thoughts on “Vol 44: 2020, deel II”

  1. Pingback: #courageandcuriosity | Vol 96: Hoop Kry Mos Kleintjies

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *