Om kwesbaar te staan in die oë van die wêreld is een groot, groot berg vir ons almal om te oor. #youarevictorious
Brenè Brown, som dit so mooi op – hier saamgevat deur THE BEST BRENÉ BROWN QUOTES ON VULNERABILITY, LOVE, AND BELONGING
“Vulnerability is not winning or losing. Vulnerability is not weakness; it’s our greatest measure of courage.”
Die eerste brief
Die eerste brief wat ek ontvang het, kom van mede-pelgrim, Elzet Swart. En dit spreek van ‘n diepe dankbaarheid. Die kwesbaarheid daarvan het my hart geraak. #youarevictorious
Ek ag myself baie gelukkig. Hoekom? Wel die swart hond en sy trawante het ek self nog nooit te woord gestaan nie, maar hulle is van kleins af al in my binnekring te bespeur. En die donners het net onlangs weer ‘n angswekkende verskyning by my seun gemaak.
So Elzet, dankie dat jy jou dankbaarheid met ons gedeel het. Ek is seker daar is vele wat hierdie gaan lees en hoop in jou storie gaan vind.
Goeie môre,
Ek het vandag ‘n jaar terug weer begin werk na ek vir 5 maande by die huis was a.g.v. depressie. Dis my 1 jaar anniversary.
Ek vier om nou 5 pille te drink pleks van 11.
Ek vier dat ek weer ʼn ‘drip’ kan opsit sonder dat die Dr my skeef aankyk en kommentaar lewer oor my bewe.
Ek vier dat ek weer, relatief, in ʼn groep van 4 of so mense kan praat sonder om te hakkel en stotter.
Ek juig oor die feit dat ek weer kans sien om ʼn dag alleen met ons 6 jarige dogtertjie te spandeer. Dat as sy praat van daai keer toe mamma na daai plek toe moes gaan, toe jou hartjie seer was, ek nie meer in een krimp nie. Maar haar wys en vertel hoeveel sterker ek is.
Ek is dankbaar dat ek steeds ʼn wonderlike man het wat deur die siekte, rehab, COVID en soveel meer steeds aan my sy is.
En ek is meestal dankbaar vir hoeveel ek van die lewe en mense geleer het. Hoeveel my “Covid Hero bear” elke oggend vir my cheer as ek my kas oopmaak.
Want ek wil net aanhou om ʼn goeie, gelukkige mamma en vrou te wees….. Met ʼn dankbare hart.
GroeteElzet Swart
Die stigma MOET nou end kry
Elzet se brief kom asof dit gestuur is. Net vroeër die week was ek in gesprek met @yvette.beneke (Vol 68: Liewe Wynvlieg – Depressie Beteken Nie Die Einde Nie!) oor die onkunde en die lompheid wat mense “rondom” ‘n depressie diagnose het. Diè wat dit moet gade slaan en geen idée het hoe en wat om te doen nie.
Wel, soos die skrywer van The Stigma of Depression opmerk, is die stigma van depressie nog “alive and kicking.”
Ek vermoed die onkunde rondom depressie en wat dit regtig is, maak mense of skepties of versigtig. Daar is nie ‘n fisiese wond of ‘n onophoudelike gebraak, dat ‘n mens die genesing voor jou oë kan sien gebeur nie. Jy kan dit nie dokter met ‘n Rehydrate, of ‘n lappie op die kop nie.
En dan het ek kleintjie dood aan elke kliergat en muishond wat hulle self diagnoseer met “depressie,” terwyl hulle eintlik net AF VOEL!
Of my absolute gunsteling “ruk jouself net reg” ….sug! Wie sal vir iemand met ‘n gebreekte been dieselfde tipe waansinnige voorstel maak? “Trap net op die ding man, wat is dan die probleem?”
Kom ons erken dit nou maar
As ons doodeerlik met onsself moet wees, is daar tog ‘n onwelkome gevoel. ‘n Gevoel dat mense wat aan depressie lei so bietjie “minder goed” sal wees vir daai werk ~ die een daar hoog op die loopbaan leer. Dat hulle ‘n emosionele las sal wees in verhoudings, dat hulle net eenvoudig nie sal kan “cope” met die lewe nie.
Eerder maar hulle vermy of wye draaie om hulle loop.
As jy aan depressie lei, wil ek hé jy moet DIT weet…
- Depressie is ‘n siekte, wat ‘n mens soms kan lamlê, dis nie die groot pes nie
- Jy is nog die spitsvondige, briljante of kreatiewe mens, al lei jy aan depressie
- Jy is nog die pragtige, borrelende mens of diep denker, al lei jy aan depressie
- Jy is dalk nog jonk of al deur ‘n paar strome, en lei aan depressie
- Jy is nog die atletiese, go-getter, al lei jy aan depressie
- Jy is nog die suksesvolle besigheid’ s man of vrou, al lei jy aan depressie
- Jy kan skatryk wees, in die grootste huis bly of die kleinste pondok, en jy kan aan depressie lei
- Jy kan in ‘n liefdevolle omgewing bly of stok siel alleen wees, en nog kan jy aan depressie lei
Dis ‘n kroniese siekte, net soos epilepsie een is.
Hoe gemaak as jy die water draer is?
Glo my as ek vir jou sê ~ om ‘n geliefde te hê wat aan depressie lei is ‘n ander soortige hel. As jy al ooit MAGTELOOS wou voel, meld aan vir daai joppie.
@yvette.beneke het goeie, praktiese raad op haar Facebook blad gehad…”I have struggled with depression for a very long time“
Yvette Beneke
July 4 at 9:48 PM
I have struggled with depression for a very long time. It has been a constant companion for many years (my low after a bipolar high) which I have learned to manage and while I am better now than I have ever been, every so often I feel it returning. I describe it as a “black angel trying to suffocate me in her big black wings” . Today, I looked into the eyes of someone I dearly love and saw the pain of depression in his eyes. It pained me so much. I sat there and went through all the things people could have or did for me when I was depressed. Just recently I almost got smothered in that dark angel’s wings but luckily there was a shiny bright angel to help me. I would like to share some things you can do for someone who suffers from depression, things people did for me which helped me a lot and that I do today for others.
(It is not intended to replace medical attention which can help many people who suffer from depression)
1. Listen to them, really listen, with love.
2. Fix them a healthy meal and join them.
3.Get them outside, go for a walk with them.
4. Ask them to help you understand what they’re feeling, ask them to explain how they feel.
5. Encourage them to focus on self-care and help clean their space for them.
6. Hug them, hold their hand.
7. Laugh with them, or even cry with them.
8. Reassure them that you can handle their feelings and you are there for them but with space if they need it.
9.Show them you understand, dont dismiss their feelings.
10.Remind them why you love them and that, no matter what, you will be there, trying to help them.
11. Get them some professional help.
#mentalhealthawareness #mentalhealth #depressionsupport
Elzet ek salueer jou
Elzet, ek juig saam met jou dat die son weer skyn….dat jy weer met jou dogtertjie kan lag, dat jy elke dag vreugde by jou werk vind en dat jy duidelik ‘n wonderlike “waterdraer” in jou man het.
Jy is ‘n juweel. En dankie vir die deel!
Jy kan ook deelneem!!
Net soos Elzet uit dankbaarheid leef, weet ek julle brand nou almal om julle dankbaarheid te deel.
Maak jou rekenaar oop, begin tik…en stuur aan my by vryheid@wynvlieg.com. En wie weet, dalk gaan daardie bietjie dankbaarheid jou ‘n hupstootjie gee. #youarevictorious
Hou die Facebook blad dop, ek sal sommer baie ander dankbaarheid’ s boodskappe ook laat. As jy ‘n paar blogs agter is, gaan na www.wynvlieg.com en begin lees – jy moet i.e.g agter toe deure sit…komplimente van daai virus.