Vol 120: Jou laaste dag

Stel jou voor elke liewe oggend van jou lewe staan die doodsengel voor jou bed en gee jou een opdrag. Slaag jy daardie dag, mag jy die nag rustig bed toe gaan en môre weer probeer. Sy vereiste…vandag moet jy uitgaan en iets nuuts met jou lewe doen. Groot of klein, maar iets besonders moet gebeur. #findingyourpurpose

Waar sal jy heen, wat sal jy doen? Ons het tog so selfvoldaan geraak, so doodgoed en goed dood. Almal dood tevrede om dag in en dag uit dieselfde bekende roetines te volg. Niks anders, nuuts of noemenswaardig met ons lewens aan te vang nie.

Ons het ons passie vir die lewe verloor. En dan as ons op ons doodsbed lê of die siekte begin ons ry, wens ons tog so ons het dinge anders gedoen. These 20 Regrets From People On Their Deathbeds Will Change Your Life is maar een van vele van hierdie tipe vermanings wat ons lees en dan gaan dit by die een oor in en ander uit! Terug in die goeie ou roetine en gejaag na sekuriteit, status en sekerheid. 

Mense het majestueuse drome, fantasieë oor “as dit of dat gebeur,” aldus Vol 118: 2022 Gaan Ek Ophou Lieg Vir Myself, dan gaan ek daar by die einde van die reënboog uitkom! #findingyourpurpose

Ek het ‘n sterk vermoede die meeste mense verstaan nie so lekker dat “passie vir iets” eintlik die gevolg van aksie is en nie die oorsprong daarvan nie. Maw….om daardie dinge in die lewe te vind wat jou elke dag uit die bed kry, nuwe dinge laat doen en ‘n sukses van een of ander aard laat maak…is dié dinge wat jy doen om jou daar te kry, nie hierdie magiese towerstaf nie!

#findingyourpurpose


Wat sal jy met al daardie vrye tyd doen?

Nou ja, kom ons droom voort. Gestel daai doodsengel daag nou môre oggend op, boender jou uit die bed en stuur jou die huis uit. Opdrag gegee. Jy mag nie enige doellose stront doen soos op jou foon sit en speel in ‘n koffie winkel of voor die TV lê nie. Nee, jy moet uit en die lewe gaan lewe. 

Waarmee sal jy jouself besig hou? Wat anders of nuut gaan jy aanpak? Dalk ‘n dans klas, dalk gaan stap in die naaste park of om ‘n dam? Dalk gaan jy meer tyd spandeer met jou kinders of dalk gaan jy uit ‘n vliegtuig spring. #findingyourpurpose

#findingyourpurpose

Wat dit wel doen, is om jou te laat kyk na jou Value Priorities. Dinge so ‘n bietjie te herevalueer. Want ons het eintlik beperkte tyd, met beperkte hulpbronne(soos gesondheid byvoorbeeld,) wat ons om een of ander rede óf ignoreer of bloot so arrogant is te dink dit gaan nooit op raak nie. Kaping van ‘n ander aard!

Dis nie ‘n resies nie

Toe ek hierdie blog begin het en sommer daar op my tuisblad (Wynvlieg )staan dit groot en duidelik, was my begeerte om …my pelgrimstog êrens neer te pen en uit te stal vir die hele wêreld om te sien, want ek was moeg alleen gestap en gatvol vir wegkruip. En die uitnodiging was en bly duidelik ~ stap saam asb. 

So as julle dit nog nie uitgepluis het nie, die lewe is ‘n proses…dis nie ‘n resies nie, dis ‘n pelgrimstog. Op die ou end dood ons almal, so eintlik is daar ook nie wenners nie! Al wil ons onsself dit wysmaak. 

Mens sou waaragtig dink dat die meeste van ons wat die wyster al verder klok sou al weet wat die doel van ons lewens is. Wat ons nou regtig met opwinding vul. Wel dalk het baie van ons al ‘n mate van rustigheid, vele van ons het dalk reuse sukses bereik in ons werkslewens of ‘n helse indrukwekkende skare kinders groot gemaak. ‘n Regte impak en ons is gelukkig met wie en wat ons is. Tot daar natuurlik so ‘n paar verskuiwings in die wêreld gebeur..en ek het ook al so bietjie terug agtergekom, nes mens dink: “Nou’t ek darem die lewe onder die knie, ek ry die branders…” dan slaat hy vir jou vir ‘n ses.

En ons raak die verplaastes van die lewe. Moet maar weer begin, weer herdink en die doel van ons lewens bepaal. #finding your purpose

Ek staan nou op daardie plek. Goed gevaar tot op hede. Uiters goed. Huwelik(x 2 ✔️): kind darem op die regte pad, hopelik oppad uit die beursie ook eendag op ‘n reëndag ✔️; sukses op werkgebied ✔️; vreeslike gemaklike leefstyl ✔️en so kan ons voortgaan. Ek kan tevrede wees, maar wat nou??? 

ASB sê tog vir my daar is nog van julle daarbuite wat wonder, WAT NOU? Wat doen ek nou met die res van my lewe. Wat is my doel….die dood kom nader en ek wil nie op daai bed lê met verwyte nie. Ek wil kan terugkyk en dink…DIT WAS GOED. 

Ek het so ‘n paar dinge loop uitgrawe om my op koers te kry.  Dalk vind julle ook baat daarby.

Watter prys is ek bereid om te betaal?

Het dit al voorheen genoem, maar ek doen dit sommer weer. Loop vra jou buurman, jou kind, jou man, die man by die petrolstasie of die hoogs geleerde professor. Vra hulle…wat hulle begeerte vir die toekoms is. Ek is bereid om my mooi stel porselein op die spel te sit, dat die antwoord sal wees: Om gelukkig te wees.

Wat ‘n klomp stront. Natuurlik wil ons almal gelukkig wees. Natuurlik wil ons almal van die geld geprop wees en ‘n lyf soos ‘n pou hê (of een van dié Top 20 Sexiest Women in the World 2021- Here’s the List) en boonop die intellek van Einstein, die entrepreneurs vaardighede van Elon Musk en die musikale rykdom van Paul McCarthy. (Top 10 Richest Singers in the World) . 

Maar is ons bereid om met die stront opgeskeep te sit wat hulle ook maar het? Want alles, maar alles in die lewe wat die moeite werd is verg KLOMP opoffering. Dis nie net maanskyn en rose nie. 

So die vraag is: Watter prys is ons berei om te betaal? Waarmee sal ons kan deurdruk, al gaan dit nie so wonderlik aldag nie? Sal ons die mislukkings kan sluk en weer opklim en ry? 

Ek praat byvoorbeeld al JARE DER JARE van my groot begeerte om lewens afrigting te doen. Maar natuurlik gaan dit verg dat ek ‘n formele kursus moet doen. Boonop gaan ek ure, der ure agter die boeke moet deurbring. Ek gaan moet klas loop…en so bly ek die droom uitstel. So die vraag bly seker, of dit net ‘n fantasie is en of ek regtig bereid is om die opofferings te maak om daar uit te kom? 

So kan mens byvoorbeeld ook die slanke, gesonde en gespierde liggaam begeer. Maar sonder die harde werk in die gym, die hongersnood en die dissipline oor ‘n laaaaaaang tydperk, gaan dit nou nie juis realiseer nie nè? Droom is goed, maar mens moet die werk ook insit.

En hier is die ding ~ mens moet die “slegte” tye, opofferings geniet!!! Dis hoekom Willpower Doesn’t Work. Here’s How to Actually Change Your Life, want mens kan net so lank vasbyt voor jy die handdoek ingooi. 

Dus, les nommer een vir my is dat ek sal moet besluit watter opofferings my regtig opgewonde maak. Want dit maak ‘n mens die beste persoon vir die joppie van “’n gelukkige, vervulde lewe.” #findingyourpurpose

Wat het my opgewonde gemaak toe ek jonk was

Daar is soveel dinge wat ons siele vlerke gegee het, toe ons nog jonk en vol drome was. Ek kon byvoorbeeld ure na musiek luister, drome droom en op papier neerpen. Ek het boeke by die duisende verslind en my verbeelding vrye teuels gegee. Ek kon onder ‘n boom gaan lê en my in die ritseling van die blare verloor. Ek het myself toegelaat om te droom.

En dan êrens langs die pad verloor ons daardie vermoë om te droom. Alles word ‘n gejaag na wind. Alles wat ons aanpak moet een of ander beloning aan die einde hê. Niks word net meer gedoen omdat dit ons ongekende vreugde verskaf nie. Want ons voel, dis ‘n vermorsing van tyd, dis doelloos en staan in die pad van ‘n suksesvolle lewe. 

So ek het reeds verlede jaar myself begin afvra, wat my waardes regtig is. Examples of Core Life Values and How To Determine Yours is iets wat meestal in ons moederskoot geweef word, maar soos ons omstandighede verander, so pas ons waardes ook aan. Ons waardes beïnvloed natuurlik wat vir ons belangrik is in die lewe en hoe ons kies om ons lewens te leef. 

Ek moet nou weer my waardes evalueer. Ek het so bankvas begin staan agter sommiges, wat dalk nie meer my lewe, of sal ons sê hierdie tydstip in my lewe, van diens is nie. Dalk hoef ek nie meer ‘n besige, produktiewe, gejaagde lewe te lei nie. Dalk is die vraag Is Busyness the Modern Day Status Symbol die relevante een. 

Dalk het dit my waarde geraak. My belangrik in hierdie lewe laat voel. #findingyourpurpose

As ek terugkyk na my jonger self, dalk moet ek weer begin droom. Myself meer tyd gun om net te wees. Na my musiek ~  Most Iconic Classical Music Masterpieces Everyone Knows in One Single Video ~ te luister teen ‘n oorverdowende volume. Dalk meer drome droom en stories skryf. 

#findingyourpurpose

Wat was jou drome en wat het daarvan geword? 

Wat pen jou so vas dat jy verlore raak?

Al ooit so verdiep in iets geraak dat jy skoon vergeet het om te eet? (nee ek ook nie🤪, maar dis glo ‘n ding!) Wel dalk is dit ‘n metafoor vir wanneer mens so verdiep raak in iets, so gefokus dat jy sal aanhou en aanhou, en jou energie van ‘n heeltemal ander plek kry. 

Ek kan byvoorbeeld so raak as ek ‘n dag saam met my kliënte aan kreatiewe oplossings vir hulle besigheid se uitdagings dink. Ek kan een hele liewe dag gaan sonder om te eet, en nogsteeds daar wegry met ‘n buzz wat vir niks skrik nie. (Net om darem daarna alles te eet wat voorkom, moet ek ook nou maar bieg!)

Maar die punt is eintlik dat ‘n mens sekerlik iets moet vind wat jou hart weer laat sing. Iets wat jy bereid is om ure der ure aan te spandeer, al beteken dit slapelose nagte, al beteken dit om How to work as hard as Elon Musk in a world of lazy daydreamers

Ok, so nou is ek nie op die ouderdom meer so seker dat ek daai tipe ure wil insit nie. Maar dan lees ek van The oldest man to obtain a doctorate degree at UNISA says it was not easy , en ek besef ek is nog ‘n kleuter in vergelyking, so wat stop my? Moet natuurlik nog ‘n paar ander grade voor die doktoraal kry🤪! 

Wat van ek maak ‘n lys van drome, daai fantasieë wat ek altyd gekoester het. Die bucket list as’t ware en begin van die goed doen. Soos in ACTUALLY doen? #findingyourpurpose

Genoeg vir vandag

Daar is nog ‘n paar vrae wat ek myself afgevra het, maar ek dink ek is nou moeg. Ek dink tyd te gaan lê onder ‘n boom en na die geritsel van die blare te luister. My soos ‘n kind te gedra en Mozart se klanke oor die muur na die bure te stuur.

Mag julle vandag droom, verlore raak in iets en wonder waarvoor julle bereid sal wees te suffer. #findingyourpurpose

Laat hoor van jou by vryheid@wynvlieg.com. Of los ‘n boodskap op www.wynvlieg.com.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *