Ek lees @yvettebeneke se artikel in die April/Mei 2021 uitgawe van SARIE Tydskrif En ek weet sommer OPPI PLEK, ek en diè vrou, ons sing dieselfde gesang.
Ook mos nie agter ‘n bos gebore nie, so ek loop soek haar op Facebook en ons begin te praat. Uiteindelik kry ons ‘n koffie êrens in ons dorp en ons praat ‘n hond uit ‘n bos uit(baie bos dinge vandag🤪)
Fotografie: https://www.facebook.com/fit.life.photography
En dis so duidelik soos daglig – die een ding wat ons definitief is gemeen het, is ‘n WIL. Ons WIL albei die lewe beter verstaan, ons WIL hom voluit lewe. #do the hustle
Hier is Yvette se storie, van hoop, in ‘n Neutedop
Beste Wynvlieg
Vandag wil ek graag vir almal daarbuite hoop gee. Vir diè wat sukkel met depressie, angs en alles wat mens in die donkertes laat rondtas.
Ek het so 7 jaar gelede in ‘n baie diep depressie verval. Soveel so, dat ek een dag nie meer of kon aangaan nie. EK het al my medikasie (en ek het dit beplan, want ek het ook ‘n hoop pynpille en nog wat gaan koop) met ‘n bottel wyn afgesluk.
Gelukkig is ek betyds gevind en is daar weg in ‘n ambulans, reguit na ‘n psigiatriese hospitaal. Ek kan niks onthou van daardie dag nie. Die volgende oggend het ek wakker geword en ek WAS KWAAD! Kwaad dat ek terug geruk is na my realiteit.
So gee hulle my nog ante-depressante en angs pille, maar na maande is daar nog geen verbetering nie. Weer die perd opsaal – ander psigiater. By die derde een word ek uiteindelik met bipolêr 2 gediagnoseer. Die ante-depressante word weggeneem (dit vererger bipolêre gemoedsteurnis simptome)en ek word op gemoed stabiliseerders gesit en nog hande en hande vol angs-en slaappille gegee. Ek drink teen daai tyd 8 pille elke liewe dag.
Maar steeds voel ek “ok,” maar ek voel nie “ek” nie.
Na 2 jaar het ek net mooi genoeg gehad van so blêh voel. Ek besluit om van die pille af te gaan en eerder aan myself te begin werk. Ek skryf vir ‘n jaar in by ‘n life coach, ek sluit by die gym aan en ek oefen 6 dae ‘n week. Geen pille.
Dis nou 3 jaar later en ek is nogsteeds pil vry. Ek oefen nogsteeds my 6 dae ‘n week. Ek eet gesond, gaan slaap vroeg en kyk goed na myself.
My boodskap is dit: Jy moet WIL verander. “WIL” lewe. “WIL” gesond word.
My WIL was gedryf deur my kinders, my familie en dat ek ‘n beter ma en mens wou wees. Ek het ook gaan kyk na dit wat my ongelukkig gemaak het en ek het ontslae geraak daarvan. Baie introspeksie is nodig, baie werk moet gedoen word – geen mens gaan net opstaan en happy wees nie. Jy gaan moet werk daarvoor.
En my resep is oor-en-oor bewys – dit werk!
Sterkte vir almal en weet net dit – daar wag ‘n beautiful lewe na depressie. Ek het steeds my oppe en affe, maag agv my oefenry (en ek is 52 en doen nou weight lifting😊💪🏻) en my gesonde leefstyl is dit beheerbaar.
Good luck daarbuite!
Yvette Beneke
#dothehustle
So oor koffie en daarna
Nou so sit en wonder ek en Yvette – hoekom sukkel sommige mense so om die WIL bymekaar te skraap? Die WIL om ‘n beter, voller lewe te lei. Die WIL om gesond te word, die WIL om al ons duiwels in die oog te spoeg. Yvette het eerstehandse ondervinding van die saak – haar lewens afrigting besigheid was daarop gemik om mense te help om ‘n gesonder leefstyl te handhaaf (mense wat vasgevang gevoel het in ‘n lyf wat nie meer “hulle” sin was nie – lees WAT EINTLIK MAAR NET WOU GEWIG VERLOOR.) En soos Yvette dit stel ~ dis eenvoudig net uitputtend om mense te probeer help wat nie WIL gehelp wees nie.
En julle ken my nou al teen diè tyd – as daar ‘n kwel vraag is, dan gaan soek ek antwoorde. #dothehustle
Wat sê Brenè?
My go-to Brenè Brown slaan weer die spyker op sy kop in haar boek The Gifts of Imperfection.
“’How-to’ is a seductive shortcut, and I understand that. Why cross the swamp if you can just bypass it? But here is the dilemma: Why is ‘how-to’ so alluring, when, truthfully, we already now ‘how to’ yet, we’re still standing in the same place longing for more joy, connection, and meaning?”
Ons weet(wel die meeste van ons en dalk nie in die detail wat iemand soos Yvette dit weet nie) hoe om gesond te eet. Ons weet ook almal wat die regte en goeie besluite is vir finansiële sekuriteit. Ons weet ook min of meer(blyk my in baie gevalle meer MIN as MEER,) om na ons emosionele gesondheid te kyk. En as ons nie weet nie, is daar altyd GOOGLE.
Maar tog, tog haak ons soveel kere vas en die WIL is net nie daar nie.
En hier is waar ek reken Brenè die spyker op die kop slaan ~ ons praat nie oor die goed wat in die pad staan van ‘n beter, voller, gesonder lewe nie. #dothehustle
- Ons praat nie oor die goed wat ons aanhou laat eet totdat ons siek is nie.
- Ons praat nie oor die angstigheid wat ons na die bottel wyn laat gryp aan die einde van die dag nie.
- Ons praat nie oor die daaglikse stryd om gewaardeer te voel – te voel of ons iets werd is in hierdie lewe nie.
- Ons praat nie oor die skuldgevoel omdat ons nie die perfekte vrou, werknemer, werkgewer of ma is nie.
- Ons praat nie oor geestesgesondheid nie @themeyoucan’tsee.
- Ons praat nie oor die hartseer in ons eie binnekamers, want ons wil tog nie nie as ‘n swakkeling gesien word nie.
Dit bly ‘n gewoel en gewroeg
Soos in die 1975 liedjie –
VAN McCOY – the hustle (1975) – as ons nie waardig voel nie, bly ons spartel om aan die wêreld ons waardigheid te bewys en te wys ons verdien dit! #dothehustle
Want…
- Wat gaan die mense tog sê?
- Jy is nie regtig maer genoeg, mooi genoeg, suksesvol genoeg, ryk genoeg, sterk genoeg, slim genoeg…om te tel nie.
- Mag niemand tog ooit uitvind van daai dag, wat jy dit of dat gedoen het nie!
- Ek gaan net voorgee alles is ok, dan sal niemand mos weet ek is soos in glad nie ok nie.
- Ek kan net eenvoudig verander om in te pas by daardie groep, wat is nou eintlik die big deal!
- Wie dink jy is jy om jou kuns te probeer verkoop, om te skryf of jou idees op die wêreld af te forseer?
- Jy is ‘n baie beter mens as jy ander se behoeftes bo jou eie stel. Dis goed om die self op te offer.
Want daai gevoel van “skande” vou ons soos ‘n warm kombersie om ons, sodat ons klein, vol foute en nooit goed genoeg kan voel nie.
En dus…
As ons praat, as ons die WIL bymekaar kan skraap om ons nie te skaam vir ons menswees, ons kinkels en donkertes nie. Dan kan ons dalk die WIL bymekaar skraap om ‘n voller lewe te lei.
Want onthou net dit…ons voel almal ‘n mate van net nie die pyp rook nie, en ons is almal doodbang om daaroor te praat, want net-nou word ons uitgevang.
Op die ou einde staan hierdie vrese in ons pad om met liefde en deernis na onsself te kyk. Om te weet dat ons waardig genoeg is om na ons liggame en siele om te sien. Om die WIL te hê om die harde werk in te sit, sodat die lig weer oor ons pad kan skyn.
Sodat ons op 52 weight lifting kan doen(@yvettebeneke) en perde kan koop(@wynvliegoorit) om op te ry en van af te val.
As jy ‘n storie het om te deel, skryf vir by vryheid@wynvlieg.com of los ‘n boodskap op @wynvliegoorit blad op Facebook. En ons publiseer hom of los ‘n vraagstuk op.
Pingback: #youarevictorious | Vol 79: Dankbaarheid ~ Ek juig‘n Brief uit die pen...