My suster stuur ‘n boodskap – die met stem per WhatsApp wat jy nou teen ‘n spoed van wit lig kan luister
Vandag is sy geïrriteerd en onverdraagsaam spoeg sy dit uit. Vandag het sy nie die tyd of krag vir die nonsens waarmee sy opgeskeep sit nie. Kan sommer hoor, vandag moet sy òf in afsondering gaan òf mense moet uit haar pad bly. #toleratetheintolerant
Ons weet mos nou ook teen die tyd, ek verdra nie juis dwase maklik nie. En dan wil ek myself nogal ewe daarop roem dat ek ‘n meer verdraagsame mens as ander is. Ek kies ook maar my oomblikke.

En die internet sê
Die Spanjaard, Jaime Balmes was van mening dat ‘n mens nie juis kan voorgee jy is verdraagsaam as jy nie die onverdraagsames kan verdra nie. Eina pyn! #toleratetheintolerant
En dan natuurlik pen Yuval Noah Harari hierdie in sy boek Sapiens A Brief History Of Humankind neer:
“Tolerance is not a Sapiens trademark. In modern times, a small difference in skin color, dialect or religion has been enough to prompt one group of Sapiens to set about exterminating another group. Would ancient Sapiens have been more tolerant towards an entirely different human species?”
En dis wragtag waar – ons bly maar ‘n onverdraagsame lot. Van Kain en Abel tot ons hedendaagse geskiedenis, dis een groot gemors om die minste te sê.
En verdraagsaamheid is dus?
Die woord kry natuurlik sy oorsprong in Latyn ~ tolerance (n.) “Tolerantia” beteken om “te verdra.” So om verdraagsaam te wees, moet jy dus iets of iemand verdra wat onaangenaam of net eenvoudig ‘n pynlike wese is.
Dis om jou buurman se blaffende hond te verduur, want dis wat goeie bure doen. Of om langs iemand te bly sit wat hulle hele bord vol tamatiesous spuit, al walg die reuk jou tot op die rand van kêts toe. #toleratetheintolerant
En o wee….ek vermoed ek is maar kieskeurig as dit by verdraagsaamheid kom!
Toets jouself so ‘n bietjie….toe, toe….
- Verwerp jy sommer vinnig dinge wat “anders” is? Anders as dit waaraan jy gewoond is.
- Sê jy sommer summier, nee dankie vir enige idees wat jy vreemd of buite jou gemaksone vind? Maak jy dit sommer vinnig af as net “simpel?”
- Raak jy kriewelrig en praat mense dood wat ‘n ander opinie as jy het? Vies dat hulle ‘n langer spreekbeurt as jy gekry het.
- Glo jy vas as almal maar soos jy gedink het, was die lewe ‘n beter plek?
Ek reken ons kan dus almal erken ons het ‘n mate van verdraagsaamheid of onverdraagsaamheid. Ek is byvoorbeeld mos heeltemal onverdraagsaam as dit by rigiede, dom astrante en lui mense kom. Ander is weer onverdraagsaam in die verkeer, kan dit nie vat as mense 120km ‘n uur in die regter baan ry nie. #toleratetheintolerant
MAAR, daar blyk ‘n rigiede lyn êrens te wees
Daar is darem wel ‘n houding wat die koring(verdraagsames) van die kaf(onverdraagsames) skei….en dis ‘n rigiede uitkyk op die lewe. ‘n Paar geaardheid eienskappe wat soos ‘n mooi stroompie deur die oerwoud kabbel.
Jy al agtergekom diesulkes raak heeltemal buite hulleself as hulle hulle eie standpunt probeer verdedig. Dis asof hulle een of ander fanatiese kultus groep aanhang en met alle mag mense van hulle eie standpunt moet oortuig. Bring maar net geloof of kultuur in die gesprek in…dan is dit vinnig “daai mense.” En elke feit, verdraai of aangepas word met ‘n dringende stem op almal afgedwing. En o wee, die een wat verskil!
Dan kry mens weer diè wat ‘n soort van sielkundige styfheid het. Alles wat effe volksvreemd is, word summier afgemaak as onaanvaarbaar. Dit moet natuurlik ten alle koste vermy word. Dis so eenvoudig soos om ‘n braaivleisvuur…kyk maar net ‘n bietjie daai kom ons braai program. Ons kan selfs nie eers oor blêddie kos saamstem nie. Alles trek skynbaar toe en dan steek daai naarheid sy kop behoorlik uit.
Weet jy iets van niks?
En my absolute gunsteling is as iemand eintlik fokkol van niks weet nie….maar voorgee hulle is ‘n kenner. En boeta verdedig hulle daai standpunt met hulle eie opgemaakte, of halwe waarhede. As jy diesulkes wil herken – dan moet jy net die lyftaal en die aanvalsmetodes dophou. Male sonder tal het ek al dit aanskou – dis in die verhewe stemtoon, wat dan duidelik ook hulle luister vermoë aantas. Neem nou maar die Covid inenting – mense, ek het nog nooit soveel “kenners” teëgekom nie. Dat daar waaragtig nóg steeds mense is wat glo die regering wil een of ander skyfie in hulle inplant. En hulle verdedig daai standpunt met soveel oortuiging en teorieë wat die hemele hoor my êrens op ‘n sosiale media ashoop gevind is.

En dan is daar dies wat aan hulle eie It Is Useless to Worry About Security en sekerheid vasklou soos snot aan ‘n wolkombers. Al is hulle lewe so groot soos ‘n tien sent stuk… glo hulle dat mense of “saam met” hulle is, of heeltemal gekant is teen hulle. Ons moet maar waak dat ons geloofsoortuigings ons nie langs hierdie dwaal pad af lei nie. Ons moet maar seker wees dat ons vrese vir nie “goed genoeg” wees nie, ons nie in onverdraagsame drolle laat verander as ander mense ook ‘n reg op vryhede het nie.
Roetine, roetine, roetine…
Nou dis iets wat ek partykeer effe onverdraagsaam oor raak…as iemand met my roetine bodder. Jy weet, ek het mos darem ‘n skedule waarby ek moet hou en as ek daarvan moet afwyk, ja da nè. Byvoorbeeld as daar van my verwag word om my gym sessie te mis, raak ek effe soos ‘n bul met ‘n seer horing.
Want dit gee my vrede in my gemoed en ‘n sekerheid en ritme aan die dag. Raak skoon omgekrap en geïrriteerd met alles en almal om my. Maar rigiede skedules beperk my visie nè?!

Daar kan net een “baas” wees…want sommige onverdraagsame mense het ‘n effense lae empatie koëffisiënt…lees meer…Vol 71: Daar Is ‘N Verskil My Ding! Daar kan nie ander sienings wees nie, want daar moet die hele tyd gekorrigeer word, gedomineer word. So dis baie, baie belangrik vir die “baas” om stommes of half dooies om hulle te hê. Volgers, asb. tog nie uitdagers nie.
En laaste maar nie die minste nie – die groen monster steek gewoonlik ook kop uit. Ander se sukses is maar ‘n bitter pil om te sluk. Want sukses beteken hulle is op ‘n ander vlak(‘n trappie hoër) en dit kan net een ding beteken…hulle vlak is verkeerd. En hulle het daar gekom op allerhande “onderduimse” maniere. En boonop is dit natuurlik ONMOONTLIK dat hulle gelukkig kan wees.
Die so oud soos die berge
Onverdraagsaamheid is so oud soos die berge. Dis nou maar wors.
Om meer verdraagsaam te wees, Should We Tolerate Intolerance sal ons moet leer om doelbewus ander se opinies te respekteer. Om almal ‘n kans te gee om hulle sê te sê, hulle lewe te lei soos hulle wil.
En as jy verskil, moet tog nie jou onkunde voor almal uitstal nie. Sê hoe jy voel op ‘n beskaafde manier en wees OOP vir ‘n ander perspektief. Die hemele gaan nie op jou val nie en volgende keer as daai irritasie so in jou opstoot ~ maak oogkontak en sê: “Sit en bly stil!” #toleratetheintolerant
Wat van jy skryf ‘n slag vir my by vryheid@wynvlieg.com of los ‘n boodskap op @wynvliegoorit blad op Facebook.