Wynvlieg | Dankbaarheid’s maand

Vol 77: Dankbaarheid’s maand

Dankbaarheid is die nuwe wonderkuur. Daar word nou wyd gereken dit hét nog altyd en kan ook ‘n groot invloed hê op geestes gesondheid. #attitudeofgratitude

Om ‘n lewe van dankbaarheid te leef is net eenvoudig goed vir ons. Punt. Eerstens herinner dit ons daaraan dat die wêreld ook vol goeie dinge is.  En tweedens laat dit ons besef dat daar goedheid daar buite is.  Daar is ‘n  besef dat ander mense of dalk iets groter as ons, ook bydra tot die goedheid wat ons ervaar.

Maar waar is goedheid as swaarkry ons binne kamers betree?

Tot op hede was die meerderheid studies gefokus op What Is Gratitude respondente wat reeds positief oor die lewe voel. 

Dus het die navorsers by die Universiteit van Berkley onlangs ‘n ander tipe studie aangepak. Die studie se respondente het almal aangedui, dat hulle nie emosioneel op “so ‘n goeie plek” was nie. 

Dit het so gewerk ~ die een groep is gevra om elke week, vir drie weke lank ‘n brief van dankbaarheid te skryf.  Die ander groep is aangeraai om oor hulle diepste seer en al die negatiewe ervarings te skryf. ‘n Derde groep het weeklikse berading gekry. 


En die bevindings? 

“Compared with the participants who wrote about negative experiences or only received counselling, those who wrote gratitude letters reported significantly better mental health four weeks and 12 weeks after their writing exercise ended. This suggests that gratitude writing can be beneficial not just for healthy, well-adjusted individuals, but also for those who struggle with mental health concerns.” 

Hoe lyk dankbaarheid as hy by die huis is?

Dankbaarheid is presies wat jy dink dit is – dis niks meer of minder as om doelbewus te dink aan al die goeie dinge wat in jou lewe gebeur nie.  Dit hoef nie die GROOT DINGE soos goeie gesondheid te wees nie, dit kan selfs so klein wees soos om in die oggend wakker te word en dankbaar te wees vir ‘n blaas wat nog werk. Jy kon knyp deur die nag! Of om na al die selluliet in die spieël te kyk en dankbaar te wees dat jou ou lyf darem nog uit die bed kan rol in die oggend. 

Of dat jy jou kinders of man se vuil wasgoed van die vloer moet optel – dit beteken hulle is nog tuis in jou huis.

#attitudeofgratitude

Dit gaan alles oor geluk

Volgens 31 Benefits of Gratitude: The Ultimate Science-Backed Guide kan ‘n Dankbaarheid ’s dagboek jou geluk met 10% verbeter. (Heita, kyk vir my, ek het nou al ‘n grafiek ook in my blog!)

#attitudeofgratitude

Ja natuurlik kan ‘n ton geld mens ook 10% gelukkiger maak. Veral as jy daai Lottoland boerpot kan losslaan – die een wat soveel nulle in jou bankrekening laat inrol, dat jy soos Zuma gaan klink as jy dit moet oorvertel. Maar soos ons almal weet, die The Hedonic Treadmill – If Only Happiness Were Just a Marriage, a Big House, and Kids beteken dat jy binne ‘n maand of so, wanneer jy reeds alles onder die son gekoop het, maar weer gaan terugval na die gemor ~ jou soekende self. 

Vir slegs 5-minute ~ 5-minute van neerpen waarvoor jy alles dankbaar is, sal jou brein ‘n huppel in jou stap gee. Want wat in daai 5-minute in jou brein gebeur volgens The Neuroscience of Gratitude and How It Affects Anxiety & Grief, is ‘n goeie skeut dopamien word vrygestel. So jy hoef nie eers na ‘n glas drank te gryp, ‘n tjoklate te verorber of ‘n entje aan te steek om “beter” te voel nie. Net blote dankbaarheid. #attitudeofgratitude

#attitudeofgratitude

Dit maak jou ‘n beter mens

Glo dit of jy wil of nie, maar as jy “dankbaarheid” ‘n daaglikse praktyk maak, raak jy sommer ook ‘n aangenamer mens. En ons weet almal wat met aangenamer mense gebeur – ja, einste net so! Hulle is soos magnete, hulle trek ander mense aan. 

Wie van ons ken nie daardie borrelende, aangename, gemaklike mense wie se glas altyd half vol, i.p.v. leeg is nie. Dis net een groot plesier om in hulle geselskap te wees. Ons sê dikwels…hulle is soos ‘n “ tonic.” (Nee, nie ‘n Genèver en tonikum nie! Dit hou muskiete weg, ek praat van die soort wat met gesonde bestanddele gevul is.) ‘n Mens se beker loop sommer oor na jy in hulle geselskap was. #attitudeofgratitude.

#attitudeofgratitude
#attitudeofgratitude

Wil jy nie so ‘n mens wees nie? 

Dit maak ons gesonder

Volgens Gratitude het sielkundiges bevind dat mense wat van dankbaarheid oorloop, of ten minste ‘n doelbewuste poging aanwend, oor beter geestelike sowel as fisiese gesondheid beskik. 

Mense slaap beter, “cope” beter met stres en het selfs beter immuniteit stelsels. Alles dinge waarvoor ons daagliks vragte vol pille of vitamiene sluk. 

Oprah Winfrey skryf in haar boek, What I Know for Sure.

“Every morning when I open my curtains for that first look at the day, no matter what the day looks like — raining, foggy, overcast, sunny — my heart swells with gratitude. I get another chance.

In the best of times and worst of times, I know for sure, this life is a gift. And I believe that no matter where we live or how we look or what we do for a living, when it comes to what really matters — what makes us laugh and cry, grieve and yearn, delight and rejoice — we share the same heart space.“

Sukses staan ook voor die deur

Ons eie Gary Player is ‘n man wat groot sukses behaal het in die golf wêreld en as een van dit GROOTES gereken word.

Daar is ‘n mooi storie oor sy “attitude of gratitude” in die Having an attitude of gratitude for all seasons ‘n Duidelike bewys dat as mens dankbaar is vir die goed en die sleg in die lewe en fokus op dit wat goed is, jy die slegte ook kan hanteer. 

Tony Robbins(groot naam in Amerika en skrywer van die boek Awaken the Giant Within.) Een van daai “selfhelp” meesters. Na sy mening het ons houding ‘n groot invloed op hoe ons die lewe regtig sien en ook wat daarin gebeur met ons. As ons dankbaarheid kan aanleer, sal die wêreld om ons ook meer ontvanklik wees vir ons idees. Ons sal minder vasgevang word en energie mors op die dinge wat NIE KAN gebeur nie en meer gefokus wees op die dinge wat ons wel kan vermag.

Kom ons volg sy raad

Tony gee vir ons ‘n gratis advies in sy onderhoud met MASTER EVERY AREA OF YOUR LIFE.

Elke oggend begin hy sy dag met ‘n stiltetyd:

  1. Eers is daar die drie basiese dinge waarvoor hy dankbaar is. Niks groot of asemrowend nie, net drie goed.
  2. Dan doen hy ‘n gebed waar hy positiewe energie na almal na aan hom “stuur.” Nou of jy bid en vra of sommer net iets mymer, solank die intensie goed is, is jy seker op die regte pad.
  3. En dan fokus hy op die drie dinge wat hy daardie dag wil behaal. 

Ek stem vir Zig Ziglar!

Zig Ziglar die wêreld se mees bekende verkoopsman, het baie waarhede gespreek, maar hierdie een bly vir my uitstaan:

“Gratitude is the healthiest of all human emotions. The more you express gratitude for what you have, the more likely you will have even more to express gratitude for.”  

Dis soos ‘n sneeubal, hoe meer jy daarin rol, hoe groter word dit. 

Hou die Facebook blad dop, daar is ‘n brief of twee te skryf en te stuur na  vryheid@wynvlieg.com.

2 thoughts on “Vol 77: Dankbaarheid’s maand”

  1. Pingback: #wordsofgratitude | Vol 78: Dankbaarheid ~ goeie intensies

  2. Pingback: #wherehasallthejoygone | Vol 134: Wie het die lig verdoof?

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *