Hier volg die nuus, gelees deur Haas Das en Nuuskas , dis iemand (ag raai net wieđ€«) se verjaarsdag vandag!
Dus is daar ân onderbreking in ons vervolg verhaal oor die Top 12 Goue ReĂ«ls reeks. Maar vandag is ân belangrike dag en die onderbreking geregverdig!đ€Ș #happybirthday, itâs Donalds birthday
*Geen idee wat hierdie beteken nie, maar gedink ek verdien vandag ân bietjie Franse sjarme ook! As dit dan nou nie Sjampanje is nie, dan is dit maar koek!
Omdat jy verjaar
Maar Lesley Gore – It’s my party – nie dat ek vandag ENIGSINS lus voel vir huil nie. Op 48 kan ek UIT GODDELIKE EINDE sĂȘ:  âEk, @wynvliegoorit, het vrede in my gemoed en is so vry soos ân voĂ«ltjie â heel laas nie soos ân swaeltjie nie, want my vlerke is effe geknip! Maar vry van allerhande etikette, onnodige bekommernisse en natuurlik die #wynvlieg se alewige gebuzz.Â
Mag die Here jou seën
En hier op die rype ouderdom het ek al ân paar goed oorgekom, wys geraak en ry ek ander sommer nou net eenvoudig bloots. En laat ek maar vir julle ân ding of twee vertel, om ân ding bloots te ry op hierdie ouderdom is ân gewaagde storie…dis ân gebons en ân gestamp van ân ander water! #happybirthday, itâs Donalds birthday.
Maar ai, ai, ai….ek bly maar ân ou aweregse dromer. En ook gân wonder, want ek is ân ou VISSIE. En nog voor ek die âSterre Voorspelâ in die Huisgenoot van toet kon lees, het die Romeinse gode en godinne my definitief kom opraap vir hoĂ«r diens in die sterre stelsel.
En ek weet dit. Laat ek jou nou maar vandag ân ding of twee leer oor die persoonlikheid van ân The Personality of a Pisces, Explained. (Ek weet julle brand al laaaaaaank om meer van die wonderlike VIS te wete te kom â en dis boonop my verjaarsdag #happybirthday, itâs Donalds birthday, so julle sal maar MOET LEES!)Â
Alles wat julle nog altyd wou weet:
Eerstens, die VIS is die laaste konstellasie in die diereriem. En die simbole is  twee visse wat in teenoorgestelde rigtings swem. Dit is natuurlik verteenwoordigend van die konstante âgespleteâ persoonlikheid đ€Łâ ĂȘrens tussen realiteit en fantasie vasgevang!
Maar soos alles wat in Afrika gebeur, selfone, tegnologie, inentings… (altyd die laaste een in die ry,) is daar darem ân voordeel ook aan agteros wees. Die positiewe is dat die  VIS reeds AL DIE LESSE – die vrese, die hartseer, die geluk en vreugdes â wat die ander sterre tekens moes leer, opgeslurp het. ân Ou siel het ek al menig maal gehoor!
Ag en hou ek nie van hierdie opsomming wat ek van Aliza Kelly Faragher raak gelees het nie:Â
âThis makes these fish the most psychic, empathetic, and compassionate creatures of the astrological wheel.â
Spieëltjie, spieëltjie aan die wand
Maar die ligte f-oppie is dat ân VIS vreeslik vinnig in die emosies van die wĂȘreld verswelg kan raak â so voete mooi op Gods aarde hou is die wag woord. Daarvoor het ek gelukkig my ma gehad â sy het sommer vinnig ân goeie skoot realisme ingegooi. Want al was sy ân The Personality of a Cancer, Explained wat baie oplettend en sensitief vir ander se omstandighede was, was sy ook ân tawwe koekie met ân harde dop.
Maar soms wens ek, ek was nie so sensitief vir of oor ander nie â wil tog nie alewig ander mense se ligte laat aangaan of dink omdat hulle in die donker wil leef, moet ek nou juis die vuur vliegie wees nie…dis net uitputtend en ek vermoed ook effe irriterend vir die res!
Aan die einde van die reënboog
ân VIS is ook baie aanpasbaar â soms wel al skreeuende en met ân geskop ja, maar ek weet ek is baie aanpasbaar. Ărens sal ek ân silwer randjie vind, ân fee verhaal rondom dit bou en dit MAAK WERK. Maar ek weet ook nou nie meer so lekker nie, lyk my hoe nader ek aan bokkom status kom, hoe minder wil ek rond geskuif raak of aanpas. Dalk is ek moeg stroomop geswem soos ân Rainbow Trout Reproduction.
Ek onthou bitter goed in my kelnerin dae (toe ek nog op universiteit was,) het die bestuurder eendag vir my gesĂȘ: âYou are like a rainbow trout, always swimming upstream.â Seker ook diĂš dat ek nou op my oudag nog meer van ân rebel raak â kry sommer ân tatoeĂ«er merk as ân simbool van solidariteit, begin ân beweging(wel hopenlik, as iemand anders ook sal aansluit Vol 44: 2020, Deel II.
Met die helmit gebore
O, maar hoor bietjie hier…..VISSE het ook glo heldersiendheid of soos die Franse hom roep, Clairvoyance. Nou kyk, ek is die verste verwyder van ân glas bal en ân geritteltit soos jy kan kom. Praat verseker nie met geeste of voorvaders nie, dalk soms met myself! Maar ek verbeel my ek sien dieper, hoor meer(sonder ân gepraat) en âvoelâ goed baie meer intens aan en my intuĂŻsie is selde verkeerd. Dalk is ek met die helmit gebore soos Auntie Stienie.Â
Hoe dit ook al sy, ek is nou gereed om te dobber, sommer so saam met die stroom as ek lus het of stroom op as dit my behaag.
Dus is my geskenk aan myself in ân netjies pakkie toegedraai â met ân lint en ân kaartjie daarby. #happybirthday, itâs Donalds birthday
En die inhoud?
- Die verlede is in die verskiet. Geen rede om dit te probeer herskryf of op te maak daarvoor nie. Wat gebeur het, het nou maar eenmaal gebeur. Lesse geleer â aan beweeg.
- Babbelas â oorit vir ewig. Deesdae is ek so vry soos ân voĂ«ltjie van die ewige gebuzz van die donnerse #wynvlieg hier rondom happy hour. Punt is daai geluk bly net vir ân paar uur, en dan vannag pak die sweet jou en die spyt kom altyd te laat. Nooit, ooit weer nie baie dankie.
- Ek is nou maar eenmaal wie ek is, ek gaan myself nie meer probeer verduidelik of bewys dat ek waardig is nie. Ek is dĂȘmmit â ek glo dit en vat my nou maar soos jy my kry.Â
- Moeite doen met mense wat eenvoudig nie moeite kan raaksien of waardeer nie. Te veel kosbare tyd en tyd is min, so kom ek bewaar daardie vir die wat dit verdien.
- Om die skottelgoedwasser op die âregteâ manier te pak â wee jy, net te veel asem word so vermors. Die ding is daar om soveel as moontlik skottelgoed VIR MY TE was, so ek pak hom soos ek wil!
- Goed te koop wat ek regtig nie nodig het nie.Â
- Om myself te weeg. Die uiteinde bly ieg dieselfde: Het 10mg opgetel = eet(want dis duidelik ân vermorsing van my tyd); het 10mg afgeval = eet(want ek was dan so goed!) Dus daai simpel ding het die gewoonte om my hele dag op te donner â genoeg is genoeg.Â
- Spyt en om wrokkig te wees. Spyt kom mos altyd te laat. Maar daar is ook iets soos gedane sake. Hulle moet begrawe word, ân boompie op geplant word en water gegee word. Want om spyt te wees of ân wrok te koester, is maar net misplaaste hartseer. En die lewe is daar om gevier te word, geleef te word â nie om met wrokke en spyt rond te loop nie.
- Voorgee. Was nog nooit eintlik goed met daai een nie, MAAR NOU is ek te oud om enigsins, vir enige iemand voor te gee. Dankie, deel gedoen.
- DiĂ«te. Voel skoon soos ân evangelis. Mense, dis bevrydend en raai wat??? Vandat ek na my liggaam begin luister het, het dinge gestagneer. Geen opwaartse kurwe meer nie!
- Oefening is soos kos vir die siel, ek gaan dit inryg solank die liggaam nog hou.
- Lees boeke der boeke der boeke â want so âsienâ ek plekke, deel ek in verhale.
- Praat stront en lag! Uit die maag uit, snork lag.
Blaas die kersies dood
En nou, nou gaan ek ân massiewe stuk tjoklate koek eet, want dis my verjaarsdag! #happybirthday, itâs Donalds birthday
Stuur maar die kaartjies en geskenkbewyse aan vryheid@wynvlieg.com.đ€Ł of los jou gelukwense en towerspreuke op @wynvliegoorit
Ps en moet nooit vergeet nieâŠ.
O hel nou het ek regtig my fortuin gelees ook n vis. Baie geluk Wynvlieg mag daar nog 1000de episodes uit jou pen kom.
Jip dis ons daai!