Vol 67: Stap in ander se skoene – ‘n gesukkel!
My man is gister in die rug gesteek deur ‘n vriend. Et tu Brutè! Ons was midde ‘n middagete, wat veronderstel was om ‘n vrolike gedoente te wees, ontspanne op ‘n prag van ‘n Saterdagmiddag. Die boodskap kom via WhatsApp deur(deesdae het ons nie meer tyd om mekaar persoonlik in die rug te steek nie, …










