Daar is ‘n verskil my ding | Wynvlieg

Vol 71: Daar is ‘n verskil my ding!

So taal is my ding. Was nog altyd en sal hopelik vir lank nog my beskore wees. Taal was my ma se ding en êrens het dit natuurlik in haar voorsate saad geskied.

Dis my redding, my boei en die plek waar ek my hart nog altyd kon uitstort. Vreemd genoeg, ek is ‘n groot prater(nie soos in brêg nie, maar praat eerder baie en skynbaar te hard ook, aldus manlief!) Maar as daar ‘n gewigtige saak op hande is, dan skryf ek hom eerder neer. Dit lyk net beter op papier…seker maar ‘n kortsluiting of ‘n stemtoon ding wat nie so lekker uitwerk altyd nie. 

#wrongendofthestickmuch

Die lang relaas, lei my eintlik na die punt. Dit maak my skoon kriewelrig as mense woorde of begrippe verkeerdelik gebruik. Jy weet, daai wat die klok hoor lui, maar nie heeltemal seker is waar die bel hang nie! Ek moet myself omtrent vaspen teen ‘n muur om nie te korrigeer nie! (Want anders weet ek weer altyd beter of hou ek daarvan om reg te wees!🤪)

Hier is ‘n paar van my gunstelinge! Ek voel ek skuld die mensdom 🤣dit. Ek het eksterne bronne nader gehark, want ek wil darem nou ook nie eiewys voorkom nie! #wrongendofthestickmuch

Empatie versus simpatie

Ek het al menigmaal gehoor dat ek nie vreeslik baie medelye met ander mense het nie.  Vermoedelik maar omdat ek nie goed is met ‘n geween en gekners van tande nie. En natuurlik is my “kink in the armour” mos maar die vrees van swakkeling wees. So dit maak sin…en medelye word meestal ingespan as dit by simpatie kom. Maar dan kap ek teë, want ek mag dalk nie so goed wees met simpatie uitdeel nie, maar ek roem my daarop dat ek meer van ‘n empatiese mens is. #thewrongendofthestickmuch


So wat is die verskil? 

Beide die woorde vind hulle oorsprong in die Griekse woord What Is Pathos? Definition of Pathos With Examples – wat maar basies beteken om swaar te kry of om iemand jammer te kry

Simpatie verleen een deel van die Griekse woord “sympatheia” – wat “tesaam” beteken – so “saam voel” of “saam ly.”

Empatie verleen weer een deel van die Griekse woord “empatheia” – wat “in voeling” beteken. Dus is empatie om “in voeling te wees met iemand se lyding of swaarkry.”

Simpatie is iets wat jy kan uitdeel met ‘n mooi Hallmark kaartjie, jy kan die mooiste woorde op Pinterest gaan vind – maar die ander se situasie kan jou eintlik maar koud laat. 

Empatie is wanneer jy jouself in ‘n ander se skoene kan plaas – nie net die gevoel en mooi woorde uiter nie, maar werklik hulle pyn kan voel – omdat jy òf al daar was òf net na hulle hele menswees kan kyk en kan verstaan.

En hier lê die ding – die twee mag dalk baie naby aan mekaar wees, maar volgens Understanding Empathy and Sympathy is daar ‘n fundamentele verskil in die gedrag wat voortspruit uit die twee. 

Empatie kan mooi opgesom word met die woorde: Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê. 

Simpatie is om te doen en sê wat jy weet die samelewing van jou verwag.

#thewrongendofthestickmuch

Laura Dell, verduidelik: “Before children can identify and empathise with other people’s feelings, they need to understand how to process their own feelings. Once they can identify their own emotion, they are better able to develop those self-regulation skills to control their own emotions – and then take the next step to understand the emotions of others.”

Ai kom maar altyd na ons eie emosionele volwassenheid terug en boonop ons bereidwilligheid om diepe ondersoek in te stel na ons eie gedrag en emosies. Want weereens, as jy nie met jou eie emosies kan saamleef nie, is empatie nie so moontlik soos simpatie nie.

Vir my voel die een so effe goedkoper as die ander. Of hoe dan nou?

Arrogansie versus onkunde (in Ingils…Arrogance vs Ignorance)

Twee klink vreeslik baie dieselfde, maar néé dis definitief nie dieselfde ding nie. Wêrelde uit mekaar. As iemand jou byvoorbeeld in die verkeer afsny met sy groot 4×4, met die ekstra groot wiele, is hy arrogant…hy is definitief nie “ignorant” nie. So moet hom asb nie as onkundig uitskel, terwyl jy jou Fiat se enjin laat brul nie – want dis dan eintlik ‘n kompliment! #thewrongendofthestickmuch

Ek stem heelhartig saam met die skrywer van 

Difference Between Arrogance and Ignorance – dis twee negatiewe kwaliteite waarvan ons maar kan ontslae raak. Die een is weliswaar dalk weens ‘n tekort aan blootstelling of opvoeding en die ander net ‘n verhewe denke van jou eie belangrikheid, maar in beide gevalle is dit ‘n kwessie van HOU DAN EERDER NET JOU MOND!

Kom ons begin by “ignorance.” Volgens die ignorance is dit wanneer iemand ‘n tekort aan kennis, opvoeding of selfs net blootstelling het. 

Arrogansie aan die ander kant – arrogant in plein Afrikaans, is wanneer jy dink die son skyn uit jou gat(meestal vir geen rede onder die son nie!)

Onkunde is nie iets om oor skaam te wees nie. Ek is byvoorbeeld heeltemal onkundig as dit by krypto kom. Geen clue nie en gaan ook nie binnekort probeer uitvind nie. Maar as die onderwerp dalk opkom in ‘n gesprek, sal ek eerder eerlik erken ek weet absoluut niks, as om een of ander snert op te dis.

“The greatest enemy of knowledge is not ignorance; it is the illusion of knowledge,” Daniel BoorstinSom dit so mooi op! 

Dan die doodskoot ~ It’s a universal law — intolerance is the first sign of an inadequate education,” observed Alexander Solzhenitsyn. “An ill-educated person behaves with arrogant impatience, whereas truly profound education breeds humility.”

So moet dus nie dat jou onkunde in arrogansie omskep word nie. ASB spaar die wêreld dit!

Ongelukkig het arrogansie in sommige kringe ‘n bietjie van ‘n heldeverering begin kry. Soos What Makes the Arrogant Person So Arrogant meld, word dit te veel in besigheid en veral die politieke arena gesien as ‘n kwaliteit om te bewonder. 

Sielkundige, Adam Fetterman van die Knowledge Media Research Center (Tuebingen, Germany) het ‘n paar interessante dinge wys geraak. Sy studie het die gedrag van mense wat hoog en laag op die arrogansie skaal lê, se reaksie teenoor stimuli of woorde wat in mag voorstel ondersoek. Geen verrassings hier nie – mense met ‘n hoë arrogansie vlak hou daarvan om ander te beheer. 

Toets jouself gerus – hier was die 10 “magswoorde” wat mense, hoog op die arrogansie vlak,  die meeste aanklank by gevind het.

  • Rykdom
  • Gesag
  • Dominansie
  • Fortuin
  • Geld
  • Mag
  • Aansien
  • Reputasie
  • Status

Teenoor diè gene wat eerder graag wou “behoort” – vir hulle was die onderstaande woorde van groter belang:

  • Verbinding
  • Behoort
  • Verbondenheid
  • Nabyheid
  • Samewerking
  • Gemeenskap
  • Familie
  • Harmonie
  • Verhoudings

Dit wil voorkom of diè arrogante onder ons, meer behep is met die  oorwinning as wat hulle belangstel in vriendskappe. Wees dus gewaarsku, meng jou met arrogansie en jou vriendskappe mag dalk nie so eg wees soos jy reken nie!

#thewrongendofthestickmuch

Wees kieskeurig met jou woorde

Agter alles lê ‘n begrip – so maak tog seker jy weet waarvan jy praat! 

Want nog ‘n kwessie wat my na aan die hart lê is ons Afrikaner volkie se verstaan van dissipline versus grense. En hoe kinders eintlik net konsekwentheid nodig het. Maar dis ‘n HELE ANDER onderwerp vir ‘n heel ander dag. #thewrongendofthestickmuch

Laat hoor van jou – watter ander terme of begrippe kan ons ontrafel?  Skryf vir my by vryheid@wynvlieg.com of los ‘n boodskap op @wynvliegoorit blad op Facebook

1 thought on “Vol 71: Daar is ‘n verskil my ding!”

  1. Pingback: #toleratetheintolerant | Wynvlieg Blog Vol 75: Verdra jy

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *