Die lewe is een groot doolhof van probleme, die geheim is om die probleme te kies wat jy geniet om op te los, aldus Mark Manson in sy boek Everything is F*cked
“Living well does not mean avoiding suffering; it means suffering for the right reasons.” Mark Manson
Dis met ‘n diepe dankbaarheid dat ek kan sê ek is òf gebore of so gelaat staan. Maar ek hou daarvan om probleme op te los. Dit gee my so ‘n ligte fladdering in die maag, dit laat my kop oplig en ‘n huppel dansie doen as ek oor die bult gaan. #wolfinsheepsclothes
Die ewige soeke na geluk
Vra maar enige een in die mensdom, wat sy of haar grootste wens is en ek is bereid om my voortande op die spel te sit, die antwoord sal 9/10 keer wees: Om gelukkig te wees.
Ons is almal opsoek na hierdie euforiese toestand, waar ons net geluk kan beleef. Op daai pienk wolke sweef en waar die lewe net geluk soos konfetti strooi. Boonop weet ons ook teen die tyd dêm goed, dat geluk nie in die bottel, yskas of in ‘n nuwe motor of ‘n rok te vinde is nie….maar hel we give it a good go! #wolfinsheepsclothes
Wat is dan die probleem?
As dit die mens se hoogste prioriteit en hartsbegeerte is, hoekom bly ons dan ewig soekend na daai pot van geluk aan die einde van die reënboog?
Wel Harvard sielkundige, Matthew Killingsworth en Daniel Gilbert het in Wandering mind not a happy mind bevind ons breine is vir 46.9% van die ure wat ons wakker is, besig om van die pad – na geluk – af te wyk.
“Unlike other animals, humans spend a lot of time thinking about what isn’t going on around them: contemplating events that happened in the past, might happen in the future, or may never happen at all.” Killingworth & Gilbert
En terwyl ons koppe besig is om soos Rooikappie af te dwaal, is ou wolf goed geposisioneer om saam te wandel. Die ding staan so, ons breine is ongelukkig meeste van die tyd nie in ons hoek van die bokskryt nie. Evolusie is eenvoudig net nie aan ons kant nie – ons breine is mos geprogrammeer om ons uit die moeilikheid te hou, so die brein neig ongelukkig na ‘n ding wat ‘n mens What Is the Negativity Bias noem. Maw ons breine onthou die slegte, negatiewe ervarings baie beter en met meer intensiteit as wat dit die goeie ervarings en geluk onthou. #wolfinsheepsclothes
Al een van die volgende oorgekom?
- Na ‘n paar maande van ‘n absolute saligheid liefdesverhouding, begin die wolke saamtrek en een party gee die ander die trekpas. Al sê die persoon hulle is lief vir jou, jy is ‘n wonderlike mens – maar hulle wil nie nou in ‘n verhouding wees nie, want hulle soek nog ‘n lewe van vryheid. Wat jy gaan onthou is dat jy te klouerig was, meer moes gee, anders moes optree. Al die positiewe spoel saam met die trane weg.
- Jou man vertel jou daagliks hoe sexy jy vir hom is, hoe hy jou bewonder, maar dan een oggend wonder hy of jy “daai” rok moet aantrek na ‘n werk vergadering. En al wat jy onthou is al die kere wat jy onseker gevoel het of vet of onaantreklik.
- Jy doen ‘n voorlegging by die werk en kry verskeie komplimente vir die uitstekende stukkie werk wat jy gelewer het. Maar die groot baas vra een vraag wat jy nie so lekker kan beantwoord nie en al waaroor jy na die tyd top, is hoe onbevoeg jy was.
Klink dit bekend? Wel dis nou die soort van negatiewe vooroordeel wat iedere mens op aarde se breine het. Die klein luis gat is ‘n wolf in skaapsklere! #wolfinsheepsclothes
Soos ‘n klomp skape
So nou is ons mos gewaarsku – wees op die uitkyk vir ou wolf, Rooikappie! Dis nie net ‘n kwessie van dink jouself positief nie.
Daai snert van positiewe denke gaan lynreg in teen ons instink. Om jou denke te probeer beheer is soos om ‘n trop skape in ‘n kraal in te jaag. Nes jy dink die klomp beweeg nou in die regte rigting, donner hulle weer in ‘n ander rigting.
DUS is die enigste oplossing om tot aksie oor te gaan! Soos ons almal weet, WOORDE WEK, MAAR VOORBEELDE TREK.
Want as ons breine dan nie na al ons positiewe gepraat wil luister nie, doen net iets! VIVA, VIVA ‘n stap in die regte rigting!
Gaan tot aksie oor
Ons is tog so geneig om onsself as hierdie uiters rasionele, objektiewe en realistiese wesens te sien – maar ons flous onsself goed. Ons breine het al hierdie duisende vooroordele opgebou deur die jare – en hoe meer jare, hoe meer dinge! Al hierdie vooroordele help ons om die inligting te prioritiseer, mooi in dosies te plaas en onsself hierdie vals idee van veiligheid te gee. En dan regverdig ons ons dade, woorde en opinies uit hierdie meestal baie eng perspektief!
So ons breine het as’t ware ‘n kortsluiting! En die enigste elektrisiën wat hiervoor kan help is POSITIEWE dade. Wel dis nou as jy die geluksgodin ‘n slag aan jou kant wil kry. #wolfinsheepsclothes
In Vol 50: Ongelykhede Maak My Sommer Moeg het ek nie doekies omgedraai oor die feit dat ons baie meer aandag aan ons fisiese gesondheid as ons emosionele gesondheid afstaan nie. En die reaksie op die blog spreek vanself. Mense is gereed om ’n slag op te staan vir hulle innerlike gesondheid en geluk.
Ons het soveel goeie gewoontes en rituele om ons lywe in ‘n goeie kondisie te hou – ons drink vitamien bomme, die gemmer voorraad in die land was al uitgeput, dis seldery sappe en proteïen inspuitings. So dalk is daar ‘n groen konkoksie vir die siel ook!
En ek wil my verstout deur voor te stel, dalk is daai groen konkoksie en goeie gewoonte om uit te reik na ander. Om elke dag vir ‘n geliefde of ‘n goeie vriend of vriendin ‘n boodskap van waardering te stuur, om uit te reik as jy weet daai persoon dra dalk bietjie swaar. En dan, dan voel jy hoe dit hier in jou hart voel. Doen dit sommer nou….voel goed nè?
En kort voor lank sal daai gewoonte ook oorspoel na hoe jy met jouself praat en wat jy vir jou liggaam en siel doen.
En as jy kwaliteit verhoudings het en hulle voed soos John Lennon eens gesê het, is daar ‘n kans op lewenslange geluk – gewaarborg.
Die vreugdes van vooruitgang
En dan is daar die Tips from The Progress Principle. #wolfinsheepsclothes. ‘n Klompie handige wenke hoe ‘n DOEL IN DIE LEWE oneindige vreugde en innerlike geluk kan bring.
- Verstaan en verwelkom al die verskillende emosies wat jy elke dag beleef. Vier dit wat jou motiveer om in die oggend op te staan en ‘n verskil te maak – hoe groot of klein ook al.
- Vier al die klein oorwinnings en vooruitgang. Vier die feit dat jy vandag een lamppaal verder kon stap as gister – dat jy daai tjoklate so gekyk en gelaat staan het.
- As jy so effe gestruikel en geval het, staan op, stof jou af en gaan maak ‘n lys van wat jy uit hierdie teleurstelling geleer het. Move on, shit happens!
- Wees daai konfetti bom – kyk hoe jy geluk en ondersteuning kan rondstrooi in oormaat. Want om jouself en ander op die skouers te tel en bietjie nader aan daai drome te bring, sal die wêreld ‘n gelukkiger plek maak.
- Voed jou siel – luister na musiek, gaan stap om die blok of in ‘n woud, skryf, skilder of bak sommer ‘n koek. Wat ook al jou hart maak sing – pluk dit nader en omarm dit.
En al vergeet jy alles – leen maar ‘n slagspreuk of twee!
Skryf vir my by vryheid@wynvlieg.com of los ‘n boodskap op @wynvliegoorit blad op Facebook
Geniet elke skrywe ongelooflik baie! Kan skaamteloos resoneer met alles!!
Dis van die beste nuus ooit! Maak my hart bly want dis my hartsbegeerte om ‘n spieël te wees of net ‘n klankbord of sommer net ‘n plek waar mense veilig voel te sê – ah daai is ek! (En minder alleen te voel)
Pingback: #chasingrainbows | Vol 54: Die Geluk-Wip| Wynvlieg Blog