Skip to content
Wynvlieg
  • Tuisblad
  • Blog
  • Lees Diè Goed
  • Nuutste Artikels​
  • Praat Met My
  • Kontak
  • Privaatheid

Vol 167: In oënskou geneem

Leave a Comment / Oorit / By Wynvlieg

Die son is besig om water te trek op hierdie jaar. Skaars ‘n beter tyd om ‘n slag weer ‘n bietjie bestekopname te doen. #takingstockoflife Ek sweer, elke jaar die tyd, besluit ek HIERDIE was nou my Annus horribilis, net om dieselfde ‘n jaar later te herhaal. Vermoedelik is my tenkie effe leeg die tyd …

Vol 167: In oënskou geneem Read More »

Vol 166: AS DIE LEWE JOU DRUK

4 Comments / Oorit / By Wynvlieg

Sjoe ek was effe uit die veld geslaan met die reaksie op Wynvlieg Ek was oorweldig deur die magdom van ondersteuning wat daar uit heinde en verre vir my ingestroom het ~ wat my ‘n traan of twee laat pik het, daaroor sal ek nie lieg nie! Maar ek moet ook net sê, dit het …

Vol 166: AS DIE LEWE JOU DRUK Read More »

Vol 165: Om te treur

8 Comments / Oorit / By Wynvlieg

Eers moet ek verskoning vra vir my stilte, maar 2022 se pylvak loop effe afdraand vir my. Dinge gebeur vinnig en te veel op ‘n slag. En om te skryf is my toevlug, die salf vir my siel. Ek weet ek moet tyd maak vir my skrywes, maar afjaag wil ek dit definitief nie afjaag …

Vol 165: Om te treur Read More »

Wynvlieg Vol 164

Vol 164: Net genoeg

Leave a Comment / Oorit / By Wynvlieg

My hele lewe wens ek al, ek was nie een van daardie alles-of-niks tipe mense nie. Dat ek ook net matigheid voor oë kon hou. So bietjie hier peusel, so bietjie daar teug aan iets. Die meeste van die tyd vat dit ‘n magdom wilskrag. En my krag raak op! #whenisenoughgoodenough Hier aan die vooraand …

Vol 164: Net genoeg Read More »

Vol 163: Die vrees vir ‘n doodgewone lewe

2 Comments / Oorit / By Wynvlieg

Die afgelope week lees ek ‘n inskrywing op ‘n ander Facebook blad. Dis ‘n inskrywing wat spreek van ‘n desperate vrees. En die vrees? Hierdie is ‘n vrou wat op die drumpel van haar 50ste verjaarsdag staan. Sy gee ‘n opsomming van haar lewe en so ver ek verstaan, was die lewe wat sy tot …

Vol 163: Die vrees vir ‘n doodgewone lewe Read More »

Vol 162:  Ons houding staan nou einde se kant toe

2 Comments / Oorit / By Wynvlieg

Alle goeie dinge kom mos maar tot ‘n einde. Nou ja wel, hierdie aflewering van ‘n mens se houding en ingesteldheid jeens die lewe staan nou einde se kant toe. Die feit dat ek wel enige iets nog kan navors so tussen al die kragonderbrekings en werk en weereens voorberei vir ‘n lekker ver uithou …

Vol 162:  Ons houding staan nou einde se kant toe Read More »

Vol 161:  Kyk net so ‘n houding!

Leave a Comment / Oorit / By Wynvlieg

Was so bietjie mos van Eskom se netwerk af die naweek – maar toe verdwyn my hele netwerk sommer. Ek meen nou die mense een, die een wat vir my toegang gee tot navorsing en ook die lekkerte van skryf. En my houding wou-wou so bietjie skeeftrek. #offthegrid So nou ’s ek terug op allerhande …

Vol 161:  Kyk net so ‘n houding! Read More »

Vol 160:  Nou begin ons houdings spoed kry!

2 Comments / Oorit / By Wynvlieg

Nou begin dinge spoed optel ~ wil my voorkom of hierdie huidige aflewering van ingesteldheid oor die lewe ‘n aar raak geboor het by vele. Dalk is ons moeg vir ons houdings wat so stink, of dalk soek ons almal net ‘n bietjie hoop, vernuwing. Of dalk is dit die naderende lente en somer wat …

Vol 160:  Nou begin ons houdings spoed kry! Read More »

Vol 159:  Waarheen is jy en jou houding oppad?

4 Comments / Oorit / By Wynvlieg

Kyk daar is niks wat my so opgewonde maak as om terugvoering op een van my skrywes te kry nie. Mens sal sweer dis ‘n liefdesbrief wat die posduif kom aflewer en dat ek nog ‘n bakvissie is. Maar helaas, mens bly maar mens nè! #attitudetakesyouplaces En so, kry ek toe wraggies ‘n stukkie pos, …

Vol 159:  Waarheen is jy en jou houding oppad? Read More »

Vol 158:  Hoe lyk jou houding?

2 Comments / Oorit / By Wynvlieg

Net in die vorige skrywe het ek gepraat oor ons eiesoortige siening van onsself. Die identiteit wat ons vir onsself skep. Wel, wel, wel…daardie identiteit en hoe ons lewens uitspeel het natuurlik ook ‘n groot deel te doen met ons ingesteldheid teenoor die lewe. #mindsetiseverything Volgens Carol Dweck – navorser en sielkundige met ‘n graad …

Vol 158:  Hoe lyk jou houding? Read More »

Posts pagination
← Previous Page 1 2 3 … 18 Next Page →

Recent Posts

  • Vol 177: Dankbaarheid
  • Vol 176: Dooie mense
  • Vol 175: Wens ek was so wys op veertig
  • Vol 174: Nooit te oud om te leer nie!
  • Vol 173: Hoekom is ons tog so fyn gevat?

Search Blog Post

Customer Service

Privacy Policy

Cookie Policy

Terms And Conditions 

Socialize

Copyright © 2026 Wynvlieg Powered By ROUNDSEED